Die sagte juk

Lees Matteus 11: 25 – 30

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle…leer van My…Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” (28-30)

Die superin­tendente van `n kinderhuis het die teks, met klem op die woorde: “My juk is sag”, vir `n Son­dag­skoolklas ge­lees. Sy draai na die klas toe en vra: “Wie kan my vertel wat `n juk is?” Vinnig gaan `n paar hande op. Die een antwoord: “Dit is iets wat op die nekke van osse gesit word.” Toe vra sy: “Wat beteken, God se juk, as die Bybel sê: My juk is sag?” `n Rukkie is daar stilte. `n Vierjaaroud dog­tertjie se handjie gaan op. “Ja?” vra die superin­tendente. Die dogtertjie antwoord: “Dan sit God sy arm om ons nekke.” Eerw. Pearce merk op: “What could be more comforting than that?”

Die dogtertjie het `n goeie antwoord gegee. Je­sus het gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Dit verseker ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos `n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie” (Luk.18:16,17). En nou is dit treffend, die on­mid­delike gebeurte­nis, wat na hierdie woorde van Jesus, van vers 18 af volg, vertel die voorval van die ryk jongman, wat van Jesus af weggedraai het, omdat hy geoordeel het, Jesus se eise vir sy ko­ninkryk is te moeilik. Jesus vra nede­­rige vertrouende harte vir sy inwon­ing. In só `n kin­derlike hart wek die Heilige Gees geloof in die Here Jesus Christus op en die ves­tiging van God se koninkryk.

“Here, vandag kom ek vertrouend na U toe.”