Lees Lukas 8 : 4 – 15
“Daar was ook ’n deel wat in goeie grond geval het, en dit het opgekom en ’n honderdvoudige oes gelewer” (8).
Op een van die Clyderivier se vakansiebote staan ’n man traktaatjies en uitgee, vertel A Message of God. ’n Man van Glasgow neem ‘n traktaatjie en merk op: “Ek is nie gekant teen hierdie soort ding wat jy nou doen nie, maar ek is bevrees dit rig nie veel goeds uit nie. In my jonger dae het ek dit ook gedoen, maar ek het nooit enige vrug op my pogings gesien nie.” Die jongman laat sak sy hande effens moedeloos, want die man wat met hom praat, lyk na ’n ordentlike man wat moontlik self ’n Christen is. Hy trek sy skouers effens op, glimlag verleë, en sê: “Ek het deur die lees van ’n traktaatjie tot bekering gekom.” Die man van Glasgow stel dadelik belang. Hy bly staan en vra die jongman verder uit. Die jongman vertel: Toe hy 12 jaar oud was, stap hy een wintersaand by ’n sendingsaal verby. Buite staan ’n man om mense wat verby stap, in te nooi om die diens by te woon en vir elkeen ‘n traktaatjie te gee. Die seun het ’n traktaatjie geneem, maar ook ingegaan en na die preek geluister. Die preek het hom ontstel en bekommerd oor sy siel gemaak. Toe hy tuiskom het hy die traktaatjie gelees. Dit was ’n duidelike stap vir stap beskrywing van hoe ’n mens met jou sondebesef by Christus as Verlosser kan uitkom. Daar in sy kamer het hy by sy bed gekniel en in Christus as Verlosser vertrou. Hy het die Here gevind en leef nou vir Hom en daarom staan hy in sy vrye tyd en deel traktaatjies uit. “Waar het dit alles gebeur?” vra die Glasgowman. Die jongman noem die straat en sendingsaal se naam en ook min of meer wanneer dit alles gebeur het. Die man raak bewoë, vee oor sy oë en gryp die jongman se hand. “Toe ek ’n jong Christen was, was dit my werk om by daardie saal se deur te staan, mense in te nooi en traktaatjies uit te deel. Weet jy, ek dink ek onthou jou. Ek het met jou gepraat en jy het die traktaatjie geneem, bietjie geweifel en toe in die saal ingegaan. Maar ek het moed opgegee. En nou, na amper twintig jaar, wys die Here vir my dit was nie tevergeefs nie! As God my lewe spaar, gaan ek my ontrouheid bely en weer vir hom begin werk.” Die skrywer van die storie sluit af: “How many more golden sheaves might have appeared to that Christian worker’s account in the day of Christ, had he continued in the service that the Lord gave him to do?”
“Here, vandag help ek om ander vir U te wen.”
Alles bly agter
Lees Matteus 16: 26 – 28 – Ou Vertaling
“Want wat baat dit ’n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly?” (26)
Keiser Karel die Grote van die Franke en later ook van die Romeinse ryk en feitlik geheel Europa, in die jare 742 – 814, kon toe die rykste man op aarde genoem word. Hy het die Christelike godsdiens aangeneem en was die Pous se regterhand. Hy het skole gestig en in sy ryk baie goeie dinge gedoen. Self kon hy dit met die lees en skryf egter nie verder bring as om sy naam te teken nie! Maar dit is ook hy wat ander met wapengeweld gedwing het om sy Roomse Christelike geloof te aanvaar. Robert J. Morgan vertel, hy het opdrag gegee om in koninklike gewaad en houding, op sy troon, met sy swaard langs hom en sy kroon op sy kop, en met die Evangelie van Matteus oop op sy skoot, begrawe te word. Toe sy graf later oopgemaak is, het hy nog so daar op sy troon gesit: die kroon skeef op sy skedel, sy swaard onaangetas langs hom, die Evangelie van Matteus op sy kaal, geel knieknoppe, sy benerige, krom voorvinger op die bladsy voor hom by Matteus 16:24: “Want wat baat dit ’n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly?”
Vir élkeen van ons is ons sterfoomblik die belangrikste oomblik van gans ons lewe. Ons hele lewe, wat verbygegaan het, se waarde word in daardie oomblik opgesom. Ons lewe in die ewigheid begin dan. Wat ons kan saamneem hemel toe, tel dan. “Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar…” (Mat.6:20). “’n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem” (Heb.9:27,28).
“Here, vandag wil ek sekermaak dat ek ook deel in die voordeel van hulle wie sondes weggeneem is.”

Die Blye Boodskap
Lees Lukas 2:8-20
“Vandag is daar vir julle die … Verlosser gebore, Christus die Here…julle sal ’n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ’n krip lê” (10-12).
Een oggend word ’n boemelaar in ’n vreemde soort bed wakker. Hoe hy daar gekom het, weet hy nie, want hy was die vorige aand weer dronk. Buite is dit koud, ’n Europese koue, maar hy lê lekker, sag en warm. Ook ’n ongewone seën vir hom. Hy probeer vasstel waar hy is. Met die pynklop in sy kop, is hy vanoggend besonder bewus van homself. Waar is hy? Hy lê langs lewe, want hy voel die beweging van asemhaling – en die vriendelike warmte. Hy steek sy hand uit en voel. Hy lê op strooi en – langs ’n koei! Van alle plekke is hy in ’n stal.
Hy glimlag wrang. Hy het darem diep geval. Nou kom die honger en hy dink aan ontbyt. Waar sal hy ietsie te ete kry? Gister is hy by ’n paar plekke weggejaag omdat hy vuil en half besope was. Sy soort is nêrens welkom nie. Hy is een van die diepgevallenes in die wêreld.
Klokke begin beier. Hy hoor ook sang. Sang wat nader kom. Baie kinderstemme. Dit daal oor hom: Dit is Kersfees! Trane brand in sy oë. Kersfees, en hy lê in ’n stal langs ’n koei! Kan enige mens dieper val? Hy luister na die woorde wat die kinders sing. Dis woorde van die liedere en die dinge van die Here wat hy as kind en jongmens in sy huis en kerk geleer het. Dit kom terug in sy hart:
Die Heiland is gebore in stille Betlehem…. So lief het God die wêreld gehad dat Hy sy Seun, sy enige, gegee het as Middelaar en Steun….. Kom na die krip so need’rig, daar lê die Kindjie teer…. Word U uit sondaarsliefde ’n Kindjie, swak en klein …. Wou U uit gindse hemel op aard’ by ons kom woon… Dan bied ons nou ons harte U, die liewe Heer, tot troon!
Die sang word sagter, die singende kinders gaan verby, maar die woorde bly agter in die gedagte van die man wat in die strooi langs die herkouende koei lê. Hy, die Seun van God, het ook in ’n stal, in ‘n krip gelê! Hy het ook na hóm toe gekom. Die boemelaar begin snik. Hy kniel langs die koei in die strooi. Hy bedek sy gesig met sy hande en druk, knielende, sy kop teen die grond. “Ek het diep, diep geval, Here, maar U het tot in die stal by my gekom. Kom in my hart, Here Jesus, en maak dit u troon. Red my, Here…” Stilte kom in sy gemoed. Vrede kom in sy hart. Hy wat uit die hemel afgekom het tot in ’n stal, om te soek en te red dié wat verlore is, het tot by hierdie diepgevalle man in die stal gekom en hom gered en nuut gemaak. Niemand het ooit te laag gedaal dat Jesus, die Saligmaker, hom nie kan bereik nie. “Hy wat in die gestalte van God was het Homself verneder… ja, tot die dood aan die kruis” (Fil.2:6-8). Dit is die blye, hoopvolle boodskap van Kersfees!
“Here, vandag glo ek U kom tot hier waar ek nóú is.”

'n Seun gegee
Lees Romeine 5: 1 – 11
“Ja tog, vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe…God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” (7,8)
Een aand, gedurende die Tweede Wêreldoorlog, loop ’n man en sy seuntjie stadig af in ’n straat, van ‘n groot Amerikaanse stad. In baie huise se vensters hang ’n ster, om te toon ’n seun uit hierdie huis, veg vir sy land. Die seuntjie klap geesdriftig hande vir elke ster wat hulle verbyloop. En as daar meer as een ster in ’n venster hang, beïndruk dit hom mateloos. Hulle kom by ’n gaping tussen die huise en voor hulle is die donker gewelf van die verdonkerende aandlug. Helder glinster die aandster teen die swart hemelgewelf. “Kyk, Pappa!” roep die oudjie opgewonde uit. “Kyk, daar is ’n ster in God se venster. Hy het ook sy Seun gegee!”
Dít is die Kersverhaal: God het uit liefde vir ons sy Seun gegee. Die prediker, D. L. Moody, sê hy het in sy prediking die liefde van Christus vir sondaars, baie beklemtoon. Toe word hy pa van ’n seuntjie en leer ’n pa se liefde vir sy seun ken. Sy prediking het ’n klemverskuiwing ondergaan. Toe beklemtoon hy God se liefde vir ons, omdat Hy sy Seun gegee het sodat ons gered kan word. “Werklike liefde is dit:…die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes…En ons het gesien en ons is getuie daarvan dat die Vader die Seun as Redder van die wêreld gestuur het…En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin” (1Joh.4:10,14,16).
“Here, dankie U het u Seun vir óns gegee.”

'n Gerusstelling
Lees Johannes 11: 1 – 16
“Here, hy vir wie u lief is, is siek” (3)
Kenneth Osbeck vertel van die professor van die Princeton-kweekskool wat gewoond was om sy klas af te sluit met die woorde: “Gentlemen, there is still much in this world and in the Bible that I do not understand, but of one thing I am certain – ‘Jesus loves me, this I know for the Bible tells me so’ – and gentlemen, that is sufficient!” Hy het die woorde aangehaal van die lied wat veral deur kinders gesing word, maar vir ons net so troosvol is: “Jesus min my, salig lot! Dit leer my die woord van God; Al is ek ook swak en blind, Nogtans noem Hy my sy kind.” Vir Marta en Maria was dit ‘n groot troos oor hulle broer wat siek gelê het: Jesus het hom lief gehad. Die onmiddellike verloop van sake het dit weerspreek, want Jesus het gewag totdat Lasarus dood en begrawe was voor Hy na hulle toe gegaan het. Die uiteinde van hulle vertroue in Jesus, al het hulle vertroue ook gewankel, was goed en het op ‘n feesmaal uitgeloop. Dwarsdeur ons beproewings moet ons net daaraan vashou: Jesus het ons lief. Hy sal vir die beste oplossing sorg.
Die lied is in 1860 deur Anna B. Warner, met die samewerking van haar suster, Susan, geskryf. Dit was deel van ‘n roman, Say and Seal, wat hulle geskryf het en wat in daardie tyd ook ‘n blitsverkoper was. In die boek ontvou ‘n roerende toneel. Een van die karakters in die boek, Mr. Linden, troos ‘n sterwende seuntjie, Johnny Fax, deur vir hom hierdie lied te sing. William Bradbury het die melodie in 1861 gekomponeer en die koortjie by Anna Warner se vier verse gevoeg: (Hal.437)
Ja, Jesus min my! Ja, Jesus min my!
Ja, Jesus min my! Ek weet dit uit Gods Woord.
“Here, vandag weet ek uit u Woord U het my lief.”

Geloof nie gevoel nie
Lees Romeine 10:5-13
“Met die hart glo ons en ons word vrygespreek…” (10)
Maj. Whittle het as prediker opgetree by ’n diens in Glasgow. Sy teks was: “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan” (Joh.5:24). Sy boodskap het ’n behoeftige vrou se hart geraak. Sy het haar hart vir die Here oopgemaak en Hom as haar Saligmaker aangeneem. Maj. Whittle het die woorde van die teks vir haar op ’n netjiese kaartjie geskryf. Haar seuntjie was by haar. Vol vreugde dat sy ook nou gered is, het sy en haar seuntjie huis toe gegaan. Na ’n nag van twyfel, stryd en vrees, daag sy die volgende oggend met ’n bedrukte gesig by die ontbyttafel op. Haar seuntjie sien iets is met sy ma verkeerd. Die vreugde van die vorige aand is weg. Hy wil weet wat aangaan. Sy bars in trane uit: “Dis alles weg. Al die blydskap en vrede. Ek voel net so sleg soos voorheen.” “Het Ma se teks verander?” vra hy en spring op. “Ek gaan gou kyk!” Hy bring haar Bybel met die kaartjie en teks daarin. “Kyk, Ma!” roep hy verlig uit. “Kyk, dit is nog net soos gisteraand!” ’n Blye glimlag verdryf die angs in haar gesig. Die seuntjie se eenvoudige vertroue in God se belofte laat geloof weer terugvloei in haar eie hart en verdryf haar bedruktheid.
Geloof en nie gevoel nie, is die winnende krag in ons geloofsekerheid. Emosie speel ’n groot rol in ons geestelike en geloofsbelewing. Dit is egter net die agterryer, nie die touleier nie. Wat God vir ons in sy Woord sê is geldig. ”Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan” (Rom.5:2). “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof…dit is ’n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie…” (Ef.2:8,9).
“Here, ek rus my vertroue dat ek gered is, op wat U in u Woord sê.”

'n Mooi antwoord
Lees Matteus 5: 38 – 46
“As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe” (38,39).
In die tydskrif Revelation, word ’n storietjie vertel, van ’n dogtertjie wat, boektas om die skouer, wit rok en wit skoene aan, op pad is skool toe. In haar hand het sy ’n bossie wit blomme vir haar juffrou. Sy loop by ’n seuntjie verby wat in die grondpad sit en speel. Toe sy regoor hom kom, gooi hy haar met ’n handjievol modder. Sy kom botstil tot stilstand. Haar gesiggie word bloedrooi asof sy aan die huil wil gaan. Sy kyk na hom, waar hy met wakker ogies sit en kyk wat sy gaan doen. Sy glimlag skaam, breek een van die blomme af en gooi dit vir hom. Verbaas vang hy die blom teen sy bors en sit ’n oomblik verleë daarmee in sy hande. Toe spring hy op, laat sy speelgoed net so lê en hardloop na sy huis toe daar naby.
Dit is die soort gedrag wat die Here Jesus van sy dissipels verwag: ’n vriendelike en goeie houding of daad, in antwoord op kwaadwilligheid. Om so te kán optree, het ons Jesus se eie lewe in ons nodig. Die Heilige Gees vorm Jesus se eie lewe in ons harte as ons met Bybellees en gebed met Hom omgaan. As Hy koning in ons harte is, gedra ons ons ook soos sy onderdane. “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het…En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee…” (Kol.3:13,15,16).
“Here, vandag wil ek kwaad met goed vergeld.”

'n Onnodige skuldlas
Lees 1 Johannes 1: 5-10
“Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid” (9).
‘n Seuntjie en sy sussie het hulle vakansie op hulle oupa en ouma se plaas deurgebring. Jannie se oupa het vir hom ‘n rekker gemaak, maar hy kon maar net nie regkry om ‘n voël raak te skiet nie. Een middag het hy weer leë hande huis toe gegaan, toe ‘n eend met haar kleintjies, voor hom oor die pad loop. Op die ingewing van die oomblik mik hy en skiet. Vir die eerste keer was dit raak. Hy kon sy oë nie glo toe die eendjie pootjies na bo bly lê nie. Verskrik het hy die eendjie gegryp en agter ‘n hoop hout ingegooi. Toe hy omdraai, sien hy hoe Lettie, sy sussie, vir hom staan en kyk.
Die aand na ete sê hulle ouma: “Lettie, kom help met die skottelgoed.” Sonder om op te kyk van haar boek af, antwoord Lettie: “Ouma, Jannie het gesê hy sal vanaand met die skottelgoed help.” Jannie het sonder ‘n woord sy speelding neergesit en ewe gewillig die skottelgoed help was. Die volgende oggend het oupa hulle geroep om saam met hom winkel toe te ry. “Nee,” het ouma gekeer, “Lettie kan nie gaan nie, sy moet my help om die groente vir ete te skil.” Lettie het geglimlag. “Nee, Ouma,” sê sy, “ék ry saam. Jannie het gesê hy wil met die groente help.” Ewe gedwee het Jannie agter die bak groente ingeskuif, terwyl Lettie lekker saam met haar oupa winkel toe ry. Vir ’n paar dae gaan dit so aan. Jannie werk soos ‘n slaaf vir Lettie. Toe kon hy dit nie langer verduur nie. Hy gaan na sy ouma toe en terwyl hy in trane uitbars vertel hy haar die hele storie. Sy slaan haar arms om hom en druk hom teen haar vas. “My arme kind, ek het ook daar naby gestaan. Ek het gesien hoe jy die eendjie ompiets. Omdat ek jou liefhet, het ek jou dadelik vergewe. Ouma sal mos nie oor die ou eendjie vir jou kwaad wees nie. Ek wou net gehad het jy moet dit self vir my kom vertel. Lettie het jou darem onnodig laat swaarkry! Ek het gewonder hoe lank gaan jy uithou, dat sy so ‘n slaaf van jou maak.”
Skuldgevoel maak slawe van ons. Ons voel sleg en ongelukkig. Ons ly onder ons skuldige gewete. En al die tyd wag God, wat alles van ons weet en ons liefhet, vir ons om na Hom toe te kom, ons sonde te bely en die vergifnis wat Jesus vir ons aan die kruis bewerk het aan te neem. “Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word” (Heb.4:16).
“Here, vandag is ‘n dag van genade en vergifnis om Jesus ontwil. Ek bely aan U die dinge wat skuldig druk op my hart.”

Dit is 'n duur lied
Lees: Handelinge 17: 1 – 5
“… het Paulus …uit die Skrifte..uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan…” Hand.17:3.
Die lied wat die boetie en sussie met soveel oorwinning gesing het, is ’n duur lied. Tydens die herlewing in Philadelphia in 1858 het ‘n 29-jarige Episkopaalse predikant, Dudley Tyng, die evangelie met groot krag verkondig. Een Dinsdagaand, 30 Maart 1858, het meer as 5 000 mans in die Y.M.C.A.-saal bymekaar gekom en na sy preek oor Eksodus 10:11 te luister. Hy het uitgeroep: “Net die mans gaan! Gaan dien die Here…!” Meer as ’n duisend van hulle het dié aand hul lewens aan die Here oorgegee. Op een stadium in sy preek het hy uitgeroep: “I must tell my Master’s errand, and I would rather that this right arm were amputated at the trunk than that I should come short of my duty to you in delivering God’s message.” Die volgende week het hy op ’n plaas gestaan en kyk hoe ’n dorsmasjien koring dors, toe ’n wiel sy mou gryp en sy arm tussen die groot ratte vergruis word. Die skok en bloedverlies, skryf Kenneth Osbeck, het sy dood veroorsaak. Op sy sterfbed het ’n groepie bedroefde vriende en ander leraars ’n laaste woord van hom gevra. Hy het sag gefluister: “Let us stand up for Jesus.” ’n Medewerker en vriend, eerw. George Duffield, van die Temple Presbyterian Church in Philadelphia, het in sy Sondagoggendpreek hulde gebring aan die ontslape prediker en toe ’n gedig gelees wat hy gaan skryf het na hy Dudley Tyng se laaste woorde gehoor het: “Stand up, stand up for Jesus, ye soldiers of the cross!” Hoekom het so iets met die getroue jong prediker gebeur? Ons sal nooit weet nie. Nie een van sy preke het bewaar gebly nie, maar die lied wat soos ’n vrug uit sy ongeluk en dood voortgekom het, spreek tot vandag toe aanmoediging tot Jesus se volgelinge.
“Here, vandag wil ek vir U opstaan en U bely.”

Die Goeie Herder
Lees Johannes 10:1-16 - Uit: Stories vir die Lewe
“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.”(11)
Sir George Adam Smith, beroemde Ou-Testamentikus, vertel hy was eendag op reis in die Nabye Ooste toe hy op ’n skaapwagter en sy trop skape afkom. Hy begin met die skaapwagter gesels en dié wys hom die skaapkraal. Vier mure en ’n opening. Sir George vra: “Bly die skape snags hier?” “Ja, en as hulle daar is, is hulle heeltemal veilig.” “Maar daar is dan nie ’n hek nie,” sê-vra sir George. “Ek is die hek,” sê die skaapwagter. Hy was nie `n Christen nie en het nie die beeldspraak van die Nuwe Testament geken nie; hy het uit die oogpunt van ’n Arabiese skaapwagter gepraat. Sir George vra hom wat hy bedoel. “Wanneer dit saans donker raak en al die skape is binne, gaan lê ek in die opening. Geen skaap kan uitgaan sonder om oor my te moet klim nie, en geen wolf kom in sonder om oor my te moet klim nie. Ek is die hek.”
So beskerm die Here Jesus ons ook met sy eie Persoon. Hy staan Self tussen ons en ons vernietigende vyand, die duiwel, wat rondgaan en soek wie hy kan verslind (1 Petrus 5:8). Hy beskerm ons ook met sy eie Persoon teen ons eie afdwaling. Ons kan nie wegloop sonder dat Hy weet en ons keer nie. Jesus het aarde toe gekom om so naby en beskermend by ons te wees.
“Here, U is by my en U beskerm my.”

Onvervangbare leesstof
Lees 1 Petrus 1:22-25
“…die lewende en ewige woord van God…” (23)
’n Uitgesproke godloënaar stuur vir ’n jongman ’n pak ateïstiese leesstof. Hy raai hom aan om liewer daardie lektuur te lees as om die Bybel te lees. Power vertel die jongman skryf aan die man terug: “As u iets beter het as die Bergpredikasie, die Gelykenis van die Barmhartige Samaritaan of die Verlore Seun, ’n beter gedragskode as die Tien Gebooie, iets meer vertroostend as Psalm 23, of in die geheel iets het wat meer lig werp op die toekoms, of aan my ’n genadiger God en versorgender Vader kan bekendstel as die Bybel, of ’n Verlosser aanbeveel met ’n beter oplossing vir my verlede en ’n hoopvoller uitsig op my toekoms, as die Nuwe Testament, stuur dit dan vir my, asseblief.”
Vir Dawid, met sy groot liefde vir God, was die Skrif baie kosbaar: “Die woord van die Here is volmaak; dit gee lewe…die bepalings van die Here is reg…hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning as druppels uit ’n heuningkoek… (Ps19:8-11). Vir almal wat deur die Here se woord, deelgekry het aan die ewige lewe en in ’n persoonlike verhouding met die Here Jesus staan, is die Bybel onvervangbaar en onmisbaar. Die mate waarin die Bybel vir ons onontbeerlik raak, toon in watter mate God se koninkryk ons hart in besit geneem het. Deur die lees van die Bybel vind óns hart God se hart, leer ons ons Here en Vriend, die Here Jesus beter ken. Ontvang ons die leiding en lering van die Heilige Gees. Ek probeer elke dag, saam met die ander Bybelgedeeltes waarmee ek besig is, een evangeliehoofstuk lees. Ek wil Jesus elke dag in my gees sien wandel, handel en praat. Lees en lees die Bybel!
“Here, vandag is u woord vir my onvervangbaar”

Die Datum
Lees Openbaring 21:1-8
“Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde” (6)
Dr. Charles S. Robinson het vir ’n vooraanstaande sakeman gevra: “Wat beteken Christus vir u?” Die man antwoord: “Ek dink nooit oor Hom nie.” Toe voeg hy met ’n skewe glimlaggie by: “Christus Jesus maak nie deel uit van my leefwêreld nie.” “As ek mag vra. In watter jaar is u gebore?” vra dr. Robinson vervolgens. Dadelik verstrek die man die jaartal. “Voor Christus of na Christus?” vra dr. Robinson, ook met ’n skewe glimlaggie. Verleë kyk die man na dr. Robinson. Hy verstaan die vraag. Gedurig gebruik hy die jaartal wat begin met Christus se geboorte en hy het gedink Jesus Christus maak nie deel uit van sy leefwêreld nie.
Dit is vir niemand moontlik om van Christus Jesus, die Here, af weg te kom nie, want Hy omspan die heelal en die ewigheid. Gelukkig elkeen wat betyds by Hom as Verlosser uitkom: “Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is” (Luk.19:10). “Ek sal hom wat na My toe kom nooit verwerp nie” (Joh.6:37). Dit is jammerlik ongelukkig om eers uiteindelik, as dit te laat is, by Hom as Regter uit te kom: “Toe het ek ’n groot wit troon gesien en die Een wat daarop sit…Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak… Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het… As daar bevind is dat iemand se naam nie in die boek van die lewe geskrywe staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi” (Opb.20:11-15). Het die Here Jesus Christus al as Verlosser in u leefwêreld plek gekry? Moenie uitstel nie. ”Kom! En elkeen…wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!” (Opb.22:17).
Ons herdenk Jesus se koms aarde toe, om ons Verlosser te wees, weer hierdie Kersfees. Maak dít die kern van ú Kersfeesviering.
`n Skotse predikant het op die deur van sy kerk `n kennisgewing aangebring:
CHRISTMAS: Jesus Christ the reason, For this season!
`n Vrou van hulle dorp bel hom die volgende oggend. “Ek het jou kennisgewing op die kerkdeur gesien,” begin sy sommer ergerlik. “Dit is wat ek teen julle predikante het. Oral probeer julle Jesus Christus indruk. Nou wil jy ons vrolikste vakansiedag van die jaar weer demp deur Jesus daar in te druk!”
Wat maak óns Kersdag vir ons gelukkig?
“Here, vandag dank ek U, Here Jesus, dat U ook ter wille van my, aarde toe gekom het.”

Die diep begeerte
Lees Johannes 6:31-40 (Verhaal deur ds.Wolhuter voorsien).
“Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee”
In ‘n afgeleë deel van Wallis het ’n dogtertjie, Mary Jones, saam met haar ouers tussen die berge gewoon. Haar ouers kon nie lees nie. Daar was geen skool naby nie. Sy het graag saam met haar ouers kerk toe gegaan. Die Bybelversies wat die predikant gelees het, het haar aangegryp en sy het hulle probeer onthou. Toe Mary tien jaar oud was, is ’n skool 3km van hulle huis af geopen. Mary kon uiteindelik leer lees. Na sy leer lees het, was daar net een wens in haar hart: om ’n eie Bybel te besit. Haar pa het vir haar ’n spaarbussie van hout gemaak waarin sy al die geld kon bêre wat sy verdien het, met kinders oppas, hout verkoop en naaldwerk doen. Na ses jaar het sy genoeg geld vir `n Bybel gehad.
Op ’n dag hoor Mary, in die dorpie Bala, word Bybels verkoop. Sy sou met die voetpaadjie, tussen die berge deur, Bala toe loop en haar Bybel gaan koop. Een oggend vroeg kniel sy saam met haar pa en ma om die Here te vra om haar te bewaar. Sy groet hulle, neem haar handsak met padkos en die geld waarvoor sy so lank gewerk het. Ook ’n paar skoon skoene om aan te trek as sy in Bala kom. En sy vertrek. Toe sy so alleen tussen die berge deur loop, kom die woorde van Psalm 121, wat sy uit die kop ken, in haar op: “Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.”
Die aand, net toe dit donker word, kom sy in Bala aan. Goeie mense gee vir haar herberg. Vroeg die volgende oggend klop sy aan eerw. Thomas Charles se deur. Hy maak self die deur oop en nooi haar effens verbaas in. Hoekom is sy hier, wil hy weet, wat wil sy van hom wil hê. “’n Bybel,” fluister sy in daardie groot oomblik en haal haar geld uit. Oorbluf kyk hy na haar: “My kind, ek het geen Bybels om te verkoop nie!” Sonder ’n woord sak Mary op ‘n stoel neer en begin bitterlik huil. Tussen haar snikke deur kla sy: “Moet ek dan nou sonder ’n Bybel teruggaan?” Aangedaan sit hy sy hand op haar skouer: “Moenie huil nie, Mary. Omdat jy so graag ’n Bybel wil hê, gee ek vir jou een van my eie Bybels. Hier, neem dit.” Met ’n kreet van blydskap spring sy op, gryp die Bybel en druk dit teen haar vas. “Dankie!” roep sy uit. “Baie dankie! Nou moet ek huis toe gaan.”
By haar huis wag haar ouers haar in. Van ver af al wys sy vir hulle die Bybel. Hulle hardloop haar opgewonde tegemoet. In die voorkamer word die groot parafienlamp aangesteek. Vir die eerste keer, met haar ouers by haar, maak Mary haar eie Bybel oop. Sy blaai na Psalm 150 toe en lees van die eerste vers af: “Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf …” tot by die laaste vers: “Laat alles wat asemhaal, die Here prys. Prys die Here!”
Uit hierdie gebeurtenis het ’n geseënde gevolg gespruit: Thomas Charles vertel vir sy kollegas van die nood aan Bybels in Wallis. Een van die leraars in die vergadering stel voor: “Kom ons stig ’n vereniging wat meer Bybels aan Wallis kan voorsien.” ’n Ander leraar, eerw. Joseph Hughes, roep uit: “Nie net vir Wallis nie, maar vir die hele wêreld!” So is die Britse en Buitelandse Bybelenootskap op 7 Maart 1804 gestig. Dit het na ander lande uitgebrei. Ons eie Bybelgenootskap van Suid-Afrika, het in 1820 in werking getree en een van die grootste verspreiders van volledige Bybels in die wêreld geword.
“Here, vandag dank ek U vir mense wat saamgewerk het om die Bybel in my hande te plaas. Seën die werk van die Bybelgenootskap.”

Wees gereed om te help
Lees Handelinge 8:26-40
“Hy het Filippus gevra om op te klim en by hom te kom sit… Filippus het… begin en die evangelie oor Jesus aan hom verkondig.” (31,35)
Dr. R. A. Torrey, die bekende prediker en skrywer van meer as ’n eeu gelede, vertel Maj. Whittle se verhaal. Hy was ’n majoor in die Amerikaanse burgeroorlog. Toe hy die dag sy ma groet om front toe te gaan, sê sy vir hom, sy stuur hom met haar gebed weg en sal hom elke dag met haar gebede dra. Hy was toe nie ’n Christen nie. Hy was in verskillend veldslae betrokke. In een geveg is hy gewond en sy arm moes afgesit word. Sy ma het vir hom ook ’n Bybel gegee wat hy deurentyd bewaar het, maar nooit gelees het nie. Toe hy in die hospitaal lê, begin hy die Nuwe Testament by Matteus lees. Hoe meer hy lees hoe meer begin hy belangstel. Hy sê: “I saw as plain as day the way of salvation, but I didn’t have the slightest desire to follow that way or believe it.” Op ’n dag kom ’n verpleegster na sy bed toe en sê vir hom: “’n Seun van 19-jaar oud het ingekom en hy is sterwend. Hy vra iemand om vir hom te bid. U is die enigste een wat ek ken wat dit kan doen.” Hy sê vir haar hy kan dit nie doen nie, hy is net so sleg as enigeen van die ander wat daar lê. Sy moet iemand anders kry. Die verpleegster antwoord: “U is die enigste een wat Bybellees. Ek het u ook nie hoor vloek nie. Wil u nie asseblief maar kom en sien wat u vir hom kan doen nie.” Maj. Whittle gee toe en gaan met haar saam. Dit is ’n pragtige jongman, maar in sy oë is ’n verskriktheid. “Ek kan nie doodgaan soos ek is nie,” fluister hy. Vir hierdie seun moet gebid word, besef die majoor. Iets in hom dring hom om te kniel, sy eie sonde te bely en self tot bekering te kom en dan vir die seun te bid. Maj. Whittle kniel by die seun se bed. Eers maak hy sy eie saak met die Here reg. Toe bid hy vir die seun en lei hom om self ook, op grond van tekse wat maj. Whittle uit sy Bybellees van die afgelope tyd onthou, in die Here Jesus te glo as sy Redder wat deur sy kruisdood sy sonde gedra het. `n Kalmte kom oor die seun. `n Paar dae later is hy dood, maar hy was die rede waarom Maj. Whittle self by die Here uitgekom het. Die verpleegster het ook deel gehad in die seun se redding.
“Here, vandag wil ek ook gereed wees om iemand wat na U soek te help om U te vind.”

Waarin die krag is
LEES: Efesiërs 2: 11 – 18
“Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus. Christus is ons vrede… (13,14).”
Roy McClain vertel hoe `n bekende advokaat in een van Suid-Amerika se strate deur `n bedelaar genader word vir `n aalmoesie. Die advokaat kyk skerp in die ongeskeerde gesig en sê dan: “Ken ek jou nie van iewers af nie?” Die bedelaar antwoord: “Jy behoort. Ek is jou ou klasmaat. Onthou, tweede vloer, Old Main Hall.” “Natuurlik, Sam, verseker onthou ek jou.” Sonder `n verdere woord skryf die advokaat `n groot tjek vir hom uit. Die storie sê $100, maar dit is baie jare gelede en in ons geldwaarde, moes dit `n groot bedrag gewees het. “Neem dit,” sê die advokaat. “Ek gee nie om wat met jou gebeur het nie, maar neem hierdie geld en gaan kry vir jou iewers `n nuwe begin.” Trane kom in die bedelaar se oë en hy stap na die regte bank toe. In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om gehelp te word. Dan kyk hy na sy eie vuil toiïngs. Sy moed begewe hom. “Hulle sal dit nie van my aanvaar nie,” dink hy. “Hulle sal dink ek het dit vervals. Ek pas nie hier nie.” Hy draai weg. Die volgende dag loop hy en die advokaat mekaar weer raak. “Wat het nou gebeur, Sam?” roep die advokaat uit. “Wat het jy met my tjek gemaak? Het jy die geld weggedobbel of weggedrink?” Sam trek die tjek uit `n binnesak uit en wys dit vir die advokaat en vertel hom hoekom hy dit nie gewissel het nie. “Kyk, my vriend,” sê die advokaat ernstig. ”Wat daardie tjek waarde gee is nie jou voorkoms of klere nie. Dit is my handtekening! Gaan nóú dadelik en wissel daardie tjek.”
Dit is die krag van óns redding en óns nuwe lewe: Jesus se handtekening op die tjek van God se genade – sy bloed wat Hy aan die kruis gestort het. Die Heilige Gees bring God se vergifnis, die reiniging van Jesus se bloed, en die nuwe geestelike lewe, in ons lewens in, op grond van Jesus se kruisdood. Ons swakheid, ons onreinheid, ons skandes kan dáárdie krag nie kanselleer nie.
“Here, vandag vertrou ek in u verdienste.”

Sedertdien
Lees Lukas 13:6-9
“Kyk, dit is nou drie jaar dat ek aan hierdie vyeboom vrugte kom soek, en ek kry niks nie. Kap hom uit!” (Lukas 13:7)
’n Jong mediese student, Wilfred Grenfell, het in Londen onder die prediking van die bekende evangelis, D. L. Moody, tot bekering gekom. Hy het sy hart met groot oorgawe aan die Here gegee. Nadat hy sy studies voltooi het, het hy nie sy ideaal verwesenlik en ’n praktyk geopen nie, maar as ’n sendelinggeneesheer Labrador toe gegaan. Veertien jaar later het hy mnr. Moody in Boston opgesoek. Hy het mnr. Moody vertel, hy het veertien jaar tevore onder sy prediking tot bekering gekom het. Mnr. Moody was verheug om dit te hoor, maar toe vra hy: “Dit was veertien jaar gelede. Wat het jy sedertdien gedoen?” “Wat het ek in die veertien jaar gedoen? Deur God se genade het ek geleef en gewerk dat andere ook Christus moet leer ken.” “Het jy nog nooit jou keuse van die besteding van jou lewe berou nie?” “Nimmer!” roep die jong dokter hartlik uit. Nog nooit was iemand spyt oor sy toewyding aan die Here nie of spyt oor wat hy vir die Here kon doen nie. ’n Onvrugbare en onbruikbare geloofslewe is ’n bron van berou. Almal wat in Christus redding gevind het, word geroep tot ’n toegewyde lewe wat vir God se koninkryk vrugte dra.
Die gelykenis van die teleurstellende vyeboom praat ernstig met ons. Die onvrugbare boom moet uitgekap word. Jesus het ook gesê: “Ek is die wingerdstok en julle die lote. Wie in my bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos ’n loot en hy verdroog” (Joh.15:5,6). In die gelykenis van die goue muntstukke (Lukas 19:13) en die dienskneg wat sy muntstuk begrawe het, in plaas van daarmee handel te dryf, kom dieselfde eis van bruikbaarheid na vore. “…’n ander het gekom en gesê: ‘Meneer, hier is u muntstuk. Ek het dit in ’n doek gebêre …’ Toe sê (die man) vir hom: ‘Jy is ’n slegte slaaf!’” Hoe antwoord óns op mnr. Moody se vraag: “Wat het jy sedertdien, sedert jy die Here leer ken het, vir Hom gedoen?”
In die gelykenis van die vyeboom, kom daar ’n bemoedigende wending in die storie, ná die eienaar se opdrag: “Kap hom uit”. “Maar die tuinier antwoord: ‘Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes. Miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra. Maar so nie, kan u hom uitkap.” Die Here Jesus tree in vir sy volgelinge wat nie in sy Vader se koninkryk vrug dra nie. Die Here se Woord dring in die hart in, soos die tuinier se graaf die grond rondom die onvrugbare boom loswoel. Die Heilige Gees maak die hart vrugbaar om geestelike vrug voort te bring, soos die bemesting die vyeboom krag gee om vrug te dra. “Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer …as ligdraers in die wêreld” (Fil 2:12-15).
“Here, maak my vandag gewillig en bekwaam om vrugbaar vir U te leef.

Die sagte juk
Lees Matteus 11: 25 – 30
“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle…leer van My…Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” (28-30)
Die superintendente van `n kinderhuis het die teks, met klem op die woorde: “My juk is sag”, vir `n Sondagskoolklas gelees. Sy draai na die klas toe en vra: “Wie kan my vertel wat `n juk is?” Vinnig gaan `n paar hande op. Die een antwoord: “Dit is iets wat op die nekke van osse gesit word.” Toe vra sy: “Wat beteken, God se juk, as die Bybel sê: My juk is sag?” `n Rukkie is daar stilte. `n Vierjaaroud dogtertjie se handjie gaan op. “Ja?” vra die superintendente. Die dogtertjie antwoord: “Dan sit God sy arm om ons nekke.” Eerw. Pearce merk op: “What could be more comforting than that?”
Die dogtertjie het `n goeie antwoord gegee. Jesus het gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Dit verseker ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos `n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie” (Luk.18:16,17). En nou is dit treffend, die onmiddelike gebeurtenis, wat na hierdie woorde van Jesus, van vers 18 af volg, vertel die voorval van die ryk jongman, wat van Jesus af weggedraai het, omdat hy geoordeel het, Jesus se eise vir sy koninkryk is te moeilik. Jesus vra nederige vertrouende harte vir sy inwoning. In só `n kinderlike hart wek die Heilige Gees geloof in die Here Jesus Christus op en die vestiging van God se koninkryk.
“Here, vandag kom ek vertrouend na U toe.”

Onvoorwaardelike Vertroue
Lees Psalm 56:11
“Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U…in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie” (4,5)
In 1880 het ’n predikant die Groot Piramide in Egipte besoek en daar geleer wat onvoorwaardelike vertroue beteken. Die Groot Piramide is 5 000 jaar gelede (3 000 jaar vC.) deur die Egiptiese koning Choefoe gebou. Dit is heelwaarskynlik steeds die grootste gebou op aarde. Meer as twee miljoen rotsblokke van 4x4x2½ voet is daarvoor gebruik. Choefoe is moontik dood voordat die piramide voltooi is, want die boonste helfte van die piramide is nie goed afgewerk nie. Dit is in hierdie boonste deel van die piramide waar die dominee, volgens Bowes’ Information and Illustration geleer het wat onvoorwaardelike vertroue beteken.
Die predikant het met groot moeite die steil helling na die Groot Gallery toe opgeklim. Die afwaartse tog, het met ’n gladde, smal lys langs, onder toe gevoer. Die enigste lig was ’n halwe kers wat een van die Arabiese gidse vashou. Hulle kom by ‘n skerp draai om ’n hoek. Die lys sak daar by ’n afgrond ’n paar voet laer af. Dit gaan ’n sprong om die hoek, oor die afgrond, kos om die lys weer te bereik. Juis toe waai die Arabier se kers dood en die dominee staan in die stikdonker op daardie gevaarlike plek. Die gidse stel hom gerus. Hulle sê vir hom, een van hulle gaan met hom op sy rug om die hoek, oor die afgrond, spring en hom op die lys aan die ander kant neersit. Hiervoor is die dominee nie lus nie. “Laat ek met my een hand op jou skouer en die ander hand aan die rots vashou,” stel hy voor. “Nee, altwee hande moet op Arabier wees,” antwoord die gids. “Laat ek self spring en dan help jy my net,” probeer die dominee weer. “Nee, al jou gewig moet op Arabier wees.” “Laat ek dan net eers sien waarop staan jy,” skerm die dominee. “Nee, jy is veilig op Arabier se rug.” “Ek is swaarder as wat jy dink,” probeer die dominee nog ’n keer. “Nee, jy is veilig as jy Arabier heeltemaal vertrou.” Die dominee besef toe, as hy nie in die piramiede wil sterf nie, moet hy die Arabier vertrou. Versigtig klim hy op die Arabier se rug. Sterk arms span om sy bene. Hy voel die beweging van ’n sprong. Toe sit die Arabier hom sag neer en sorg dat sy voete op die smal lys geplant staan.Die kers word weer opgesteek en sonder enige verdere voorval bereik hulle die veilige gelyk grond. In die predikant se hart is dit baie stil. Dit is onvoorwaardelike vertroue dink hy. So moet ’n mens God vertrou. Jou hele gewig moet op God rus. Alles word in sy hande gelaat. God bring die een wat in Hom vertrou oor die skrikwekkendste afgrond, langs die smalste, gladste roete, veilig op vaste, gelyk grond te staan. “Moenie bang wees nie, Ek verlos jou…As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God…jou Redder” (Jes.43:1-3).
“Here, vandag vertrou ek in my moeilikheid geheel op U.”

Gekies
Skrifdeel: Efesiërs 6: 10 – 20
“…die waarheid as gordel om julle heupe…die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan julle voete” (14,15)
`n Predikant het by geleentheid in `n gevangenis `n diens gehou, vertel Florida Baptist Witness. Onder die gevangenes wat na hom sit en luister, merk hy iemand op wat vir hom bekend lyk. Na die diens kry hy toestemming om met daardie persoon in sy sel te gesels. Die gevangene praat dadelik met hom. “Ek onthou u, Meneer,” sê hy. “Ons was saam seuns in dieselfde buurt. Ons het saam na dieselfde skool toe gegaan. Ons het langs mekaar gesit. Toe het ek dieselfde vooruitsigte as u gehad.” Hy sug diep en gaan voort met sy verhaal. Op 14-jarige ouderdom kom hulle by geleentheid albei voor die keuse om hul harte vir die Here Jesus Christus te gee. Nou gee ek sy eie woorde soos in die “Witness” geskryf: “You made choice of the service of God and became a Christian. I refused to come to Christ, and made choice of the world and sin. And now you are a happy and honoured minister of the gospel, while I am a wretched outcast.” Hy het reeds tien jaar van sy vonnis uitgedien, vertel hy, maar hy gaan lewenslank in die tronk bly.
Die erns van die keuse wat ons maak, wanneer die Here Jesus aan die deur van ons hart klop, soos Openbaring 3:20 dit vir ons skilder: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My,” is nie net die aardse proses wat volg as ons Christene is nie, maar die ewige koers wat dan vir ons wag. Iemand wat sy lewe oopmaak vir Christus se redding, ontvang ewige lewe. So iemand gaan hemel toe na die dood. Almal wat weier om die Here Jesus Christus as Verlosser aan te neem, gaan verlore, gaan verdoemenis toe na die dood. `n Aaklige vooruitsig. Kies Jesus!
Here, vandag kies ek U.”

Getrou om te gee
Lees Markus 12:41-44
“Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: ‘Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het” (43).
’n Arm weduwee het in ’n besienswaardige vuurtoring aan die suidelike kus van Engeland gewerk. Haar inkomste uit besoekers se fooitjies was gering. Sy het nietemin besluit om haar inkomste van ’n bepaalde dag vir sendingwerk te gee. Op dáárdie bepaalde dag kom ’n deftige vrou en haar netjiese dogter die vuurtoring besoek. Hulle gee vir die vrou ’n kroon (lankal se vyf sjielings, 50c) as ’n fooi. Destyds sommer baie geld! Die groot bedrag bewerk dadelik ’n stryd in die vrou se hart. Sy het lus en verskuif haar sendingbydrae se dag ’n dag vorentoe. Sy stry die saak in haar hart uit en gooi ’n halfkroon in haar sendingbussie. Maar sy kry nie geslaap nie. In die middel van die nag staan sy op, haal die halfkroon uit die bussie, en gooi die deftige vrou se kroon in die sendingbussie. Toe raak sy rustig aan die slaap. (Daar is nie nog so ’n goeie slaapmiddel as ’n goeie gewete nie!) ’n Paar dae later ontvang sy ’n brief, met ’n koninklike stempel op. Dit is van die vrou en haar dogter. Ingesluit was die enorme bedrag van vyf-en-twintig pond (R50). Honderd voudig die 50c wat sy ingegooi het. Die vrou was die Hertogin van Kent en die dogterjie was die latere koningin Victoria van Engeland.
Soos Jesus gekyk het hoe die arm weduwee haar twee geldstukkies in die offerkis gooi, kyk Hy steeds hoe ons uit ons geld vir sy konirkryk gee. “Julle gawe is voor God ’n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus” (Fil4:18,19).
“Here, vandag gee ek uit my geld van harte u deel.”

Die Onsigbare Fontein
Skrifdeel: Johannes 7: 37 – 39
“Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” (38)
’n Man het ’n pragtige plaas geërf. Daar was groot moontlikhede vir ontwikkeling, maar daar was nie water nie. Die lieflike, vrugbare grond moes onbewerk bly lê. Een aand het die man buite tussen die rante gestaan en oor sy probleem gepeins. Dit was ‘n stil aand. Selfs die wind was stil. Hy verbeel hom hy hoor water loop. Dis nie moontlik nie, want daar is binne myle nie water nie. Tog hoor hy weer duidelik die ruising van ’n waterstroom. Vir ’n paar aande daarna het hy op dieselfde plek gaan staan en luister. As dit baie stil was, het hy die water gehoor. Hy het die hulp van ’n geoloog ingeroep. Opmetings is gemaak, grondformasies getoets en ’n boorgat gesink. ’n Geweldige onderaardse fontein is blootgelê. Binne ’n kort tydjie is die waardelose plaas omskep in ’n paradys.
Jesus beloof in Johannes 4:13,14 vir die Samaritaanse vrou ’n fontein in die hart: “Elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” Hierdie belofte van Jesus van ’n fontein in die hart is vervul met die koms van die Heilige Gees op Pinksterdag. Hy woon in die hart van die gelowige en gee in daardie hart, ’n volheid van geestelike lewe wat uitvloei ook na ander toe.
Elke kind van die Here verlang na ’n oorvloedige lewe wat sy Christenwees vir homself en vir ander ’n seën maak. Die onsigbare fontein is gegee. Wie stil genoeg word om die ruisende stroom in God se beloftes te hoor, vind die fontein. Die soekende, luisterende hart sal die oorvloedige lewe vind.
“Here, vandag verlang ek na die volheid van die Heilige Gees.”

Wang teen wang
Lees Romeine 11: 33 – 36
“Wie ken die bedoeling van die Here?” (34).
Toe ds. Malan Nel nog ’n seuntjie was, vertel ds. Wollie Wolhuter vir my die storie, het hy op ’n dag saam met sy pa in die veld gestap. “Kyk daardie pragtige koedoe,” sê Malan Nel se pa vir hom. Hy kyk en probeer die koedoe tussen die bome raaksien, maar verniet. Hy sien hom net nie. “Kom,” sê die pa vir sy seun, “sit jou wang hier teen pa se wang en dan kyk jy reguit oor my vinger.” Malan Nel sit sy wang teen sy pa se wang en kyk reguit oor sy pa se wysvinger en daar, yslik groot tussen die bome, sien hy ook nou die koedoe raak.”
Uit ons eie, met ons menslike en vleeslike oog, kan ons nie in hiedie wêreld die dinge raaksien, wat vir God en sy koninkryk belangrik is nie. Ons sien nie mense se nood, fisies en geestelik, raak nie. Ons het nie ’n saak met die verkondiging van die evangelie van Christus Jesus en die uitbreiding van God se koninkryk in hierdie wêreld nie, want ons sien die belangrikheid daarvan nie raak nie. Eers as ons naby God kom, wang teen wang, hart teen hart, gaan ons oë oop om God se belange in hierdie wêreld raak te sien. “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie, en wat in die hart van ’n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet. Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak… (1 Kor.2:8,10).
“Here, vandag wil ek naby genoeg aan U kom, om u belange in hierdie wêreld te verstaan.”

Subscribe to:
Comments (Atom)