Lees Psalm 1
“…die mens …wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit…oordink…is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is…vrugte dra… Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak” (1,2,3,4).
William Gladstone, drie keer eerste mininster van Britanje van 1868 – 1894, was ’n uitgesproke Christen. John Morley, wat Gladstone se biografie geskryf het, vertel Gladstone het soms vir ’n dag net verdwyn – niemand weet dan waar hy is nie – dan was hy alleen om deur Bybelstudie en gebed by God raad te soek. Hy het eenkeer gesê: “If I am asked what is the remedy for the deeper sorrows of the human heart…I must point to something which in a well-known hymn is called ‘the Old, Old Story’, told in an old, old book and taught with an old, old teaching, which is the greatest and best gift ever given to mankind…’”.
Eenkeer het Gladstone ’n politieke krisis beleef, skryf George Sweeting in sy boek, Love is the Greatest. Twee uur een oggend sit hy in sy studeerkamer om sy toespraak, vir die volgende dag se vergadering van die House of Commons, voor te berei. Dit was vir hom nodig om ’n politieke oorwinning te behaal. ’n Vrou word na hom toe ingebring. Haar gebreklike seun was besig om te sterf en sy wou hê mnr. Gladstone moet hom kom moed inpraat. Sonder om te huiwer staak Gladstone dadelik sy werk en gaan met haar saam. Die grootste deel van die nag bly hy by die seun en help die seun om in sy Verlosser, Christus, te glo. Dagbreek druk hy die oë van die seun, wat heengegaan het, toe en met vrede en vertroue in sy hart, gaan maak hy sy toespraak klaar. Later die oggend sê hy vir ’n vriend, “Ek is vanoggend die gelukkigste man in die wêreld.” George Sweeting voltooi die insident met die volgende woorde: “That day he made the greatest speech of his life in the House of Commons, carrying his cause to a triumphant success.”
“Here, vandag soek ek krag in u woord om vir U bruikbaar te wees.