SKRIFDEEL: Markus 9: 33 – 41
“Elkeen wat vir julle `n beker water te drinke sal gee… hy sal beslis die beloning daarvoor kry…(41)
Een hetige Augustusdag, kom `n kapkar, getrek deur twee uitgehongerde perde, voor `n huisie op die Kansas Prairie, tot stilstand. Die kardrywer is besope, die vrou siek, vier kinders sit huilend op hulle sitplek. `n Jong meisie maak die huisdeur oop. “Enige water vir ons?” kreun die besope drywer. Die werf se waterput het in die droogte droog geraak, maar sy kry `n emmer vol water vir hulle bymekaar. Haar ouers was juis weg om te gaan water soek. Rachel dra die emmer water na hulle toe. Die dorstige gesin op die kar drink die hele emmer water leeg. Die siek ma sê vir die meisietjie: “Onthou, my kind, vir so ver jy dit aan die minste gedoen het…” Dit is `n aanhaling van Matteus 10:42: “Wie aan een van hierdie geringstes net `n beker koue water gee…” Die kar ry verder. Jare gaan verby en Rachel word `n waardige vrou. Op `n keer reël sy vir `n bekende matigheidspreker, om in haar dorp `n lesing te kom gee. Ek haal die spreker se eie woorde uit The Illustrator aan : “’I love Kansas,’ the temperance man began, ‘for on its plains I made my first temperance pledge.” Hy vertel van die jongmeisie wat met moeite vir hulle `n emmer water gebring het, en hoe sy pa die drankbottel weggegooi het as `n dankoffer vir die water. En hoe hyself sy ma beloof het om by die “cold water army” aan te sluit. Weer Illustrator se eie woorde: “As she listens to the testimony of the outcome of the bucket water she gave to the strangers, Rachel bowed her head to hide the glad tears.”
`n Goeie en helpende daad, in `n onbeplande oomblik, aan iemand, bekend of vreemd, het soms `n geseënde nadraai en vrug wat ons nooit sou kon voorsien nie. Laat ons gereed wees om in `n oomblik van iemand se nood of verleëntheid, met die middele tot ons beskikking, hulp te verleen. Ons doen dit gehoorsaam aan die Here Jesus se woorde. Die Samaritaanse vrou, in Johannes 4, het wel onder protes vir Jesus `n beker water gegee om te drink, maar dit het vir haar onbeskryflike seën gebring.
“Here, vandag wil ek opmerksaam wees om iemand te kan help.”
'n Bruikbare Lewe
Lees Psalm 1
“…die mens …wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit…oordink…is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is…vrugte dra… Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak” (1,2,3,4).
William Gladstone, drie keer eerste mininster van Britanje van 1868 – 1894, was ’n uitgesproke Christen. John Morley, wat Gladstone se biografie geskryf het, vertel Gladstone het soms vir ’n dag net verdwyn – niemand weet dan waar hy is nie – dan was hy alleen om deur Bybelstudie en gebed by God raad te soek. Hy het eenkeer gesê: “If I am asked what is the remedy for the deeper sorrows of the human heart…I must point to something which in a well-known hymn is called ‘the Old, Old Story’, told in an old, old book and taught with an old, old teaching, which is the greatest and best gift ever given to mankind…’”.
Eenkeer het Gladstone ’n politieke krisis beleef, skryf George Sweeting in sy boek, Love is the Greatest. Twee uur een oggend sit hy in sy studeerkamer om sy toespraak, vir die volgende dag se vergadering van die House of Commons, voor te berei. Dit was vir hom nodig om ’n politieke oorwinning te behaal. ’n Vrou word na hom toe ingebring. Haar gebreklike seun was besig om te sterf en sy wou hê mnr. Gladstone moet hom kom moed inpraat. Sonder om te huiwer staak Gladstone dadelik sy werk en gaan met haar saam. Die grootste deel van die nag bly hy by die seun en help die seun om in sy Verlosser, Christus, te glo. Dagbreek druk hy die oë van die seun, wat heengegaan het, toe en met vrede en vertroue in sy hart, gaan maak hy sy toespraak klaar. Later die oggend sê hy vir ’n vriend, “Ek is vanoggend die gelukkigste man in die wêreld.” George Sweeting voltooi die insident met die volgende woorde: “That day he made the greatest speech of his life in the House of Commons, carrying his cause to a triumphant success.”
“Here, vandag soek ek krag in u woord om vir U bruikbaar te wees.

'n Belangrike Waardasie
Lees Handelinge 9: 36 – 43
“Al die weduwees het by Petrus kom staan en snikkend vir hom die klere gewys wat Dorkas gemaak het toe sy nog gelewe het” (39).
Nicholas Halasz word in Robert Raines se boek, Creative Brooding, aangehaal, om ’n storie oor Alfred Nobel te vertel. Een oggend in 1888, lees Alfred Nobel, die man wat deur sy uitvinding van dinamiet beroemd geword het, sy eie doodsberig in ‘n oggendkoerant. Hy het ’n fortuin versamel deur sy vervaardiging en bemarking van wapens. Die doodsberig was ’n joernalistieke flater. Alfred se broer is oorlede, maar ’n koerantman het sonder om verder ondersoek in te stel, dit as die dood van Alfred aangekondig. Enige mens sal ontsteld wees om jou eie doodsberig in ‘n koerant te lees. Vir Alfred Nobel was dit ’n oorweldigende skok, want in die berig het hy homself gesien, soos die wêreld hom sien. In Nicholas Halasz woorde: “The dynamite King (the weapon maker), the great industrialist who had made an immense fortune from explosives. This – as far as the general public was concerned – was the entire purpose of his life.” Nie een van sy werklike motiewe…to break down barriers that separated men and ideas…het in die doodsberig aandag gekry nie. In die oë van die publiek was hy ’n merchant of death! Daarvoor sou hy onthou word. Terwyl hy die berig met geskokte afgryse lees, neem hy hom voor om die werklike doel van sy lewe aan die mense te vertoon. Dit gaan hy doen, besluit hy, met die bemaking van sy fortuin in sy testament. Nicholas Halasz skryf dit so: “And the result was the most valued of prizes given to this day, to those who have done most for the cause of world peace – the Nobel Peace Prize.”
Hieroor skryf Charles R. Swindol, uit wie se Ultimate Book of Illustrations ek die verhaal aanhaal: “At times I wonder how it would read if my obituary suddenly appeared. And I ask you to entertain that frightful thought for a moment: ‘What is your life known for? What will you be remembered for?’”
Ons lewe, is soos ’n man wat by die strand, terug kyk hoe hy oor die sand geloop het. Hy sien sy spore lê presies soos hy geloop het. Terwyl hy kyk, kom ’n brander en spoel oor sy spore. Toe is daar ongerepte, gladde sand. Deur God se liefde en die groot verlossingsprys wat die Here Jesus Christus betaal het, hoef ons verlede ons ook nie meer te verskrik nie. Soos die brander wis God se vergifnis ook ons misdade uit. “Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde. Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie…” (Ps.103:10). Maar meer: Ons kan met die hulp en krag van God deur die Heilige Gees, dit wat van ons lewe oor is, aanwend tot heil en vreugde van mense in ons omgewing. Dáárvoor sal ons onthou word.
“Here, vandag bely ek sondes van my verlede wat ek onthou, en ek span my nou in om so te lewe dat dit vir U tot eer en vreugde sal wees.”

Lewenswaarde
SKRIFDEEL: Kolossense 2: 6 – 15
“In Hom is die volle wese van God beliggaam, en in verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid” (9).
Marvin Bauer vertel die legende van drie groot bome wat in die woud gestaan het. Elkeen het ’n eie ideaal gehad, vir die dag wanneer hy afgekap word. ’n Belangrike vraag word hiermee geantwoord. Wat bring waarde in ’n mens se lewe?
Die een boom het verlang om vir ’n sierlike paleis gebruik te word en só beroemd te word. Die tweede een wou vir ’n groot skip gebruik word en só roem verwerf. Die derde een wou bly staan net waar hy is, bo al die bome uitgroei en opwys na God toe en bewonder word. Op ’n dag het die houtkapper gekom en die eerste een afgekap. Die hout is gebruik om ’n stal mee op te rig. Die tweede een is afgekap en gebruik om ’n vissersboot mee te bou. Die derde is afgekap en is gebruik om ’n kruis mee te maak. Hierdie wending, anders as hulle eie beplanning, het die drie bome onvergeetlik gemaak. Die Koning van die Hemel, Jesus, is in die stal gebore en sy warm lyfie het op die plank van die boom, waarmee die krippie gemaak was, gelê. Jesus, die Meester van die hemelse koninkryk, en sy dissipels, het in die vissersboot op die see gevaar, en Jesus se voete het direk getrap op die hout van die tweede boom. Jesus, die Verlosser, is vasgeslaan aan die derde boom se balke en sy bloed het oor dié boom se hout gevloei.
Hierdie drie bome se geskiedenis het geseënd en vir hulle ten goede verander, omdat die Here Jesus ingetree het. Elkeen se ideaal vir ’n nuttige lewe is vervul, maar anders en hoër as wat hulle dit ooit vir hulleself sou kon bewerk Wanneer Jesus in ’n lewe intree, vul Hy die hart met volheid van lewe en bevrediging: “Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê… in oorvloed”(Joh.10:10).
Oor die verlore seun het iemand daaraan gedink dat die seun weggegaan het, want hy het deftige klere en egte leerstewels begeer, juwele vir sy vingers, goeie kos, plesier. Die ver land het treurig in sy verwagtinge misluk. Toe kom hy terug, en wat kry hy by sy pa: “Bring klere, die beste…en skoene … bring ’n ring vir sy vinger…bring die vetgemaakte kalf…laat ons feesvier…Toe het hulle begin feesvier” (Luk.15:22). Die vervulling van die diep behoeftes van die menslike hart word in ons ewige God gevind. Ontmoet Jesus en word ryk in u siel!
“Here, vandag draai ek weg van die wêreld af na U toe.”

Langs mekaar
SKRIFDEEL: Lukas 19: 1 – 10
“Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuisgaan…hy het Jesus met blydskap ontvang” (5)
`n Misdadiger het in `n tronk op die voltrekking van sy doodstraf gesit en wag, vertel The Presbyterian. `n Predikant het hom besoek en hom probeer help om tot bekering te kom. Hy kon net nie by die man ingang vind nie. Op pad terug huistoe, loop die dominee `n bejaarde lidmaat van hom raak, wat vir sy toegewydheid aan die Here bekend was. Hy vra die man om met die misdadiger te gaan praat. By die misdadiger in sy sel aangekom, gaan hy langs die man sit, neem sy hand in sy eie hand en sê met groot gevoel en eenvoud: “Is dit nie wonderlik dat God in sy groot liefde vir ons, sy Seun gestuur het om vir sondaars soos ek en jy te kom sterf nie.” Binne oomblikke breek die man se hart oop en begin hy huil. Later het hy gesê: “Toe die predikant met my gepraat het, het dit gevoel soos iemand wat van ver bo my met my praat. Maar toe die ou man inkom en langs my kom sit en hom met my klas, deur te sê: ‘Was dit nie `n groot liefde van God om sy Seun in die wêreld te stuur om vir sondaars soos ek en jy te sterf nie, kon ek dit nie meer uithou nie. Ek het my hart vir die Here oopgemaak en ek gaan nou met moed my slegte straf tegemoet.”
`n Nederige houding en groot meegevoel vind ingang by mense. Dit is hoe Jesus self met mense omgegaan het: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee…want Ek is sagmoedig en nederig van hart….” (Mat.11:28).
“Here, vandag wil ek vir U bruikbaar wees.”

Klaar en ten volle betaal
Lees Efesiërs 1: 3 – 14
“Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe…(7).
Tsaar Nicolas II van Rusland het die gewoonte gehad om eenvoudig geklee, die militêre buiteposte van sy ryk te besoek, om self, as gewone man, te sien hoe dit daar gaan, so vertel Roy B. Zuck in sy boek The Speakers Quote Book. By een van hierdie buiteposte was ’n jongman, wie se pa hom in die leër laat opneem het, om ’n bietjie dissipline in hom ingedril te kry. “However, army life served as fuel that fed the fires of the wild life he lived”, skryf Roy Zuck. Sy grootste swakheid was dobbel. Hy was die boekhouer van sy buitepos se geldsake. Namate sy dobbelskuld gegroei het, was dit vir hom nodig om van die buitepos se geld te neem om sy groeiende dobbelskuld te betaal. Die verwagte groot wengeluk het nooit gekom nie en hy het voortgegaan om sy skuld uit die buitepos se geldtrommel te betaal. Een aand kyk hy hoeveel hy noual aan die buiteposrekening skuld. Toe hy die geweldige bedrag sien, besluit hy om sy eie lewe te neem. Hy lê sy pistool langs hom op die tafel neer. Oor die lêerbladsy, met sy berekening op, skryf hy: “So ’n groot skuld. Wie kan dit betaal?” Hy laat rus sy kop, langs sy pistool, op die tafel. Die uitputting van die situasie het hom ingehaal. Hy raak aan die slaap. Tsaar Nicolas, geklee soos ’n sersant, het juis daardie nag daardie buitepos besoek. Hy sien die lig brand in die boekhouer se kamer en gaan in. Hy sien die jong soldaat sit en slaap met sy kop op die tafel gestut, sy hand op die pistool langs hom. Hy lees wat op die bladsy geskryf staan. Hy begryp dadelik die situasie. ’n Rukkie later word die jongman wakker, sit regop, onthou waarmee hy besig was en lig die pistool op om homself die doodskoot te gee. Sy oë val op sy woorde wat op die blad op die lêer geskryf staan: “So ’n groot skuld. Wie kan dit betaal?” Toe lees hy die ander woorde, onderaan sy eie woorde: “Ten volle betaal, Tsaar Nicolas II”.
Dit is wat die evangelie van die Here Jesus Christus onderaan ons sondeskuld skryf: Ten volle betaal! Maar hoe weet ’n mens dit hét in jou lewe gebeur? ’n Man wat vrymoedig oor sy redding getuig het, is deur iemand gevra: “Wat maak jou so seker jy is gered?” Hy antwoord: “Want ek was dáár.” “By Jesus se kruisiging? Dis tog onmoontlik.” “Nee, man, toe ek my hart vir die Here gegee het. Ek het eendag, bewus van skuld en vrees vir die oordeel, tot stilstand gekom en net daar waar ek was, terwyl ek aan Jesus se kruisdood dink, bely ek is ’n verlore sondaar, maar ek glo Jesus het vir my gesterf. Ek het dit so by myself in ’n gebed uitgespreek: ‘Here Jesus, réd my, asseblief.’ En ek het aan sy belofte gedink: ‘Ek sal hom wat na my toe kom nooit uitwerp nie.’ En ek het aan Johannes 3 vers 16 gedink: ‘Só lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê’, ek het dit geglo en gesê: ‘Dankie, Here, U het my sonde vergewe en U het my gered.’ Van toe af glo ek dit en dit maak my bly en ek praat daaroor, en ek weet Christus is my Here en God is my Vader, en as ek doodgaan, gaan ek hemel toe.”
“Here, vandag neem ek U aan. Dankie dat U my gered het.”

In sy plek
Lees Romeine 5:6-12
“ …Christus (het) vir ons gesterf toe ons nog sondaars was…” (8).
Julie 1794 was ’n krisisjaar vir Frankryk. Die opstand teen die koning en die adel van Frankryk, het onder Robbespiere en Danton, ’n hoogtepunt bereik. Dit was ook die jaar van die skrikbewind. Baie gewone burgers is oor allerlei sake aangekla en tot die dood veroordeel. Een so ’n ou man, Jean Simon de Loiserolle, is in die tronk gestop. Hy het nie geweet sy seun, met dieselfde naam, is in dieselfde tronk opgesluit nie. Die seun sou die volgende oggend onthoof word. Terwyl die ou man in die tronk rondsoek na bekendes wat dalk ook opgesluit is, kom hy op sy slapende seun af. Oorweldig deur droefheid toe hy sy seun sien lê, kniel hy by hom om hom wakker te maak. Hy trek sy hand, waarmee hy sy seun wou wakkerskud, terug. Hulle het dieselfde naam, besluit hy. Móreoggend neem hy sy seun se plek in. Heel nag waak hy by sy slapende seun. Die volgende oggend word die seun se naam deur die tronkwag geroep. Die ou man spring dadelik op en bied homself aan. Op pad na die guillotine toe, beweeg hulle deur die registerkantoor waar die name nagegaan word. “Jean Simon de Loiuserolle, 37 jaar oud!” roep die soldaat agter die tafel. “Dis ek” antwoord die ou man, “maar ek is 73 nie 37 nie.” Sonder om ’n oog te trek verander die soldaat die 37 na 73. Met die onthoofding van die ou man word korte mette gemaak. Intussen het die seun wakker geword. Hy sit verskrik regop en verwag enige oomblik om geroep te word. ’n Ander gevangene vertel hom van die ou man wat heelnag by hom gewaak het en toe sy naam geroep is, homself in sy plek aangebied het. “Maar ek is Jean Simon de Loiserolle!” roep hy uit. Hy besef sy pa het sy plek geneem. Vir drie dae wag hy in spanning oor wat met hóm gaan gebeur. Op die derde dag is die skrikbewind skielik beëindig. Danton het teen Robbespierre gedraai en hóm laat onthoof. Die gevangenes is almal vrygelaat. As vry man stap die seun uit die aaklige tronk die sonskyn binne. Die gedagte hy is vry omdat sy pa sy plek geneem het, oorweldig hom so, dat hy ten aanhore van die ander vrygelate gevangenes ’n eed neem: Die res van sy lewe gaan hy so deurbring dat dit ’n eer sal wees vir sy pa, wat so ’n groot, offerdaad vir hom gedoen het.
Dit is die passie wat in Paulus se hart gebrand het en hom aangevuur het om Jesus met hart en siel te dien: “…ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê” (Gal.2:20). Hierdie wete moet ons aan Jesus bind en ons vir Hom laat leef en werk. Ons ewige lewe is net aan Hom te danke!
“Here, vandag dank ek U dat u in my plek gesterf het.”

Hoor en Antwoord
Lees 1 Petrus 3: 8 – 12
“Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ‘n seënwens, daartoe is julle geroep…” (9).
In die Benonigemeente se maandblad van Februarie 1973, het ek destyds, toe ek daar predikant was. ‘n kinderlike storietjie geskryf. Ek lees dit nou die dag weer en weer tref dit my. In Spreuke skryf Salomo presies wat in die storietjie gebeur.
Martie se ouers het op ‘n plaas wat met berge omring is, gaan woon, begin die storie. Sy het die werf en verderaan gaan verken en in ‘n kloof afgekyk. Bruisend van lewenslus, gooi sy haar arms in die lug en roep: “Haai!” Tot haar groot verrassing hoor sy ‘n dogtertjie roep terug: “Haai!” “Wat is jou naam?” skreeu Martie. “Wat is jou naam,” kom die stem terug. “Ek het eeeerste gevra,” skreeu Martie weer. “Ek het eeeerste gevra,” antwoord die stem. “Jy’s ‘n nare kind!” roep Martie boos. “Jy’s ‘n nare kind,” kom die stem boos terug. Martie huil van woede. Sy hardloop huis toe om by haar ma te gaan kla. Haar ma besef dadelik dit is die ego (weerklank) in die kloof. Martie hoor haar eie stem. “Gaan nou weer,” sê haar ma. “Praat vriendelik en jy sal hoor hoe vriendelik antwoord sy jou terug.”
Salomo skryf in Spreuke: “Haat verwek twis; liefde kan enige aanstoot oorsien” (10:12). “’n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam” (15:1). “Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense” (15:4). “’n Humeurige mens soek skoor; ‘n verdraagsame mens maak rusies uit die wêreld” (15:18). Aangename woorde is heuning, soet en geneeskragtig vir die mens” (16:24).
“Here, vandag wil ek aangenaam met ander praat.”

Goeddoen
Lees Matteus 25: 31 – 46
“En die Koning sal hulle antwoord: Vir sover julle dit aan een van geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen” (41).
Op 50-jarige ouderdom het die Russiese romanskrywer, Leo Tolstoy, ‘n besondere belangstelling in geestelike dinge begin ontwikkel. Hy het die Evangelies ernstig begin bestudeer. Ongelukkig het hy meer verwerp as wat hy aanvaar het. Geloof in wonderwerke het hy afgemaak. Die godheid van Christus, dat God ’n persoon is en die weg van verlossing, het hy verwerp. Vir hom was Christenskap niks meer as liefdadigheid en goeie werke nie. Hieroor het hy pragtig geskryf. Hy het ’n verhaal geskryf, wat vir ons wat in Christus glo, meer beteken as wat dit vir homself beteken het. Hier is die storie wat hy geskryf het:
Een aand het Martin Avdeitch, ’n eenvoudige skoenmaker, oor sy Bybel ingesluimer. Hy verbeel hom hy hoor iemand sê: “Martin! Hou môre die straat dop. Ek kom jou besoek.” Oortuig daarvan, Jesus gaan na Hom toe kom, begin hy die nuwe dag met opgewondenheid. Elke voetstap by sy deur, laat hom vinnig opkyk. Maar al wat opdaag, is ’n bedelaar. Toe ’n verslonsde vrou met ’n baba in haar arms. Later ’n ouman wat honger is. En nog later ’n paar ander behoeftige mense. Met ’n jammer hart voorsien Martin, so goed hy kan, in elkeen se behoeftes. Dit word aand en met teleurgestelde hart, maak hy sy sy deur toe. Jesus het toe nie gekom nie. Hy sit sy bril op en maak sy Bybel oop. Hy maak die Bybel, soos hy dink, toevallig, by Matteus 25 oop. Hy begin sommer lees: “’Kom julle wat deur my Vader geseën is…want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee…’ Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘…wanneer?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Vir sover julle dit aan een van die geringstes…gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’”
Dit behoort een van die bekendste kenmerke van ’n Christen te wees, ander vind baat by sy Christenskap. Die goedheid, in die Here Jesus Christus se hart, soos Hy dit self op aarde uitgeleef het, vloei nou deur sy volgelinge se lewens, na ander toe.
“Here, vandag wil ek ter wille van U, uit u krag en liefde, aan ander goeddoen.”

Gemaak en Gekoop
Lees 1 Petrus 1: 17 – 21
“…julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus… (19.)
In sy boek, Rebuild Your Life, vertel Dale E. Galloway van ‘n seun wat vir hom ’n houtskippie bou. Met groot moeite en presiesheid, maak hy sy skippie, net soos die prente in sy boek, dit vir hom wys. Hy neem sy skippie na ’n groot dam om dit uit te toets. En, regtig, sy skippie seil. Die ligte wind waai in die seile in en sy skippie wip oor die rimpelings van die water, soos enige groot skip dit sou doen. Onverwags kom `n windvlaag wat die skippie meesleur. Die toutjie, waarmee hy sy skippie vashou, breek en die wind voer sy skippie saam. Hy verloor dit uit sig. Hartseer gaan hy terug huis toe.
Eendag loop die seun straataf by ’n winkel verby. Hy kan sy oë nie glo nie. Sy skippie word in die venster uitgestal met ’n prys by. Hy stap sommer in. Vol blydskap sê hy ewe groots vir die winkelier. “Ek het my skip kom haal.” “Jou skip? Wil jy een koop?” “Nee,” sê die seun met ’n laggie. “Ek wil dit nie koop nie. Dis myne. Ek het hom gemaak,” en hy vertel hoe dit die dag weggeraak het. “Dan weet ek nie,” sê die winkelier. “Ek het dit eendag by iemand wat verbygekom het, gekoop. Jy sal dit nou weer by my moet koop.” Teleurgesteld en naby trane loop die seun huis toe. Van toe af spaar hy elke sent wat hy kry. Uiteindelik het hy genoeg. Hy gaan terug winkel toe. “Ek het my skip kom haal,” sê hy en sit die geld op die toonbank neer. Die winkelier tel die geld, buig na die venster toe en gee vir die seun sy skippie. Die seun gryp letterlik die skippie uit die man se hande en druk dit teen hom vas. Hy roep uit: “Jy is myne én myne. Ek het jou gemaak én ek het jou gekoop. Jy is dubbeld myne!”
Dít is God se besitreg op ons lewe. Hy het ons wonderlik na sy beeld gemaak. Maar die storm van die sonde het ons van Hom weggesleur. Toe het Hy ons duur teruggekoop, met die kosbare bloed van sy eniggebore Seun, Jesus Christus.
“Here, vandag behoort ek heeltemal aan U!”

Die Hoogste Noot
Lees 2 Korintiërs 12:1-10
“…ek (is) bly oor swakhede, ontberings, beledigings… want as ek swak is dan is ek sterk” (10)
Omstreeks 1710 kom George Frederick Händel in Londen aan. Vir die volgende dertig jaar lewer hy sy grootse musiek en oorheers hy die musiekwêreld. Hy word beroemd, maar dit gaan nie met hom goed nie. Hy is arrogant, energiek, dominerend, humeurig, goedhartig, ook opvliënd. Hy het baie vyande en hulle werk saam om hom te vernietig. In 1737 kom die ineenstorting. Hy word bankrot verklaar. Op 13 April kry hy ’n beroerteaanval wat sy regterkant en regterarm verlam. Daar is min hoop vir sy herstel, maar hy kom tog weer op die been. Met oorgawe begin hy weer operas komponeer en dit gaan weer met hom goed. Toe sterf sy getroue beskermingsvorstin, koningin Caroline van Hanover, Duitsland. Händel was nou amper sestig jaar oud. Hy was sieklik, afgemat, vol skuld, en teleurgesteld. Hy het van God en mens verlate gevoel. “Hoekom het God my laat leef, net om my weer deur my naaste te laat begrawe?” het hy uitgeroep.
Een aand keer hy na sy powere woonplek in Brook Street terug. Op sy tafel lê ’n groot pakket. Haastig skeur hy dit oop. Binne-in die pakket is ’n liretto (teks van ’n operastuk). Dit is Charles Jennens se “Gewyde Oratorium” (Bybelse drama). Händel steun. Hy wil nie graag ’n godsdienstige werk hê nie. Hy blaas sy kers dood en gaan lê om te slaap – maar hy bly wakker lê. Hy staan weer op, steek sy kers op en neem die manuskrip op. Woorde op woorde – dit raak sy hart aan. “He was despised and rejected of men…I know that My Redeemer liveth…Rejoice…” Met bewende hande gaan hy by sy lessenaar sit. Hy wil oopbars van die musiek wat in sy gemoed opwel. Hy neem sy pen en begin skryf. Bladsy op bladsy musieknote vloei uit sy skrywende hand. Met bomenslike krag skryf die komponis dae lank, feitlik sonder kos en slaap. Op die 24ste dag gooi hy sy pen neer, val neer op sy bed en slaap vir elf ure lank. Op sy tafel lê die voltooide komposisie van Die Messias. Op 13 April 1742, die vyfde jaar na sy beroerteaanval, speel hy dit in Dublin. Daarna bied hy die uitvoering jaarliks aan. Op 13 April 1759, 22 jaar na sy beroerteaanval, 75 jaar oud en blind, derigeer hy met moeite Die Messias die laaste keer. By die woorde “the trumpet shall sound” steier hy vooroor en val dood neer op die grond.
Die “Gospel Witness” skryf só oor hierdie werk van Händel: “The Messiah in all its glory, eloquent in faith and glorious hope, lives and will live.” Na meer as twee en ’n half eeue is hierdie woorde steeds waar. Die Here het Händel gebruik om op ’n besondere manier ’n getuienis oor Christus en sy dood en opstanding voort te bring. A. Naismith vestig in sy boek Treasury of Notes, Quotes and Anecdotes ons aandag op ’n merkwaardige feit: “The highest note is in the lovely and lofty air, ‘I know that my Redeemer liveth’, and is reached on the word ‘risen’. The composer realised that this one word is the key to the Gospel and to God’s kingdom, and is proclaimed to all the world in the Gospel…” Die sterk, briljante en gesonde Händel sou nie so ’n geïnspireerde werk tot eer van die Here kon lewer nie. In sy lewe was nie plek vir die gekruisigde Jesus nie. God moes hom eers afbreek en in homself swak maak en hom met die vernederde, en daarna met die lewende en verheerlikte Christus, in aanraking bring, om hom te kon gebruik. Omdat Christus vir ons gebreek en verbrysel is, is daar vir ons ook nuwe krag en bruikbaarheid in sy opstandingslewe.
“Here, ek wil vandag in swakheid en gebrokenheid uit u opstandingslewe, krag kry om vir U bruikbaar te wees”

Die Hoë eis
Lees 2 Korintiërs 8:1-9
“Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word” (9).
In die vroeë dae van die ontdekking van goud, was aanboord van ‘n skip ‘n man, wat met harde werk en deur ontberinge heen, ‘n groot voorraad goud versamel het. Hy was op pad huis toe met sy fortuin. ‘n Brand het op die skip uitgebreek en spoedig was dit duidelik, voor hulle land bereik, gaan die skip deur die vlamme verteer word. Die skip was nie ver van die land af nie en elkeen aan boord, het eie maatreëls getref om hulself te red. Die man was jonk en sterk. Hy het sy krag geken. Hy het sy goud in bondels in ‘n doek geknoop en volgens die gewig, wat hy geweet het hy veilig land toe kon neem, eweredig om sy gespierde lyf gebind. Net voordat hy met sy kosbare las in die see kon spring, hardloop ‘n verskrikte klein dogtertjie na hom toe en gryp sy bene vas. “Kan oom swem?” gil sy vol angs. Hy het geweet hy moes kies tussen sy goud en hierdie onbekende kindjie. Hy sou nie die krag hê om haar én sy goud land toe te neem nie. “Ja, my kindjie,” roep hy feitlik dadelik uit. Hy knoop die bondels goud om sy lyf vinnig los en laat dit op die dek val. “Ek kan swem. Kom!” Hy gryp die kind en spring in die branders in. Sy klou styf om sy nek vas en hy swem met haar land toe.
Ek wens ek het die einde van hierdie storie geken. Al het sy en haar ouers hom ook hoe bedank en vereer, hulle sou nooit die prys kon verstaan wat hy moes betaal om haar te red nie.
So ‘n menslike verhaal bring die betekenis van Jesus se koms aarde toe en sy sterwe aan die kruis, na ons hart toe. Jesus het sy hemelse rykdom en heerlikheid prysgegee. Só prys gegee, Hy sê vir die skrifgeleerde wat Hom wou volg: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens ‘n rusplek vir sy kop nie” (Mat.8:20). Om ons uit die sinkende wrak van die verlore mensdom te red, het Jesus ‘n duur prys gekos. Sy eie lewe. Mense wat Jesus as Verlosser aanneem, maak vir Hóm sy lyding werd. So groot is Jesus se liefde vir ons. Hy sê: “So sê Ek vir julle (daar is) blydskap in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer” (Luk.15:10)
“Here, vandag oordink ek die prys wat U vir my betaal het.”

Die Gevaarpunt
Lees Handelinge 24:24-27
“Paulus het met Feliks gepraat oor ’n lewe in gehoorsaamheid aan God, oor selfbeheersing en oor die komende oordeel. Dit het Feliks bang laat word, en hy het gesê: ‘Dit is nou genoeg! Gaan maar terug, en as ek tyd het, sal ek jou weer laat roep’” (25)
Op die oewer van die Niagra, waar die stroomversnelling, op pad na die waterval toe begin, is ’n waarskuwingsbord opgerig: P-a-s-t Redemption Point. Volgens Sunday School Times is iemand, wat hom nog in die rivier bevind, as hy by hierdie punt verbygaan, gedoem om oor die Niagrawaterval meegesleur te word. Iemand wat op die wal gestaan het, het geskryf: “Even while one feels the firm soil beneath his feet, a shiver of horror passes through one’s soul as hy looks off upon the turbulent waters, and realizes the full significance of the sign, ‘Past Redemption Point’. None can go back if past that point.” Is daar in ons geestelike lewe en ons kans om gered te word en hemel toe te gaan, ook só ’n laaste, finale bekeringsgeleentheid?
Die Skrif is baie uitgesproke oor God se lankmoedige genade, wat die sondaar oor en oor roep en hom geleentheid gee om gered te word. Tog hoor ’n mens insidente wat ’n waarskuwing na ons hart toe stuur. Arthur T. Pierson vertel wat ’n bejaarde vrou, van haar sterfbed af, vir hom vertel het. Veertig jaar tevore was haar man baie bekommerd oor sy saligheid en sy verhouding met die Here. Die leraar en ander Christenvriende wat daarvan geweet het, het moeite gedoen om hom te probeer oorreed om sy hart vir die Here oop te maak. Sy het self by hom gepleit en saam met hom gebid om Christus aan te neem as sy Saligmaker. Een aand het hy vir haar gesê: “My vrou, jy weet van my posisie in die staatsdienskommissie. Ek het ’n saak wat ek daar moet deurvoer. As ek nóú ‘n Christen word sal ek dit nie kan doen nie, want dit is nie heeltemaal skoon nie. Maar ek kan nie uitdraai nie. Ek het nie ’n keuse nie. As dit verby is, gaan ek my bekeer en Christus as my Saligmaker aanneem.” Hy en sy kommissie het die skema suksesvol deurgevoer. Toe voeg die vrou woorde by wat Pierson laat skryf het: “It is one of the saddest stories I have ever heard”. Die vrou se woorde was: “From that day he had never apparently had any desire to be a child of God.”
Hebreërs 10:26 beskryf die situasie van: “…as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het…” Dan vra vers 29 die vraag: “…hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?” Die woorde van verse 30 en 31 is bedoel as antwoord op hierdie ernstige vraag: “Want ons ken Hom wat gesê het: ‘My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here;’ en weer : ‘Die Here sal sy volk oordeel.’ Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.”
As daar in ’n mens se hart die geringste ontwaking van vrees vir God se oordeel en ’n verlange na God se vergifnis vir ’n mens se sonde ontstaan, is dit ’n teken van die werking van die Heilige Gees in ons hart en ’n roeping om na God toe te kom. Met so iemand praat vers 35: Werp dan julle vrymoedigheid, wat ’n groot beloning het, nie weg nie.” God se liefde vir die sondaar, Christus se offer aan die kruis en die werking van die Heilige Gees in ons hart, gee ons hierdie vrymoedigheid, om net soos ons is na die Here toe te vlug vir vergifnis en redding. “…sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie. Kyk nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding….” (2 Kor.6:1,2). Jesus waarsku die Fariseërs: “Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die woorde wat Ek gespreek het, sal hom op die laaste dag veroordeel” (Joh.12:48).
“Here, vandag stel ek nie weer uit nie. Ek kom na U toe.”

Aan my gedink
Lees Lukas 23: 33 – 43
“Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster…die ander een…sê: “’Jesus dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.’ Jesus antwoord hom: ‘Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees’” (39-43).
Toe George Nixon Biggs goewerneur van Massachusetts was, het drie van sy vriende die Heilige Land besoek, vertel Roy B. Zuck in The Speaker’s Quote Book. Hulle het Golgota uitgeklim. Bo gekom het hulle vir hulle elkeen ’n ligte wandelstok van ’n boom afgesny. Tuisgekom, gee hulle dit vir die goewerneur, met die woorde: “Ons wil hê jy moet weet ons het aan jou gedink toe ons so op Golgota staan.” Hy het hulle geskenk met die volgende woorde ontvang: “Baie dankie, Menere, ek waardeer dat julle dáár aan my gedink het.” Toe vervolg hy gevoelvol, met ’n glimlag, “Maar ek is steeds meer dankbaar vir ’n Ander Een wat op dáárdie heuwel óók aan my gedink het.”
U was dáár óók in Jesus se hart en gedagte. Ek ook. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh.3:16 Ou. Vert.). Die een moordenaar sê: “Dink aan my, Jesus..” Jesus bevestig dit vir hom Hy het hom in sy gedagte: “Ek verseker jou jy sal vandag saam met My in die paradys wees.” Die deur staan vir die ander moordenaar ook oop, maar hy stap verby. Het ú al by daardie poort van liefde en genade ingegaan? Of stap ú nog verby.
“Here, vandag wéét ek U dink ook aan my en ek het by die poort van u redding ingegaan.”

Krag om te staan
SKRIFDEEL: Efesiërs 6:10-20
“Soek julle krag in die Here en in sy groot mag”(10).
In die Tweede Wêreldoorlog het ‘n jong soldaat in die loopgraaf, ‘n Nuwe Testament gesit en lees. Sy kaptein kom op hom af. “Wat maak jy met daardie boek hier?” vra hy bars. “Dit sal jou ‘n ouvrou maak!” Die soldaat kom op aandag. “Ek is bang, Kaptein,” antwoord hy eerlik. “Dis al manier hoe ek dapper kan wees. Hierdie boek gee my moed. Dit neem die vrees vir die dood weg.” Terwyl hy praat, bars ‘n bom naby hulle. Een van die kartetse verbrysel sy kop.
Die offisier het die Bybeltjie eerbiedig opgetel en in sy sak gesteek. Hy het dit self begin lees. Dit het ‘n groot invloed op hom gehad. Hy het moed geskep en die lewe het vir hom weer sin gemaak. Hy het gesorg elkeen van die manne onder sy bevel kry `n Nuwe Testament.
Die lees van die Bybel maak ‘n mens nie week nie, maar sterk. Vir baie mense het die lees van die Bybel in tye van groot behoefte en neerslagtigheid, nuwe hoop en moed in hul hart ontsteek. Bybellees is nie ‘n godsdienstige plig nie. Dit is ‘n groot voorreg. Dit bring lig en geloof in die siel. Dit stil die sielehonger. Verwaarlosing van die Bybel is die grootste onreg wat ‘n mens homself kan aandoen. Hy ontsê homself ‘n bron van krag en vreugde. Hy ontsê homself die voorreg om na God te luister.
Bybellees bring ons hart met God se hart in aanraking, want dit is sy Woord. Hy praat innig met ons. Die Heilige Gees gebruik God se Woord om die Here Jesus aan ons bekend te maak. Deur ons kennis van Christus en vertroue in Hom, vind ons vergifnis en vrede en gaan al die rykdomme van die hemel vir ons oop.
“Here, vandag gee ek U Woord plek in my dag.”

Kosbare Geleentheid
Lees Markus 10: 13 – 16 Ou Vertaling
Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God…En Hy het sy arms om hulle geslaan en hulle geseën.” (14, 16)
`n Man het een nag by ’n plattelandse gesin oornag. Die oulikheid en mooi maniere van die mense se seuntjie van 5 jaar, het op hom groot indruk gemaak. Die volgende oggend ontdek hy die rede, vir die kind se goeie gedrag. Die ma was in die kombuis besig om die roomafskeier te was, toe die seuntjie met ’n boek in die hand by haar inkom. “Ma,” vra hy, “wat maak die man hier in die prent?” Tot die kuiergas se verbasing, staak sy haar werk, droog haar hande af, hurk by hom en saam met hom kyk sy na die prent en verduidelik sy wat in die prent aangaan. Na die kind weer die kombuis verlaat het, gaan hy na die die ma toe en spreek sy verbasing uit dat sy haar werk onderbreek het en soveel tyd aan die seuntjie bestee het. “Meeste ma’s sou vir hom gesê het om te gaan speel en later na haar toe te kom.” Die vrou het geantwoord: “Ek verwag om nog vir baie jare elke oggend die roomafskeier te was, maar my seuntjie sal my dalk nooit weer daardie bepaalde vraag vra nie. Ek kon so ’n geleentheid nie verby laat gaan nie.”
Dit is ’n goeie geleentheid om op so ’n stadium, die Here Jesus en evangeliewaarhede by ons kinders tuis te bring. Die voorbeeld wat dan ook, met ons eie lewe en toewyding aan die Here gestel word, is belangrik.
Die digter, Samuel Coleridge, en ’n vriend het in Coleridge se tuin gestap en die gesprek het oor die opvoeding van kinders gegaan. Die man sê vir Coledridge. “Ek leer my kind niks oor godsdiens nie. Dis ’n moeilike onderwerp en hy moet self, as hy eers groot is, sy keuses maak.” Juis toe stap hulle by ’n pragtige bedding aarbeie verby. Coleridge sê: “Ek wou die onkruid laat uithaal, maar jy het my nou goeie raad gegee. Ek gaan wag tot die aarbeie eers groot is.” “Dan sal die onkruid die oorhand hê!” sê die man verbaas. “My vriend, wat dan van jou kind?” vra die digter sag.
’n Man het by sy leraar se studeerkamer ingegaan. “My dogtertjie is skielik vanoggend dood,” sê hy veslae. “Ek hoop sy is na God toe. Wat sal sy vir God sê? In haar pa se huis en van haar pa se lippe het sy nooit ’n gebed gehoor nie. Ag, as ek haar net een dag weer by my kan hê.” Gebedlose huise, gebedelose ouers, stilte in die huis, wat die vermelding van Jesus se Naam as ons Verlosser en elke mens se ewige toekoms betref, is vir ’n kind ’n onberekenbare terugslag. Is u klein kindertjies nog by u? U kleinkinders? Maak gebruik van die geleentheid om hulle met die Here bekend te maak.
“Here, vandag wil ek voor my kinders en met my kinders van U en u koninkryk praat.”

Innerlike Verdieping
Lees Johannes 11: 1 – 44
“Lasarus se… susters het iemand na Jesus toe gestuur om te sê: ‘Here, hy vir wie U lief is, is siek’… Jesus het vir Marta en haar suster en Lasarus liefgehad … Hy het egter nog twee dae op die plek gebly waar Hy was…”(3,5,6).
Fellowship News vertel, die smelter wat kerkklokke giet, hang sy klok nie dadelik in die kerktoring op nie. Hy toets dit eers. “He tries it with the hammer, and beats it on everyside, to see if there is a flaw. So when Christ converts a man, He does not at once convey him to heaven, but suffers him to be beaten upon by many temptations and afflictions, and then exalts him to his crown.”
Net vanoggend lees ek in my persoonlike, daaglikse Bybelstudie, die verhaal van Lasarus en sy susters in Johannes 11. Jesus toets hulle, verdiep hulle verhouding met Hom en seën hulle wonderlik. So lei Hy ons ook deur beproewings, antwoord nie dadelik ons gebede nie, leer ons waarhede wat ons voorheen nie geken het nie en seën ons in die proses.
Lasarus word siek, maar hulle skrik nie, want hulle weet Jesus is daar en Hy het hulle lief. Hulle laat Hom weet. Hulle het seker verwag Jesus sal dadelik kom. Die dae gaan om en Lasarus word sieker. Twee dae na Jesus die boodskap gekry het, sterf Lasarus. Jesus weet dit, want Hy is mens, maar ook alwetende God. Hy sê dit vir sy dissipels en hulle waarsku Hom teen die gevaar waaraan Hy Hom gaan blootstel. Dit neem vier dae om Betanië te bereik, want toe Jesus daar kom, is Lasarus al vier dae in die graf. Meer as `n week het omgegaan vandat hulle Jesus laat weet het, en hulle het geen reaksie gekry nie. Toe Jesus daar kom, verwyt Marta Hom: “Here, as U hier was sou my broer nie gesterf het nie.” Maria hardloop uit na Hom toe, val neer aan sy voete en verwyt Hom met dieselfde woord: “Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie.” Jesus gee `n nuwe openbaring van sy liefde vir hulle: “Jesus het gehuil.” Jesus hef hul geloofsvlak op: “Ek is die opstanding en die lewe…het Ek nie vir jou gesê as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie.?” Vir hulle was alles verby: ”Hy ruik al…hy is al vier dae dood” Hulle beleef Jesus se liefde en krag, soos hulle dit nie sou beleef het, as Jesus dadelik op hull noodroep geantwoord het nie. “’Lasarus, kom uit,’ roep Jesus. En die oorledene het uitgekom….”
Die Here gebruik ons teëspoede en noodsituasies, die beproewing van ons kennis en vertroue in Hom, as geleenthede om ons eie geestelike lewe te verdiep.
“Here, vandag vertrou ek in U liefde en krag.”

Ingeskryf in die hart
Lees 2 Korintiërs 3:1-6
“…julle (is) ’n brief van Christus…geskrywe, nie met ink nie maar met die Gees van die lewende God, …op die harte van mense” (3)
In Lahore, Indië, het Christene Nuwe Testamente onder die mense van die stad versprei, vertel Good News. Hulle wou agter op elke Nuwe Testament wat hulle uitgee die woorde van Matteus 11:28 aanbring: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” Hiervoor het hulle ’n rubberstempel nodig gehad, maar ’n stempel met daardie woorde op was onverkrygbaar. Daar was net een raad: hulle moet so ’n stempel laat maak. Hulle het vir een van Lahore se stempelmakers, ’n Moslem, verduidelik wat hulle verlang en vir hom ’n Nuwe Testament gegee, sodat hy presies kon weet hoe om die stempel te maak. Hy was ’n bedrewe vakman en hulle was baie tevrede met die stempel wat hy na ’n paar dae vir hulle gebring het. Hy wou nie vergoeding vir sy werk neem nie. “Ek het die boek wat julle vir my gegee het gelees, want ek wou sien hoe die mooi woorde op die stempel by die boek inpas,” vertel hy. “Na ek die boek deurgelees het, en gesien het die woorde staan in daardie boek, het ek begin om die woorde in die rubber in te sny.” Met ’n breë glimlag vervolg hy: “Terwyl ek die woorde in die rubber insny, het God dit in my hart ingesny. Ek het na Jesus toe gekom, soos die boek sê, en nou weet ek ek is ook ’n Christen.”
Die woord van God word in ons Bybels met drukkersink op papier geskryf. Ons lees dit en verstaan die woorde met ons verstand. Maar iets meer gebeur. Terwyl ons sy gedrukte woord lees of daarna luister, skryf die Heilige Gees daardie boodskap in ons hart. Ons lees in Handelinge 16 hoe Paulus in Filippi aan ’n groep vroue die evangelie verkondig het. “Lidia, ’n purperverkoopster…het geluister; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is” (Hand.16:14). Ons kennis van die evangeliewoord is meer as net verstandsbegrip. Dit word innig deel van ons hart. “Ek sal my wette in die verstand gee, op hulle harte sal Ek dit skrywe. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees” (Heb.8:10). As ons God se woord lees en begryp, werk God in ons hart om dit in ons gestalte te gee.
“Here, vandag open ek my hart vir u inskrywing.”

Hindernis vir gebed
Lees Matteus 18: 15 – 35
“As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is” 15
Gebed is toegang tot God om Hom te aanbid en dinge wat ons nodig het te vra. Hierdie toegang kan blokeer word. In Christ and the Student World skryf Robert Wilder: “Nothing will hinder prevailing prayer more than an unforgiving spirit.” Dan vertel hy die storie van `n kind wat langs `n straat afloop. `n Groot hond kom blaffende na haar toe. Verskrik gaan sy staan. `n Vreemdeling kom vinnig na haar toe. “Toemaar, kindjie, jy kan nou verder loop. Hy het opgehou blaf.” Sy bly egter nog vreesbevange staan en antwoord: “Ja, maar sy blaf is nog in hom.” Sy het na die hond se dreigende oë gekyk. Robert Wilder merk op: We Christians are too civilized to quarrel outwardly, but is there not sometimes a bark inside – an unforgiving spirit?”
Ons baklei nie uiterlik nie, maar in die hart is so `n stram gevoel teenoor iemand wat op een of ander tyd, op een of ander manier, ons te na gekom het. “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.” Na Jesus in Matteus 18:15 oor vergifnis gepraat het, sê Hy: “As twee van julle…oor enige saak bid, sal my Vader wat in die hemel is, julle dit laat kry.” Hierop vra Petrus: “’Hoeveel keer moet ek my vroer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?’ Jesus antwoord hom: ‘Ek sê vir jou… selfs sewentig maal sewe keer.’” (Mat.18:21,22). Vyandigheid in ons hart is `n groot geestelike hindernis in ons verhouding met God.
“Here, vandag vergewe ek my medemens.”

God slaap nie
Lees Psalm 121
“Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie. Die Here beskerm jou” (4,5).
In `n afgeleë huis het `n ma en haar vierjaaroue dogtertjie, reggemaak om te gaan slaap. Die kind was bang vir die donker in die groot huis. Weens hul eensaamheid was die ma self huiwerig en bang. Die ma maak uiteindelik die lig dood. Buite waai die wind en dit is donker. Albei lê bang in die bed. Deur die oop venster sien die dogtertjie die vol maan skyn. “Is die maan God se lig?” vra die kind. “Ja,” antwoord die ma, “God se lig skyn altyd.” Die kind se volgende vraag: “Sal God ook netnou sy lig doodmaak en gaan slaap?” Die ma antwoord: “Nee, my kindjie, God slaap nooit nie.” Die dogtertjie antwoord met kinderlike vertroue: “Mamma, as God wakker is, is ek nie bang nie.” Sy sê dit met so `n oorgawe en vertroue dat die ma ook sommer dadelik gerus voel. God waak en Hy sal hulle bewaar.
Dit is `n ou en bekende storie, maar die waarheid daarin is so kosbaar, dat ons dit weer kan oordink. As ons aan God behoort is ons vir Hom kosbaar en Hy bewaar ons. Sy waaksaamheid verslap nooit nie. Gedurig kan ons in Hom vertrou en na Hom toe vlug as ons bedreig voel. Die skrywer van die verhaaltjie wat ek nou weer gelees het, sê in eie woorde: “How often we allow fear – of darkness, of failure, of suffering, of death – to rob us of our sleep and of our joy in life? God’s ligth never goes out; He is ever awake to our needs.”
“Here, vandag weet ek U leef en U waak oor my.”

God is regtig naby
Lees Psalm 56: 4 – 12
“Dít weet ek: God is aan my kant…in God stel ek my vertroue…ek is nie bang nie” (4,5)
Grace C. W. Groben vertel van `n ervaring met haar kindjie, wat `n kosbare boodskap oor God se nabyheid na haar eie hart toe gebring het. Haar eersteling, `n dogtertjie, het van die begin af by haar geslaap. Toe kom die tyd dat sy haar die gewoonte om by haar ma te slaap, moet afleer. Sy moes in haar eie bedjie begin slaap. Daardie eerste aand lê sy haar kindjie in haar eie bedjie neer, liefkoos haar `n rukkie, gee haar `n laaste nag-soentjie en skakel die lig af. Grace bly in die donker naby haar kindjie sit. Vir `n lang tyd huil haar dogtertjie hewig – eers kwaad, toe verdrietig, toe vol vrees. Sy moes gedink het haar ma het haar verlaat, haar alleen in die donker laat lê. Die werklikheid was dat haar ma elke snikkie gehoor het, saam gesit en huil het, gehunker het om haar kindjie op te tel. Vir die kind se eie beswil het Grace haarself beheer. Hieroor skryf Grace: And so, in times of affliction, our God indeed hears our cry, is near and feels for us, though for our own good He may hide His face and may seem not to hear.”
God lei ons deur `n leerskool van moeilike omstandighede om die volheid van sy liefde en trou te leer ken. God handel met ons soos `n kind se eie pa en ma met hom werk – net beter en meer verstandig as wat ons dit ooit kan doen. Hy ken ons behoeftes en ons swakhede: “Soos `n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is” (Ps.103:13,14). Al lyk dinge vir ons ook donker, soos vir Grace se kindjie, God is naby aan ons. Hy sal ons nie in die steek laat nie. “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig” (Ps.23:5). Abram, wat later Abraham geword het, en uit wie se lang stamboom Jesus later gebore is, is `n voorbeeld van hoe God `n man deur die leerskool van geloof kan stuur totdat later van hom gesê kan word: “Abraham het in God geglo…” (Jak.2:23).
“Here, vandag vertrou ek op U nabyheid.”

Gevaarlike Lokmiddels
Lees Romeine 5:16-26
“Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor die begeertes van julle sondige natuur nie.” (16)
Die beroemde prediker, Rowland Hill, stap langs `n straat af toe hy `n vreemde toneel aanskou. `n Troppie varke tou gretig agter `n man aan. Nuuskierig loop die prediker nader. Tot sy verdere verbasing sien hy die man lei die varke reguit slagplek toe. Hulle volg plesierig, sonder enige teken van vrees. Rowland Hill loop vinniger en haal die man in. “Hoe kry jy reg om hierdie arme diere, so maklik agter jou te laat aanloop en dit nogal slagplek toe?” vra hy. “O, dis maklik,” antwoord die man ewe vrolik. “Kyk, ek het hier `n sakkie bone. Kort-kort laat ek van die bone val. Die varke is so gulsig vir die bone, ek het geen moeite om hulle slagplek toe te neem nie.”
Rowland Hill stap diep in gedagte terug. Hy dink so by homself: “So is dit met ons ook. Net so maklik lei Satan ons na ons ewige ongeluk toe sonder dat ons dit eers agterkom. Hy gooi net allerlei dinge, wat vir die mens se sondige natuur lekker is, as lokmiddels voor hulle neer. Gretig volg die mens hierdie lekkernye vir die vlees. “Dié wat hulle deur die sondige natuur laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die sondige natuur … (dit) loop uit op die dood …” (Rom 8:5,6). “Veral hulle sal gestraf word wat toegee aan hulle wellustige vleeslike begeertes …(2 Pet.2:10). Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, rowery, vyandskap, haat, na-ywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge” (Gal.5:19,20).
Ons enigste behoud is `n lewe onder die reddende gesag van die Here Jesus Christus. “Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees; laat ons ook deur die Gees wandel …die vrug van die Gees …is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing …”(Gal.5:22-25).
“Here, vandag vertrou ek in die Heilige Gees om my veilig deur vandag se versoekings te lei sodat ek die Here Jesus kan verheerlik.”

Subscribe to:
Comments (Atom)