'n Donker Kol

Lees 1 Petrus 5: 1 – 7

“Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help … aan die nederiges gee Hy genade” (5)

Venerable Bede word die vader van Kerk­ge­skie­de­nis genoem. Hy vertel ’n storie oor Augus­tinus, die ge­vierde kerkvader en –leier in die der­de, vierde eeu na Christus. Hy het in Engeland sendingwerk gedoen on­der Pous Gregorius I. Hy het groot welslae gehad om die Engelse tot Christenskap te bekeer. Met die Kelte, ’n Indo-Europese volksgroep wat vroeër in Wes-Europa gewoon het en tot wie ook die Wallissers en Iere ge­re­ken word, het hy egter probleme gehad. Die Keltiese leiers het vir een van hulle wyse raads­manne gevra wat hulle moet doen. Moet hulle hulle aan Augustinus se lering en leiding onderwerp of nie. Die ou wysgeer het gesê: “As hy ’n man van God is, doen dit.” “Hoe sal ons dit weet?” “As hy vriendelik en nederig van hart is.” “Hoe kan ons dit vasstel?” bly hulle vra. “Reël dit so,” sê die wyse man, “ dat Augustinus en sy mense eerste aankom by julle vergader­plek. As julle dan inkom en hy staan op vir julle, kan julle weet hy is ’n dienskneg van Christus. In daardie geval kan julle doen soos hy sê.” Venerable Bede skryf: “Unfotunately, Augustine failed to rise as he greeted the Celts, and they re­fused to accept his leadership.”

Baie maklik kan ’n donkerkol ons lig verdof.

“Here, vandag wil ek oral waar ek beweeg vir U ’n skynende lig wees”