Een Letter maak die Verskil

Lees Matteus 11: 25 – 30

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee” (28)

Lady Huttington was ’n Christenvrou. Geduren­de die herlewing wat in die 19de-eeu in Engeland geheers het, was sy ’n beroemde vrou. Een dag vra iemand haar, hoe het dit gekom, dat sy wat so ’n hooggeplaaste en beken­de vrou is, tot bekering gekom het. Haar antwoord: “Deur een letter.” “Deur één letter! Hoe was dit?” Sy glimlag. “Ja. In die Here se Woord, by 1 Korintiërs 1:26, het ek gelees: ‘Dink maar net, broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie…’” Die Engelse vertaling: “For see your calling, brethern, how that not many wise men after the flesh, not many mighty, not many noble, are called…” Sy het verduidelik: “It says: ‘Not many noble are called. That ‘m’ saved my soul; for if He had said: ‘Not any noble,’ I must have been damned. So God blessed the little letter ‘m’ before any to the salvation of my soul.’”

Ja, dit sou ’n verdoemende woord gewees het as daar gestaan het, “not any”, d.w.s. “geen” invloedrykes, is geroep nie. In geen posisie of toestand, of dit hoog of laag is, niemand word uitgesluit van die verlos­sings­boodskap van Christus nie.

Richard Baxter het geskryf: “I thank God for that word ‘whosoever’. If God had said there was mercy for Richard Baxter, I am so vile a sinner, that I would have thought he ment some other Richard Baxter; but, when he says whosoever, I know, that includes me - the worst of all Richard Baxters.”

Niemand is te gering om by Jesus welkom te wees nie. Hy het almal ontvang. Hyself is laer  as enige ander mens gebore. Gebore in ’n stal en sy wiegie ’n krip. Hy het laer as enige ander mens gesterf. As misdadiger sterf Hy tussen twee rowers aan ’n kruis. Oor Homself het Hy gesê: “Ek is sagmoedig en nederig van hart” (Mat.11:29). En tog is Hy ook Koning op sy hemelse troon.

Here, vandag weet ek ék is ingesluit by die mense wat deur U gered kan word.”