Vry 5 Sept: 'n Nul

Skrifdeel: 2 Korintiërs 12: 1 – 10

“…want as ek swak is, is ek sterk” (10).

Want wat is `n nul nou werd? Die boek se regte naam is En­cyclopedia of 7700 Illustrations. Toe sit ek net `n nul by, en dit maak dit, 77000 Illustra­tions! Dit het my aan die waarde van `n nul laat dink.
Ons spreekwoorde sê: Hy is `n nul op `n kon­trak; hy is `n ronde nul; van nul en gener waarde. Dit beteken `n nul het geen waarde nie. Ek dink aan die fout wat ek met die boek­naam gemaak het, en ek besef: dit hang af waar die nul staan! Agter die syfer een, maak die nul dit sommer tien. Agter honderd, maak die nul dit duisend. Só het my ekstra nul, die 7700 sommer 77000, gemaak!
In Paulus se oë was hy `n nul, maar agter Jesus was Paulus `n man met onskatbare waar­de. In die gewone lewe is dit so. In die geestelike lewe is dit so. Ek is `n nul, maar by iemand van waarde gevoeg, maak ek dit som­mer sterker. By Jesus gevoeg is ons, die nulle, baie werd. Ons kan die evangelie uitdra. Ons kan vir iemand die verstil tussen verlore gaan en gered word, beteken. Maar as die nul trots word en eerste wil staan, verval sy waarde en hy word maar net weer `n nul.

“Here, vandag wil ek wat swak is my by U voeg om deur U gebruik te word.”