“Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringstes van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen” (40).
`n Kerk is gedurende die vorige oorlog in Strasbourg so verwoes, dat net `n hoop rommel oorgebly het, vertel Sunday School Times. So het die mense gedink, totdat hulle die rommel begin verwyder het. Onder die rommel was `n beeld van Christus wat feitlik ongeskonde was. Al skade aan die beeld was die twee hande wat afgebreek het. Die gemeente het die kerk begin herbou. `n Beeldhouer het die beeld van Christus gesien en aangebied, om sonder koste vir die beeld twee ander hande te maak. Die kerkraad het die vriendelik aanbod aangehoor en oorweeg, maar toe besluit om nie daarvan gebruik te maak nie. Hoekom wou hulle dit nie laat doen nie? Sunday School Times se woorde: “Our broken statue touched the spirits of men, but that He has no hands to minister to the needy or feed the hungry or enrich the poor – except our hands – He inspires us to perfrom.”
Toe Christus op aarde was, het sy eie hande liefdedade aan ander uitgevoer, maar Hy is nou in die hemel. Wie sal nou die werk doen? Sy liggaam op aarde, sy gemeente, die gelowiges, elke Christen. Die Heilige Gees wek God se wil in ons harte en dan doen óns hande die dinge wat die Here gedoen wil hê. Is my hande tot sy beskikking?
“Here, vandag gee ek my liggaam vir U om te gebruik.”