Ma 8 Sept: En Dan?

Skrifdeel: Hebreërs 9: 23 – 28

“`n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem” (27,28).

Een Sondagoggend preek `n gemeente se nu­we jong predikant oor bostaande teks, vertel The Pilot die storie. En voeg dan by: “As the congregation expected he was confronted at the close of the first service by an able young skep­tic, Burt Olney, who said: ‘You did well, but you know, I don’t believe in the infallibility of the Bible.’ ‘It is appointed unto men once to die, but after this the judgment,’ was the young pastor’s calm assertion. ‘I can prove to you there is no such thing as a judgment after death,’ declared the skeptic. ‘But men do die,’ the young pastor declared, ‘for it is appointed unto men once to die, but after this the judgment.’” Hierna volg `n he­le redenasie tussen die twyfelaar en die jong le­raar. “Laat ons die saak behoorlik argumen­­teer,” dring die ongelowige jong man aan. Die leraar antwoord: “Ek is hier om die Woord van God te verkondig en nie om daar oor te argu­men­teer nie.” Gebelgd draai Olney weg, met die woorde: “Ek dink nie jy weet genoeg van die Bybel om daaroor te argumenteer nie.” “’Per­haps you are right,’ was the calm rejoinder, ‘but please re­mem­ber this – It is appointed unto men once to die, but after this the judgement.’” Hierna het Burt Olney verergd weggestap. Maar terwyl hy wegstap, skryf The Pilot: “The very tree toads Olney heard on the way home sang the verse, and the stream he crossed, and the frogs seem­ed to croak, “Judg-ment, judg-ment, judg-ment.”

Die volgende oggend besoek Olney die pas­to­rie. Hy sê vir die leraar wat die deur oop­maak: “Ek het jou kom sien oor die teks in die Skrif wat jy gisteraand vir my gegee het. Dit brand in my siel in. Ek het `n aaklige nag deur­ge­bring. Ek kan nie van die woorde ontslae raak nie! Wat moet ek doen om gered te word?” The Pilot sluit die storie af met: “When he left, he was a child of God through faith in the finished work of Christ.”

Dit is groot genade van God as die Heilige Gees `n teks `n brandende werklikheid in `n mens se hart maak en geloof in die hart opwek, om in Christus Jesus as Verlosser te vertrou.

“Here, vandag glo ek U is my Verlosser.”