Skoon

Lees 2 Korintiërs 6: 14 – 7: 1

“Laat ons ons dan reinig  van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsamheid aan God volkome aan Hom toewy” (7:1)

Sanyo Electric Co. verkoop ‘n drom­tipe was­mas­­jien, die Aqua, om klere mee te was, stuur Neil Verwey, sendeling in Japan, vir ons die berig. Dit was die klere nie met water nie. Dit het ‘n lug­was­funksie wat die krag van oksidasie ge­bruik om bakterieë dood te maak en reuke te ver­wy­der. Hierdie lug­was­funk­sie gebruik osoon, ‘n che­­miese stof, wat effektief is om die vuil­heid te ontbind.  Na omtrent 30 mi­nute is al die die klere is skoon..

Min huise is sonder ‘n klerewasmasjien. Twee faktore dra hiertoe by: ons leef in ‘n wêreld waar ‘n mens se kle­re daagliks vuil en vuiler word, en twee­­dens, die meeste van ons dra graag skoon kle­re.

Hierdie twee faktore gaan dieper as ons klere en ons liggaam. Dit is ook geestelik waar. In die wêreld waarin ons leef raak ons siel, ons hart, vuil. Ons sien, hoor, be­leef dinge wat ons innerlik vuil laat voel. As God se Heil­ige Gees deur sy woord ons van God bewus maak, word ons al dieper bewus van vuilheid in ons har­te. Dit is ‘n geseënde toestand as ons van sondevuilheid, on­­rein­heid, sondeskuld, bewus raak. Die Heilige Gees wek in ons die behoefte om geestelik skoon te wees. Oorvloedig skyn God se heilige lig uit sy woord op ons lewe: “Was julle, reinig julle…hou op met kwaad doen…,” en dan kom die wonderlike belofte van vergifnis en rein­iging: “Al was julle skarlakenrooi van son­de, julle sal wit word soos sneeu..” Ons Here, Jesus Chris­tus, het ‘n hoë en duur prys be­taal om vir ons hier­die harts­reiniging en siels­vergifnis te bewerk: “Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons ge­meen­skap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun reinig ons van alle sonde” (1 Joh.1:7 Ou Ver.).

“Here, vandag soek ek reiniging van my sondes.”