Nou of Nooit

Skrifdeel:         Hebreërs 4: 1 – 13 Ou Vertaling

“Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle har­­te nie” (7).

Een aand, na die aanddiens in `n myn­dis­trik in Engeland, gaan praat `n fris myner, bekom­merd oor sy saligheid, met die prediker, vertel Gospel Herald die storie vir ons. Die prediker pro­beer hom dadelik help en verduidelik die weg van saligheid aan hom. Hy wys hom in die Bybel, Christus het “gekom om te soek en te red wat verlore was” (Luk.19:10). Almal wat in sy kruis­dood vertrou, word gered: “Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld weg­neem” (Joh.1:29). Die myner kan dit nie be­gryp nie; sy hart bly donker.  Teen 11-uur die aand gee die prediker op en stel voor hulle moet die volgende dag weer bymekaar kom. “No, I won’t leave; it must be settled tonight or never!” haal Gospel Herald hom aan, en ver­volg dan: “Hours passed…but as the clock struck three, the light of the glorious Gospel suddenly burst upon him. He saw and be­lieved the glorious fact that the work of Christ on the Cross had satisfied the justice of God on ac­count of his sin, and joy and peace filled his heart.” In die loop van die volgende dag word die dorp geskok deur `n harde slag. `n Deel van die dak van `n myn het ingestort. Gewillige hande werk hard om die puin op te ruim en by die manne wat toegeval het te kom. `n Harde kreun laat hulle vinniger werk en hulle bereik die bekeerde myner. “Life was not quite gone, for he was speaking. Eagerly they listened, and the words they caught were these :‘Thank God…it was settled…last  night.’”

Die ewigheid is `n te ernstige, onver­my­de­li­­ke, onverwagte saak, dat mens kan waag om die sekerheid van die redding van `n mens se siel uit te stel. “Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding” (2 Kor.6:2).

 “Here, vandag wil ek oor my ewige heil sekerheid soek.”