Lees 1 Korintiërs 6: 9 – 11. (Nuwe Lewende Vertaling)
Julle is vrygespreekte mense op grond van wat die Here Jesus Christus en die Heilige Gees van God vir julle gedoen het” (11).
Sommige van die Isle of Wright se kuste is vol grotte. ’n Man se geraamte is in een van hierdie grotte gevind. Hy was ’n prisonier wat ontsnap het. Hy het in die grot geskuil met die hoop hy sou saam met een van die skepe wegkom. Die goeie geleentheid het nooit gekom nie. Hy kon nie waag om uit te kom nie. Sy krag het al minder geword. Sy lot was aaklig. So het hy eensaam gesterf. Hy het wel skuiling gevind, maar dit was ‘n bedrieglike en noodlottige skuiling.
Mense verlaat hulle soms ook op ’n bedrieglike en tydelike skuiling, bv. leuens of bedrog. ’n Kosbare lewe word geslyt in die gevaarlike skuiling van oneerlikheid. ’n Bedroewende skuiling is ook die oneerlike voorgee van Christenskap, om in kerklike kringe aanvaarbaar te wees, maar daar was nooit ware bekering en ontmoeting met Christus nie. Nog ’n gevaarlike wegkruipplek is nuwe godsdiensbeskouinge, omdat dit ’n mens se lewenstyl beter pas. Dit laat ruimte vir sondige praktyke. Die bedrieglikste skuilplek is onkunde, wat jou met jouself tevrede laat voel, maar jou ewige sieleheil is in gevaar. Die Nuwe Lewende Vertaling van die Bybel gebruik in 1 Korintiërs 6:9 ’n bekende woord aan mense, wat tevrede voel om steeds met sondige praktyke voort te gaan: Moenie julleself bluf nie. Die sin word voorafgegaan met hierdie waarskuwing: Besef julle dan nie dat mense wat ’n sondige lewe lei, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie?
Ons het net één betroubare, blywende, ware skuiling: Die kruisdood van Jesus vir ons, en, ás ’n mens by daardie skuiling ingegaan het.
Jesus, Rots, vir my geslaan, laat my nie verlore gaan!
U was self van God verlaat, laat u lyding, sonder maat,
My tot heil wees en tot krag teen die sondeskuld en mag.
Leeg, net met my sondelas, hou ek u verdienste vas.
Ek kom vergewing vra; U het ook my skuld gedra!
U, geslaan tot heilsfontein, was my, Heiland, maak my rein!
“Here, vandag kom ek in U skuil.”
Die ou ruwe kruis
Lees 1 Petrus 2: 18 – 25
“Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees” (24).
George Bennard het sy werk as evangelieprediker by die Heilsleër begin. Agt jaar later is hy in die Metodistekerk as leraar georden. Sy toegewyde bediening as evangelis in die kerk was vir baie jare hoog aangeskryf. Een keer het Bennard met ’n bedrukte hart, weens persoonlike beproewing, na sy huis in Albion, Michigan teruggekeer. Hy het die betekenis van die kruis van Christus ernstig oordink en wat Paulus in Filippense 3:10 bedoel het, waar hy praat van gemeenskap met die lyding van Christus: “Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word…”. Hy het lang ure begin deurbring met Bybelstudie, gebed en oordenking. Op ’n dag het die lig vir hom deurgebreek. Hy skryf daarvan: “I saw the Christ of the cross as if I were seeing John 3:16 leave the printed page, take form and act out the meaning of redemption. The more I contemplated these truths the more convinced I became that the cross was far more than just a religious symbol but rather the very heart of the gospel.” Tydens hierdie geestelike stryd in sy hart het die tema van “The Old Rugged Cross” in sy gedagte begin vorm. Op ’n dag begin die woorde en die melodie van die lied in sy gemoed oopgaan. Die Heilige Gees maak die kruis vir ’n mens ’n groter en groter werklikheid, as ons deur gebed en Bybelstudie ons harte vir Hom open: “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God vir die gelowiges” (Rom.8:26). Binne ’n kort tyd het hy die woorde en die melodie geskryf en dit vir Charles Gabriel, ’n leidende liedskrywer, gestuur. Gabriel het vir hom, in eie woorde, terug laat weet: “You will centainly hear from this song, Mr. Bennard.” Dit was profetiese woorde. Hierdie lied het een van die bekendste geestelike liedere geword.
Daar’s ’n dierbare kruis, waar my Heiland bewys
Die liefde wat Hy vir my het;
Dáár is alles voldaan en die vyand verslaan,
Dáár word ek van sonde gered
O, die dierbare kruis, waar die uiterste prys,
Deur kosbare bloed is betaal;
Dáár is smarte gely en versoening verkry
Waar Jesus oorwinning behaal.
By die dierbare kruis sal ons loflied verrys,
Tot eenmaal daarbo om die troon.
Want eens is ons tuis in die Vader se huis,
Dan verwissel ons kruis met ’n kroon.
“Here, vandag aanskou ek U aan die ruwe kruis.”

Die Geheim van Krag
Lees Handelinge 1: 1 – 8
“… julle sal krag onvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem…tot in die uithoeke van die wêreld” (8).
Die beroemde Bostonse leraar, dr. A. J. Gordon, het die wêreldskou in Chicago besoek, skryf Robert L. Sumner in sy boek Biblical Evangelism. Gordon is getref deur die krag en energie van ’n man, in helder Oosterse drag, wat sonder om te rus of sy gemaklike aksie te verminder, ure lank ’n pomp se slinger draai en daardeur ’n dik stroom water laat uitspuit. Gordon gaan nader om die man van naderby te beskou. Verbaas sien hy die man is van hout gemaak. Dit is nie hy wat die pomp draai en die water laat spuit nie. Dit is die waterstroom wat die pomp draai en dít hou die man aan die gang. Sumner maak sy gevolgtrekking: “Thus it is with those in the Lord’s work. It isn’t our efforts for Him that achieve the results. The flowing river of the Holy Spirit, channeled through our lives and lips, keeps us going and yields infinite results through our ministries.”
Ons voel swak, word moeg, gee moed op, maar ’n groter krag as ons eie krag, hou ons aan die gang, om die Here se werk te doen. Die Here sê vir Paulus, toe hy onder groot beproewing verkeer “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is” (2 Kor.12:9). Aan die Efesiërs skryf Paulus: “Ek bid dat Hy deur sy Gees … aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word… (Ef.3:16). En vir die Kolossense bid hy: “Mag God…julle versterk en …die krag gee om in alle omstandighede met geduld te volhard” (Kol.1:11). By sy hemelvaart sê Jesus vir sy dissipels: “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom…julle sal my getuies wees…(Hand.1:8).
“Here, vandag maak ek staat op u krag in my.”

Die Belangrikste Moment
Lees 2 Korintiërs 6: 1 – 7
“Kyk, nou is dit die regte tyd, nou… die dag van redding” (2).
Die gevangeniskapelaan moes ’n sterwende, maar berugte sakkeroller, in sy tronksel, in sy laaste lewensoomblikke bystaan. Hy het ernstig en dringend met hom gepraat en die weg van saligheid probeer verduidelik. Hy beklemtoon God se groot liefde vir sondaars en Jesus se lyding en sterwe aan die kruis: “So lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkéén wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh.3:16). Hy pleit met die man, om soos die moordenaar aan die kruis, in hierdie laaste oomblikke van sy lewe, by Jesus redding te vra: “Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom” (Luk.23:42). Die hele tyd hou die man sy oë stip op die kapelaan gevestig. Hy kniel by die man en bid vir hom. Toe hy weer regop kom, was die man dood. Tussen die vingers van sy regterhand, hang die goue ketting van die leraar se sakhorlosie. In hierdie belangrikste moment van sy lewe, was sy verharde hart nie by wat die dominee vir hom oor die ewigheid probeer sê nie, maar by die lokkende goue ketting aan die dominee se sy.
’n Stukkie statistiek uit Richardsbaai se 1981 gemeenteblad: Meer as 2¼-biljoen mense leef op aarde. Elke jaar sterf 50 mil. Elke maand sterf 4 166 466. Elke dag sterf 136 986. Elke uur sterf 5 707. Elke minuut sterf 95. Elke sekonde sterf 2. Dit het u dalk 10 sekondes geneem om die paragrafie tot hier te lees: 20 mense het in die 10 sekondes gesterf. Oor ’n uur kan daar meer as 5 000 mense, wat op hierdie oomblik nog leef, dood wees.
Ons mag nie in die laaste sekonde, wat ons nog leef, ongered wees nie, want dan wag ’n ewigheid van smart vir ons. Weet ú al Jesus is u Verlosser? As u twyfel of nee antwoord, gebruik hierdie sekonde om uit u hart te roep: “Here Jesus, red my!” En ’n ewigheid in die hemel word u deel.
“Here, vandag gryp ek u redding vas.”

Die Belangrikheid van Gebed
Lees Eksodus 17:8-17
“Solank Moses sy hand opgehou het, was Israel die sterkste, wanneer sy hand sak…, die Amalekiete” (11)
Dr. Torrey vertel van ’n dorpie waar die kerke nie gevorder het met die uitbreiding van die Here se koninkryk nie. Toe kom daar ’n wending. Binne een jaar het nagenoeg 200 mense tot bekering gekom. Het daar ’n nuwe dominee gekom? Nee. Is daar ‘n evangeliese veldtog gehou? Nee. ’n Paar toegewyde lidmate het bekommerd geraak oor die geestelike toestand in hulle dorp en het op gereelde tye begin saamkom om te bid vir hulle eie en vir hulle dorp se geestelike vernuwing. Soms word baie vir die Here gedoen, maar daar word nie so baie gebid nie. Sonder gebed ly ons neerlaag en die vrug op ons werk ontbreek.
Om te bid, is ’n taak wat meer toewyding van ons eis, as om vir die Here te werk. Israel het gewen solank Moses sy hande opgehou het, want Amalek was sterker as Israel. Die ophou van Moses se hande, sy intree vir Israel by God, het die verskil gemaak. Ons lees nie dat Josua en sy krygsmanne moeg geword het nie. “Maar Moses se arms het begin moeg word …”(12) Ons vyand, die Satan, en die wêreld, is sterker as ons. Hy is nie bang vir wat ons vir die Here doen nie. Hy vrees ons gebede. Hy sal alles in sy vermoë doen om die kinders van die Here van hulle knieë, van gebed, af weg te hou. In die sendbriewe word die gelowiges gedurig aangemoedig om te bid, omdat dit so belangrik is en omdat dit so veeleisend is om te bid. Gebed, voorbidding, is geseënde en vrugbare werk vir die Here. “Ek versoek julle dan dringend …Stry saam met my deur vir my te bid (Rom.15:30); … bid gedurig vir al die gelowiges. Bid ook vir my …(Ef.6:20); Bid gedurig … bid ook vir ons …(1Tes.5:17,25); …bid vir ons …(2Tes.3:1); …hou aan vir ons te bid…(Heb.13:18).”
Gereelde, volhardende gebed verg geestelike dissipline. Dr. W. E. Sangster sê: “As ons bid as ons daarna voel, behaag ons onsself …maar as ons bid ook as ons nie daarna voel nie, dan bring ons na God toe nie net die inhoud van ons gebed nie, maar ’n gedissiplineerde gees: ons het teen ons neiging (of ons gerief) in ons afspraak met Hom gehou.”
“Here, ek bid vandag, brei U koninkryk in hierdie wêreld uit.”

Vra Genade
SKRIFDEEL: Psalm 51
“Wees my genadig, o God, in u troue liefde…”
Good Company vertel die storie van `n ma, wat by Napoleon I, om genade vir haar seun gaan pleit het. Dit was die jongman se tweede oortreding en die keiser het besluit hy is die doodstraf skuldig. Die ma se pleidooi: “Ek vra nie geregtigheid nie. Ek vra genade vir my seun.” Die keiser het geantwoord: “Hy verdien nie genade nie.” “Maar, my heer,” roep die moeder huilend uit, “as hy dit verdien het, is dit nie genade nie. En wat ek vra is nie wat hy verdien nie, maar ek vra genade.” Die keiser het haar `n oomblik aangekyk en toe geantwoord: “Dan sal ek hom genadig wees. Hy hoef nie te sterf nie.”
Dit is ons posisie voor God. Ons is afhanklik van sy genade, dit wat ons nie verdien nie. Die misdadiger wat saam met Jesus gekruisig is, het geen geleentheid vir verdienste gehad nie. Aan die einde van `n skuldige lewe hang hy veroordeeld aan die kruis. Hy wend hom tot Jesus: “’Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.’ Jesus antwoord hom: ‘Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees’” (Luk.23:42,43). Die ander misdadiger het dieselfde geleentheid gehad, maar hy het dit, weggevoer deur die omstanders se boosheid, by hom verby laat gaan.
“Here, vandag pleit ek nie my verdienste nie. Ek vra genade om gered te word.”

Skoon
Lees 2 Korintiërs 6: 14 – 7: 1
“Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsamheid aan God volkome aan Hom toewy” (7:1)
Sanyo Electric Co. verkoop ‘n dromtipe wasmasjien, die Aqua, om klere mee te was, stuur Neil Verwey, sendeling in Japan, vir ons die berig. Dit was die klere nie met water nie. Dit het ‘n lugwasfunksie wat die krag van oksidasie gebruik om bakterieë dood te maak en reuke te verwyder. Hierdie lugwasfunksie gebruik osoon, ‘n chemiese stof, wat effektief is om die vuilheid te ontbind. Na omtrent 30 minute is al die die klere is skoon..
Min huise is sonder ‘n klerewasmasjien. Twee faktore dra hiertoe by: ons leef in ‘n wêreld waar ‘n mens se klere daagliks vuil en vuiler word, en tweedens, die meeste van ons dra graag skoon klere.
Hierdie twee faktore gaan dieper as ons klere en ons liggaam. Dit is ook geestelik waar. In die wêreld waarin ons leef raak ons siel, ons hart, vuil. Ons sien, hoor, beleef dinge wat ons innerlik vuil laat voel. As God se Heilige Gees deur sy woord ons van God bewus maak, word ons al dieper bewus van vuilheid in ons harte. Dit is ‘n geseënde toestand as ons van sondevuilheid, onreinheid, sondeskuld, bewus raak. Die Heilige Gees wek in ons die behoefte om geestelik skoon te wees. Oorvloedig skyn God se heilige lig uit sy woord op ons lewe: “Was julle, reinig julle…hou op met kwaad doen…,” en dan kom die wonderlike belofte van vergifnis en reiniging: “Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu..” Ons Here, Jesus Christus, het ‘n hoë en duur prys betaal om vir ons hierdie hartsreiniging en sielsvergifnis te bewerk: “Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun reinig ons van alle sonde” (1 Joh.1:7 Ou Ver.).
“Here, vandag soek ek reiniging van my sondes.”

Vra hiervoor
Lees Handelinge 16: 22 – 34
“’Menere, wat moet ek doen om gered te word?’ Hulle antwoord hom: ‘Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin’” (30,31)
In Christian Digest skryf iemand oor die lugspoorweg wat deur sy dorp loop. Een van die spoorwegstasies is naby `n begraafplaas, wat Calvary Cemetery genoem word. Vir baie jare het die trein nie self by daardie stasie gestop nie. Iemand wat daar wou afklim, moes daarvoor vra. Sodra die trein die stasie, voor die begraafplaasstasie, verlaat, maak die kaartjiesondersoeker die treinwa se deur oop en roep: “Next station Calvary. Train stops on signal only. Anybody for Calvary?”
Dit is `n gelykenis van die lewenstrein, sê die skrywer in Christian Digest. By al die lewenstasies hou die trein self stil, skryf hy. “At Market Street, at School Street, at University Avenue, at Main street, at Vanity Fair, at Broadway, at Church Street, at Home Avenue. No special notice is needed, but to get off at Calvary, yes – that means a choice and an expressed desire.”
Ons verstaan wat die skrywer daarmee bedoel. Om by Jesus se kruis uit te kom, om gered te word, om Christen te word, moet `n definitiewe keuse uitgeoefen word. “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word” (Joh.1:12”).
“Here, vandag kies ek U en neem ek U aan.”

Vrede in die hart
Lees Romeine 12: 9 – 218
“As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense” (18)
Rondom die werk van die skilder, Leonardo da Vinci, toe hy met sy beroemde skildery, Die Laaste Avondmaal, besig was, word verskillende insidente, wat geestelike waarhede vertolk, vertel. In die afgelope twee jaar het ek ‘n paar daarvan gebruik (en dit is ‘n versoeking om dit weer te herhaal, want vir myself is dit so mooi), maar hierdie volgende een dink ek is dalk nog onbekend.
Da Vinci was besig om in sy groot werk, Die Laaste Avondmaal, die Persoon van Jesus, en juis sy gelaatstrekke, te skilder toe hy en ‘n vriend van hom ‘n onderonsie gehad het. In sy ergerlikheid het die skilder vir sy vriend ‘n paar baie onvriendelike en lelike dinge gesê. Hy het selfs sy vriend met wraak gedreig. Hy het na sy werk, die skildery, toe teruggegaan en wou voortgaan om Jesus se gesig te skilder. Hy kon egter nie vorder nie. Sy innerlike ontstemdheid het dit vir hom net onmoontlik gemaak, om die trekke van teerheid en liefde op Jesus se gesig na vore te bring. Hy het opgestaan en sy vriend gaan soek en hom nederig om vergifnis gevra. In sy hart het kalmte gekom. Hy het teruggegaan na sy taak toe en nou kon hy die teer en sagte uitdrukking op Jesus se gesig aanbring.
Ons as Christene in hierdie wêreld moet Jesus se Persoon, by wyse van ons daaglikse lewe en woorde van ons getuienis, na vore laat kom. Deur ons lewe moet ander Hom leer ken, en hiervoor is nodig ‘n binneste, ‘n hart, wat self vrede het. Jesus se laaste woorde aan sy dissipels was: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor jule kom, en julle sal my getuies wees…” (Hand.1:8). Die Heilige Gees bring die Persoon van Jesus, as ons inwonende Here in ons hart, in ons gedrag en gesindhede na vore.. As ons hart egter ontstig is deur allerlei dinge – rusies, geskille met ander, nydigheid, kwaai woorde, kwaadpraat – kan Jesus nie deur óns lewe aan ander oorgedra word nie.
“Here, vandag wil ek met vrede in my eie hart vir U ‘n getuie by ander wees.”

Rykdom in die Bybel
Lees Kolossense 1: 24 – 29
“Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring’ (27,28).
In 1874 het die tante van Steven Marsh vir hom haar huis en haar familiebybel nagelaat, vertel Faithful Words. Nadat die begrafniskoste en ander agterstallige skuld betaal is, het hy net ’n paar honderd dollar uitgekry. Hy het vir 35 jaar in relatiewe armoede uit ’n klein staatspensioen geleef. Uiteindelik het die armoede vir hom teveel geword en hy besluit om vir sy laaste jare by `n seun van hom te gaan woon. Die dag toe hy inpak neem hy die vergete Familiebybel in sy hande om dit in sy trommel te sit. Uit nuuskierigheid knip hy die koperknippe oop en slaan die Bybel oop. Verstom rus sy oë op ’n groot dollarnoot wat tussen die eerste twee blaaie ingevou is. Hy blaai verder. Oral, dwarsdeur die dik Bybel, kry hy dollarnote tussen die blaaie – altesaam $5 000. In daardie jare `n ontsaglike som geld. Ek haal Faithful Words aan: “He lived in poverty, and all the time within his reach there was the precious Bible containing thousands of dollars, sufficient for all his wants. He passed the Bible by. His eyes rested on it, perhaps his hands handled the old leather-bound Bible, with its brass clasps, but he did not open it once”. Watter spyt moes daar nie in sy hart gewees het nie. Hoe anders sou sy lewe gewees het as hy die Bybel net een keer oopgemaak het!
Dit is `n lewensarmoede om die Bybel te verwaarloos. In hierdie bekende Boek, wat omtrent deur elkeen van ons besit word, het God vir ons ’n kosbare skat gegee. God praat self met ons in die Bybel, vertel ons van sy genade, sy liefde, sy ewige rykdom wat Hy vir ons wil gee. “…laat God julle verander deur julle denke te vernuwe…” (Rom.12:2). Hy doen dit deur sy Woord. “…saam strewe na diep en volledige insig sodat hulle God se geheimenis kan ken. Die geheimenis is Christus, en in Hom is al die verborge skatte van wysheid en kennis te vind” (Kol.2:2). Aan die gemeente Laodisea sê Jesus: “Daarom raai ek julle aan om by My goud te koop wat deur vuur gelouter is, sodat julle ryk kan word; en koop wit klere sodat julle julle kan aantrek en julle.. naaktheid nie gesien word nie; en koop oogsalf om aan julle oë te smeer sodat julle kan sien” (Opb.3:18). Deur ons omgang met die Here deur sy Woord kom ons in besit van hierdie rykdomme.
Faithful Words sluit sy vertelling só af: “Occasionally we receive letters from aged Christians to tell us how they deplore the fact that they did not know certain truths thirty or forty years ago. And all this time these riches were in their Bible, they might have enjoyed them. Oh, the neglected Bible! May we arise and possess our possession.
“Here, vandag lees ek u Woord.”

Prys van 'n bottel water
Lees Lukas 16: 1 – 12 (Nuwe Lewende Vertaling).
“As julle in klein sake getrou is, sal julle ook in groot sake getrou wees. (10).
’n Man se voertuig het hom in ’n afgeleë omgewing, baie kilometers van sy bestemming af, in die steek gelaat. Hy kon nie ‘n sein op sy selfoon kry nie. Hy sou moes stap om iewers hulp te kry. Hy volg die pad en hoop hy is op die regte koers. In die versengende hitte begin ’n dors hom pak. Na ‘n lang ruk sien hy die pad lei na ’n verwaarloosde werf toe. Die gehawende huis staan leeg. Tot sy blydskap sien hy ’n handpomp in die hoek van die ruie agterplaas. Vol verwagting loop hy op die handpomp af en begin pomp. Daar is geen druk in die boorgat se pyp nie. Geen water kom te voorskyn nie. Hy sien langs die pomp lê ’n bottel vol water. Hy gryp dit om te drink, maar sy oë val op die woorde wat op die bottel geskryf staan: “Gooi die water af in die pyp. Pomp dan.” Nou is hy in ’n gemoedstryd gewikkel. Sê nou hy gooi die kosbare water in die boorgatpyp af en daar kom tog nie water uit nie? Daar is nog iets op die bottel geskryf: “Maak die bottel weer vol water en laat dit daar vir ’n volgende verdwaalde persoon.” Nou is sy stryd groter. Hy kan dalk nog waag om die water in die pyp af te gooi, maar dan sou hy baie graag die bottel vol water wou saam neem. Hy weet nie hoe ver hy nog van die dorp af is nie. Met ’n laaste kyk na die water in die bottel gooi hy dit in die boorgatpyp af. Hy begin weer pomp. Met die eerste paar hale is daar nie druk in die suier nie. Wanhoop wil net die oorhand kry, toe voel hy die pomp word stywer en na ’n paar oomblikke se pomp, stroom skoon, koel boorgaterwater uit die kraan uit. Hy vul die bottel en drink. Vul dit weer en drink dit weer uit. Hy drink nog ’n bietjie. Verkwik en versadig staan hy na die bottel water en kyk. Hy sou dit darem graag wou saamneem. Maar wat van ’n volgende persoon wat in dieselfde omstandighede daar aankom? Hy maak seker die bottel is tot bo vol en sit dit by die voet van die pomp neer. In sy hart kom ’n vrede van weet, hy het reggedoen, aan ’n ander mens gedink en nie net sy eie beswil gesoek nie. Na nog ’n lang stap, kom hy by ’n dorpie uit. Sy lewe gered deur iemand wat voor hom ook by daardie boorgat getrou was om die regte ding te doen: ’n bottel water agter te laat.
By die bodem van ’n ontroue daad, lê selfsug: die doen dit vir jou eie ontwil, ongeag wat dit ander sal kos. Of dit in die verkeer op die pad is, of dit in ’n sake transaksie is, of dit in die huwelik is – waar ookal: ontrouheid het selfsug – die doen dit eerstens vir jouself – as basis. Getrouheid, die nakom van verantwoordelikheid, ook tot beswil van ander, is ‘n teken van karaktervastheid, wat ’n mens selfs by ’n ongelowige kan kry. Veral is dit die vrug van die Heilige Gees se werking en invloed in die gelowige se hart: “Die vrug van die Gees …is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Gal.5:22). En die werklike toets van getrouheid is nie in groot dinge waar mens in die kalklig is nie, maar in klein dingetjies waar ander dit nie sien nie.
“Here, vandag wil ek ander se verwagting van my nakom, tot hulle beswil en tot u eer.”

Ook
SKRIFDEEL: Jesaja 1: 12 – 18
“’Kom nou en laat ons die saak uitmaak,’ sê die Here: ‘al was julle sondes soos skarlaken, dit sal word soos sneeu…’” (18).
In die Reader’s Digest van Januarie 2006, verskyn ’n artikel onder die opskrif: One Frenchwoman Who Outlived Six Billion People. Hierdie vrou, Jeanne Calment, is die wêreld se oudste mens van wie daar bevestigde geboorte- en sterfgegewens bestaan. Sy is in 1997 op die ouderdom van 122 jaar oorlede. Oor haar skryf die Reader’s Digest: “A smoker, Calment, liked nothing more than a regular glass of port wine. She rode bicycle at 100, made her film debut at 114 and remained lucid (duidelik – die rimpels ontbreek!) virtually untill the day she died.” Sy het ’n goeie, vol, lang lewe gehad.
So interessant en lank as wat haar lewe ook was, op ’n dag, in 1997, het ook sy gesterf. Die dag wanneer ’n mens gebore word, is belangrik, die dae wat ’n mens lewe, is belangrik, maar die dag wanneer ’n mens sterf is uiters belangrik. Dan begin die ewigheid vir `n mens sélf. In Jesus se gelykenis oor die arm man, Lasarus, en die ryk man, beklemtoon Hy hulle sterfdae: “Toe die arm man te sterwe kom, is hy deur die engele weggedra na die ereplek langs Abraham…Die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en sien Abraham in die verte…en hy roep… ek ly verskriklik in hierdie vuur” (Luk.16:22-24).
Elkéén van ons het ook `n sterfdag. Die Here Jesus het ’n aaklige, bitter sterfdag gehad. Sy aardse lewe van 33 jaar was ingestel op sy sterfdag. Hy het met sy dissipels meer as een keer oor sy komende sterfdag gepraat. Hy het die genoem My uur. Deur die evangelie weet ons dit was ook ons uur van afrekening met ons sondeskuld. My uur – jou uur. Aan die einde van sy drie en ’n half jaar diens aan sy volk, toe Hy baie mense genees en gered het, sê Hy vir Filippus en Andreas: “Die tyd het gekom…As ’n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ’n groot oes in…Nou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek sê?… Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur…” (Joh.12:24-27). “Teen twaalfuur die middag het daar duisternis oor die hele land gekom…om drie-uur het Jesus hardop uitgeroep: ‘Eloï, Eloï, lemá, sabagtani?’…Dit beteken: ‘My God, My God, waarom het U My verlaat?’…Daarna het Jesus hard uitgeroep… (Mark.15:33,34).”’Dit is volbring!’ Toe het Hy sy kop vooroor laat sak… en die laaste asem uitgeblaas… (Joh.19:29,30)” “Die voorhangsel in die tempel het van bo tot onder middeldeur geskeur” (Mark.16:37,38). Die toegang na God toe het vir ons almal gekom.
Jesus het die weg na God vir óns, die skuldiges oopgemaak, sodat ons by God vergifnis kan kry en deel kan kry aan die ewige lewe en die hemel. Hiermee het Jesus die skrik van ons sterfuur, myne, joune, weggeneem. As ons dan ook die dag sterf, gaan ons hemel toe. Laat ons verseker sorg om tyd te maak om hierdie groot geskenk van God aan te neem, vóór ons die doodsdal betree!
“Here, vandag dink ek aan my verlede en ek dink aan die ewigheid. Ek bely U my sonde en vertrou in u kruisdood ook vir my.”

Omgeruilde Plekke
Lees 2 Korinthiërs 5:18-21 Ou Vertaling
“Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom” (21).
‘n Man, ‘n toegewyde Christen, wou ‘n dokter in `n buitepasiënte afdeling besoek. In die wagkamer sit ‘n lang ry mense en wag. Elke keer as iemand ingeroep word, skuif die ry een sitplek op. Hy gaan ewe getroos op die laaste oop stoel sit en wag sy beurt af. Later is hy heelvoor in die ry en dit is sy beurt om volgende by die dokter in te gaan. Net toe gaan die deur oop en ‘n vrou, sigbaar siek, kom binne. Sy kreun. “Ag! Laat ek tog asseblief eerste ingaan. Ek voel ellendig,” sê sy vir hierdie man wie se beurt dit nou is om in te gaan. “Sekerlik,” sê hy hartlik en staan op. Sy gaan sit op sy stoel. Juis op daardie oomblik roep die verleegster, “Volgende, asseblief!” Dankbaar gaan die vrou by die dokter se spreekkamer in. Die man wil weer op daardie voorste stoel van hom gaan sit. Maar iemand sit reeds daar. Die hele ry het reeds een stoel opgeskuif. Hy wou protesteer, maar iemand van die wagtendes roep: “Jy het jou eerste plek vir haar gegee en nou moet jy haar laaste plek vat.” ‘n Goedige “Hoor! Hoor!” klink op. Die man glimlag gedwee en gaan ewe getroos weer op die laaste oop stoel sit.
“Julle is reg, vriende,“ sê hy. “Ek het my goeie plek vir haar gegee en dis net reg, as ek haar slegte plek inneem. Weet julle, dit is presies wat die Here Jesus vir ons gedoen het. Hy het sy goeie plek as Kind van God en Erfgenaam van die hemel vir ons gegee. Toe het Hy ons slegte plek as verlore en skuldige sondaars kom inneem. In ons plek het Hy onder die toorn van God aan die kruis gesterf, sodat ons, onder die genade en goedheid van God, nie gestraf hoef te word nie en sy plek in die hemel kan inneem.”
“Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom … Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel” (Kol.1:21-23).
“Here, dankie U het my slegte plek ingeneem en my in u goeie en geseënde plek geplaas.”

O, daardie een woord
Lees Romeine 6: 19-23
“… die dinge waaroor julle nou skaam kry … die uiteinde van dié dinge is die dood. Maar nou - julle is vrygemaak van die sonde … en die uiteinde is die ewige lewe” (21,22).”
Ek wou die Saterdagmiddag geniet. Die opgewondenheid van die perdewedren wat aan die gang was, het deur my gejaag. Rondom my was skreeuende en gillende mense, besig om hul perd aan te moedig. Skielik het ek `n plukkie aan my baadjie gevoel. Ek het omgedraai en in `n jongman se gesig vasgekyk. Hy het nader getree en een woord in my oor gefluister: “Ewigheid.” Terselfdertyd het hy `n blaadjie in my hand gedruk. Wat `n vreemde opmerking, het ek gesteurd gedink Ek het besluit om dit eenvoudig te ignoreer. Ek kon nie `n asblik sien nie en het die blaadjie in my sak geprop. Die wedren was nog aan die gang en ek het my aandag daarop probeer vestig. “Ewigheid!” Ek het die perde vir die volgende wedren bestudeer en op een gewed. “Ewigheid!”
Slegs `n maand te vore het `n vriend van my skielik gesterf. Ek het nou aan hom gedink. Hy is nou in die ewigheid. Ek weet dat as hy nog geleef het sou hy vanmiddag saam met my by die renbaan gewees het. Maar hy was vanmiddag in die ewigheid. Die ewigheid is net `n haarbreedte ver. Dit kos nie veel om die skeidslyn tussen tyd en ewigheid oor te steek nie. Ek het benoud begin voel. Die wedren se uitslag het skielik vir my onbelangrik geword. “Ewigheid!”
Ek het my huistoe gehaas en die blaadjie wat die man gegee het, begin lees. God het my lief, het ek so onder die lees deur ontdek. Hy wil nie hê dat ek ewig verlore moet wees nie, maar dat ek ewig salig sal wees. Hy het sy eie Seun, Jesus Christus, my sondestraf laat dra aan die kruis. Hierdie inligting het ek geken, want ek is ook `n soort van kerkmens. Dit het nou egter vir my skielik `n nuwe waarde gekry. Jesus het aan die kruis gesterf, sodat ek in die ewigheid gered kan wees. `n Bekende teks word aangehaal: “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Joh.3:16).
Ek het dit verstaan en ek het dit geglo. Ek het by my bed gekniel en met `n eenvoudige gebed Jesus Christus as my Verlosser aangeneem en sy versoeningsdood vir my toegeëin. Ek het `n rustige man gaan slaap. Ek het uit die dood in die lewe oorgegaan.
“Here vandag ken ek U as my Verlosser en ek lê met nuwe toewyding my aan u voete neer.”
Of: ?
“Here, vandag is ek onseker oor die ewigheid, want ek het dit nog nie `n uitgemaakte saak in my lewe gemaak nie. Maar ek wil nie ewig verlore gaan nie. Ek maak nou my hart oop. Ek glo u kruisdood was vir my, in my plek. Ek neem U aan as my Verlosser.”

Nou of Nooit
Skrifdeel: Hebreërs 4: 1 – 13 Ou Vertaling
“Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie” (7).
Een aand, na die aanddiens in `n myndistrik in Engeland, gaan praat `n fris myner, bekommerd oor sy saligheid, met die prediker, vertel Gospel Herald die storie vir ons. Die prediker probeer hom dadelik help en verduidelik die weg van saligheid aan hom. Hy wys hom in die Bybel, Christus het “gekom om te soek en te red wat verlore was” (Luk.19:10). Almal wat in sy kruisdood vertrou, word gered: “Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” (Joh.1:29). Die myner kan dit nie begryp nie; sy hart bly donker. Teen 11-uur die aand gee die prediker op en stel voor hulle moet die volgende dag weer bymekaar kom. “No, I won’t leave; it must be settled tonight or never!” haal Gospel Herald hom aan, en vervolg dan: “Hours passed…but as the clock struck three, the light of the glorious Gospel suddenly burst upon him. He saw and believed the glorious fact that the work of Christ on the Cross had satisfied the justice of God on account of his sin, and joy and peace filled his heart.” In die loop van die volgende dag word die dorp geskok deur `n harde slag. `n Deel van die dak van `n myn het ingestort. Gewillige hande werk hard om die puin op te ruim en by die manne wat toegeval het te kom. `n Harde kreun laat hulle vinniger werk en hulle bereik die bekeerde myner. “Life was not quite gone, for he was speaking. Eagerly they listened, and the words they caught were these :‘Thank God…it was settled…last night.’”
Die ewigheid is `n te ernstige, onvermydelike, onverwagte saak, dat mens kan waag om die sekerheid van die redding van `n mens se siel uit te stel. “Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding” (2 Kor.6:2).
“Here, vandag wil ek oor my ewige heil sekerheid soek.”

Nooit alleen nie
SKRIFDEEL: Psalm 121
“Die Here beskerm jou” (5)
Dr. Tony Campolo skryf in sy boek A Dreamer for the Kingdom, hy het opgegroei in ’n digbevolkte, besige stad. Sy ma het ’n tienderjarige dogter, wat naby hulle gewoon het en ook skool toe moes loop, gevra om teen ’n nickle a day haar oog oor hom te hou, as hy skool toe en terug loop. Die skool was agt blokke ver en hulle moes verskillende besige strate kruis om by die skool te kom. In sy tweede skooljaar het Tony opstandig en onwilllig geraak om elke dag saam met die buurdogter moet skool toe te stap. Hy wou alleen loop. “Ek kán alleen loop. Ek belowe, ek sal baie versigtig wees,” het hy gesoebat. Uiteindelik het sy ma toegegee. Vir die volgende twee jaar het Tony self skool toe en terug gestap. Hy was baie versigtig. Hy het nie met vreemdelinge gepraat of nuuskierig agter ander dinge aangegaan nie. Jare later, by ’n familiesamekoms, het hy grootgepraat oor sy onafhanklikheid en sy familie herinner aan sy selfstandigheid, toe hy as klein seuntjie die moeilike pad skool toe alleen geloop het. Sy ma het gelag. “Dink jy regtig jy was alleen?” vra sy. “Elke oggend as jy skool toe loop, het ek jou gevolg tot jy veilig by die skool aangekom het. Elke middag as die skool moet uitkom, het ek vir jou buite gewag, maar so, dat jy my nie sou sien nie. Dan het ek weer agter jou aangeloop tot ons by die huis gekom het. Ek wou naby jou wees, as jy in daardie besige strate my sou nodig kry.”
Glo ons die Here is elke dag naby ons, terwyl ons deur 2017 stap? Kom ons glo dit. Jesus het sy dissipels belowe: “En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Mt.28:20). In die Here se Woord is God se nabyheid by ons ’n voortdurende belofte: “Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou” (9).
“Here, vandag glo ek U is naby my.”

'n Lied uit die hart
Lees Psalm 71: 12 – 24
“Ek sal jubel as ek tot u eer sing, omdat U my gered het. Ek sal die hele dag praat van u verlossingswerk…” (22-23)
Dr. A. J Gordon was jare gelede leraar van ’n kerk in Boston. Voor die kerk loop hy op ’n dag ’n seuntjie raak wat ’n geroeste en verwaarloosde voëlkou dra. In die kou fladder `n paar klein voëltjies rond asof hulle weet hulle gaan doodgemaak word. “Seun, waar kry jy daardie voëls?” vra Dr. Gordon vir die seun. “Ek het hulle in die veld gevang,” antwoord die seun. “Wat gaan jy met hulle doen?” vra die leraar. “Ek neem hulle huis toe om met hulle te speel.” “En as jy klaar met hulle gespeel het?” “O,” antwoord die seun met ’n skouerophaling, “dan voer ek hulle seker maar vir ons kat.” Dr. Gordon vra hom vir hoeveel hy die voëltjies en die koutjie aan hom sal verkoop. Die seun antwoord: “Meneer, wil jy hulle regtig hê? Dis net gewone veldvoëtjies. Hulle kan nie eers sing nie.” Dr. Gordon bied ’n redelike prys aan. “Goed,” sê die seun dadelik, “maar Meneer maak ’n slegte koop.” Fluitend loop die seun weg en Dr. Gordon neem die koutjie met voëltjies na die kerk se agtertuin toe. Hy maak die koutjie oop en die voëltjies vlug dadelik uit en styg luid singende in die lug op.
Die volgende Sondag neem Dr. Gordon die leë koutjie preekstoel, toe as illustrasie vir sy preek. “Daardie seun het gesê hulle kan nie sing nie,” sê hy na hy vir die gemeente vertel het hoe hy aan die koutjie kom. “Maar ek wens hy kon hulle hoor sing toe hulle die lug in vlieg. Dit het vir my geklink hulle sing: ’Vry, vry, vry.’”
So is dit in die hart van die verloste sondaar. Soms is ons lied dof, want ons begryp nog nie watter prys vir ons betaal is nie en van watter aaklige dood ons vrygekoop is nie en watter heerlike ewigheid vir ons voorlê nie.
Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het, sing dankbaar my verlossingslied.
U weet hoe ek na U verlang het – U het u guns my aangebied.
Ek loof en prys U deurentyd, en roem u groot barmhartigheid.
“Here, vandag loof ek U uit my hart uit.”

'n Goeie Adres
Lees Psalm 43: 1 – 5
“Stuur u lig en u waarheid dat dié my kan lei en my bring na u heilige berg, na u woning!” (3).
In Londen, naby St. Paul’s, is `n straat met die naam Godliman Street, vertel dr. F. B. Meyer. Die ligging van die straat, naby so `n groot, bekende kerk, kon dalk die rede vir die naam gewees het. Of, daar het dalk `n besonder toegewyde man gewoon, want die naam is van die Engelse woord, godly man, afgelei. Hoe voel die mense, veral die mans, wat in daardie straat woon? Kan dit dalk `n verleëntheid wees as mens vir `n ander moet sê: “Ek woon in Godsmanstraat?” Pas die mense wat daar woon, se lewensgedrag by die straat se naam? Voel iemand dalk hy sal ontuis voel in so `n straat? Ons moet onthou, in die hemelstad, gaan al die name van die strate so `n naam hê. In die hemel sal net mense, wat aan die Here behoort, woon.
Voel u dalk onseker oor u plek in so `n hemelstad se straatnaam? “Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. Die nasies sal in die stad se lig lewe. Niks onreins en niemand wat iets losbandigs en vals doen, sal ooit daarin kom nie, maar net dié wie se name in die boek van die lewe, die boek van die Lam, geskrywe staan” (Op.21: 22,27).
Ons moet baie seker maak, dat ons ons toegangsreg tot die hemel verkry het, deurdat ons in Jesus Christus, as ons Verlosser, vertrou het. Van alle dinge op aarde is dit die belangrikste voorsorgsmaatreël vir ons. Dít maak ons God se mense. Dan kan ons in God se stad woon.
“Here, vandag ondersoek ek my hart om seker te maak, ek het U as Verlosser aangeneem.”

Subscribe to:
Comments (Atom)