SKRIFDEEL: Handelinge 16: 16 – 34
“Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing.. (25)
`n Toegewyde Christenvrou, wat reeds vir weke lank `n afmattende, pynlike kwaal moes verduur, word deur haar dominee besoek. Sy vertel hom van `n voëltjie wat soggens voor haar venster sing. “’In the early morning, as I lie here, he serenades me..’ Then, as a smile brighted her thin features, she added, ‘I love him, because he sings in the rain.’” Hieroor skryf Dr. J. R. Miller: “That is the most beautifull thing about the robin. When the storm has silenced almost every other songbird, the robin sings on – sings in the rain.” So moet die Christen optree, gaan Dr. Miller voort met sy boodskap. Enigeen kan in die sonskyn sing, maar Christus gee aan sy volgelinge krag om ook in die reën te sing. Die Christen se bemoediging in alle omstandighede is: “Christus is by my, met my.” Die Heilige Gees gee die krag
Dit is hoe dit met Paulus en Silas gegaan het. Opgesluit in die binneste sel, hulle bene vasgeklem in die houtblok, soos ons in Handeling 16:25 lees: “Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing…” en die gevolg: “Die bewaarder…het voor Paulus en Silas neergeval… hulle buitentoe gevat en gevra: ‘Menere, wat moet ek doen om gered te word?’ Hulle antwoord hom: ‘Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.’” Die oorwinnende Christen dra vrug.
“Here, vandag wil ek uit U krag in my omstandighede sing.”