Die Hardnekkige Boekie

Lees Hebreërs 4: 1 – 13

“Die Woord van God is lewend en kragtig…en dring deur…tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg” (12).

`n Christenwerker in Arizona vertel van die Cowboy met sy ruwe uiterlike wat by hom Mar­kus­-Evan­gelies kom soek. Die Cowboy vertel vir die man wat met hom gebeur het, dat hy wat `n ruwe veldman is, nou Bybels soek. Hy het vir `n naweek San Francisco toe gegaan en `n uit­spattige aand in die strate en kroeë deur­ge­bring. Die volgende og­gend het hy laat ge­slaap. Onder swaar ooglede deur sien hy op die tafeltjie, naby sy bed, `n boekie lê. Hy kyk daar­na: Die Evangelie van Markus. Er­gerlik gooi hy dit op die vloer neer. Die volgende nag is net so uitspattig en weer lê die boekie net­jies op sy tafeltjie. Weer smyt hy dit op die grond neer. Die derde oggend is die boekie weer daar. Hierdie keer tel hy dit op en neem dit met hom saam na `n nabygeleë parkie met goeie sit­plek. Gerieflik in die lekker sonnetjie begin hy die boekie lees. Die hele dag bly hy daar en lees die boekie deur. Hy sê vir die Christenwerker (sy eie woorde): “I heard the Son of God say to the leper, ‘Be thou clean.’ I heard Him say to a paralytic, ‘Thy sins be forgiven thee.’ I heard Him commend the widow for her mite. I saw Him take little children in his arms and bless them. I heard him say, ‘Couldst thou not watch one hour?’ I saw Him die. It broke my heart and changed my life. I am a different man. Now, stranger, I spend much time giving away copies of the Gospel of Mark.’”

“Here, vandag lees ek U woord om U te vind.”