SKRIFDEEL: Lukas 23: 33 – 46
“…toe kom daar duisternis…die son het opgehou om te skyn…die voorhangsel in die tempel het middeldeurgeskeur. Jesus het hard uitgeroep: ‘Vader in u hande gee Ek my gees oor ’”(45,46).
`n Predikant was op `n skip wat by The Bay of Biscay verby geseil het. Met angs kyk hy, na wat hy dink, `n naderende orkaan is. Bewende wend hy hom tot een van die matrose. “Dink julle die skip sal deurkom?” vra hy. “Deur wat kom?” vra die matroos. “Daardie vreeslike orkaan wat aankom.” antwoord hy. Die ou matroos glimlag. “Daardie storm sal nooit wéér hierlangs kom nie,””antwoord hy rustig. “Dit wás reeds hier en is verby.”
Die indruk wat dié insident op die dominee gemaak het, weergee Kings Business met hierdie woorde. “So, in regard to the believer, judgment as to the penalty of our sins is past. We were tried, condemned and executed in the person of our Surety, our Lord Jesus Christ, on Calvary.”
Vir die persoon wat in Jesus Christus vertrou vir die vergifnis van sy sonde en die redding van sy siel, het die onbeskryflike orkaan van God se toorn oor sonde, verbygegaan. Dit is Goeie Vrydag se boodskap. So iemand het erfgenaam geword van vrede, vergifnis en die ewige lewe. Vir die beangsde misdadiger aan die kruis, wat hom op die laaste tippie tot Jesus, langs hom, gewend het, het Jesus gesê: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (Luk.23:23). Met die steniging van Stefanus, deur die Joodse Raad, lees ons “Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel… ‘Kyk,’ het hy gesê, ’ek sien die hemel geopen en die Seun van die mens wat aan die regterhand van God staan.’” (Handelinge 7:54). “Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie” (Rom.8:1).
“Here, vandag glo ek U vergifnis en redding.”