Skrifdeel: Psalm 139: 7 – 12
“… daar lei u hand my, hou u regterhand my vas” (10)
Die evangeliesanger, Ira D. Sankey, stap een wintersoggend in Skotland, straat af saam met sy seuntjie, vertel Scattered Seed die storie. Met `n warm jassie aan, handjies styf in die sakke, stap die seuntjie trots en regop langs sy pa. Plek-plek is die grond nog hard en glad van die ys. “Seun, laat ek jou handjie vashou. Net-nou val jy,” sê Sankey vir sy seuntjie. Dié trek net die skouertjies op en druk sy hande dieper in sy sakke. Nie lank nie of, wat die pa gevrees het, gebeur. Hy gly en val. Die val het sy trots effens afgebring en nou is hy gewillig om sy pa se hand vas te hou. Maar hy voel nog te sterk, vir sy pa om sy hand vas te hou. Net `n entjie en hy gly weer, maar is te swak om sy pa se hand te bly vashou en weer val hy, nogal bietjie hard. “Then it was that humbled in spirit he said, as he raised his hand, ‘You may take it now.’ And so it was that the father’s strong hand held the child up when the slippery places came. Happy is the believer who knows that he is in the mighty hand of his God, his Saviour” skryf Scattered Seed vir ons die groot en kosbare geloofsles.
Ons kom op gladde plekke en ons weet ons kan nie self regop bly nie. Hier hou die Here óns hand vas. “Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie …en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Ek en die Vader is een” (Joh.10:27-30).
“Here, vandag moet U my vashou.”
Die Uithou
Skrifdeel: Galasiërs 5: 13 – 26
“Laat julle lewe steeds deur die Heilige Gees beheers word, dan sal julle nooit swig… nie” (16)
Onder die naam Percy word in Paul Lee Tan se boek, Encyclopedia of 7 700 Illustrations, vertel van die 87-jarige ou man Firmin Abautiz. Ek haal Percy aan: “He was a person of such a serene disposition, that he was not known to have been out of temper during the whole of his long life.” Hierdie getuienis oor hom, deur die wat hom geken het, is deur ander mense in twyfel getrek en hulle het besluit om dit te toets. Hulle het sy huishoudster van 30-jaarlank oorgehaal om, teen betaling, hom kwaad te maak. Wetende hy hou daarvan dat sy bed elke oggend netjies en gemaklik opgemaak word, slaan sy dit oor. Die volgende oggend met ontbyt sê Abautiz dit vir haar. Sy maak die verskoning sy het vergeet. Die oggend daarna gebeur dit weer en weer bring Abautiz dit onder haar aandag. Sy maak weer `n flou verskoning. Die derde dag sê Abautiz vir haar. “Jy het weer nie my bed opgemaak nie. Dit lyk my jy het besluit om dit nie meer te doen nie. Ek dink dit is vir jou `n lastige taak. Dit maak nie regtig saak nie. Ek begin dit alreeds gewoond raak.” Geraak deur haar meester se geduld en vriendelikheid, vertel sy hom die hele storie. Hulle lag albei daaroor en hy gee haar `n geldgeskenkie om op te maak vir die geld wat sy sou kry.
Ek wens Percy het vir ons meer besonderhede oor Firmin Abautiz se verhouding met die Here gegee, want sy gedrag was teenstrydig met die ingebore, sondige natuur van die mens wat maklik geïrriteer en ongeduldig raak. Deur ons verbintenis met Christus bring die Heilige Gees `n ander lewensbenadering in ons hart na vore: “Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het…” (Ef.5:2). “Wees…medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig. Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie…antwoord met `n seënwens… Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na… (1 Pet.3:8,9,11,15).
“Here, vandag verlang ek na U manier van lewe.”

Die Onwelkome Gebeurtenis
Skifdeel: Openbaring 22 : 12 – 21
“Hy wat dit alles getuig, sê: ‘Ja, Ek kom gou!’ Amen! Kom Here Jesus” (20)
Een aand preek Dr. H. A. Ironside in Stockton, Californië oor Christus se wederkoms. Hy vertel, in sy slotgebed dank hy die Here oor die vooruitsig van die Here Jesus se wederkoms. Hy bid: “Kom, ja, kom gou Here Jesus!” Hy word bewus van ‘n vrou wat opstaan en haastig uit die kerk uitstap. Dit was die dae toe vroue wye rompe gedra het. Hy sê daaroor: “In those days the skirts would swish whenever a lady walked. It seemed to me that this lady must have gone out in a hurry!” Na hy die diens afgesluit het en na die deur toe gegaan het om mense by die deur te groet, soos die gewoonte in daardie kerk was, kom hy af op ’n vrou wat opgewonde heen en weer in die voorportaal op en af stap. Die oomblik toe sy hom sien kom sy op hom afgestap. “Hoe durf jy so ’n gebed bid – Kom Here Jesus? Ek wil nie hê Hy moet kom nie! Dit sal al my planne verongeluk! Hoe durf jy so bid?” Hy antwoord haar: “My liewe jong dame, Jesus kom weer of jy daarvan hou of nie.” Hy sluit sy storie af met die opmerking: “Oh, if you know Him and love Him, surely your heart says, ’Come, Lord Jesus!’”
Is Jesus se wederkoms vir óns ’n welkome vooruitsig? Baie Christelike kerkmense verlang nie na sy wederkoms nie. Een rede kan wees, ons het die huidige wêreld nog lief en ons lewenswyse maak ons bang maak vir sy wederkoms. Ons kan nie goeie rekenskap gee van die taak wat Hy ons opgelê het om die verlore mensdom vir Hom te wen nie. As ons Christus as ons Verlosser ken en in ’n goeie verhouding met Hom lewe, hoef ons nie vir sy koms bang te wees nie. “En nou, liewe kinders, julle moet in Hom bly, sodat ons almal niks te vrees sal hê wanneer Hy kom nie en by sy wederkoms nie beskaamd voor Hom sal staan nie. Aangesien julle weet dat Hy regverdig is, weet julle ook dat elkeen wat regverdig lewe, ’n kind van God is. Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook” (1 Joh.2:28 – 3:1). Die Here Jesus het altyd oor sy wederkoms gepraat as iets baie goeds wat met ons gaan gebeur. Al die ellende en geweld en swaarkry wat hierdie lewe so moeilik maak, sal verby wees. Jesus kom ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde instel waaroor Hy die Koning sal wees. Ons sal in heerlikheid by Hom en sy Vader woon. Kom ons hou ons verhouding met hom daagliks reg deur die krag en werking van die Heilige Gees in ons, en ons sien hartlik uit na sy wederkoms! Ons hartstaal is dan: “Kom, ja, kom gou Here Jesus!”
“Here, vandag wil ek uitsien na U wederkoms.”

Die Onbekende Oes
SKRIFDEEL: Matteus 9: 35 – 38
“Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry… Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min” (36,37)
Die Engelse handelsreisiger, Rigby, het op sy kwartaalikse rondte deur sy streek, ’n naweek in Edenburgh moes deurbring. Dan gaan hy tuis in ’n hotel, wat besonder gewild onder die handelsreisigers was. Sondae gaan hy na St. George’s Church toe, om na Dr. Alexander Whyte, ’n kragtige evangelieprediker, te luister. Hy het altyd probeer om een van die ander handelsreisigers, wat ook in die hotel tuisgaan, saam te neem kerk toe. Een keer neem hy ’n Roomskatolieke kollega saam. Dr. Whyte se preek het die man diep getref en terug by die hotel kon Rigby die vreugde smaak om hom na Christus te lei. Sy hart het hom gedring om Dr. Whyte te bel en hom van die man se bekering te vertel. Hy het gehoor dit bemoedig ’n dominee om te hoor van vrug op sy prediking. (Dit is so. Bel gerus u dominee as sy preek in u of ’n kennis se hart seën gebring het!) Dr. Whyte het met vreugde na Rigby se vertelling geluister. “Sê tog asseblief weer wie praat,” versoek Dr. Whyte nadat Rigby klaar sy storie vertel het. Rigby noem weer sy naam. “Weet jy, jare al soek ek na jou!” roep dr. Whyte uit. “Bly ’n oomblik aan.” Rigby kon hoor hoe daar met papiere gevroetel word. Toe praat Dr. Whyte weer. “Ek staan hier met briewe in my hand. Luister na dié een: ‘Ek moes ’n paar weke gelede ’n naweek in Edenburgh deurbring. ’n Medehandelsreisiger, met die naam Rigby, het my dié Sondag saamgenooi St. George’s toe. Die preek het tot my bekering gelei.’ Ek het 12 sulke briewe in my hand. Van dié manne het 4 predikante geword!”
Rigby het nie geweet van die omvang van die oes, wat gespruit het uit sy getrouheid, om iemand met hom saam te neem om die evangelie te hoor nie. Die Here se koninkryk word van mens tot mens in hierdie wêreld voortgeplant. Gelukkig is elkeen wat doelbewus die evangeliesaad saai. Miskien sal hy nooit eers hoor daar was ’n oes nie. Iemand anders sal dalk die maaier wees, van die oes waarvan hy die saaiwerk gedoen het. “Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes. Nou al ontvang die man wat oes, sy loon en samel hy die oes in vir die ewige lewe. Die een wat saai, en die een wat oes, is saam bly (Joh.4:35,36).
“Here, vandag wil ek ’n saaier van u evangelie wees.”

Die Nuwe Omgewing
SKRIFDEEL : Psalm 28
“Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil Hom loof, met my lied” (7).
Die volgende verhaal het Neil Verwey, sendeling in Japan, vir ons gestuur.
’n Jong bruid uit die Ooste, vergesel haar man na ’n VSA-weermagkamp, geleë aan die rand van die woestyn in Kalifornië. `n Moeilike leefwyse, bedags warm en `n gedurige wind, wat alles met sand bestrooi, breek vir haar aan. Die dae was lank en vervelig. Geen bure met wie sy gemeenskaplike belange kon deel nie. En toe vertrek haar man boonop gevegsfront toe! Uit moedeloosheid skryf sy vir haar ma sy kom huistoe. Alles het vir haar net te veel geword.
Haar wyse moeder skryf terug: “Twee manne kyk deur die tralies van hul tronkselle; die een sien die modder, die ander een, sterre.” Die jong bruid lees die brief van haar ma oor en oor en sy bid die Here om ’n verandering in gesindheid in haar te wek. Sy neem `n positiewe houding teenoor haar omgewing in. Sy begin die woestyn bestudeer. Nie lank nie, of sy kom agter die voorheen onherbergsame, afgesonderde woonplek, verander na ’n wonderwêreld. Sy bestudeer die kaktusplante en versamel skulpe, wat daar was toe die sand nog deel van die seebodem was! Die kennis wat sy opdoen, maak haar ’n kenner op dié gebied en sy skryf ’n boek daaroor.
Wat het by haar verander? Die woestyn, hitte, sand, wind én die mense was steeds daar. Die verskil is, God het haar gesindheid verander. Deur die tralies van haar selfgemaakte selvenster, het sy nou sterre begin waarneem!
Met geloof in God, is daar ’n buitengewone verandering van krag, wat alle omstandighede kan hanteer. Die blydskap van dié wat geleer het om in Hom te vertrou, is groot!
“Here, vandag vra ek uit u krag nuutheid in my omgewing.”

Die Klok wou nie lui nie
Lees Filippense 2:5-11
“En toe Hy as mens verskyn het, het Hy homself verder verneder…tot in die dood…die dood aan die kruis”(7,8).
Oliver Cromwell, van die 16de-eeuse Engeland, het ‘n jong soldaat tot die dood veroordeel. Hy sou voor ’n vuurpeleton sterf, sodra die aandklokkespel begin. Die bestemde uur breek aan en alles is gereed vir die voltrekking van die vonnis, maar die klok weier om te lui. Wagte word in die toring opgestuur om te gaan kyk wat skort. Hulle kry die jong meisie met wie die soldaat sou trou, waar sy aan die groot klok se klepel vasklou om die klok te keer om te lui. Haar arms en skouers is gekneus en haar bloeiende hande stukkend geslaan, van die geweld waarmee die klok heen-en-weer geswaai het. Hartstogtelik roep ’n ontroerde Cromwell uit: “Jou geliefde leef. Jy het jouself geoffer! Jy het hom met jou eie lewe losgekoop. Hy sal nie sterf nie!”
Hierdie menslike drama vertolk iets van wat die Here Jesus vir óns gedoen het! Ons is almal sondaars en rebelle teen God en is die dood skuldig. Jesus het tussenby gekom. Hy het sy liggaam ingewerp en die klok van God se oordeel oor ons vasgegryp, dat dit nie sou lui en die ewige straf oor ons voltrek word nie. Op grond van Christus se offerdood aan die kruis is ons vrygespreek van die dood. “Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie… Hy het die sonde binne die sondige bestaan van die mens veroordeel deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur as ‘n offer vir die sonde” (Rom.8:1,3). Hierdie offer en vryspraak moet ons glo en aanneem. “…aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word” (Joh.1:12).
“Here, vandag verwonder ek my opnuut vir u groot liefde vir my, om in my plek te sterf.”

Die Helper
Lees Handelinge 1:1-11
“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees… tot in die uithoeke van die wêreld” (8)
’n Sendeling onder die Karrévolk van Frans Ekwatoriaal-Afrika, Estella Myers, wou die begrip van die Persoon en die werk van die Heilige Gees aan hulle oordra. In Johannes 14:16 word die Heilige Gees in die Engelse Bybel the Comforter genoem: “And I will pray the Father, and he shall give you another Comforter, that he may abide with you for ever; even the Spirit of truth…”. In ons Ou Vertaling word die Heilige Gees, die Trooster genoem en in die nuwe vertaling word Hy die Helper genoem. Die Christian Herald vertel hoe Stella Myers aan daardie mense die werk van die Heilige Gees probeer verduidelik het. Hy ondersteun ons, het sy vir hulle gesê, en Hy moedig ons aan, vermaan ons, beskerm ons, troos ons en lei ons. Hulle het ’n woord uitgeroep wat beteken: Hy is die een wat langs ons neerval. Sy het geweet wat hulle met hierdie woord bedoel. As ’n Askaridraer ’n swaar vrag op sy kop dra, en dit is ’n ver pad, word die draer soms siek van vermoeienis. Hy begin uitsak en die ander draers loop by hom verby. Hy raak agter en later val hy onder sy vrag. As hy alleen bly lê kan hy deur ’n roofdier verskeur word. Soms ontferm iemand hom oor so ’n draer, kniel langs hom, help hom op en ondersteun hom. Die inboorlinge het vir dáárdie helper ’n woord wat beteken: Hy is die een wat langs ons neerval. Dit het die woord geword, wat die vertalers van die Bybel in daardie mense se taal, vir die Heilige Gees gebruik.
Meeste van ons is te swak, selfs vir ons wêreldse pligte en laste; ons is almal te swak vir ons geestelike lewe vir die Here se koninkryk. Ons het nie geloof nie, nie verdraagsaamheid nie, nie motivering om die Here se koninkryk te help uitbrei nie en om te getuig nie, nie lus vir God se dinge, soos sy woord en gebed, nie. Onder al die laste val ons menslike natuur neer en ons word ’n prooi vir die duiwel, “…want die duiwel loop rond soos ’n brullende leeu…op soek na iemand om te verslind” (1 Pet.5:8). Die Heilige Gees, wat in ons hart kom woon, wanneer ons Christus aanneem as Saligmaker, ondersteun ons om ons vrag te kan dra. “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie” (Rom.8:26).
“Here, vandag vertrou ek in die Heilige Gees wat in my woon.”

Die Hardnekkige Boekie
Lees Hebreërs 4: 1 – 13
“Die Woord van God is lewend en kragtig…en dring deur…tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg” (12).
`n Christenwerker in Arizona vertel van die Cowboy met sy ruwe uiterlike wat by hom Markus-Evangelies kom soek. Die Cowboy vertel vir die man wat met hom gebeur het, dat hy wat `n ruwe veldman is, nou Bybels soek. Hy het vir `n naweek San Francisco toe gegaan en `n uitspattige aand in die strate en kroeë deurgebring. Die volgende oggend het hy laat geslaap. Onder swaar ooglede deur sien hy op die tafeltjie, naby sy bed, `n boekie lê. Hy kyk daarna: Die Evangelie van Markus. Ergerlik gooi hy dit op die vloer neer. Die volgende nag is net so uitspattig en weer lê die boekie netjies op sy tafeltjie. Weer smyt hy dit op die grond neer. Die derde oggend is die boekie weer daar. Hierdie keer tel hy dit op en neem dit met hom saam na `n nabygeleë parkie met goeie sitplek. Gerieflik in die lekker sonnetjie begin hy die boekie lees. Die hele dag bly hy daar en lees die boekie deur. Hy sê vir die Christenwerker (sy eie woorde): “I heard the Son of God say to the leper, ‘Be thou clean.’ I heard Him say to a paralytic, ‘Thy sins be forgiven thee.’ I heard Him commend the widow for her mite. I saw Him take little children in his arms and bless them. I heard him say, ‘Couldst thou not watch one hour?’ I saw Him die. It broke my heart and changed my life. I am a different man. Now, stranger, I spend much time giving away copies of the Gospel of Mark.’”
“Here, vandag lees ek U woord om U te vind.”

Die Groot Vrug
Lees Kolossense 1 1 – 8
“Die evangelie het julle bereik…soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei (6).”
Op ’n dag staan die ryk, geleerde, jong Duitse edelman, Graaf Nicholaus Ludwig von Zinzendorf, wat in 1700 in ‘n vooraanstaande Europese familie gebore is, in die kunsmuseum van Dusseldorf na die skildery Ecce Homo en kyk. Die woorde onderaan die gehawende figuur van Jesus op die skildery, soos Hy gelyk het nà Pilatus se soldate met Hom klaar was, gryp hom aan: “Dit het Ek vir jou gedoen. Wat doen jy vir my?” Hy was reeds ’n Christen, maar hy was ’n besadigde volgeling van die Here Jesus. Aangegryp deur die woorde sê hy vir homself: “Ek het Jesus al vir ’n lang tyd lief, maar wat het ek al vír Hom gedoen? Van nou af gaan ek alles doen wat Hy van my mag vra.” Daardie dag het hy teruggegaan huis toe en op sy grond, Hernhut, die Morawiese Sending begin.
John Wesley, die trotse jong priester van The Church of England, wat in Amerika sendingwerk gaan doen het, het dáár met Morawiese sendelinge in aanraking gekom. Uit húlle toegewyde geloofslewe het hy agtergekom, hy self is nie regtig ’n bekeerde man nie. Hy het teruggegaan Engeland toe om sy eie lewe eers te gaan regkry. Die groot oes het begin inkom. John Wesley en sy broer, Charles, het die Metodiste Kerk gestig en saam met George Whitefield die leiers geword in die groot herlewing wat van die middel van die 18de tot diep in die 19de eeu geduur het, en selfs na Suid-Afrika toe uitgebrei het, waarvan die jaarlikse pinksterbidure nog ’n navrug is.
’n Geseënde vrug het voortgevloei uit die nederige, ernstige vraag van die arm sigeunermeisie, wie se hart deur die Heilige Gees ontwaak is, toe sy na die Here Jesus se lyding gekyk het. Ek wens ek kon weet wat van Papita geword het, maar ek wil glo sy het die Here Jesus, aan wie sy haar hart eintlik reeds gegee het, beter en beter leer ken.
“Here, vandag bid ek vir die uitbreiding van u koninkryk.”

Die gevaar is weggekeer
SKRIFDEEL: Lukas 23: 33 – 46
“…toe kom daar duisternis…die son het opgehou om te skyn…die voorhangsel in die tempel het middeldeurgeskeur. Jesus het hard uitgeroep: ‘Vader in u hande gee Ek my gees oor ’”(45,46).
`n Predikant was op `n skip wat by The Bay of Biscay verby geseil het. Met angs kyk hy, na wat hy dink, `n naderende orkaan is. Bewende wend hy hom tot een van die matrose. “Dink julle die skip sal deurkom?” vra hy. “Deur wat kom?” vra die matroos. “Daardie vreeslike orkaan wat aankom.” antwoord hy. Die ou matroos glimlag. “Daardie storm sal nooit wéér hierlangs kom nie,””antwoord hy rustig. “Dit wás reeds hier en is verby.”
Die indruk wat dié insident op die dominee gemaak het, weergee Kings Business met hierdie woorde. “So, in regard to the believer, judgment as to the penalty of our sins is past. We were tried, condemned and executed in the person of our Surety, our Lord Jesus Christ, on Calvary.”
Vir die persoon wat in Jesus Christus vertrou vir die vergifnis van sy sonde en die redding van sy siel, het die onbeskryflike orkaan van God se toorn oor sonde, verbygegaan. Dit is Goeie Vrydag se boodskap. So iemand het erfgenaam geword van vrede, vergifnis en die ewige lewe. Vir die beangsde misdadiger aan die kruis, wat hom op die laaste tippie tot Jesus, langs hom, gewend het, het Jesus gesê: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (Luk.23:23). Met die steniging van Stefanus, deur die Joodse Raad, lees ons “Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel… ‘Kyk,’ het hy gesê, ’ek sien die hemel geopen en die Seun van die mens wat aan die regterhand van God staan.’” (Handelinge 7:54). “Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie” (Rom.8:1).
“Here, vandag glo ek U vergifnis en redding.”

Daardie Nagmaal
SKRIFDEEL: Lukas 23: 33 – 43
“Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar…gekruisig” (33)
Aatami Kuortti, `n Luteraanse pastor in Rusland, is tot 10 jaar hardepad in `n konsentrasiekamp gevonnis, omdat hy nie vir die Russe `n spioen wou wees nie. `n Groot aantal van die konsentrasiekamp se gevangenes was Christene. Hulle enigste misdaad was hulle Christenskap. Een van die Finsegevangenes, Kajada, het `n pakkie van sy huis af ontvang; `n stukkie brood en `n paar appels. Die eerste ding waaraan hy dink is, of hulle dít nie kan gebruik om die Here se nagmaal te vier nie. Hy gaan vertel dit vir eerw. Kuortti. Die pastor dink dadelik dit is onmoontlik. “Die wagte sal inmeng,” sê hy. “Dit is alles al gereël,” antwoord Kajada. “Ek het die appels stukkend gedruk en die sap in `n beker gegooi en daar is genoeg broodstukkies om te gebruik. Ons hou dit in die hoek waar ek en my broer slaap. Die wagte sal dink ons drink tee. Later skryf eerw. Kuortti: “I gladly fell in with the proposal of the bretheren. After repetition of Scripture, I blessed the bread and the mug of apple juice, and we ate the Lord’s Holy Communion.” Die nagmaalstafel was `n vuil, growwe plank. “The pastor, as well as his flock, was in rags, yet we realized the presence of Christ.”
Ek wens Sunday School Times het iets meer van hierdie besondere nagmaalviering vertel. Maar ek wil glo die harte van almal wat deelgeneem het, se geloof is versterk. Die omstandighede was so op die peil van Jesus se smartlike dood daardie dag op die heuwel van Golgota: die haat en geskreeu van die omstanders, die ruwe kruis,die vloeiende bloed, die vrees in die dissipels se harte.
Nagmaal is een van die tasbare, herhaalbare tekens van Jesus se groot verlossingsdood. Laat ons daarvan gebruikmaak, so dikwels as wat ons kan. Ons ander tasbare bewys van Jesus se kruisdood, is die Bybel, veral die hoofstukke wat vertel van wat Hy moes deurmaak. Gisteraand het ek die kruisigingsverhaal in die Johannesevangelie gelees en laasnag het ek net na 1vm. wakkergeword, opgestaan en die opstandingsverhaal gelees. En hoe `n seën het dit in my hart gebring! Ek het daaraan behoefte gehad. Om so `n geheelstuk van Jesus se lewe te lees, het `n krag om Hom vir ons, deur die Heilige Gees se werking, `n lewende werklikheid te maak. “…sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde….ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp” (Fil.3:10-12).
“Here, vandag wil ek U in u woord raaksien.”

Die Geringes
Lees Lukas 14:3-9
“’Laat staan haar,’ het Jesus gesê. ‘Waarom maak julle dit vir haar moeilik? Sy het `n goeie daad aan My gedoen? …Wat sy kon het sy gedoen.’” (6-8).
Die beroemde Buchner-Weeshuis is in die staat Texas geleë. Duisende weeskinders het in daardie weeshuis `n heenkome gevind. In die beginjare van die weeshuis se bestaan, was die stigter, dr. Buchner, soms vir weke lank weg van die huis af om fondse vir die weeshuis in te samel. Die kinders was almal baie lief vir hom. Hy was vir hulle `n pa en vriend. As dit aangekondig word, “Vader” Buchner kom op `n bepaalde dag terug, breek groot opwinding tussen die kinders los. Hulle trek dan hulle beste klere aan en maak geskenkies van blomme en mooi klippies op, om vir hom te gee.
Een van die inwonertjies was `n klein, swaksinnige dogtertjie. Sy is gehelp om haar mooiste klere aan te trek, maar sy moes self haar geskenkie opmaak. Sy het nie die verskil tussen `n bossie blomme, `n bossie onkruid of `n bondel takkies geken nie. Wanneer dr. Buchner aankom, het die kinders om hom saamgedrom, elkeen angstig om eerste te wees om hom te groet en te soen, raakgesien te word en die geskenkie te oorhandig. As hierdie groot, goedhartige man dan so tussen die woelende kleingoed staan, het dit gelyk of hy na iemand soek. Dan sien hy haar: die ou dommetjie, op die buiterand van die opgewonde, stoeiende kinders, met haar bondeltjie takkies in haar hand. Hy beur tussen almal deur en gaan na haar toe. Hy neem haar geskenkie en bewonder dit. Dan tel hy haar op in sy arms, druk haar teen hom vas, soen haar. Baie teer vra hy hoe dit met haar gaan en hy praat vertroostend met haar. W. B. Knight, wat hierdie insident beskryf in sy boek, God’s Presence With His People, sê hieroor: “I tell you, my friends, that Dr. Buchner was never more like Christ than when he thus acted!”
Die Here Jesus se hart gaan immer na die swakstes toe uit, die verdruktes, die armes, die siekes, die kindertjies. “Hy sien toe ook `n arm weduwee, twee klein muntstukkies ingooi, en Hy sê: ‘Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander’”(Luk.21;3). Nie die formaat van ons gawes of dade of diens nie, maar die gesindheid van toewyding en liefde, dikwels uit swakheid gedaan, is vir die Here kosbaar.
“Here, vandag dien ek U uit die geringheid van my vermoë.”

Brandende Lampe
SKRIFDEEL: Matteus 5: 13 – 16
“Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is verheerlik” (16).
Tydens `n hewige storm een aand, word die dokter in`n klein plattelandse dorpie, uitgeroep na `n siek kindjie toe, op `n plaas, meer as 15 km. buite die dorp, skryf Christian Age die storie. Die kapok val vinnig en maak die sig so swak, die dokter is in gevaar om met sy kapkar en perde die pad byster te raak. Hy bereik `n plaashuis langs die pad. Per telefoon vra hy die volgende plaashuis se mense om `n brandende lantern uit te hang om hom koers te gee. Húlle vra weer die volgende bure om dieselfde te doen, en so gaan die boodskap van plaas tot plaas, totdat `n ry ligte die dokter in staat stel om, in die donker, die huis te bereik waar die kindjie hom so dringend nodig het. Nie een van die mense van daardie omgewing kon vir kindjie iets doen nie, maar elkeen kon wel `n lamp opsteek, om die man wat die kindjie kón help, in staat te stel om hom te bereik. Elke lampopsteker het deel gehad aan die redding van die kindjie se lewe.
“Is not that a picture of the Christian life?” vra Christian Age. “We can each throw a light upon that part of the road that runs by our own door to make sure that no one shall miss the way because our light is not burning.” Die lig van Christus wat iemand kan red, lê nie in die groot dinge wat ons doen nie, maar in klein, daaglikse insidente, wat met die lig van Christus se lewe gevul is: `n vriendelike woord, `n nodige guns, `n noodsaaklike bystand, `n opwekkende bemoediging. Uit eie krag en eie wysheid het ons nie hierdie ligpunte, hierdie brandende lampe, in ons lewe nie. In ons goeie verhouding met Christus bring die Heilige Gees dit in ons lewe in. “Julle weet trouens hoe ons by julle opgetree het…julle het ons voorbeeld gevolg en volgelinge van die Here geword … met `n blydskap wat van die Heilige Gees kom… het julle `n voorbeeld geword vir al die gelowiges in Masedonië…Van julle af is die woord van die Here in Masedonië verkondig… Die mense vertel self hoe julle … die lewende en ware God dien… en sy Seun uit die hemel verwag, Jesus deur wie ons gered word van die oordeel wat kom” (1 Tes.1:6-10).
“Here, vandag vra ek om my lamp helder te laat brand.”

'n Lied se Krag
Lees Handelinge 16: 22 – 34
“Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot God te sing…(25)
‘n Luidrugtige, besope man, gevolg deur sy vrou en seuntjie, strompel ‘n stasie in Skotland binne en klim steierende op die trein, vertel die American Holiness Journal. In die trein val die dronke op ‘n sitplek neer waar hy met sy luidrugtige pratery en liedjies voortgaan. Sy vrou en seuntjie gaan verleë op ‘n ander plek sit. Oorkant hom sit ‘n werker van ‘n alkoholiese matigheidsvereniging. Hy weet uit ervaring dit sal geen doel dien om nou met die man te praat nie. Hy is self ‘n toegewyde Christen, wat in sy werk baie steun op Christus se verlossingskrag. Op die ingewing van die oomblik, en tot verbasing van sommige ander passasiers, begin hy een van die bekende, ou herlewingsliedere sing. Sy ryk baritonstem dra bo die trein se gerammel uit. Dit word stil in die treinwa. Selfs die ou dronkie raak stiller en nie lank nie of die ou sit luid snorkend en slaap. Na ‘n ruk word hy meer sober wakker. Toe die trein later wil stilhou en die matigheidsman gereedmaak om af te klim, hou die man wat so dronk was sy hand uit, groet hom met die hand en bedank hom vir die lied wat hy gesing het. Vyftien jaar later is hierdie matigheidsman die spreker by ‘n matigheidskongres. ‘n Netjiesgeklede man en sy vrou kom groet hom. Die man vra of die matigheidswerker hom onthou. Hy skud sy kop. Die man sê: “Omtrent vyftien jaar gelede was ek dronk op die trein. Jy het my aan die slaap gesing. Ek kon nie wegkom van daardie liedere nie en na ‘n rukkie het ek die Here Jesus as my Verlosser vertrou. My seuntjie, Joseph, wat by was, is nou in ‘n teologiese skool. Hy gaan predikant word.” In latere jare was hierdie Joseph, dan ook die dr. Joseph Parker, wat ‘n geseënde en invloedryke bediening in een van Londen se grootste kerke uitgeoefen het.
Die beriggie in die Journal sê nie watter lied die man gesing het nie. Dit kon dalk gewees het: “Deur te sien op die kruis is daar lewe en heil, is daar lewe vir jou en vir my.” Dit kon ook gewees het: “Daar’s ‘n dierbare kruis, waar my Heiland bewys, die liefde wat Hy vir my het; Dáár is alles voldaan en die vyand verslaan, dáár word ek van sonde gered.” Of anders was dit: “Net soos ek is, geen hulp naby; alleen u bloed gestort vir my; Getrek tot u deurboorde sy – O Lam van God, ek kom !”
Watter lied dit ookal was; vir die siek, magtelose, vernederde, skuldige man het die lied ‘n reddingsboodskap gebring.
“Here, vandag luister ek na u lied van redding.”

Sing in die reën
SKRIFDEEL: Handelinge 16: 16 – 34
“Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing.. (25)
`n Toegewyde Christenvrou, wat reeds vir weke lank `n afmattende, pynlike kwaal moes verduur, word deur haar dominee besoek. Sy vertel hom van `n voëltjie wat soggens voor haar venster sing. “’In the early morning, as I lie here, he serenades me..’ Then, as a smile brighted her thin features, she added, ‘I love him, because he sings in the rain.’” Hieroor skryf Dr. J. R. Miller: “That is the most beautifull thing about the robin. When the storm has silenced almost every other songbird, the robin sings on – sings in the rain.” So moet die Christen optree, gaan Dr. Miller voort met sy boodskap. Enigeen kan in die sonskyn sing, maar Christus gee aan sy volgelinge krag om ook in die reën te sing. Die Christen se bemoediging in alle omstandighede is: “Christus is by my, met my.” Die Heilige Gees gee die krag
Dit is hoe dit met Paulus en Silas gegaan het. Opgesluit in die binneste sel, hulle bene vasgeklem in die houtblok, soos ons in Handeling 16:25 lees: “Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing…” en die gevolg: “Die bewaarder…het voor Paulus en Silas neergeval… hulle buitentoe gevat en gevra: ‘Menere, wat moet ek doen om gered te word?’ Hulle antwoord hom: ‘Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.’” Die oorwinnende Christen dra vrug.
“Here, vandag wil ek uit U krag in my omstandighede sing.”

Dadelik
SKRIFDEEL: Psalm 22
“My God, ek roep bedags en U antwoord nie…(3)
Die volgende gebeurtenis word vertel deur Dr. H. Clay Trumbull wat vir jare die redakteur van The Sunday School Times was. `n Vriend van hom moes eenkeer vir `n nag van die huis af wees. Hy het sy vrou en kinders en `n invalide vriendin van sy vrou, vir die nag alleen tuis gelaat. In die middel van die nag word sy vrou wakker van `n geluid wat sy herken as die venstergrendel wat beweeg word. Sy besef dit is `n inbreker. Wat moet sy doen? Ek haal Arnold’s Commentary aan: “It was about the time that Professor Huxley had been lecturing and writing on the folly of expecting direct answers to prayer. She thought of this, but it was immediately followed with the thought, ‘God can help me now, and I will pray to Him.’ She fervently prayed: ‘Lord, send me a policeman to our rescue.’” Skielik knal pistoolskote buitekant. Sy hardloop venster toe en sien `n man in die skaduwees verdwyn. Oomblikke later klop `n polisieman aan die deur en vra toegang. Hy vertel haar hy het net kort te vore by die huis verbygestap, maar alles het vir hom pluis gelyk. Maar net toe hy verder om die hoek wil stap, is dit of iemand vir hom sê hy moet teruggaan en weer kyk. En so kom hy af op die misdadiger wat by die venster probeer inkom.
God kan ons dadelik antwoord as ons in `n noodsituasie tot Hom roep. Hy het die krag om te antwoord, en die liefde om te wil antwoord. “Die Here – sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is…” (2 Kron.16:9). Jesus het ons in sy gelykenisse geleer, tyd kan ook omgaan voor God ons verhoor: “En Hy het ook aan hulle `n gelykenis vertel met die oog daarop dat `n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie….” ‘Sal God dan nie regdoen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?’ (Luk.18:1,7 Ou Vert.).”
“Here, vandag wil ek aanhou bid vir my behoefte.”

God sorg vir ons
Lees Psalm 9:1-13
“Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here ’n toevlug, ’n skuilplek in tye van nood. Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie” (10,11).
‘n Sendinggenootskap het jare gelede, vir die eerste keer, vroue as sendelinge begin uitstuur, na plekke toe wat eintlik vir “manswerk” bedoel was. Twee jongmeisies is gekies om onder die Mazateca Indiane te gaan werk. ’n Ervare sendeling het be-swaar gemaak en daarop gewys, niemand het nog ooit daardie gevaarlike gebied betree nie. Hy het hom tot die ywerige twee meisies gewend en gesê: “Moet liewer nie gaan nie. Dit is te gevaarlik.” Hulle het na die voorsitter van die sendingraad, wat verantwoordelik was vir die uitstuur van die sendelinge, gedraai en onrustig gevra: “Sal God dan nie vir ons sorg nie?” Dit was vir hom ’n uitdagende geloofsmoment. Hy besef, gee hy toe aan die vertwyfeling en vrees, wat ook in sy hart opkom, gaan dit die geloofstutte waarop hulle hele sendingbeweging rus, onder hulle uitslaan. Hulle het vir al hulle planne en onderneminge, geen ander waarborge, as net God se getrouheid en almag nie. Hy het na die bekommerde gesigte van die ander raadslede gekyk. Hy het die twee gretige jongmense in die gesig gekyk. Toe antwoord hy met ’n toenemende vertroue in sy eie hart: “Ja, God sal vir julle sorg, want Hy kan vir julle sorg as julle sy werk gaan doen.” Hulle het gegaan en die Here het hulle enduit bewaar. Die tydskrif Sunday School Times maak hieroor die opmerking: “Vandag het die Mazateca Indiane die woord van God, omdat Eunice Pike en Florence Hansen gewaag het om God te vertrou.”
Ons kan waag om op God te vertrou: Hy is almagtig: “Niks is vir God onmoontlik nie” (Luk 1:37). Hy kan ons help en vir ons sorg. Toe die dissipels in die storm in hulle boot in die nood was, het Jesus hulle te hulp gekom, al moes Hy alle natuurwette oorbrug, om op die water na hulle toe te loop. Hy is getrou: “Weet dan nou: die Here jou God …is die betroubare God…” .“God is getrou …”(1 Kor.1:9). ’n Mens kan dit waag om op Hom te vertrou. Hy is liefde: “Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief” (Ef:2:4). Hy wil ons help en vir ons sorg. Die grootste bewys van God se liefde is die redding wat Hy vir ons in Christus gegee het: “Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredinge, saam met Christus lewend gemaak.” Deur ons verhouding met Christus is ons God se kinders. Hy sorg vir ons, soos ’n vader vir sy kinders sorg. “Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. Hy weet waarvan ons gemaak is…dat ons stof is” (Ps.103:13,14).
“Here, vandag vertrou ek in U om vir my te sorg.”

Wat kos 'n Bybel?
Lees Romeine 10: 1 – 21 (Ou Vertaling).
“En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie?…Die geloof is dus uit die gehoor en die gehoor is deur die woord van God” (13,14,17).
Bybels is volop en betreklik goedkoop. Maar eintlik is die Bybel onbetaalbaar duur. Dit is God se Woord, dit het langs ’n pad wat milleniums lank is, gekom, en om vir ons ’n eie Bybel in óns taal te kon gee, het bloed gekos.
Vyf honderd jaar gelede was dit in Engeland ’n misdaad om ’n Bybel te besit. Tog het ’n paar manne in Engeland gewaag, om ten spyte van die verbanning van die Bybel, die Bybel in gewone mense se hande te probeer plaas. Een van hulle was William Tyndale. Hy het homself aan God met ‘n eed verbind, om in elke gewone mens se hande, ’n Bybel te plaas. Sy bekende woorde was: “Every ploughboy should know the Scriptures.” Hy is uit Engeland verban om nooit weer terug te keer nie. Op die Europese vasteland het hy jare gewerk om die Bybel in Engels te vertaal. Sy eerste Engelse Nuwe Testament is in 1525 gedruk. Met die hulp van vriende het hy duisende Bybels in Engeland ingesmokkel. Hy is in hegtenis geneem en in ’n koue sel in Vilvorde, België opgesluit. Daarna is hy op ’n brandstapel verbrand. William Tyndale het, in navolging van sy Meester, sy lewe gegee om te help om vir ons ‘n leesbare Bybel te gee. Sy laaste woorde was: “O Lord, open Thou the King of Engeland’s eyes.” Sy gebed is beantwoord. Die tradisionele Engelse Bybel word die “King James Version” genoem.
Satan het alles in sy vermoë gedoen om die Bybel te vernietig. Die Heilige Gees het God se Woord in manne en vroue se harte lewend gehou en hulle het, soos Tyndale, ’n hoë prys betaal, om die Bybel vir God se kinders in vrye omloop te hou. Die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap het in 1953 reeds meer as 800 Bybelvertalings uitgegee. Die Afrikaanse Bybel het in 1933 verskyn. Die duiwel se planne word egter nie maklik gefnuik nie. Sy geslaagde streek is nou, om te sorg dat mense te besig is, om hulle Bybel nadenkend te lees. “As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met ’n sluier bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie” (2 Kor.4:3,4).
“Here, vandag dank ek U vir u Woord en ek wil dit lees”

Ware Berou
Lees Lukas 19:1-10
”…waar ek iets van iemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug”(8).
Lars Olson Smith van Swede, was in die middel van die jare 1800 bekend as die brandewynkoning van daardie land. Vir baie jare het hy sowat driekwart van die totale hoeveelheid brandewyn in Swede geproduseer en verkoop en miljoene ingesamel. Toe kom hy tot bekering. Sy lewe het geheel en al omgekeer. Hy het ’n afskaffer en ’n geesdriftige maatskaplike hervormer geword. Hy het die skuld van driekwart van sy landgenote se ellende, armoede en sonde, op hom en sy vorige bedryf geneem. Van die oomblik van sy bekering af het hy alles in sy vermoë gedoen, om te probeer vergoed vir wat hy as die vrug van sy verkeerde bedryf beskou het. Sy groot fortuin het hy aangewend om spaarbanke te open, bougenootskappe te stig, koöperatiewe besighede te organiseer wat vir hoeftige mense maklik toeganklik was. Hy het openbare kombuise geopen waar behoeftiges, teen lae koste, voedsame kos kon koop. Hy het verklaar: “Ek reken dis reg, om die geld wat ek bymekaar gemaak het op ’n manier, waardeur ek duisende van my medemense te gronde laat gaan het, te gebruik, om so ver moontlik, die kwaad wat ek gedoen het ongedaan te maak.”
Ware berou word geken uit die verlange, om wat verkeerd gedoen is, ongedaan te maak. ’n Mens maak reg, met woorde of met geld, wat mens in ’n sondige gesindheid, aan ’n ander verkeerd gedoen het. Dit was die grondtoon van Saggeus se voorneme om mense wat hy bedrieg het te vergoed. Nadat Jesus saam met Saggeus aan tafel was, het Saggeus begeer om wat in sy lewe verkeerd was reg te maak. Dit is ook soos die Bybel dit vir ons leer. “…hy (moet) teruggee wat hy geroof het of waarmee hy iemand te kort gedoen het…”(Lev.6:4). As ek regmaak met ’n medemens wat ek aan hom verkeerd gedoen het, bring dit vrede in my art. In die poging om sake so reg te maak, kry ons die ondersteuning en genade van die Here in ons hart. Die finale troos in die sondebewuste hart, is dat Jesus die sonde aan die kruis tenvolle betaal het en Hy ons volle vergifnis gee. Ons ken sy belofte in 1 Johannes 1:9: “As ons ons sonde bely, Hy is getrou en regverdig om ons sondes te vergewe, en ons van alle ongeregtigheid te reinig.”
“Here, vandag bring ek die kwaad wat ek aan ’n ander gedoen het in herinnering.”

Subscribe to:
Comments (Atom)