Lees 1 Petrus 5: 1 – 7
“Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help … aan die nederiges gee Hy genade” (5)
Venerable Bede word die vader van Kerkgeskiedenis genoem. Hy vertel ’n storie oor Augustinus, die gevierde kerkvader en –leier in die derde, vierde eeu na Christus. Hy het in Engeland sendingwerk gedoen onder Pous Gregorius I. Hy het groot welslae gehad om die Engelse tot Christenskap te bekeer. Met die Kelte, ’n Indo-Europese volksgroep wat vroeër in Wes-Europa gewoon het en tot wie ook die Wallissers en Iere gereken word, het hy egter probleme gehad. Die Keltiese leiers het vir een van hulle wyse raadsmanne gevra wat hulle moet doen. Moet hulle hulle aan Augustinus se lering en leiding onderwerp of nie. Die ou wysgeer het gesê: “As hy ’n man van God is, doen dit.” “Hoe sal ons dit weet?” “As hy vriendelik en nederig van hart is.” “Hoe kan ons dit vasstel?” bly hulle vra. “Reël dit so,” sê die wyse man, “ dat Augustinus en sy mense eerste aankom by julle vergaderplek. As julle dan inkom en hy staan op vir julle, kan julle weet hy is ’n dienskneg van Christus. In daardie geval kan julle doen soos hy sê.” Venerable Bede skryf: “Unfotunately, Augustine failed to rise as he greeted the Celts, and they refused to accept his leadership.”
Baie maklik kan ’n donkerkol ons lig verdof.
“Here, vandag wil ek oral waar ek beweeg vir U ’n skynende lig wees”
Oral Bruikbaar
Lees 2 Timoteus 4:1-5
“…verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig…”(2)
In die laat tagtiger jare het ’n kreupel vrou, Irma Jansen, in ’n hospitaalsaal in Kaapstad gelê. Vir die soveelste keer was sy in die hospitaal. Sy dink nie oor haar eie probleme nie. ’n Belangriker saak verg haar aandag. ’n Siek vrou is so pas ingebring en aan die anderkant van die saal op ’n bed neergelê. Sy is duidelik baie siek. Irma is dadelik oor haar besorg. Is sy gereed om te sterf? Self is sy te siek om na die vrou toe te gaan. Sy lê nog en prakseer hoe sy die vrou kan bereik, toe die vrou se toestand versleg en sy word haastig na ’n privaatkamer gestoot, waar net die familie by haar toegelaat word. Sy is besig om te sterf. Opnuut aangedaan deur die onverbiddelikheid van die dood wat nie van uitstel weet nie, bid Irma in haar bed vir die vrou wat nou buite haar fisiese bereik lê. ’n Verpleegster kom haastig na Irma se bed toe. Omdat sy so dikwels in die hospitaal beland, ken die verpleegpersoneel haar al goed. Hulle weet sy is ’n Christin. “Kan ons tog jou Bybel leen,” vra die verpleegster. “Die familie wil graag aan hulle sterwende moeder uit die Bybel voorlees.” Die verpleegster gee ’n skewe glimlaggie. “Ek weet jy het al die belangrike verse onderstreep.” Ure later bring die verpleegster die Bybel terug. Die vrou het heengegaan.
’n Paar dae later bring die vrou se seun vir Irma ’n ruiker. Hy kom dankie sê vir die gebruik van haar Bybel. Hy weet dit het sy ma getroos om na die Here se Woord te kon luister. Maar eintlik wil hy oor iets anders praat. Met hóm het iets gebeur. Hy het nooit veel vir godsdiens omgegee nie, maar toe hy daar voor die werklikheid en finaliteit van die dood vir sy ma die onderstreepte tekse voorlees, het hy die verlossing van Christus begryp. Geloof het in sy hart wakker geword en hy kom net vir haar vertel hy het ook tot bekering gekom.
“Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal ’n oes lewer nie”, (Pred.11:6) “’n Saaier het uitgegaan om saad te saai..die saad is die woord van God (Mat.8:5,11, 15).
“Here, vandag wil ek u woord aan iemand oordra.”

Een Letter maak die Verskil
Lees Matteus 11: 25 – 30
“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee” (28)
Lady Huttington was ’n Christenvrou. Gedurende die herlewing wat in die 19de-eeu in Engeland geheers het, was sy ’n beroemde vrou. Een dag vra iemand haar, hoe het dit gekom, dat sy wat so ’n hooggeplaaste en bekende vrou is, tot bekering gekom het. Haar antwoord: “Deur een letter.” “Deur één letter! Hoe was dit?” Sy glimlag. “Ja. In die Here se Woord, by 1 Korintiërs 1:26, het ek gelees: ‘Dink maar net, broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie…’” Die Engelse vertaling: “For see your calling, brethern, how that not many wise men after the flesh, not many mighty, not many noble, are called…” Sy het verduidelik: “It says: ‘Not many noble are called. That ‘m’ saved my soul; for if He had said: ‘Not any noble,’ I must have been damned. So God blessed the little letter ‘m’ before any to the salvation of my soul.’”
Ja, dit sou ’n verdoemende woord gewees het as daar gestaan het, “not any”, d.w.s. “geen” invloedrykes, is geroep nie. In geen posisie of toestand, of dit hoog of laag is, niemand word uitgesluit van die verlossingsboodskap van Christus nie.
Richard Baxter het geskryf: “I thank God for that word ‘whosoever’. If God had said there was mercy for Richard Baxter, I am so vile a sinner, that I would have thought he ment some other Richard Baxter; but, when he says whosoever, I know, that includes me - the worst of all Richard Baxters.”
Niemand is te gering om by Jesus welkom te wees nie. Hy het almal ontvang. Hyself is laer as enige ander mens gebore. Gebore in ’n stal en sy wiegie ’n krip. Hy het laer as enige ander mens gesterf. As misdadiger sterf Hy tussen twee rowers aan ’n kruis. Oor Homself het Hy gesê: “Ek is sagmoedig en nederig van hart” (Mat.11:29). En tog is Hy ook Koning op sy hemelse troon.
Here, vandag weet ek ék is ingesluit by die mense wat deur U gered kan word.”

Die Waarde van Duisternis
Lees Psalm 119:65-72
“Voordat ek swaargekry het, het ek gedwaal, maar nou hou ek my aan u woord” (67).
‘n Man is genooi om na ‘n skildery te gaan kyk, wat ‘n kunstenaar pas voltooi het. By sy aankoms is hy na ‘n donker kamer geneem. Vir meer as ‘n kwartier, wat vir hom na ‘n uur gevoel het, is hy in die donker kamer alleen gelaat. “Ek is verbaas oor die manier waarop u my ontvang het,” sê hy ergerlik vir die kunstenaar, toe hy na die ateljee geneem word. Die kunstenaar antwoord: “Dit was nie sonder rede nie. Ek weet dat u met die gloed van die strate in u oë by my aangekom het. U oë was nie gereed om na my werk te kyk nie. U sou die fyn spel van kleure nie kon raaksien en waardeer nie. Ek het u in die donker laat wag, sodat die felheid van die lig buitekant, eers deur die rus wat die donker vir u oë sou bring, weggeneem kon word. Nou sal u die kleure in my werk, en ek hoop ook die diepte, beter kan sien en beter waardeer.”
Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly” (2 Kor.4:17). Ons verduur ook soms donker tye. Dit verdiep ons insig in God se weë met ons. Job het ‘n baie donker tyd moes deurmaak, maar hy getuig dat dit hom beter laat sien het: “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien …” (Job 42:5).
“Here, vandag dank ek U vir donker ure wat my geloofsinsig verdiep het.

Die Ongewone Vuurtoring
Skrifdeel: Johannes 4: 1 – 26
As jy geweet het…sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het” (10).
Vuurtorings word gewoonlik op gevaarlike plekke en by onverwagte rotsformasies in die see gekry. Die eintlike booskap van `n vuurtoring is: “Bly hier weg!” Iemand skryf egter in “Good News”: ”I know of a lighthouse that says just the opposite, for it says, ‘come’. This lighthouse is in the middle of the Arizona Desert. There is no water to be had for over thirty miles in every direction, but just where that lighthouse stands there is a well.” Daardie toring, bedags en die lig, snags sê: “Hier is water.” Dit is `n beeld van die Here Jesus. In ons wêreld, met sy dors en behoefte, staan Jesus en sê: “As iemand dors is, laat hom na My toe kom en drink.”
Dit is die tipiese verhaal wat in Johannes 4 afspeel, toe die Samaritaanse vrou uit gewoonte die dag by haar bekende put gaan water skep het. By die put vind sy Jesus, wat vir haar sê: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat nou met jou praat, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” Sy hoor hoe goed Jesus haar ken. Dit is `n aanmoedigende wete: ‘Jesus ken my lewe’: “Jy het reeds vyf mans gehad en die een wat jy nou het is nie jou man nie.” Sy hoor wat Hy vir haar wil doen: “Elkeen…wie drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie..en Ek sal hom die ewige lewe gee.” En sy ervaar hoe Jesus Homself aan haar bekend maak: “Dit is Ek, Ek wat met jou praat.” Sy het nuwe lewe en redding gevind.
Op `n dag, in ons gewone lewensloop, vind ons die uitnodigende vuurtoring; die Heilige Gees bring die bekende evangelieboodskap na ons hart toe. Ons begryp: “Ek het sondeskuld. Ek is nie seker van die ewige lewe nie. Ek het vrymoedigheid om Jesus daarvoor te vra en Hom te vertrou.” Neem dan die stap en sê vir Hom: “Red my, Here Jesus.” “Wie bely dat Jesus die Seun van God is – God bly in hom en hy in God.
“Here, vandag neem ek U aan.”

Die Krag van 'n Ligstraal
Lees Matteus 5: 13-16
“Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik” (16)
Spencer Compton vertel hoe hy een aand in ’n skip, onderweg na Indië, in sy kajuit gesit het. Hy was erg seesiek. Skielik galm die geroep van die dek af: “Man oorboord!” Hy het opgespring. Wat kan hy doen? Hy is nie bevoeg om in die donker water na die man te gaan soek nie. Op die ingewing van die oomblik haak hy sy lig van die dakhaak af en hou dit voor die luik van sy kajuit, sodat die lig buite toe kan skyn. Skaars ’n halfminuut later kom die blye krete: “Alles reg! Hy is gered!” Hy haak die lig terug op sy plek en gaan voort met die boek wat hy so naar-naar sit en lees. Die volgende oggend word hy vertel dat dit sy lig is wat die man se redding moontlik gemaak het. Net toe hy sy lamp voor die luik hou, skyn die lig reg op die man af en die matrose kon hom raaksien en uit die water haal.
Ons is nie almal in staat om groot dade te verrig om vir die Here nuttig te wees nie. Dit is die geringe daad, die geringe getuienis, op die regte oomblik, wat so baie kan regkry. Dit is nie ons krag wat ander red nie. Dit is God se krag wat ons klein bydrae gebruik om sy groot dinge mee uit te voer.
Here, ek wil vandag beskikbaar wees vir U om my te gebruik.”

Di 24 Mei: Die Krag van Invloed
Lees Handelinge 16: 23 – 34
”En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing en die gevangenes het na hulle geluister (25)
In die Suide van Spanje is `n evangelis in die tronk gegooi. In die tronk was ook Anargiste en Kommuniste. Hulle was wanhopig en woedend. Hulle het geskreeu en vreeslike vervloekinge teen hul gevangenemers op die tronkmuur geskryf. Almal het verwag om tereggestel te word. Die evangelis het ook op die tronkmuur geskryf. Sy woorde was: “Moenie vrees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie, maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel” (Mat.10:28). Net onderkant het hy Johannes 3:16 geskryf: “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enigegebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Dit het aandag getrek. Een van die gevangenes was ’n jong onderwyser. Die evangelis het die vreugde gesmaak om die jongman na die Here te lei. Op ’n dag het die jong onderwyser vir die evangelis kom sê: “My naam is op die lys om vandag geskiet te word. Ek is so bly jy het daardie teks op die muur geskryf. Vroeër sou ek wanhopig gewees het, maar nou, hoewel ek nie graag wil sterf nie, is ek nie wanhopig nie, want ek weet ek het die ewige lewe van Jesus ontvang en ek gaan na Hom toe. Ek sal jou weer eendag sien.” In die omgewing waar iemand die evangelie van die Here Jesus bekendmaak, deur woord of skrif, is daar reddende krag.
’n Predikant in Nottingham, Engeland, is gevra om `n kroegman se sterwende vrou te besoek. Tot sy blye verrassing vind hy ’n gelowige vrou, vol vreugde in haar Verlosser, Jesus Christus. “Hoe het u die Here gevind?” wil hy nuuskierig weet. “Deur dít te lees,” antwoord sy en gee hom ’n verkreukelde stuk koerant. Dit was ’n Amerikaanse koerant wat ’n gedeelte van een van Spurgeon se preke bevat het. Die hoofinhoud van die preek was: “In Christus se offerdood neem God die skuldige sondaar aan as sy kind, met volle vergifnis van al sy sonde.” “Waar kry jy dit?” wil hy voorts weet. “Dit was om ’n pakkie wat van Australië af aan my gestuur is,” antwoord sy. Langs ’n lang omweg, op nederige manier, het die Here sy reddingsgenade by hierdie vrou laat uitkom. Hy spoor die ongeredde mens op en red hom. ”Die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore is” (Luk.19:10).
“Here, vandag wil ek ook ’n kanaal vir U genade wees.”

Ma 23 Mei: Die Hoogste Noot
Lees 2 Korintiërs 12:1-10
“…ek (is) bly oor swakhede, ontberings, beledigings… want as ek swak is dan is ek sterk” (10)
Omstreeks 1710 kom George Frederick Händel in Londen aan. Vir die volgende dertig jaar lewer hy sy grootse musiek en oorheers hy die musiekwêreld. Hy word beroemd, maar dit gaan nie met hom goed nie. Hy is arrogant, geweldig energiek, dominerend, humeurig, goedhartig, maar opvliënd. Hy het baie vyande en hulle werk saam om hom te vernietig. In 1737 kom die ineenstorting. Hy word bankrot verklaar. Op 13 April kry hy ’n beroerteaanval wat sy regterkant en regterarm verlam. Daar is min hoop vir sy herstel, maar hy kom tog weer op die been. Met oorgawe begin hy weer operas komponeer en dit gaan weer met hom goed. Toe sterf sy getroue beskermingsvorstin, Koningin Caroline van Hanover, Duitsland. Händel was nou amper sestig jaar oud. Hy was sieklik, afgemat, vol skuld, en teleurgesteld. Hy het van God en mens verlate gevoel. “Hoekom het God my laat leef?” het hy uitgeroep, “net om my weer deur my naaste te laat begrawe!”
Een aand keer hy na sy powere woonplek in Brookstraat terug. Op sy tafel lê ’n groot pakket. Haastig skeur hy dit oop. Binne-in die pakket is ’n libretto (teks van ’n operastuk). Dit is Charles Jennens se “Gewyde Oratorium” (Bybelse dramateks). Händel steun. Hy wil nie graag ’n godsdienstige werk hê nie. Hy blaas sy kers dood en gaan lê om te slaap – maar hy bly wakker lê. Hy staan weer op, steek sy kers op en neem die manuskrip op. Woorde op woorde – dit raak sy hart aan. “He was dispised and rejected of men…I know that My Redeemer liveth…Rejoice…” Met bewende hande gaan hy by sy lessenaar sit. Hy wil oopbars van die musiek wat in sy gemoed opwel. Hy neem sy pen en begin skryf. Bladsy op bladsy musieknote vloei uit sy skrywende hand. Met bomenslike krag skryf die komponis dae lank, feitlik sonder kos en slaap. Op die 24ste dag gooi hy sy pen neer, val neer op sy bed en slaap vir elf ure lank. Op sy tafel lê die voltooide komposisie van Die Messias. Op 13 April 1742, die vyfde jaar na sy beroerteaanval, speel hy dit in Dublin. Daarna bied hy die uitvoering jaarliks aan. Op 13 April 1759, 22 jaar na sy beroerteaanval, 75 jaar oud en blind, derigeer hy met moeite Die Messias die laaste keer. By die woorde “the trumpet shall sound” steier hy vooroor en val dood neer op die grond.
Die “Gospel Witness” skryf só oor hierdie werk van Händel: “The Messiah in all its glory, eloquent in faith and glorious hope, lives and will live.” Na meer as twee en ’n half eeue is hierdie woorde steeds waar. Die Here het Händel gebruik om op ’n besondere manier ’n getuienis oor Christus en sy dood en opstanding voort te bring. In sy boek Treasury of Notes, Quotes and Anecdotes vestig A. Naismith ons aandag op ’n merkwaardige feit: “The highest note is in the lovely and lofty air, ‘I know that my Redeemer liveth’, and is reached on the word ‘risen’. The composer realised that this one word is the key to the Gospel and to God’s kingdom, and is proclaimed to all the world in the Gospel…” Die sterk, briljante en gesonde Händel sou nie so ’n geïnspireerde werk tot eer van die Here kon lewer nie. In sy lewe was nie plek vir die gekruisigde Jesus nie. Die Here moes hom eers afbreek en in homself swak maak en hom met die vernederde, en daarna met die lewende en verheerlikte Christus in aanraking bring om hom te kon gebruik. Omdat Christus vir ons gebreek en verbrysel is, is daar vir ons ook nuwe krag en bruikbaarheid in sy opstandingslewe.
“Here, ek wil vandag in swakheid en gebrokenheid na u voete toe kom en uit u opstandingslewe krag kry om vir U bruikbaar te wees”

Vry 20 Mei: Die Beskuldiging
Lees Openbaring 12: 10 – 12
“Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uitgegooi…hulle het self die oorwinning oor hom behaal, danksy die bloed van die Lam…” (10, 11).
Terwyl Martin Luther ernstig siek was, vertel Walter Baxendale in Dictionary of Illustrations, het Satan in sy kamer gekom. Dit kon ’n visioenervaring van Luther gewees het, want die duiwel was vir hom ’n groot werklikheid, of dit is ’n legende met `n goeie boodskap. Die verhaal illustreer ’n belangrike geestelike waarheid wat elkeen van ons geld. Met ’n triomfantlike glimlag kyk Satan na hom en rol ’n boekrol, wat hy in sy hande hou, oop. ’n Lang geskrewe lys word tentoongestel. Met skok lees Luther sy eie lang lys persoonlike sondes. Hardop sê hy. “Dis alles waar, maar een ding ontbreek! Die bloed van Jesus Christus, die Seun van God, reinig van alle sonde.” Net toe hy dit sê, skraap Satan sy beskuldigende lys sondes bymekaar en verdwyn uit die kamer.
Ons sielevyand kla ons ook gedurig aan oor sondes wat ons al aan die Here bely het en wat die Here reeds vergewe het. Voor sy beskuldigings moet ons gedurig gelowig terugval, op die vergifnis wat ons deur die bloed van Christus ontvang het. In Sagaria 3 word ’n toneel van hierdie beskuldigende manier van die duiwel beskryf en hoe die Here ons kant kies: “Ek het die hoëpriester Jesua voor die engel van die Here sien staan, en regs van hom het die Satan gestaan, besig om Jesua aan te kla. Die Here het vir die Satan gesê: ‘Ek sal jou straf, Satan…hierdie man is soos ’n stuk brandhout wat uit die vuur gered is…’ Vir Jesua het die Here gesê: ‘Ek het jou jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek…’” (vv.1-5).
“Here, vandag vertrou ek dat U my alles vergewe het.”

Do 19 Mei: Die Betroubare Kompas
Lees Jesaja 58: 8 – 12
“En die Here sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke” (11).
Jare gelede, voor ons era van sensitiewe, elektroniese toerusting op skepe, was die kompas vir die skip ’n belangrike instrument om die skip, net met water omring en geen land in sig nie, op koers te hou. ’n Predikant het so ’n seereis onderneem en ’n groot geloofsles geleer. Die kaptein het hom op die skip rondgewys. “Die skip het twee kompasse,” het die kaptein hom ingelig. “Die een is op die laer dek. Maar daardie kompas word beïnvloed deur die skip se staalkonstruksie rondom en kan nie vertrou word nie. Die ander kompas is in die stuurkajuit. Dit is ’n hoër kompas. Vry van omgewingsfaktore is dit die kompas waarop die stuurman vertrou.”
Na die besigtigingstoertjie het die dominee se gedagtes die volgende loop geneem: “Ons is in die lewe ook soos ’n skip wat in ’n wye oseaan, met stormagtige waters omring en geen sigbare, hemelse elemente nie, moet koershou hemel toe. Hiervoor het ons ook ’n laer en ’n hoër kompas. Die laer kompas is ons gevoelslewe en ons waarneming van onmiddellike omstandighede. Weens die inwerking van baie omgewingsfaktore is ons gevoelens, ons emosies, nie betroubaar nie. Ons het ook ’n hoër kompas nodig. Geloof in die hart wat net op God se Woord rus.”
Die beroemde prediker, C.H.Spurgeon, was een aand ongesteld toe hy moes preek. By die aanvang van sy preek het hy vir sy gemeente gesê: “Ek voél vanaand onbekeerd, maar gelukkig is die evangelie van die Here Jesus nie gegrond op my gevoelens nie, maar op die Woord van God.” Dit is ons tweede kompas: geloof soos die Heilige Gees dit uit die Woord in ons harte werk. Gevestig op die onveranderlike God en beheer deur sy onfeilbare Woord, is geloof ons betroubare kompas ewigheid toe. Deur kennis van die Woord en gehoorsaamheid aan God, stel ons ons kompas in vir ons reis ewige hemel toe.
Voor die slag van Edge Hill het Lord Ashley gebid: “O Here, U weet hoe besig ek vandag sal wees. As ek U vergeet, vergeet U my tog nie.” In tye van menslike swakheid, wanneer omstandighede ons oorweldig en ons gevoelens ons in die steek laat, kan ons steeds op God vertrou. “…as ons ontrou is – Hy bly getrou …” (2 Tim.2:13).
“Here, vandag vertrou ek meer op wat U vir my in u Woord sê, as wat ek in my hart voel.”

Wo 18 Mei: Ons Gedagtes
Lees Filipense 2: 5 – 11
“Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word” (7).
In David McCullough se boek Truman, oor die lewe van die VSA-president Harry Truman, wat net na die Tweede Wêreldoorlog in 1945 president van die VSA geword het, vertel hy dat Truman se groot strewe was om in aanraking met die gewone burgers van die land te bly. So dikwels as wat hy kon het hy tussen die mense beweeg. Hy was lief om alleen te gaan stap en dan met mense te praat. McCullough skryf: “Those were in simpler days when the President could take a walk like everyone else.” So gebeur dit dat Truman een aand besluit om na die Memorial Bridge oor die Potomacrivier te stap. Toe hy by die brug kom, raak hy nuuskierig oor die meganisme wat die middelgedeelte van die brug oplig en weer laat sak. Hy stap oor die brug en met trappies af na die meganiese deel toe. Daar kom hy onverwags af op die brugoppasser wat uit sy bliktrommeltjie met sy aandete besig is. Die man lyk glad nie verras om die wêreld se bekendste en magtigste man by hom te sien nie. Hy sluk die mondvol kos af, vee sy mond af, glimlag en merk op: “U weet, Meneer President, ek het juis nou net aan u gesit en dink.” Hieroor skryf McCullough: “It was a greeting Truman adored and never forgot.”
Ons Koning, Jesus Christus, het sy troon verlaat en as mens, tussen gewone mense beweeg. In die vier evangelies verskyn die naam, Seun van die mens, uit Jesus se mond, 57 keer. Uit die Bybel, uit boeke, deur prediking, het ons die Persoon van Jesus leer ken. Watter plek het Hy in óns gedagtewêreld? Af en toe? Kort-kort? Hoe moet dit ons Here nie behaag as ons dikwels aan Hom dink nie! Wie Hy is; hoe Hy op aarde geleef het, hoe Hy vir ons gesterf het; sy Koningskap waar Hy nou op sy troon in die hemel sit, en tog, hoe Hy deur sy Heilige Gees durig by ons is; sy liefde vir ons en die plek wat Hy in die Vader se huis vir ons gaan regmaak het, sodat ons eendag vir ewig by Hom kan bly;. Laat Jesus u gedagte vol maak. Ralph Waldo Emerson het eens gesê: A man is what he thinks about all day long. En Marcus Aurelius het gesê: Our life is what our thoughts make it.
“Here, vandag wil ek U in my gedagtewêreld vereer.”

Di 17 Mei: Bemoedig Mekaar
Skrifdeel: Jesaja 43: 1 – 5
“Moenie bang wees nie….As jy deur water moet gaan, is ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie…vuur…sal jou nie skroei nie” (1,2)
In Mei 1969 het Lord Caradon, die Britse gesant by die Verenigde Nasies, tydens `n samekoms van die American Bible Society, vertel van die tyd toe hy goewerneur van Ciprus was tydens `n stormagtige politieke situasie. Sy pa het hom ondersteun en vir hom uit Engeland `n kabel gestuur: “In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie” (2 Kor.4:8). Hy het sy pa geantwoord met `n ander kabel. “Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het” (Rom.5:3-5).
In die Christen se lewe kom daar teëspoed en teleurstelling. Soos `n vaardige tuinier weet hoe om sy rose te snoei, sonder om dit te beskadig, weet God ook hoe Hy vir ons toetse moet stuur, om ons op te bou, vrugbaarder te maak, maar ons nie te beskadig nie. Sunday School Times haal aan van die chirurg wat `n delikate operasie aan iemand se oor moet doen. Hy sê vir sy pasiënt: “’I may hurt you, but I will not injure you.’ How often the great Physician speaks to us the same message, if we would only listen.”
Dikwels kry ons Dawid in `n toestand van nood en beproewing. Altyd is sy toevlug na God toe, vertrouende in sy goedheid. “Uit die benoudheid het ek die Here aangeroep; die Here het my verhoor in die ruimte” (Ps.118:5).
“Here, vandag kry ek swaar, maar ek vertrou in U.”

Ma 16 Mei: Hantering van Irritasies
SKRIF: Markus 8: 34 – 38
“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën…en My volg” (34)
Onder die opskrif, The Blessing of Irritations, maak Sunday School Times die opmerking: “Most of us rebel against the things that irritate us…the oyster is wiser. “ As `n irriterende dingetjie, soos `n sandkorrel, onder die mantel van die oester indring, bedek hy dit met kosbare weefsel. `n Pêrel is sy oorwinning oor `n irritasie.
Ek het dit in ons ou Kinderensiklopedie nageslaan. Dit sê, pêrels word langs `n moeilike weg gekweek, soos die Sunday School Times dit vertel. `n Irritasie, bv. `n sandkorrel, beland in die oester se binneweefsels, en word dan lagie op lagie met `n innerlike en kosbare stof van die oester, perlemoenuitwas, bedek om die irritasie teë te werk, en so vorm die kosbare pêrel. Sunday School Times maak hierdie toepassing: “Elke irritasie wat vandag in ons lewe indring, is `n geleentheid vir pêrelkultuur. Ons moet dit verwelkom en met liefde bedek, dan word die irritasie verdring en `n pêrel word gevorm.”
Prof. Stander se vertaling van 1 Korintiërs 13: 4, 5, vir kinders bedoel, en daarom vir ons verstaanbaar, klink so: “As ’n mens regtig lief is vir Jesus en vir mense dan: sal jy nie lelik wees met iemand wat vir almal ’n pyn gee nie… altyd gaaf wees met mense…nie oor jouself loop en praat nie… nie dink jy is darem baie belangrik nie… nie met ander mense lelik maak nie… nie altyd net aan jouself dink nie…nie oor elke ding kwaad raak en dan net wil stry of baklei nie…nie altyd terugdink aan dit wat ander verkeerd teen jou gedoen het nie…” So word die geestelike pêrels in ons lewe gevorm. So `n lewenshouding is nie uit ons eie krag moontlik nie. Ons is van die Heilige Gees se werking in ons hart afhanklik. Die Heilige Gees gebruik God se Woord en vestig ons aandag op Jesus, en só kom die geestelike pêrelproses in ons lewe in.
“Here, vandag wil ek deur u krag, uit my irritasies, pêrels vorm.”

Vry 13 Mei: Dis vir Vra
SKRIF: Johannes 1: 1 – 16
“.. aan almal wat Hom aangeneem…het Hy die reg gegee, om kinders van God genoem te word” (12)
Tydens die Spaans-Amerikaanse oorlog, het Clara Barton Rooikruiswerk in Kuba gedoen, vertel Onward die storie. Col. Theodore Rooseveldt, die latere president, wou by haar lekkernye vir sy gewonde en siek manne koop. Sy het geweier. Roosevelt was ongelukkig oor haar houding. Hy was bereid om uit eie sak te betaal… “Hoe kan ek sulke eetgoed in die hande kry?” vra hy. “Vra net daarvoor, Kolonel,” kry hy die antwoord. “O,” sê hy verras, “maar dan vra ek dit vir my manne.” Alles wat hy wou hê is dadelik aan hom voorsien. Onward sluit af met die opmerking: “You notice that he got them through grace, and not through purchase.”
Hiermee beklemtoon Onward die taal van Christus se evangelie. Wat ons nodig het vir ons geestelike lewe, gee God deur die Heilige Gees in ons. Jesus het aan die kruis ten volle betaal vir ons sielsbehoeftes en ons hoef nie nou te betaal of dit te probeer verdien nie. Uit die Ou Testament klink die boodskap reeds: “Kom, almal wat dors is, (Jes.55:1) kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk.” In die Nuwe Testament klink Jesus se stem: “’As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!. Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.’ Hiermee het Hy na die Gees verwys…,wat die mense wat tot geloof in Hom kom sou ontvang (Joh.7:37,38).” Die wydheid van God se liefde en rykdom sluit ook ons daaglikse fisiese, finansiële en ander behoeftes in. Jesus se belofte: “Wat julle die Vader ook al in my Naam sal bid, sal Hy julle gee….Bid, en julle sal ontvang…” (Joh.16:23).
“Here, vandag vra ek.”

Do 12 Mei: Ingestemde Hart
LEES: Johannes 20: 11 – 18
“Jesus het vir haar gesê: ‘Maria!’ Sy draai na Hom toe en sê…. vir Hom: ‘Rabboeni!’ Dit beteken leermeester” (16).
’n Handelsreisiger, vertel Gospel Herald, sê in ’n winkel, waar glasware verkoop word, vir die man agter die toonbank: “Ek wil graag al jou glase, wat op die A-toon ingestem is, koop.” Die man glimlag: “Ek verkoop nie glase volgens hulle musiekwaarde nie. Ek sal die A-toon glase nie vir jou kan uitsoek nie.” Die handelsreisiger haal uit sy tas ’n stemvurk. Hy kap die stemvurk teen die toonbank en dadelik is daar by sommige glase op die rak, ’n weerklank. Daardie glase was, volgens die glashardheid waarmee hulle uit die fabriek gekom het, ingestem op die A-toon.
Dit is ook die geheim, van Maria se onmiddellike reaksie op Jesus se stem. Haar hart was op sy stem ingestem. Christene word met wedergeboorte, deur die Heilige Gees, ingestem op ’n Jesustoon. Sy stem, sy boodskap, sy Naam, laat die hart vibreer. So ’n hart antwoord Jesus se roepstem. Dan wil ons Hom dien en wil Hom gehoorsaam. As so ’n glas ’n krakie kry, al is die krakie hoe gering, sal die A-toon verlore gaan. Afvalligheid in die Christen se hart, ’n bewuste sonde waaraan vasgehou word, ’n hardnekkige ongehoorsaameid, sal maak dat die weerklank, op Jesus se roeping, verdof of verdwyn. “Oppas dan dat julle nie ook saamgesleep word deur die dwaling van…slegte mense en julle vastigheid verloor nie. Julle moet ons Here en Redder, Jesus Christus, al beter leer ken en sy genade nog meer ondervind” (2 Pet.3:17).
Die klank van Jesus Naam, is soet,
vir die gelowig’ hart;
Dit heel die wonde in ons gemoed,
verban ons vrees en smart.
“Here, vandag wil ek ingestem bly op u stem.”

Wo 11 Mei: Voordeligste
Lees Matteus 21:28-32
“Seun gaan werk vandag in die wingerd” (28)
Die uitvinder van reuse grondverskuiwingmasjinerie, Robert G. LeTourneau, het eintlik bekend geraak, deur die reuse bedrae geld wat hy vir evangelisasie- en sendingwerk geskenk het. In King’s Bussiness beskryf hy hoe sy kerk se jongmense gereeld een aand ’n week by ’n sendingkerk dienste gaan hou het. As jongman het hy altyd met hulle saamgegaan. Een aand kon hy nie gaan nie. Daardie tyd was sy fabriek nog klein en hy moes die ontwerp van ’n nuwe masjien, waaroor hyself nog nie seker was nie en wat die volgende dag deur kontrakwerkers vervaardig sou word, voltooi. Hy kon nie sy werk doen en ook nog die diens by die sendingkerk gaan hou nie. “The Lord and I had quite a struggle while I was trying to decide what to do,” skryf hy. Hy het nie geweet hoe hy die masjien nog die aand geteken gaan kry nie, maar hy het tog saam met die jongmense na die sendingdiens toe gegaan. Dit was ’n buitengewone geseënde aand. Ongeveer tienuur die aand kom hy weer tuis. Moeg, maar vol vreugde na die aand se bedrywigheid by die sendingkerk, gaan hy by sy tekenbord sit. Hy skryf: “I sat down at the drafting board. In about five minutes the outline and plan was as plain as it could be. And more, the little piece of machinery designed that night, has been the key machine in all that I have been building since. It pays to put God first.”
Nog nooit het dit iemand berou om God se belange eerste te stel nie, al lyk dit vir die oomblik of dit ’n nadelige gevolg gaan hê. Toe God Abraham gevra het om sy seun, Isak, te offer, het dit gelyk of hy sy seun gaan verloor. Hy het dadelik gehoor-saam, maar in plaas van sy seun te verloor, het hy ’n groot nageslag vir hom gewen. God het gesê: “Ek lê ’n eed af by Myself dat Ek jou baie sal seën oor wat jy gedoen het…in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën wees, want jy het My gehoorsaam (Gen.22:17,18).” Die slotsom van die Psalmskrywer is: “Here, ek het besluit dit is vir my die belangrikste in die lewe om te maak soos U gesê het (Ps.119: 57 Lewende Bybel).” As ons God se belange ons eerste belang maak, sorg Hy vir ons.
“Here, vandag wil ek maak soos U vir my sê.”

Di 10 Mei: Die Lewende Bybel
LEES: Galasiërs 5: 13 – 26
“Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal” (25).
Sy naam is Billy. Hy het woeste hare, dra ‘n T-hemp met gate in, jeans en geen skoene nie, stuur Maria van der Merwe, `n gereeld e-posleser, vir ons `n storie. Op kollege het hy `n gelowige geword. Oorkant die straat van die kollegekampus af, was ‘n netjiese en baie konserwatiewe kerk. Hulle wou ‘n bediening begin vir die kollegestudente, maar het nie geweet hoe om dit te begin en uit te voer nie.
Eendag besluit Billy om die diens in die kerk by te woon. Kaalvoet stap hy die kerk in, met sy gewone T-hemp, jeans en wilde hare. Die diens het reeds begin. Billy stap in die paadjie af, opsoek na `n sitplek. Die kerk was vol gepak en daar was nie ‘n enkele sitplek oop nie. Van die gemeentelede, lyk al redelik ongemaklik oor die student, maar niemand sê ‘n woord nie. Billy kom al nader en nader aan die preekstoel. Hy besef uiteindelik daar is geen sitplek beskikbaar nie en maak hy homself tuis op die mat voor die preekstoel.
Teen dié tyd is die gemeentelede alreeds baie opgetrek oor die situasie en die atmosfeer is so dik, jy kan dit amper met ‘n mes sny. Op dié stadium, besef die prediker, iemand is van heel agter in die kerk, op pad is na Billy toe. Hy is reeds in sy tagtigs, het silwer-grys hare en ‘n driestuk pak aan. ‘n Godvresende man, baie elegant, statig en hoflik. Hy stap met ‘n kierie en terwyl hy sy weg baan na die jongman toe, sê elkeen vir hulself, hulle kan nie die man kwalik neem, vir dit wat hy van plan is om te doen nie. Dit neem die oubaas ‘n hele tydjie om die jongman te bereik. Die kerk is doodstil, behalwe die geklik van die man se kierie op die vloer. Alle oë is vasgenael op hom en die gemeentelede haal skaars asem. Die prediker kan nie eens aangaan met die preek nie, totdat die man gedoen het wat hy moet doen. Toe hy by die jongman kom, laat val hy sy kierie op die mat langs die jongman. Met groot moeite sak hy af en gaan sit langs Billy, sodat die jongman nie alleen moet voel nie.
Die hele gemeente ervaar hoe die emosies in hulle opwel. Die prediker kry beheer oor sy eie emosies en sê: “Wat ek vandag gaan preek, sal julle nooit onthou nie. Wat julle so pas gesien het, sal julle nooit vergeet nie.”
Die gemeente het `n lewende Bybel gesien. Wees versigtig hoe jy leef. Jy mag dalk die enigste Bybel wees wat sommige mense ooit sal lees. Jesus se gesindheid van verdraagsaamheid en meegevoel weerspieël.
“Here, vandag wil ek leef soos U van my verwag.”

Ma 9 Mei: Die Beter Pad
Lees: Jesaja 30: 19 – 26
“Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou `n stem hoor sê: ‘Hier is die pad, loop hierlangs.’” (21)
Die Gospel Herald vertel van ’n buitengewoon aantreklike en bekwame jongmeisie, inwoner van een van die Sendinginstituut se weeshuise, in Indië. Sy het op ’n waardige jongman verlief geraak en hulle sou, met die Instituut se goedkeuring, trou. Kort voor die huwelik, begin sere aan haar hande verskyn. Dit is vasgestel sy is melaats. Die troue is afgestel en sy is na ’n melaatse gestig oorge plaas. Mooi aangetrek gaan sy die dag na die melaatse gestig toe. Saam met haar broer stap sy die verskriklike plek in. Al die vroue om haar is vuil en verwaarloos, hulle gesigte droewig en vol wanhoop. Sy gryp haar broer vas en gaan droewig aan die huil. “Moet ek soos hulle word?” snik sy. So wanhopig was sy, sy is dopgehou, dat sy nie dalk in die diep waterput sou spring nie. Die sendelinge het saam met haar gevoel, diep met haar gesimpatiseer. Een van hulle sê vir haar: “Wil jy nie vir die arme vroue ’n hulp wees nie.?” ’n Straaltjie lig beek vir haar deur. Sy het ’n skool begin en die vroue en jongmeisies in die gestig leer lees en skryf. Die sendelinge het vir haar ’n vouorrel gebring. Sy kon dit bespeel en die vroue leer sing. Stadigaan het ’n transformasie begin plaasvind. Die huise is skoon en netjies gemaak. Die vroue het hulself en hul klere begin was en hulle hare gekam. ’n Atmosfeer van hoop en vreugde het posgevat. Dit het ’n plek van seën geword. Na sy ’n lang ruk daar was, het sy getuig, sy het met haar aankoms in die gestig, in God begin twyfel. Dan gaan sy voort om te sê: “Now I know God had a work for me to do, and if I had not become a leper, I never would have discovered my work. Every day I live, I thank Him for having sent me here, and had given me this work to do.” Die pad waarlangs die Here ons soms neem om vir Hom nuttig te wees, kan ’n steil en moeilike pad wees. So het Paulus en Silas dit ervaar toe hulle die evangelie in Filippi se tronk moes indra. Hulle is aangekla, geslaan en met hulle voete in ’n blok opgesluit. Baie groot seën en redding het hieruit voortgevloei (Hand.16). Ons is veilig as ons ons aan God se wil onderwerp. Hy weet hoe om ons langs die regte pad te lei, om te kom waar Hy ons wil hê en gebruik. In sy swaarkry, was dit gedurig Dawid se gerusstellende wete: “Maar ek vertrou op U, want ek weet U is my God. U het beheer oor my omstandighede” (Ps.31)
“Here, vandag luister ek om u stem te hoor.”

Di 3 Mei: Bekende Woorde se Krag
LEES: Johannes 3:14 -17
“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo….die ewige lewe kan hê (16).”
`n Jong vrou wat `n sondige lewe gevoer het, gaan na die Engelsespoorweg se kaartjieskantoor toe om `n kaartjie te koop. Walter Knight skryf: “She was weary of her empty, sinfull life.” Bokant die kaartjiesvenster, was die volgende woorde: “God so Loved!” In ons Bybel natuurlik: “So lief het God gehad.” Sy sê vir die kaartjiesman; “Ek het dit nog nooit voorheen gehoor nie. Waar kom daardie woorde vandaan.” “Dis in die Bybel.” “Waar kan ek `n Bybel kry,” vra sy. Hy antwoord: “Oorkant die straat in die boekwinkel.” Sy gaan koop dadelik vir haar `n Bybel en keer terug stasie toe, net betyds vir haar trein. Sy vra vir een van die passasiers om in haar nuwe Bybel vir haar die plek te kry, waar dit sê “God so loved”. Die passasier wys vir haar Johannes 3:16. Sy lees dit oor en oor.
Tuisgekom, storm sy behoorlik die huis binne. Sy wys die vers vir die man saam met wie sy ongetroud lewe. Hy het haar soort lewe gedeel. “Is dit nie wonderlik nie?” roep sy uit. “Ek weet al lankal van daardie vers in die Bybel. Wat is so wonderlik daarin?” vra hy gelate. “Wel, as God my so lief het, gaan ek my slegte lewe laat vaar en Hom met my hele hart liefhê en Hom dien!” antwoord sy. Haar soekende hart het `n reddende Here gevind. Sy het `n vreugdevolle Christin geword. Sy het haar lewensmaat ook vir die Here gewin. Hulle het `n vreugdevolle Christenhuwelik gehad. Hulle huis in London het `n plek met `n ryk en geseënde invloed vir Jesus Christus geword.
Is daardie woorde in baie harte vergete woorde? Onthou u hulle nog? Leef u in hulle vreugde?
“Here, vandag bring ek die woorde nuut na my bewussyn toe.”

Ma 2 Mei: Blinde Geloof
LEES: Psalm 54.
“Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun (6).”
O Steun deur genade my swakke hart
Slaan my in liefde gade,
in vreugde en in smart;
Laat rus nou aan u voete, u arme kind.
Ek sal my oë toemaak. Ek glo U blind
Hierdie vers uit Julie Hausmann se lied “So nimm denn meine Hände …(O Heiland neem my hande…), word dikwels as `n oorvereenvoudiging afgemaak. Dit word Christene dikwels voor die deur gelê dat hulle hul oë vir die harde werklikheid van die lewe sluit, en sogenaamd, blind glo, in plaas daarvan om siende deur die lewe te gaan. Hierdie vers wat sê: Ek sal my oë toemaak. Ek glo U blind het onder besondere omstandighede tot stand gekom. In `n Duitse boek deur Axel Kühner en wat vir ons vertaal is deur Prof. Sieg Engelbrecht, word hierdie verhaal vertel, om te toon hoe egte geloof ontstaan.
As jong bruid was Julie Hausmann ter see, op weg om by haar verloofde op die sendingveld, in die buiteland aan te sluit. Sy kon die einde van reis en haar troudag nouliks meer afwag. Uiteindelik word die skip by die bestemming vasgemeer. `n Vriend van die bruidegom haal haar af en vol deernis begelei hy haar, na die klein begraafplaas van die sendingstasie. Daar het hulle enkele dae tevore haar verloofde te ruste gelê. Haar hele wêreld stort vir die jong vrou in duie. In haar smart sluit sy haar in `n kamer in die sendingstasie toe en huil dag en nag en roep tot God. Na drie dae en nagte kom sy by die deur uit en in haar hande hou sy die woorde van die lied, wat ons as Hallelujalied 379 het: “O Heiland neem my hande en lei my voort…. Sy het dié drie donker dae, smart in sy volle hardheid, die lewe in sy onbegryplikheid, maar ook God in sy onmeetlike grootheid ervaar. En iemand wat God as Heer oor alles gesien het – God wat nie deur nood en leed begrens word nie – so iemand kán blind glo. As jy God in sy onbegryplikheid en onmeetlikheid deurleef het, kan jy “blind” glo alles sal goed word, hoe sleg dit ook al mag lyk. Hier is Halleluja 379 se 3 verse (werd om aandagtig te lees)
O Heiland, neem my hande en lei my voort;
Trek my met liefdebande na gindse oord!
Alleen kan ek nie verder, geen enk’le tree;
wees U my troue Herder en neem my mee!
O, steun deur u genade, my swakke hart;
Slaan my in liefde gade, in vreugde en smart.
Ek buig in onvermoë, diep voor U neer,
Ontsluit U tog my oë, dat ek kan sien, Heer!
Al kan ek soms niks voel nie, Heer, van u mag,
Met U mis ek my doel nie, selfs in die nag.
O Heiland neem my hande, en lei my voort.
Tot aan die saalge strande, u hemeloord!
“Here, vandag wil ek my lewensloop in u hande plaas.”

Subscribe to:
Comments (Atom)