Lees Matteus 6:9-15
“Ons Vader wat in die hemel is … gee ons vandag …”
’n Sendeling het in die teenwoordigheid van ’n aantal inboorlinge sy telefoon
gebruik. Hulle het verbaas geluister toe hy die werking van die telefoon
verduidelik. Hy kan direk met iemand, wat ver is, praat, asof die persoon naby hom
is. Toe vra een: “Waar is die wonderlike ding gemaak?” Die sendeling antwoord:
“Engeland.” Die swartman skud sy kop. “Dis jammer, want dan kan ons dit nie
gebruik nie. Die ding sal nie ons taal verstaan nie. En ons kan nie Engels praat
nie.” Hierop bel die sendeling ’n vriend van hom, wat die inboorlinge se taal kan
praat. Hy gee die telefoon vir die swartman om self te praat. Verstom luister hy
hoe die ander persoon in sy eie taal met hom praat: “Hy praat ook ons taal! Hy is
naby!” roep hy uit. Hierdie insident het die sendeling geleentheid gegee om vir
hulle te vertel hoe God, as ons bid, ons taal verstaan, en hoe ons ons daaglikse
behoeftes aan God kan vertel.
Die aanvang van die gebed wat Jesus sy dissipels leer bid het, maak dit dadelik
vir ons maklik om te bid. “Ons Vader…” ’n Vader verstaan sy kinders se taal: die
lippetaal en die harttaal. Jesus het ons geleer om vir ’n paar “elke dag”-
behoeftes te bid: vandag se kos; vandag se oortredings; ander se oortredings
vandag aan ons; vandag se versoekings; vandag se aanvalle van die Bose. Ons kan
vrymoedig so bid, omdat die Here Jesus dit vir ons in die mond lê. Hy het vir ons
die weg na God toe oopgemaak. “Dít verseker Ek julle: Wat julle die Vader ook al
in my Naam sal bid, sal Hy vir julle gee…Bid, en julle sal ontvang, sodat julle
blydskap volkome kan wees” (Joh.16:23,24). En die Heilige Gees, wat Jesus belowe
het, leer ons hoe en wat ons moet bid. “…die Gees van die waarheid (sal) …by julle
bly en in julle wees… Hy sal julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek
vir julle gesê het”(Joh.14:17,26). “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons
weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met
versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God wat die harte deurgrond, weet
wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God vir die
gelowiges” (Rom.8:26,27). Omdat Hy alomteenwoordig is, hoor Hy ons; omdat Hy ons
lief het, luister Hy na ons; omdat Hy almagtig is, kan Hy gee wat ons vra.
“Here, vandag vra ek vrymoedig daaglikse behoeftes van U.”
Ma 31 Aug: Die Sterfuur
Lees Openbaring 3:14-23
“Daarom raai ek julle aan om by My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat julle ryk kan word…”(18)
Twee beroemde mense in Amerika het in dieselfde jaar, 1899, gesterf: die ongelowige vrydenker kol. Robert Ingersoll en die wêreldevangelis Dwight L. Moody. Ingersoll se dood was baie skielik. Sy vrou en dogter het sy liggaam wanhopig vasgeklou. ‘n Dagblad het geskryf: “The scene at the crematorium was enough to make the heart of anyone ache.” Ingersoll het by geleentheid op die verhoog, na ‘n lesing, sy horlosie uitgehaal en gesê: “Ek gee God vyf minute om my, oor wat ek van hom gesê het, plat te slaan.”
Moody se dood weer was in elke opsig triomfantlik. Die oggend van sy dood het sy seun, wat by hom langs die bed gesit het, gehoor hy sê: “Die aarde verdwyn, die hemel gaan oop. God roep.” Die ander lede van die gesin is geroep. Hulle hoor hom toe sê: “Daar is geen vallei nie. Dit is heerlikheid. Dit is saligheid..” Sy dogter begin bid dat haar pa weer gesond sal word. Hy keer haar : “Nee, Emma. Moenie. God roep my. Dit is my kroningsdag. Ek het so uitgesien daarna.” En so het hy God se teenwoordigheid binnegegaan. Sy begrafnis is deur oorwinnende vreugde gekenmerk.
Dít is ‘n uur wat elkeen van ons, sonder uitsondering, gaan beleef: Die uur, wanneer ons, uit hierdie lewe, oorgaan, ewigheid toe. Ons sterwensuur. Die belangrikste uur van ons ganse lewe. Een faktor is dan belangrik: Bedék die Here Jesus se versoeningsbloed my lewe se sondes, en hét ek uit Christus se opstanding, deur geloof, die ewige lewe ontvang? Ander prestasies, besittings, waardes verval in daardie belangrikste uur. Dit sal vir my, óf ‘n uur van onuitspreeklike verskrikking, óf ‘n uur van onuitspreeklike heerlikheid wees. Dit hang af van die antwoord op dié belangrike vraag: Het ek iewers in my lewe die Here Jesus as my persoonlike Verlosser aangeneem?
“Here, vandag maak ek hierdie saak uit. Ek neem U aan om my Verlosser te wees. Kom woon in my hart.”

Vry 28 Aug: Die Swaard van Die Gees
Lees Hebreërs 4:12-13
“Die woord van God is lewend en kragtig, skerper as enige swaard…” (12)
Die Switserse prediker, dr. Caesar Malan, reis eens saam met ’n ongelowige man, in dieselfde treinkompartement, Parys toe. Hy het die beroemde dr. Malan geken en hy verspeel nie tyd om met hom oor die Bybel en Christenskap te redeneer nie. Op élkeen van die ongelowige man se argumente, antwoord dr. Malan deur ’n Bybelteks korrek aan te haal. Nie een keer spreek hy ’n eie opinie uit, óf probeer hy die teks verklaar nie. Uiteindelik roep die man moedeloos uit, “Maar ek glo nie die Bybel nie! Wat help dit dat jy dit vir my aanhaal.?” Hierop antwoord die Switserse doktor: “Toe sê Hy vir hulle…julle sal in julle sondes sterwe, want as julle nie glo dat Ek is wat Ek is nie, sal julle in julle sondes sterwe” (Joh.8:24).
Tién jaar later ontvang dr. Malan eendag ’n brief van Parys af. Dit is van die man van die treinrit. Hy herinner dr. Malan aan die gesprek wat hulle op die trein gehad het. Hy skryf: “U het die swaard van die Gees gebruik en my deursteek. Elke keer as ek die swaardlem probeer wegkeer het, het u my net nog ’n steek gegee, Ek het besef: ek veg nie met u nie, ek veg met God.”
Dit is hoe Jesus Satan weerstaan het: Elke keer het Hy gesê: “Daar staan geskrywe…Daar staan geskrywe… Daar staan geskrywe…” (Mat. 4:4, 7 en 10). Paulus sê ons moet die wapenrusting van God aantrek: “… (julle) moet altyd geloof as skild in die hand hê…en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God” (Ef.6:16,17). Vir geloof het ons die woord van God nodig. Ons kan net glo, as ons weet wat God sê. En ons kan net weet wat God sê, as ons die Bybel ken. Ons moet weet wat God in sy Woord sê, om ons geloofsgrond te behou én om ons geestelike lewe en God se koninkryk uit te brei. Om die woord van God te ken is ’n verstandsaktiwiteit. Ons moet weet waar staan die woorde in die Bybel. Ons moet die woorde ook ken. Die beste is om dit korrek (soos dr. Malan) uit die kop te ken. Om God se woord reg en vrugbaar en oorwinnend te ken, is ook ’n geestelike aktiwiteit. Dit gaan met gebed gepaard. Oor die opneem van die swaard en skild van geloof en ook die ander elemente van ons wapenrusting vermaan Paulus ons: “Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees” (Ef.6:14-17). Sonder gebed faal ons beste pogings. Sterkgemaak in ons gedurige en herhaalde gebedsomgang met God, gaan ons goed gewapen met die kennis van die woord vorentoe. “Laat die woord van Christus ryklik in julle woon…” (Kol.3:16). As ’n teks u tref, doen gerus die moeite om dit uit die kop te leer. Oral waar ’n mens beweeg, is dit ’n handige wapen om in die hand te hê.
“Here, vandag wil ek u woord in hart en hoof ken.”

Do 27 Aug: Iemand
Lees Markus 2:13-17
“Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het” (15).
Die beroemde dirigent van die Londense Simfonieorkes, ’n dekade of wat gelede, Pierre Monteus, soek een aand saam met sy gesin, by ’n motel, oornagverblyf. Nog voor hy iets kan sê, sê ’n vrou wat by die deur, van die ontvangslokaal, staan: “Jammer, ons het geen akkommodasie nie.” ’n Jong meisie, langs haar, fluister vir haar iets. Haar hele houding verander. Sy maak ’n effense kniebuiging en sê hartlik: “Ekskuus, Meneer. Ek het nie geweet u is íemand nie. Sekerlik het ek vir ú plek.” Monteus se gesig word strak en koud. Hy buig stram. Kortaf sê hy: “Dame, elkéén is íemand.”
Só, het Jesus, álmal behandel. Hy het nooit op gewone en geringe mense neergesien nie. Vir Jesus was elkéén belangrik: ’n Iemand. Toe die vrou met die bloedvloeiing, die soom van sy kleed aangeraak het, het Hy gesê: “Iemand het My aangeraak” (Luk.8:46). Min mense het so ’n lae lewensvlak bereik as die Samaritaanse vrou. “Sy dissipels was verbaas dat Hy met ’n vrou praat” (Joh.4:17). Die vrou wat in die daad van egbreuk uitgevang is (Joh.8), het haar in ’n vernederde posisie bevind. Voor almal aangekla, kies Jesus haar kant. Hy bly by haar, toe haar aanklaers padgee, na Jesus dié een wat sonder sonde is, uitdaag om haar te stenig. Jesus spreek haar vry: “Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.”
Jesus se verwelkoming is baie ruim. Niémand is by Jesus onwelkom nie: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink…” (Joh.7:37). Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is, Ek sal julle rus gee….Ek sal hom wat na My toe kom nooit uitwerp nie…” (Mat.10:28).
“Here, vandag is ek by U welkom met my hartsbehoefte.”

Wo 26 Aug: Die Hand van Sy Pa
Lees Psalm 16: 5 – 8
“Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is sal ek nie struikel nie”(8).
Ek het eenkeer in ’n geselskap gesit, terwyl ’n klein seuntjie, in sy spel, heen en weer oor die mat hardloop. Die hoek van die tafel, amper in die middel van die vloer, was net so hoog as die seuntjie se kop. ’n Skerp hoek. Elke keer as die kind rakelings met sy koppie by uitsteek tafelhoek verby hardloop, hou ek my asem op. Sy pa het die gevaar ook gesien. Hy het nie die kind se spel belet nie. Hy het ook nie die gevaarlike tafel verskuif nie. Hy het sy hand oor die hoek gesit en ons het met die geselskap voortgegaan. Ook nie lank nie, of, wat ons almal voorsien het, gebeur. Meneertjie hardloop met sy koppie teen die gevaarlike tafelhoek vas. Maar dit is nie die tafelhoek wat hom tref nie. Hy kry nie seer nie. Hy land op sy boudjies, en lag. Sy koppie het nie teen die tafelhoek nie, maar teen sy pa se sagte hand gestamp. So handel ons Hemelse Vader ook met ons. Ons gaan voort met ons lewe, die gevaarlike elemente bly om ons, maar ons Vader beskerm ons teen die leed wat dit ons kon aandoen.
“Here, vandag vertrou ek op u alsiende Oog, wat my gevaar sien, en u almatige Hand, wat dit toemaak.

Wo 12 Aug: Die Sterkste
Lees Kolossense 4: 2 – 6
“Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord”(6)
Die noordewind en die son het eenkeer gestry, wie van hulle twee die sterkste was. Hulle het ooreengekom, dat die een wat kon regkry om ’n reisiger se klere van hom af te stroop, die sterkste sou wees. Die noordewind sou eerste probeer. Met al sy krag storm die wind op die man af en probeer sy klere van hom afpluk. Sy jas fladder, sy serp gryp hy met sy een hand ternouernood vas, voor die wind dit wegwaai, met sy ander hand druk hy sy hoed vas. So algaande kry hy sy klere onder beheer en woel dit stywer om sy lyf vas. Toe is dit die son se beurt. Die sontrale skyn warm op die man neer. Na die wind hom so verwaai het, is dit vir hom baie aangenaam. Die son skyn warmer en die man wikkel sy serp los. Daarna trek hy sy jas uit. Toe sy baadjie. Hy rol sy moue op, knoop sy hemp oop. Sy hoed stoot hy op sy agterkop. Die son het met sy vriendelike warmte, reggekry wat die wind nie met sy geweld nie kon regkry nie.
Veroordeling van ’n ander, verwyte, twis en stryd laat die ander persoon homself net meer en meer verdedig, op sy standpunte staan, aggressief raak. Met vriendelikheid en liefde word ’n andereen gewen.
So leer die Here ons in sy Woord ook. ’n Paar wenke uit Spreuke!
“Haat verwek twis; liefde bedek alles wat aanstoot gee” (Spr.10:12). “Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê” (Spr.12:18). “’n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam” (Spr.15:1). “’n Wyse mens praat verstandig en kies sy woorde sodat hy ander kan leer” (Spr.16:23). “Wie ‘n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam, soek goeie verhoudinge; wie ‘n saak bly ophaal, bring verwydering tussen vriende” (Spr.17:9). “Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande” (Spr.18:13). “Met geduld kan iemand in ‘n magsposisie tot ander insigte gebring word; met ‘n versigtige benadering word weerstand afgebreek”(Spr.25:15). “Die knap vrou is baie werd…as sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde” (Spr.31:10,26).
“Here, vandag leer ek om sag teenoor ander op te tree.”

Di 11 Aug: Die Afspraak
Lees 2 Korintiërs 6: 1 – 7
“Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding (2).
Die Punchestownwedren is verby. Skares keer per trein en die boot, wat tussen Ierland en Engeland vaar, van die beroemde Engelse wedren af terug huis toe. Onder hulle is ’n Engelsman, Vincent, wat in Indië rykdom verwerf het en nou in sy vaderland woon. Hy het haastig gemaak na die Kingstownhawe toe, maar net vyf minute te laat gekom om die boot te haal. Hy sal die nag in Dublin moet oorbly. Met homself opgeskeep, en sonder ’n plan hoe om die aand deur te bring, gaan hy ’n entjie stap. Bokant die deur van ’n skouburg sien hy die name: “D. L. Moody en Ira D. Sankey”. Hy wonder watter toneelgeselskap dit is. Hy stap in. Die plek is propvol. Op die verhoog is mense met gewone klere aan. ’n Man is besig om met ’n sterk, mooi stem woorde te sing wat hy nog nooit gehoor het nie. Hy staan vasgenael en luister na die refrein wat na elke vers herhaal word:
Daar was nege en neëntig veilig terug,
Wat skuil in ’n rustige oord.
Maar een wat dwaal op die berg se rug,
ver weg van die veil’ge poort.
Na die man op die verhoog klaar gesing het, gaan mnr. Vincent sit. ’n Ander man, op die verhoog,staan nou op en begin uit die Bybel lees en hy preek. Vincent is toe nie die volgende dag huis toe is nie. Aand na aand gaan hy, soos hy uitgevind het, na Moody en Sankey, luister. Een aand staan hy ook op en volg ‘n skaar mense wat na die kamer gaan wat opsy gesit is vir persoonlike navrae. Mnr. Moody kom langs hom kom sit en vra eenvoudig: “Mr. Vincent, do you believe,Jesus Christ died for you?” “I do believe it.” antwoord hy. “Then thank Him,” sê Moody. Mnr. Vincent het die aand ’n nuwe mens huis toe gegaan.
Die Here het ’n afspraak met ons. Verloop van omstandighede beskik, dat ons op die plek van ons afspraak, beland. Ons herken God se afspraak met ons, as God se roeping deur die evangelie, deurklink na ons hart toe. “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is…dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek (Rom.8:28-30). God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here (1 Kor.1:9)”. Die oomblik wanneer ons hierdie roeping beantwoord deur in die Here te glo en Hom as ons Verlosser aan te neem, word dit die dag van ons redding. “Iemand wat aan Christus behoort is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God” (2 Kor.5:17). Die Heilige Gees skep in ons die nuwe lewe as ons in Christus vertrou.
“Here, vandag luister ek as U my roep.”

Ma 10 Aug: Genade Herleef
SKRIFDEEL Jesaja 1: 18 – 20
“Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here” (18).
Tydens die Tweede Wêreldoorlog bevry genl. Mannerheim se magte ’n dorp, wat deur die Rooimagte beset was. Sewe van die Russiese krygsgevangenes sou die volgende oggend tereggestel word. Hulle is in die kelder van die stadsaal gevange gehou. In die gange staan die Duitse troepe op wag. Dronk van oorwinning koggel en terg die Duitsers die Russe. Die Russe hamer vloekend met hul bloeiende vuiste teen die mure en deure. Sommige roep skreeuend na hul vroue en kinders. Opeens begin een van die Russe, Koskinen, sing. Hy het van die begin af, gedwee met hangskouers, op ’n bank gesit, ’n toonbeeld van uiterste wanhoop. Hy sing stamelend, maar algaande word sy stem sterker, tot hy sy lied sterk en duidelik uitsing. In die kelder word dit doodstil. Almal luister na die vreemde lied in sulke omstandighede!
Veilig in Jesus arme, sag aan sy bors gesus,
Daar in sy liefdeskadu vind my siel eens rus.
Hoor! ’n Lied van engele, wat sing oor soete vree,
Dit klink oor glorievelde, oor die jaspis see.
Oor en oor sing Koskinen sy lied sonder enige versteuring. Een van die ander Russe breek weg na hom toe. “Waar kry jy dit?” skreeu hy. “Wil jy ons sag maak?” Koskinen kyk na die man en sy oë vul met trane. “Ek het dit by die Heilsleër gehoor – drie weke gelede. Die lied het my ondergekry. My ma se God, het nou ook my God geword. Laasnag het ek wakker gelê en ek het geweet ek moet die Saligmaker vind. Ek het gebid soos ek van kleintyd af onthou. Ek het Jesus gevra om my te red, want ek kon nie met my soort lewe ewigheid toe gaan nie. Baie Bybeltekse, uit my kleintyd, het teruggekom na my toe. Ek weet God het my gevat.” Verstom luister sy makkers en die Duitse wagte.
“Jy is reg, Koskinen, as ek ook net genade kan kry!” roep die Rus wanhopig uit. “My hande is so vol bloed en môre sterf ek. Ek weet nou daar is ’n hel.” Hy sak neer op sy knieë by Koskinen. “Bid vir my, Kameraad!” Die twee Russe bid met hulle koppe naby mekaar. Nie ’n lang gebed nie, maar dit is asof ’n deur na die hemel self oopgaan. Die haat in die harte smelt weg. Vieruur die oggend is al sewe Russe op hulle knieë. Van die Duitse soldate staan oor hul geweerkolwe gebuig en bid. Teen dagbreek gesels die manne met mekaar, oor geestelike dinge. Ou vergete liedere word gesing. Van die Duitsers sing saam.
Toe slaan die toringklok sesuur. Tyd vir die teregstelling. Hoe graag wou die Duitse offisiere die vonnis ophef. Maar dit was nie moontlik nie. Die Russe vra om ongeboeid, met onbedekte gesigte, voor die vuurpeleton te staan. Nog een keer wil hulle Koskinen se lied sing. Dit word toegelaat. Met opgehewe gesigte, arms omhoog gestrek, sing die Russe: “Sag in Jesus arme, sag aan sy bors gesus…..” Die laaste woorde sterf weg. Geweerskote klap. Dis op aarde verby. Die Duitse offisier in bevel, het later hieroor gesê: “Wat in die ander manne se harte gebeur het, weet ek nie, maar van daardie oggend af was ek ’n nuwe man, ’n volgeling van Jesus Christus.”
Die dág toe die Here Jesus gekruisig is, het die hemel se liefde en redding, ook op ‘n oordeelstoneel afgedaal. Langs die bloeiende liggaam van Jesus het ’n veroordeelde misdadiger geroep: “Dink aan my, Here!” Hy het dadelik die belofte van vergifnis en vrede ontvang: “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” Niemand se toestand was nog ooit te desperaat om nie deur God bereik en gered te word nie.
“Here, vandag, uit die omstandighede waarin ek my bevind, roep ek tot U: ‘Red my!’”.

Vry 7 Aug: Glo soos 'n Kind
Lees Markus 10: 13 – 16
‘Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie” (16)
’n Ongelowige man het baie siek in sy bed gelê. Hy het nie in God geglo nie en wóú nie in God glo nie. Om sy ongeloof te versterk en sy vrees vir die ewigheid weg te neem, het hy teen die muur, waar hy dit gedurig kon sien, ’n spreuk opgeplak: “God is nowhere”. Sy dogter¬tjie het in die kamer gekom. “Lees vir my daardie woorde,” sê hy vir haar. Gedienstig begin sy al spellende lees: “G-o-d God, is is, now now, here here. Pappa dit sê: God is nou hier.” Die man luister verbysterd en diep geraak. Lig daal oor hom. Hoop spring in sy hart op en hy bid die ou beproefde sondaarsgebed: “O God, wees my sondaar genadig!” Vir hierdie man het redding gekom uit die eenvoud van sy kindjie se geloof.
Anders was dit met die dogtertjie van ’n godvresende regter. Sy, weer, was baie siek en dit was nie seker dat sy sou lewe nie. Die bedroefde pa het by haar bedjie gesit en haar handjie in sy groot hand vasgehou. Sy hart het na sy kind toe uitgegaan. “My kindjie, is jy nie bang om na God toe te gaan nie?” vra hy tederlik. “Nee, Pappa,” antwoord sy dadelik. “Ek is nie bang nie. Ek weet God is lief vir my. En Jesus is ook daar. Hy sal al my stoutigheid goedpraat en alles wat ek goed gedoen het weer vir God vertel.” “…as ons sondig – ons het Jesus Christus…as ons voorspraak by die Vader (1 Joh.2:1). Wat is nou ons gevolgtrekking…God is vir ons…Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red…Hy is uit die dood opgewek…Hy sit aan die rgterhand van God, Hy pleit vir ons (Rom.9:31-34).” Waarlik, hoe wyd oop staan die deur van genade en redding na God toe!.
“Here, vandag kom ek in by die deur, wat so wyd oop staan vir my.”

Do 6 Aug: Die Prys van Liefde
Lees Romeine 3: 21 – 26
“Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo” (25).
‘n Inboorlingvrou was met haar kindjie onderweg toe ‘n bosbrand hulle oorval. Alleen sou sy die brand kon ontkom, maar sy wou nie haar kind agterlaat en alleen vlug nie. Die brand het hulle ingehaal. Steeds het sy met die kindjie op haar rug voor die vuur uitgevlug. Toe sy besef hulle gaan nie die vuur ontvlug nie, het sy met haar blote hande ‘n holte in die sagte grond gegrawe en haar kindjie daarin neergelê. Toe het sy bo-oor haar kind gaan lê, om hom teen die vlamme te beskerm.
Nadat die brand uitgewoed het, het brandslaners haar dood in die holte gevind. Die kind is lewend onder haar uitgehaal. ‘n Gelowige man, wat by was, toe sy gevind is, het bewoë en eerbiedig gesê: “Dit is liefde. Vandag verstaan ek, soos nooit tevore nie, wat Jesus vir my gedoen het. Hy het sy liggaam tussen my en die ewige vuur geplaas. Hy het gesterf dat ek kon lewe.” Dit is ‘n geseënde moment, wanneer ons begrip van die betekenis van die Here Jesus se kruisdood, deur woorde of deur ‘n insident wat ons aanskou, verdiep word. “Jesus Christus is tog so duidelik aan julle verkondig dat julle Hom as ‘t ware aan die kruis kon sien hang!” (Gal.3:1).
“Here, vandag verlang ek om te verstaan wat U vir my gedoen het.”

Wo 5 Aug: Toewyding
Lees 1 Tessalonisense 5: 12 – 28
“Mag God wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak…Hy sal dit ook doen, want Hy…is getrou” (23,24).
’n Vrou het vir haar leraar gevra: “Wat beteken toewyding eintlik?” Die dominee het ’n skoon vel papier en ’n pen na haar toe uitgehou. “Teken jou naam onderaan hierdie skoon vel papier.” Sy was huiwerig. “Is dit nie gevaarlik, om ’n mens se naam, sommer so, onderaan ’n skoon vel papier te teken nie. Iemand kan op die papier dinge skryf wat jou bind.” “Dis reg,” antwoord die dominee met ’n glimlag. “Jy verstaan dit baie goed. Toewyding beteken jy teken jou naam en sê vir die Here: ‘U kan enigiets wat U wil bokant my naam inskryf.’”
Toewyding beteken dus, eerstens, vertroue in God. ’n Weet, God sal niks van my vra wat my sal benadeel nie. Ook ’n weet, as die pad ru en stamperig raak, al is dit nie die lekkerste pad vir my nie, is dit die voordeligste pad. So het Josef die Here se pad leer ken toe dit deur Farao se tronk na die troon toe gelei het. Die toegewyde hart sê in die lig of in die donker: “laat u wil geskied, Here,” want hy weet sy Hemelse Vader dra sy belange op sy hart. Psalm 119:57 (Lewende Bybel): ”Here, ek het besluit dis vir my die belangrikste in die lewe om te maak soos U gesê het.” Die veiligste plek vir enige mens, is in die holte van God se hand.
Tweedens beteken toewyding: ’n verlange, ja, ’n gretigheid, om te doen wat God wil hê ek moet doen. Dit is die gesindheid in Christus se hart wat die Heilige Gees in my hart opwek: “Om u wil te doen, my God, is my een begeerte (Ou Vertaling): “Ek het lus, o my God, om U welbehae te doen)” (Ps.40:9).
Derdens is toewyding die reaksie van ’n hart wat vol bewondering vir die Here Jesus Christus is. Hy is die beste vriend, die vernaamste leidsman, dié Een wie se goedkeuring vir my belangrik is. Dit was elke keer die reaksie wanneer Jesus vir een van sy dissipels groot en wonderlik geword het. “Toe roep Natanael uit: ‘Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!’”(Joh.1:49) “En Tomas sê vir Hom: ‘My Here en my God!’” (Joh.20:28). Johannes skryf oor Hom: “… ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe” (1 Joh.1:1). As ons baie met die Here Jesus omgaan deur gebed en met die Woord, verhef die Heilige Gees sy eer en heerlikheid in ons hart.
Vierdens is toewyding dan die voorneme van ons hart en die woorde van ons lippe wat ons in gebed teenoor Hom uitspreek, om onsself soos ’n offer aan Hom te gee. “Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is…laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aaneemlik en volmaak is” (Rom.12:1,2).
“Here, vandag gee ek my lewe aan U as ’n offer om deur U gebruik te word soos U wil.”

Di 4 Aug: Gevaarlik om te jok
Lees Efesiërs 4: 25 – 32
“Noudat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar die waarheid praat…” (25).
Alice het beloof om vir die kerk se vrouediensverkope ‘n koek te bak, maar sy het vergeet. Die koek wat sy die aand in der haas bak, val plat en sy weet sy kan dit nie só ingee nie. Iéts moet in die middel kom en dan kan sy dit, met versiersuiker, tot iets moois opbou. Maar wat? Sy soek die huis deur. In die badkamerkas kry sy ‘n pak nuwe toiletrolle. Sy neem een en wikkel dit in die middel van die plat koek in en bou dit pragtig op met die versiersuiker. Die eindproduk lyk wonderlik en sy gryp haar jas en jaag met die koek kerk toe. Terug by die huis gee sy haar dogter, Jodie, opdrag om genoeg geld te neem, dadelik kerk toe te haas en die koek terug te koop al kos dit wat. Jodie kom terug met die nuus, vertel pastor Bill in die storie wat Neil Verwey van Japan vir my gestuur het, dat die koek al verkoop was toe sy by die verkoping kom. Alice is buite haarself van skok. Die volgende middag word sy na ‘n brugpartytjie toe genooi. Na die spel, bedien die gasvrou tee en koek. Alice is verbyster toe háár koek uit die kombuis, tafel toe gebring word. Sy beur uit haar stoel uit om die gasvrou te keer en te vertel wat gebeur het, maar een van die ander gaste spring haar voor: “Wat ‘n fantastiese koek!”, roep sy. Alice sak terug in haar stoel, toe die gasvrou met ‘n warm, waarderende stem antwoord: “Dankie! Ek het dit sélf gebak.”
Dié vrou se jok het haar ongetwyfeld groot verleëntheid op die hals gehaal, en ek dink Alice het toe ook tjoepstil gebly. Die waarheid is soms moeilik en vir die oomblik ‘n verleëntheid, maar op die duur is dit die veilige pad en geseënde pad. Sommig jokvoorvalle is komies, maar die afloop is altyd tragies, want Jesus noem Satan die vader van die leuen: “…die duiwel…is ‘n leuenaar…die vader van die leuen” (Joh.8:44).
In Handelinge 4:32 – 5:11, kort na die uitstorting van die Heilige Gees, het ons die treurige storie van Ananias en Saffira, wat ons leer hoe ‘n leuen en oneerlikheid God bedroef en vertoorn. Onder die krag van die Heilige Gees was daar so ‘n gesindheid van mededeelsaamheid onder die Christene dat hulle hul goed met mekaar gedeel het. “…’n sekere man, Ananias en sy vrou, Saffira, (het) ‘n eiendom verkoop. Met die medewete van sy vrou het hy van die verkoopprys…ag tergehou en net ‘n gedeelte vir Petrus gegee. Petrus sê vir hom: ‘Ananias, hoekom het jy jou deur die Satan laat omhaal om vir die Heilige Gees te lieg? Wat het jou besiel om dit te doen?’ …Ananias het dood neergeval.” Is daar onskeid tussen `n growwe, Godonterende leuen en `n onskuldige, klein leuntjie? Ek glo nie. Die veilige weg, wat God behaag en Hom eer bring, is as sy kinders die pad van waarheid loop.
“Here, vandag wil ek stiptelik die waarheid praat.”

Ma 3 Aug: Buig om te Drink
Lees Jesaja 55: 1 – 6
“Kom, almal wat dors is, kom na die water toe…”(1)
’n Dorstige handelsreisiger stap ’n Amerikaanse hotelportaal binne. In die hoek is ’n meganiese fontein, `n reuse glaskan, vol helder skoon water, tussen welige varings. Bokant die fontein hang ’n uitnodiging: “Buig en drink”. Hy stap soontoe, hou `n skoon glas onder die kraantjie en en steek sy ander hand uit om dit oop te draai, maar die kraantjie het nie `n handvatsel nie. Hy soek of hy ’n drukknoppie of skakelaar kan sien. Niks. Hy lees weer die uitnodiging bokant die fontein. Met ’n verleë glimlaggie buig hy versigtig vorentoe. Nog ’n bietjie; nog ’n bietjie – en regtig, heerlike koue water begin vloei. Die fontein word deur ’n elektroniese “oog” beheer. Sodra die buigende liggaam by die “oog” verby beweeg, vloei die water uit die kan se kraan.
Die Bybel gebruik oorvloedig die beeld van water om geestelike lewe te beskryf. “…wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.” (Joh.6:35). “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink”! (Joh.7:37). Elkeen…wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie.” (Joh.4:14). “…die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei…” (Openb.7:17). “En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!” (Openb.22:17). Om by die water te kom wat die Here Jesus gee, hoef ’n mens nie moeisaam op te klim boontoe nie. Fonteinwater word bereik wanneer ’n mens laag buig, kniel. ’n Mens moet nie eers iets lofwaardigs doen, om die ewige lewe wat die Heilige Gees in die hart gee, te ontvang nie. In gebed vra ons en die Here Jesus gee vir ons, die lewende water van die ewige lewe.
“Here, vandag buig ek en drink die water wat U gee.”

Subscribe to:
Comments (Atom)