Lees Handelinge 9: 32 – 35
“’Eneas… Jesus Christus maak jou gesond. Staan op.”’ Hy het dadelik opgestaan… die mense het hom gesien en hulle tot die Here bekeer”(34).
In mev. Charles Cowman se dagboek, Springs in the Valley, vertel sy hoe die beroemde Noorweegse violis van die middel van die 19de eeu, Ole Bull, op sy toer deur Europa, laat een aand by die klein, houthutjie van ’n kluisenaar aanland. Die ou man nooi hom in en gee hom kos. Na die ete gaan hulle voor die kaggel sit en die kluisenaar probeer op sy gehawende ou viool vir sy gas musiek maak. Dit was krassende musiek. “Mag ék op jou viool speel?” vra Ole Bull. “Jy kan probeer,” antwoord die ou kluisenaar, “maar dit het my jare geneem om soos nou te leer speel.” Ole Bull het die strykstok sag oor die snare gestreel. Skielik was die ou kluisenaar se hut met lieflike musiek gevul. Verstom staar die ou man Ole Bulle aan en gaan soos ’n kind aan die huil. “Ek het nie geweet dit kan so wees nie…Ek het nie geweet dit kan so wees nie,” snik die ou oor en oor. Mev. Cowman maak die opmerking: “We are battered instruments. Life’s strings have been snapping; life’s bow has been bent. Yet if we will only let Him take us and touch us, from this old battered broken, shattered, marred instrument, He will bring forth music fit for the angels.”
“Here, vandag wil ek my swak lewe in u hande plaas.”