Lees Johannes 12: 20 – 29
“As iemand My dien, sal die Vader hom eer” (26)
Die Skotse sendeling, David Livingstone, is in 1873 op 60-jarige ouderdom dood. Hy
kon sy lewe in gerief by sy tuiste in Skotland geslyt het, maar hy het die
sendingveld gekies. Oor hierdie keuse het hy gesê: “Mense praat van die opoffering
wat ek gemaak het om die grootste deel van my lewe op die Afrika-sendingveld deur
te bring. Dit is net ’n klein terugbetaling vir die groot opoffering wat my Ver
losser gemaak het, om sy hemeltuiste en sy Vader se troon prys te gee om vir my
’n ewige saligheid te kom bewerk!” In sy dagboek by 19 Maart het hy geskryf: “My
birthday. My Jesus, my King, my Life, my All, I again dedicate my whole self to
Thee…grant, O gracious Father, that ere the year is gone I may finish my work…” ’n
Jaar later het sy werkers hom op sy knieë by sy bed in sy kleihut dood gevind. ‘n
Paar jaar voor sy dood het ’n Skotse universiteit ’n eredoktorsgraad aan hom
toegeken. Hy het dit persoonlik ontvang, want hy was toe juis in Skotland. Dr. S.
Parkes Cadman vertel dit was ’n merkwaardige gebeurtenis. Dit was die gebruik in
die Skotse universiteite, die studente sit op die gallerye en elke ontvanger van
’n eredoktorsgraad word onbedaarlik gekoggel. Hulle het nie vir ’n
eredoktorsgraad respek gehad nie. “Hi, Old Soapmaker, now you are a doctor, hi,
hi, hi…” en so aan, het hulle gespot en lawaai. Baie het gewonder: hoe gaan
hulle teenoor David Livingstone optree? Dr. Cadman beskryf dit so: “He stood, one
arm hanging at his side; his shoulder had been torn by a lion in the forests of
Africa. His skin was like leather. What did the students do? They rose and stood
in absolute silence.”
Vir so ‘n toewyding van ’n man wat sy lewe so volkome vir die Here gegee het, het
selfs die ligsinnige studente respek gehad. Hoe sou Livingstone se ontvangs in die
hemel gewees het? Van die eerste martelaar, Stefanus, lees ons, terwyl hy met
klippe doodgegooi word, het hy uit-geroep: “…ek sien die hemel geopen en die Seun
van die mens wat aan die regterhand van God staan” (Hand.7:56)
“Here, vandag wil ek ’n pad loop wat U sal eer.”