“Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, ’n goeie vrug: vrede omdat julle gehoorsaam is aan die wil van God” (11).
In sy boek, A View from the Zoo, vertel Gary Richmond hoe ’n kameelperdvulletjie hierdie wêreld binnekom. Eers verskyn die voorpote en dan die kop. Dan kom die nek redelik vinnig en die res van die lyf val af grond toe. Die kameelperdkoei se agterstewe is hoog van die grond af! Die kalfie beland op sy rug. Feitlik dadelik rol hy om en lê met die bene onder hom ingetrek. In hierdie posisie kyk hy na die wêreld om hom en skud die laaste geboortevog uit sy oë en ore. Die kameelperdkoei laat haar kop sak tot sy hoogte en bekyk hom met groot oë. Sy gaan staan oor hom. Dan voer sy as kameelperdma ’n verstommende handeling uit. Gary Richmond beskryf dit so: “She swings her long, pendulous leg outward and kicks her baby, so that it is sent sprawling head over heels. When he does’nt get up, the violent process is repeated over and over again….untill finally, the calf stands for the first time on its wobbly legs.” Dan doen die ma weer ’n eienaardige ding. Sy skop hom weer van sy voete af. Hoekom. Hy moet onthou hoe hy op gekom het. In sy nuwe wêreld moet die kameelperdbaba leer om vinnig op die been te kom, sodat hy by die trop kan bly as hulle vir ’n roofdief moet vlug en die agterblykalfie dus nie sommer gou-gou deur ’n leeu, luiperd of wildehond gevang kan word nie. Dit is die kalfie se behoud om altyd tussen die trop te bly en saam met die trop te beweeg.
Gary Richmond maak ’n belangrike geestelike toepassing: There have been many times when it seemed that I had just stood up after a trial, only to be knocked down again by the next. It was God helping me to remember how it was that I got up last time, urging me always to walk with Him, in his shadow, under his care – the only safe place.”
“Here, vandag laat ek my deur U leer om by U te bly.”