“Hy het sy eie mense wat in die wêreld is liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad” (1)
`n Goeie en gerespekteerde man in die omgewing was siek, vertel Christian Herald die storie. Sy vriende het gekom om hom te troos en te bemoedig. Hulle het sy goeie lewe in gedagte gehad, sy goeie dade en hoe hy prakties en aktief in die kerklike lewe deelneem om Christus se volgelinge te beskerm en op te bou. Toe hulle wou vertrek bid een van hulle vir hom. “Here”, bid die man, “U weet hoe lief hy U het.” “Nee, vriende,” praat die man van sy bed af, “moet dit nie so sê nie. Toe Marta en Maria die boodskap oor Lasarus se siekte na Jesus toe gestuur het, het hulle nie laat weet: ‘Here, hy wat vir U liefhet is siek nie.’ Hulle het laat weet: ‘Here, hy vír wie U liefhet is siek.’” Dit is nie my gebrekkige liefde vir Jesus wat my moed gee nie, maar sy groot liefde vir my. Dít is my krag en vashouplek.”
Dit is ook die raad wat die groot prediker Mark Guy Pearse, vir `n bekommerde jong meisie gegee het. Sy het met haar geestelike behoefte na hom toe gegaan. “Ek weet ek het Jesus in my lewe aangeneem,” kla sy, “maar ek kry nie reg om Hom regtig lief te hê nie.” Mark Pearse het haar geantwoord: “My dogter, moenie aan jóú liefde vir Jesus aanhou dink nie. Sê oor en oor vir jouself: ‘Jesus het my lief.’ Kom sien my weer môreoggend.” Christian Herald skryf: “When she came to see Mr. Pearse the next day there was no need to tell him of the change that had taken place. Her face was radiant. The love of God had been shed abroad in her heart by the Holy Spirit.”
Jesus het vir sy dissipels vertel Hy het hulle lief. Dit is die geloofselement wat ons nodig het. Glo Jesus se liefde. Sê dit in eie hart. Die Heilige Gees sal sy stempel daarop druk en in die hart oorwinning bring.
“Here, vandag glo ek U het my lief.”