SKRIFGEDEELTE: 1 Timoteus 4:7
"Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe"
Toe die Dallas Cowboys se afrigter, Tom Landry, gevra was hoe bou 'n mens 'n wenspan het hy geantwoord: "My werk is om mense te kry om te doen wat hulle nie wil nie, sodat hulle kan bereik wat hulle nog altyd wou." Wat wou hierdie voetbalspelers bereik? Oorwinning in die Super Bowl. Wat wou hulle nie doen nie? Die harde werk wat dit sou verg om daar te kom! Om bo uit te kom verg dissipline - vasbeslote, doelbewuste, daaglikse definieerbare aksies met 'n duidelike doel voor oë. Paulus het vir Timoteus afgerig en vir hom gesê: "Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe." Timoteus was die leraar van die Kerk in Efese, 'n stad soortgelyk aan een van ons groot stede soos Johannesburg, New York of Las Vegas. Dit was 'n besige, ryk en wellustige stad. Paulus het geweet dat dit nie maklik sou wees om daar sukses te behaal nie en maak dus gebruik van die Griekse term waarvan ons die woord gymnasium kry. Dit is hoekom Paulus skryf: "Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe." Let op twee woorde: (1) Oefen - dit verg herhaalde oefening vir jou verstand en verskillende spiergroepe om in refleks en automaties saam te werk. Dit verenig uithouvermoë en vaardigheid. Oefening is wat die vermoë om te wen, omskep in 'n gewoonte. (2) Jy self - Niemand anders kan dit namens jou doen nie. Kyk in die telefoonboek, daar is nie "Huur 'n Hardloper" of "Leen 'n Tennisspeler" nie. Nee dit hang alles van jouself af. Hoekom oefen? Om soos Christus te word! Deur die lewe te leef soos wat Hy het en deur die Heilige Gees toe te laat om jou deur Sy dissipline van binne af te vorm. So sal jy hierdie doel bereik. Met ander woorde, spandeer meer tyd in die gymnasium van die siel.
Vry 28 Nov: Vra Genade
SKRIFDEEL: Psalm 51
“Wees my genadig, o God, in u troue liefde…”
Good Company vertel die storie van `n ma wat by Napoleon I om genade vir haar seun gaan pleit het. Dit was die jongman se tweede oortreding en die keiser het besluit hy is die doodstraf skuldig. Die ma se pleidooi: “Ek vra nie geregtigheid nie. Ek vra genade vir my seun.” Die keiser het geantwoord: “Hy verdien nie genade nie.” “Maar, my heer,” roep die moeder huilend uit, “as hy dit verdien het, is dit nie genade nie. En wat ek vra is nie wat hy verdien nie, maar ek vra genade.” Die keiser het haar `n oomblik aangekyk en toe geantwoord: “Dan sal ek hom genadig wees. Hy hoef nie te sterf nie.”
Dit is ons posisie voor God. Ons is afhanklik van sy genade, dit wat ons nie verdien nie. Die misdadiger wat saam met Jesus gekruisig is, het geen geleentheid vir verdienste gehad nie. Aan die einde van `n skuldige lewe hang hy veroordeeld aan die kruis. Hy wend hom tot Jesus: “’Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.’ Jesus antwoord hom: ‘Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees’” (Luk.23:42,43). Die ander misdadiger het dieselfde geleentheid gehad, maar hy het dit, weggevoer deur die omstanders se boosheid, by hom verby laat gaan.
“Here, vandag pleit ek nie my verdienste nie. Ek vra genade om gered te word.”

Do 27 Nov: Omgekeerde Waarde
SKRIFDEEL: Johannes 13: 1 – 17
“Hy het sy eie mense wat in die wêreld is liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad” (1)
`n Goeie en gerespekteerde man in die omgewing was siek, vertel Christian Herald die storie. Sy vriende het gekom om hom te troos en te bemoedig. Hulle het sy goeie lewe in gedagte gehad, sy goeie dade en hoe hy prakties en aktief in die kerklike lewe deelneem om Christus se volgelinge te beskerm en op te bou. Toe hulle wou vertrek bid een van hulle vir hom. “Here”, bid die man, “U weet hoe lief hy U het.” “Nee, vriende,” praat die man van sy bed af, “moet dit nie so sê nie. Toe Marta en Maria die boodskap oor Lasarus se siekte na Jesus toe gestuur het, het hulle nie laat weet: ‘Here, hy wat vir U liefhet is siek nie.’ Hulle het laat weet: ‘Here, hy vír wie U liefhet is siek.’” Dit is nie my gebrekkige liefde vir Jesus wat my moed gee nie, maar sy groot liefde vir my. Dít is my krag en vashouplek.”
Dit is ook die raad wat die groot prediker Mark Guy Pearse, vir `n bekommerde jong meisie gegee het. Sy het met haar geestelike behoefte na hom toe gegaan. “Ek weet ek het Jesus in my lewe aangeneem,” kla sy, “maar ek kry nie reg om Hom regtig lief te hê nie.” Mark Pearse het haar geantwoord: “My dogter, moenie aan jóú liefde vir Jesus aanhou dink nie. Sê oor en oor vir jouself: ‘Jesus het my lief.’ Kom sien my weer môreoggend.” Christian Herald skryf: “When she came to see Mr. Pearse the next day there was no need to tell him of the change that had taken place. Her face was radiant. The love of God had been shed abroad in her heart by the Holy Spirit.”
Jesus het vir sy dissipels vertel Hy het hulle lief. Dit is die geloofselement wat ons nodig het. Glo Jesus se liefde. Sê dit in eie hart. Die Heilige Gees sal sy stempel daarop druk en in die hart oorwinning bring.

“Here, vandag glo ek U het my lief.”
Wo 26 Nov: Hy laat my sien
SKRIFDEEL: 2 Korintiërs 4: 1 – 6
“God wat gesê het: ‘Laat daar lig skyn uit die duisternis’, het ook in ons harte ’n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal” (6).
’n Man het weens sy besondere intellektuele vermoë ’n hoë geleerdheid bekom en ’n uitnemende posisie in die samelewing bereik, maar hy was blind. Hy is blind gebore. ’n Ewe talentvolle vrou het sy lewensmaat geword. Sy was vir hom ’n ware geesgenoot. Hulle pragtige huwelik is verryk met drie, ewe talentvolle, kinders. Hy het die beproewing van sy blindheid opgeweeg teen die seëninge wat die Here hom gegee het en daarom was hy, ten spyte van sy blindheid, ’n dankbare mens. Hy het jaarliks ’n oogarts besoek om te sorg vir die gesondheid van sy blinde oë. So gebeur dit dat hy op ’n keer onder die aandag van ’n beroemde oogarts kom. Na die ondersoek sê dié dokter vir hom sy blindheid is te wyte aan ’n oppervlakkige oorsaak. ”As ek twintig jaar gelede jou oë kon opereer, sou ek byna seker jou sig kon herstel. Nou kan ons probeer, maar ek kan jou nie beloof jy sal kan sien nie en dit kan vir jou onnodige lyding veroorsaak.” ”Die lyding sal ek verduur,” roep die blinde man hartstogtelik uit, ”maar probeer tog net om my te laat sien!” Die operasie is gedoen en dit was ’n wonderlike sukses. Verwonderd het die man na alles om hom gekyk. Sy vrou en kinders was by toe die verbande verwyder is. Hy het na hulle gekyk asof hy nie genoeg kon kry om hulle te sien nie. Toe roep hy skielik uit: ”Hoe kon ek eerste na ander dinge kyk? Waar is die man wat my laat sien. Wys my my dokter. Ek wil hom graagste sien!”
Dit moet die hartstogtelike taal van die verloste mens wees. “Ek wil Jesus sien! Ek wil Hom bewonder!” Ons kan Hom nie fisies sien nie, maar die geestelike aanskouing van Christus in sy Woord en deur die werk van die Heilige Gees, maak Hom vir ons ‘n werklikheid, sodat ons na die belewing van sy teenwoordigheid verlang. ”Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is.” (1 Pet.1:9,9). Om deur bekering geestelik siende te word, open vir ons ’n wye geestelike wêreld. ”Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo” (Ef.1:18,19).

“Here, vandag wil ek tyd neem om U te aanskou.”
Di 25 Nov: Ons Bid na Behoefte
SKRIFDEEL: Lukas 18: 35 – 43
“Toe hy naby kom, vra Jesus vir hom: ‘Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?’ En hy antwoord: ‘Here, dat ek kan sien.’” (40,41).
Theodore Monod was eendag besig om vir ’n seun die verhaal van die blinde man by Jerigo te vertel, skryf Sunday School Cronicle. Die seun luister met stralende gesig en wakker ogies na dié storie. “En wat,” vra Monod vir die seuntjie, “sou jy van Jesus gevra het as jy blind was?” Dadelik antwoord hy: “Ek sou vir ’n mooi hond met nekband en ketting gevra het, sodat hy my oral waar ek wil wees kan lei.” Monod merk hieroor op: “How often do we ask for the blind man’s dog instead of the seeing man’s eyes.”
Die seun het wakker, sienende oë gehad en daarom kon dit nie deel van sy gebed uitmaak nie. Hoe sterker ons van ’n behoefte bewus word, hoe meer kleur dit ook ons gebed. Onbetaalde skuld by winkels en ’n oortrokke bankrekening laat ons vir geld bid, ’n kwellende kwaal laat ons vir gesondheid bid en bewuste geestelike behoefte laat ons volgens ons geestelike behoefte bid. Die blinde man se blindheid en Jesus se nabyheid en vriendelike vraag: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?” het hom so duidelik volgens sy ware behoefte laat bid: “Here, dat ek mag sien.” `n Bewuste behoefte, ‘n wete wat God beloof en ’n bewussyn van die Here se nabyheid rig ons gebed. Soos die blinde man laat dit ons bid: ”Here Jesus, in u Naam, doen dít, of, gee dít (volgens my eie behoefte) vir my.”

“Here, vandag bid ek vir my behoefte en ek glo.”
Ma 24 Nov: Dadelik
SKRIFDEEL: Psalm 22
“My God, ek roep bedags en U antwoord nie…(3)
Die volgende gebeurtenis word vertel deur Dr. H. Clay Trumbull wat vir jare die redakteur van The Sunday School Times was. `n Vriend van hom moes eenkeer vir `n nag van die huis af wees. Hy het sy vrou en kinders en `n invalide vriendin van sy vrou, vir die nag alleen tuis gelaat. In die middel van die nag word sy vrou wakker van `n geluid wat sy herken as die venstergrendel wat beweeg word. Sy besef dit is `n inbreker. Wat moet sy doen? Ek haal Arnold’s Commentary aan: “It was about the time that Professor Huxley had been lecturing and writing on the folly of expecting direct answers to prayer. She thought of this, but it was immediately followed with the thought, ‘God can help me now, and I will pray to Him.’ She fervently prayed: ‘Lord, send me a policeman to our rescue.’” Skielik knal pistoolskote buitekant. Sy hardloop venster toe en sien `n man in die skaduwees verdwyn. Oomblikke later klop `n polisieman aan die deur en vra toegang. Hy vertel haar hy het net kort te vore by die huis verbygestap, maar alles het vir hom pluis gelyk. Maar net toe hy verder om die hoek wil stap, is dit of iemand vir hom sê hy moet teruggaan en weer kyk. En so kom hy af op die misdadiger wat by die venster probeer inkom.
God kan ons dadelik antwoord as ons in `n noodsituasie tot Hom roep. Hy het die krag om te antwoord, en die liefde om te wil antwoord. “Die Here – sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is…” (2 Kron.16:9). Jesus het ons in sy gelykenisse geleer, tyd kan ook omgaan voor God ons verhoor: “En Hy het ook aan hulle `n gelykenis vertel met die oog daarop dat `n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie….” ‘Sal God dan nie regdoen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?’ (Luk.18:1,7 Ou Vert.).”

“Here, vandag wil ek aanhou bid vir my behoefte.”
Vry 21 Nov: 'n Ander Telegraafgebruik
SKRIFDEEL: Psalm 65: 1 – 12
“Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkies en laat naderkom…” (5).
In `n gesprek met Prof. S. F. B. Morse, ontdekker van die telegrafiewetenskap, vra Rev. George W. Hervey hom: “Prof Morse, toe u u studie en eksperimente daar in u kamers in die universiteit gedoen het, het u ooit voor `n probleem te staan gekom waarvoor u nie `n oplossing gehad het nie?” Die professor het geantwoord: “O, ja, meer as een keer, verseker.” “En in sulke omstandighede, wat was u oplossing?” In die professor se woorde: “I may answer you in confidence, sir, but it is a matter of which the public knows nothing. I prayed for more light.” “En het die lig gewoonlik gekom?” Weer die professor se woorde: “Yes. And may I tell you that when flattering honors came to me from America and Europe on account of the invention which bears my name, I never felt I deserve them. I had made a valuable application of electricity, not because I was superior to the other men, but solely because God, who meant it for mankind, must reveal it to someone, and was pleased to reveal it to me.” Die professor se eerste telegraafboodskap, na instelling van sy uitvinding, was dié woorde: “What hath God wrought!”
Drie belangrike houdinge gaan saam met gebed: Nood of behoefte wat ons in woorde vir God sê; Nederigheid, wat nie terugleun op eie verdienste of belangrikheid nie. Ons vertrou in die weg wat die Here Jesus vir ons na God toe geopen het; Dankbaarheid en erkenning vir die hulp wat God vir ons gestuur het. Dawid se Psalms is vol met uitroepe om hulp na God toe. Hy het vir God `n eie naam gehad: Hoorder van die gebed (Ps.65:3 – Ou Vert.)

“Here, vandag bid ek oor my nood.”
Do 20 Nov: Deur GOD Gestuur
SKRIFDEEL: Psalm 18:1-7
“In my nood roep ek na die Here, ja, ek roep om hulp na my God. In sy paleis hoor Hy my geroep…en hy luister na my” (7)
Die naamlose skrywer van die volgende insident sê daaroor: “’n Hooglandherder op my oom se plaas by Arridilly staan in vir die waarheid van hierdie storie wat hy vir my vertel het.”
’n Weduwee wat alleen teen die hang van ’n bult, ver van ander huise af, gewoon het, het die belofte in Psalm 146 haar lewenskuiling gemaak: “Die Here het die hemel en die aarde gemaak…Hy bly vir altyd getrou, Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan die hongeres…en help weeskinders en weduwees…” Een winter het haar beperkte kosvoorraad laag gedaal, want weens die voortdurende ongure weer kon sy nie uitgaan om te gaan werk en inkomste verdien nie. Toe breek die dag aan dat sy die laaste handvol meel uit die meelblik skep. Sy het gaan slaap met die voorneme om die volgende dag plan te maak om kos in die hande te kry. Die oggend het onder ’n sneeustorm aangebreek. Die pad op na haar huisie toe was toegesneeu. Dit was buite die kwessie om met haar tenger liggaam die geweld van die storm te trotseer. In haar huis was nou geen kos nie. Sy besluit om weer haar toevlug tot haar troue Vriend in al haar nood te neem. Sy het die pappot met water gevul en op die vuur gesit, sout ingegooi en die deksel opgesit. Op haar Skotse manier het sy vir haarself gesê: “Noo, I’ll jist gang ben and ask t’ Lord for t’ meal.” Sy het na haar slaapkamer toe gegaan en met danksegging en lof haar behoefte aan die Here bekend gemaak. Sy het net ’n rukkie gebid toe ’n harde geklop aan die deur haar gebed onderbreek. Weer praat sy op Skotse manier met haarself: “No an, Lord, Thou canst no hae sent the answer sae soon.” Die geklop hou aan en sy gaan maak die deur oop. In die deur staan die mollige dogter van ’n ewe stewige buurman. Die dogter gooi ’n sak meel op die grond neer en voeg met breë Skotse aksent by: “Father sent ye that. Whatever possessed him I dint know, but all morning he has been dinning into me about that sack o’ meal and I must fetch it to ye!” Met traangevulde oë gooi die vrou haar hande in die lug en roep uit: “He’s aye the same, Jeanie! Mony a long year hae I trusted Hom and I ne’er found Hom fail; and He’s nae failed me noo. Sae I was jist asking the Lord to send the meal when I heard ye knock’n at the door.”

“Here, ek kom vandag my dringende nood aan U vertel”
Wo 19 Nov: Vaderliefde
SKRIFDEEL: Lukas 15: 17 – 24
“…sy pa het hom innig jammer gekry…omhels hom en soen hom” (20)
In sy boek, Cameos, skryf H. Weigle saam met C. H. Spurgeon: “In a home in Manchester, England, there was a wayward son and brother. The mother was dead and the father and the family were heart-stricken with grief over the boy.” Die verhaal wy dan uit oor al die pogings wat die broers en susters aangewend het om die seun tot beter insig te bring. “One Christmas morning the boy came home after a dreadful debauch. The brothers and sisters were shocked, disgraced, and out of all patience.” Die broers en susters het besluit daar is net een uitweg: die seun moet uit die huis verban word. Daardie aand het die pa met elkeen van sy seuns en dogters `n aparte gesprek gevoer. Die gevoel was by almal ewe sterk: die dranklustige seun moet uit die huis gestuur word. Hy is nie meer deel van die gesin nie. Na sy gesprek met sy kinders, roep die pa die seun. Ek haal nou die boek se eie woorde aan, want my vertaling sal nie reg laat geskied aan die betekenis wat dit het nie. “Henry, your sisters say you should be put out of the house, your brothers say you should be put out;’ Then going over to the boy he said: ‘My son, I shall never put you out of the home.’ This loving word of his father woke up his soul. He reformed and became converted, and was none other than the Rev. Henry Moorehouse of Manchester.”
So `n gebeurtenis laat ons opnuut God, ons Vader, se groot liefde vir óns besef. Glo ons, weet ons, dat God ons met `n groot liefde lief het? “God het die wêreld – vir my, vir jou – so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Joh.3:16). Glo dit. Aanvaar dit. Dank God daarvoor. “God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word” (Joh.3:17).

“Here, vandag weet ek uit u Woord U het my lief.”
Di 18 Nov: Langs Mekaar
SKRIFDEEL: Lukas 19: 1 – 10
“Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuisgaan…hy het Jesus met blydskap ontvang” (5)
`n Misdadiger het in `n tronk op die voltrekking van sy doodstraf gesit en wag, vertel The Presbyterian. `n Predikant het hom besoek en hom probeer help om tot bekering te kom. Hy kon net nie by die man ingang vind nie. Op pad terug huistoe, loop die dominee `n bejaarde lidmaat van hom raak, wat vir sy toegewydheid aan die Here bekend was. Hy vra die man om met die misdadiger te gaan praat. By die misdadiger in sy sel aangekom, gaan hy langs die man sit, neem sy hand in sy eie hand en sê met groot gevoel en eenvoud: “Is dit nie wonderlik dat God in sy groot liefde vir ons, sy Seun gestuur het om vir sondaars soos ek en jy te kom sterf nie.” Binne oomblikke breek die man se hart oop en begin hy huil. Later het hy gesê: “Toe die predikant met my gepraat het, het dit gevoel soos iemand wat van ver bo my met my praat. Maar toe die ou man inkom en langs my kom sit en hom met my klas deur te sê: ‘Was dit nie `n groot liefde van God om sy Seun in die wêreld te stuur om vir sondaars soos ek en jy te sterf nie, kon ek dit nie meer uithou nie. Ek het my hart vir die Here oopgemaak en ek gaan nou met moed my slegte straf tegemoet.”
`n Nederige houding en groot meegevoel vind ingang by mense. Dit is hoe Jesus self met mense omgegaan het: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee…want Ek is sagmoedig en nederig van hart….” (Mat.11:28).

“Here, vandag wil ek vir U bruikbaar wees.”
Ma 17 Nov: Die Hart van Die Verlosser
SKRIFDEEL: Psalm 22
“My God, ek roep bedags en U antwoord nie…(3)
C. H. Spurgeon het ’n kommentaar, bestaande uit drie dik volumes oor die Psalms geskryf. In 1975 het ek die hele stel van drie, nuut, vir R38,85 gekoop. Eenkeer, voor ’n nagmaalsdiens, het ek behoefte gehad om my hart vir die herdenking van die Here Jesus se kruisiging voor te berei. Ek het Spurgeon se kommentaar oor Psalm 22 gelees. In die evangelies het ons die beskrywing van Jesus se kruisdood. In Psalm 22 het ons dieselfde beskrywing asof Dawid self by Golgota gestaan het. Die verskil tussen die evangelies se beskrywings en Psalm 22 is: die evangelies beskryf aangrypend die gebeurtenis se uiterlike ontvouing, en Psalm 22 bring die lydende Messias se gevoelens en gedagtes gedurende daardie kruisigingsure na ons harte toe. Die Gees van die Messias vertolk in Dawid se menslike hart Getsémane en Golgota soos Jesus dit beleef het: sy eensaamheid, sy verskrikking, sy pyn.
Nou volg ons Spurgeon se spore (kortpad) deur Psalm 22. “Vir die koorleier (Chief Musician)”. So ’n verhewe lied kan nie deur ’n mindere hanteer word nie. Jesus is soos ’n wildsbok gejag: “Op die wysie van die wildsbok…” (v.1). Jesus se gevoel van diepe verlatenheid: “My God, my God, waarom het U my verlaat en bly ver as ek om hulp roep?” (v.2). Sy hewige onrus: “My God, ek roep bedags en U antwoord nie, ook snags, maar ek kry geen rus nie (v.3). Sy verwarring: “Op U het ons voorvaders vertrou…U het hulle gered… hulle het na U om hulp geroep…en hulle is nie beskaam nie (4-6)”. Hoekom kry Hy nie antwoord nie? Sy vernedering: “Maar ek is ’n wurm…Almal wat my sien, spot my, hulle steek vir my tong uit en knik met voldoening die kop en sê: ‘Laat dit aan die Here oor! Laat Hy hom red… (7-9)’” Sy herinneringe: “Van my geboorte af is ek onder u sorg…is U my God (v10,11). Sy angs: “…die nood is naby …’n wreedaardige klomp mense het my omsingel…soos verskeurende leeus…ek smelt weg…ek is so min werd as ’n potskerf…soos honde omsingel hulle my (12-17)”. Sy vernietiging: “…hulle het my hande en voete deurgrawe…hulle verdeel my klere onder mekaar en trek lootjies oor my mantel…help my tog gou! Red my…kosbare lewe…Red my…! (v17-22) Sy oorwinning: “U het my gebed verhoor! Ek sal U…in die volle vergadering prys…(23-27)”. Sy versoening: “Mense oor die hele wêreld sal die Here erken en hulle tot Hom bekeer …Alle volke sal Hom as koning erken… Hy heers oor die volke…(28-30)”. Sy verkondiging: “Die nageslag sal Hom dien… sal van die Here vertel…aan die volk wat nog gebore moet word van hierdie verlossingsdaad getuig: die Here het dit gedoen (31-32)”.

“Here, vandag dank ek U vir u soenoffer.”
Vry 14 Nov: Daardie Nagmaal
SKRIFDEEL: Lukas 23: 33 – 43
“Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar…gekruisig” (33)
Aatami Kuortti, `n Luteraanse pastor in Rusland, is tot 10 jaar hardepad in `n konsentrasiekamp gevonnis, omdat hy nie vir die Russe `n spioen wou wees nie. `n Groot aantal van die konsentrasiekamp se gevangenes was Christene. Hulle enigste misdaad was hulle Christenskap. Een van die Finse
gevangenes, Kajada, het `n pakkie van sy huis af ontvang; `n stukkie brood en `n paar appels. Die eerste ding waaraan hy dink is, of hulle dít nie kan gebruik om die Here se nagmaal te vier nie. Hy gaan vertel dit vir eerw. Kuortti. Die pastor dink dadelik dit is onmoontlik. “Die wagte sal inmeng,” sê hy. “Dit is alles al gereël,” antwoord Kajada. “Ek het die appels stukkend gedruk en die sap in `n beker gegooi en daar is genoeg broodstukkies om te gebruik. Ons hou dit in die hoek waar ek en my broer slaap. Die wagte sal dink ons drink tee. Later skryf eerw. Kuortti: “I gladly fell in with the proposal of the bretheren. After repetition of Scripture, I blessed the bread and the mug of apple juice, and we ate the Lord’s Holy Communion.” Die nagmaalstafel was `n vuil, growwe plank. “The pastor, as well as his flock, was in rags, yet we realized the presence of Christ.”
Ek wens Sunday School Times het iets meer van hierdie besondere nagmaalviering vertel. Maar ek wil glo die harte van almal wat deelgeneem het, se geloof is versterk. Die omstandighede was so op die peil van Jesus se smartlike dood daardie dag op die heuwel van Golgota: die haat en geskreeu van die omstanders, die ruwe kruis,die vloeiende bloed, die vrees in die dissipels se harte.
Nagmaal is een van die tasbare, herhaalbare tekens van Jesus se groot verlossingsdood. Laat ons daarvan gebruikmaak, so dikwels as wat ons kan. Ons ander tasbare bewys van Jesus se kruisdood, is die Bybel, veral die hoofstukke wat vertel van wat Hy moes deurmaak. Gisteraand het ek die kruisigingsverhaal in die Johannesevangelie gelees en laasnag het ek net na 1vm. wakkergeword, opgestaan en die opstandingsverhaal gelees. En hoe `n seën het dit in my hart gebring! Ek het daaraan behoefte gehad. Om so `n geheelstuk van Jesus se lewe te lees, het `n krag om Hom vir ons, deur die Heilige Gees se werking, `n lewende werklikheid te maak. “…sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde….ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp” (Fil.3:10-12).
“Here, vandag wil ek U in u woord raaksien.”

Do 13 Nov: 'n Gerusstellende Sekerheid
SKRIFDEEL: Johannes 11: 1 – 16
“Here, hy vir wie u lief is, is siek” (3)
Kenneth Osbeck vertel van die professor van die Princeton kweekskool wat gewoond was om sy klas af te sluit met die woorde: “Gentlemen, there is still much in this world and in the Bible that I do not understand, but of one thing I am certain – ‘Jesus loves me, this I know for the Bible tells me so’ – and gentlemen, that is sufficient!” Hy het die woorde aangehaal van die lied wat veral deur kinders gesing word, maar vir ons net so troosvol is: “Jesus min my, salig lot! Dit leer my die woord van God; Al is ek ook swak en blind, Nogtans noem Hy my sy kind.” Vir Marta en Maria was dit ‘n groot troos oor hulle broer wat siek gelê het: Jesus het hom lief gehad. Die onmiddellike verloop van sake het dit weerspreek, want Jesus het gewag totdat Lasarus dood en begrawe was voor Hy na hulle toe gegaan het. Die uiteinde van hulle vertroue in Jesus, al het hulle vertroue ook gewankel, was goed en het op ‘n feesmaal uitgeloop. Dwarsdeur ons beproewings moet ons net daaraan vashou: Jesus het ons lief. Hy sal vir die beste oplossing sorg.
Die lied is in 1860 deur Anna B. Warner, met die samewerking van haar suster Susan geskryf. Dit was deel van ‘n roman, Say and Seal, wat hulle geskryf het en wat in daardie tyd ook ‘n blitsverkoper was. In die boek ontvou ‘n roerende toneel. Een van die karakters in die boek, Mr. Linden, troos ‘n sterwende seuntjie, Johnny Fax, deur vir hom hierdie lied te sing. William Bradbury het die melody in 1861 gekomponeer en die koortjie by Anna Warner se vier verse gevoeg:
Ja, Jesus min my! Ja, Jesus min my!
Ja, Jesus min my! Ek weet dit uit Gods Woord.

Wo 12 Nov: Die Ou Ruwe Kruis
SKRIFDEEL: 1 Petrus 2: 18 – 25
“Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees” (24).
George Bennard het sy werk as evangelieprediker by die Heilsleër begin. Agt jaar later is hy in die Metodistekerk as leraar georden. Sy toegewyde bediening as evangelis in die kerk was vir baie jare hoog aangeskryf. Een keer het Bennard met ’n bedrukte hart, weens persoonlike beproewing, na sy huis in Albion, Michigan teruggekeer. Hy het die betekenis van die kruis van Christus ernstig oordink en wat Paulus in Filippense 3:10 bedoel het, waar hy praat van gemeenskap met die lyding van Christus: “Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word…”. Hy het lang ure begin deurbring met Bybelstudie, gebed en oordenking. Op ’n dag het die lig vir hom deurgebreek. Hy skryf daarvan: “I saw the Christ of the cross as if I were seeing John 3:16 leave the printed page, take form and act out the meaning of redemption. The more I contemplated these truths the more convinced I became that the cross was far more than just a religious symbol but rather the very heart of the gospel.”
Tydens hierdie geestelike stryd in sy hart het die tema van “The Old Rugged Cross” in sy gedagte begin vorm. Op ’n dag begin die woorde en die melodie van die lied in sy gemoed oopgaan. Die Heilige Gees maak die kruis vir ’n mens ’n groter en groter werklikheid, as ons deur gebed en Bybelstudie ons harte vir Hom open: “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God vir die gelowiges” (Rom.8:26). Binne ’n kort tyd het hy die woorde en die melodie geskryf en dit vir Charles Gabriel, ’n leidende liedskrywer, gestuur. Gabriel het vir hom, in eie woorde, terug laat weet: “You will centainly hear from this song, Mr. Bennard.” Dit was profetiese woorde, want hierdie lied het een van die bekendste geestelike liedere geword.
O, die dierbare kruis, waar die uiterste prys,
Deur kosbare bloed is betaal;
Dáár is smarte gely en versoening verkry
Waar Jesus oorwinning behaal.
“Here, vandag aanskou ek U aan die ruwe kruis.”

Di 11 Nov: Ook
SKRIFDEEL: Jesaja 1: 12 – 18
“’Kom nou en laat ons die saak uitmaak,’ sê die Here: ‘al was julle sondes soos skarlaken, dit sal word soos sneeu…’” (18).
In die Reader’s Digest van Januarie 2006, verskyn ’n artikel onder die opskrif: One Frenchwoman Who Outlived Six Billion People. Hierdie vrou, Jeanne Calment, is die wêreld se oudste mens van wie daar bevestigde geboorte- en sterftegegewens bestaan. Sy is in 1997 op die ouderdom van 122 jaar oorlede. Oor haar skryf die Reader’s Digest: “A smoer, Calment liked nothing more than a regular glass of port wine. She rode bicycle at 100, made her film debut at 114 and remained lucid (duidelik – die rimpels ontbreek!) virtually until the day she died.” Sy het ’n goeie, vol, lang lewe gehad.
So interessant en lank as wat haar lewe ook was, op ’n dag, in 1997, het sy ook gesterf. Die dag wanneer ’n mens gebore word, is belangrik, die dae wat ’n mens lewe, is belangrik, maar die dag wanneer ’n mens sterf is uiters belangrik. Dan begin die ewigheid vir `n mens sélf. In Jesus se gelykenis oor die arm man, Lasarus, en die ryk man, word hul sterfdae beklemtoon: “Toe die arm man te sterwe kom, is hy deur die engele weggedra na die ereplek langs Abraham…Die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en sien Abraham in die verte…en hy roep… ek ly verskriklik in hierdie vuur” (Luk.16:22-24).
Elkéén van ons het ook `n sterfdag. Die Here Jesus het ’n aaklige, bitter sterfdag gehad. Sy aardse lewe van 33 jaar was ingestel op sy sterfdag. Hy het met sy dissipels meer as een keer oor sy komende sterfdag gepraat. Aan die einde van sy drie en ’n half jaar diens aan sy volk, toe Hy baie mense genees en gered het, wou die Grieke Hom sien. Maar Hy sê vir Filippus en Andreas: “Die tyd het gekom…As ’n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ’n groot oes in…Nou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek sê?… Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur…” (Joh.12:24-27). “Kyk, daar kom ’n tyd, en dit is noual hier…dat julle My alleen sal laat…” (Joh.16:32). “Teen twaalfuur die middag het daar duisternis oor die hele land gekom…om drie-uur het Jesus hardop uitgeroep: ‘Eloï, Eloï, lemá, sabagtani?’…Dit beteken: ‘My God, My God, waarom het U My verlaat?’…Daarna het Jesus hard uitgeroep… (Mark.15:33,34).”’Dit is volbring!’ Toe het Hy sy kop vooroor laat sak… en die laaste asem uitgeblaas… (Joh.19:29,30)” “Die voorhangsel in die tempel het van bo tot onder middeldeur geskeur” (Mark.16:37,38). Die toegang na God toe het vir ons almal gekom.
Jesus het die weg na God vir óns, die skuldiges oopgemaak, sodat ons by God vergifnis kan kry en deel kan kry aan die ewige lewe en die hemel. Hiermee het Jesus die skrik van ons sterfuur weggeneem. As ons dan ook die dag sterf, gaan ons hemel toe. Laat ons verseker sorg om tyd te maak om hierdie groot geskenk van God aan te neem, vóór ons die doodsdal betree!
“Here, vandag dink ek aan my verlede en ek dink aan die ewigheid. Ek bely U my sonde en vertrou in u kruisdood ook vir my.”

Ma 10 Nov: Wees Daardie Dag Daar
SKRIFDEEL: 1 Tessalonisense 4: 13 – 18
“Wanneer… die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet” (16,17)
James Black was ’n ywerige en aktiewe werker en prediker in die Metodiste kerk, ’n sogenaamde Methodist layman, ’n musiekonderwyser en komponis en uitgewer van talle evangeliese liedere, gospel songs. Hy het ook as Sondagskoolonderwyser en leier van ’n jeuggroep onder kinders en jongmense gewerk. Eendag loop hy ‘n 14-jarige dogter raak. Sy was armoedig geklee en die kind van ’n dranksugtige man. Op Black se aandrang het sy Sondagskool begin bywoon en by die jeuggroep aangesluit. Een aand, by ’n toewydingsvergadering van die jeuggroep, moes die jongmense met ’n teksvers antwoord as hulle name uitgelees word, die sogenaamde roll call. Toe die dogter se naam gelees word, is daar net stilte. Sy was nie daar nie! James Black gebruik toe die geleentheid om te praat oor hoe hartseer dit sal wees as iemand se naam die dag met die opening van die Lam se Boek van die Lewe uitgelees word en die persoon is nie daar nie. Dit het gelei tot een van sy treffende liedere. Black skryf: “When I reached my home, my wife saw that I was deeply troubled. Then the words in the first stanza came to me in full. In fifteen minutes more, I had composed the other two verses. Going to the piano, I played the music as it is found today in the hymnbooks:
When the trumpet of the Lord shall sound
and time shall be no more
And the morning breaks eternal, bright and fair –
When the saved of earth shall gather over on the other shore,
And the roll is called up yonder, I ‘ll be there.”
Die volgende dag moes Black uitvind, die dogter was nie daar nie, omdat sy siek lê aan longontsteking. Hy skryf: “The subsequent death of the missing girl from pneumonia, after an illness of just ten days, furnished the dramatic finale to this account and gives a poignancy to the ‘roll call’ song.”
Na hierdie lied in 1894 verskyn het, word mense daardeur aangegryp. Ons het dit in Afrikaans: “As die boeke oopgemaak word, is ek daar?”
“Here, vandag weet ek my naam is in u Boek van die Lewe geskryf, want U is my Saligmaker.”

Vry 7 Nov: Die Beste Vriend
SKRIFDEEL Johannes 15: 9 – 17
“Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê… So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra” (13,16).
Joseph Scriven was ‘n ryk en geleerde jongman in Ierland. Die nag voor sy troue het sy verloofde in ‘n rivierongeluk verdrink. “In his deep sorrow, Joseph realized that he could find the solace and support he needed only in his dearest friend, Jesus”, skryf Kenneth Osbeck, in sy boek Amazing Grace. Kort na die tragedie het Scriven in 1845 geëmigreer Kanada toe, waar hy in Port Hope gaan woon het. Sy voorneme was om sy lewe aan Christus toe te wy deur ander te help, soos Jesus sy dissipels geleer het: “Gee en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol…met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word” (Luk.6:42). Hy het geld en klere aan mense wat dit nodig gehad het gegee, vir ander het hy sonder vergoeding take verrig, en bekend geword as die Goeie Samaritaan van Port Hope.
Hy het eenkeer self siek geword. ‘n Vriend het hom besoek en `n gedig se woorde op ‘n los vel papier, langs die bed, gesien. “Wie het dit geskryf?” wou die verbaasde vriend weet. “Ek en die Here het dit saam geskryf,” het Scriven geantwoord. Dit was die woorde van die lied wat ons ken en sing: Wat `n Vriend het ons in Jesus.”
Scriven is op 66-jarige ouderdom dood. Sy graf, met die lied se woorde op die grafsteen, is te sien naby Peterborough, Ontario. Die gedig is later deur Charles C. Converse getoonset.
Die rykste aardse vrug van Joseph Scriven se beproewing en toewyding daarna, is die waarde wat hierdie lied die afgelope byna ‘n eeu en ‘n half vir gelowiges gehad het. Dit inspireer geloof en bring vrede vir die hart. Die lied vertel van die grootste beskutting wat ons in hierdie lewe het: om Jesus as vriend te ken.
Wat ‘n vriend het ons in Jesus, Hy wat in ons plek wil staan;
Wat ‘n voorreg om gedurig tot Gods troon deur Hom te gaan!
Hoe verbeur ons tog die vrede, ag, hoe dikwels ly ons smart,
Net omdat ons nie ons node uitstort in Gods Vaderhart!
Is ons swak, gedruk deur laste, onder kommer neergebuk,
Dierb’re Heiland, onse Toevlug, o bevry ons weer van druk!
As ons vriende ons versaak het, soek ons in gebed die Heer,
Aan sy boesem is ons veilig, Hy vertroos ons keer op keer.

“Here, vandag ken ek U as my beste Vriend.”
Do 6 Nov: Die Noodroep
SKRIFDEEL: Lukas 23: 33 – 43
“’…ons ontvang die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.’ Verder sê hy: ‘Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.’ Jesus antwoord hom: ‘…vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.’” (40-42)
In die Reader’s Digest van Januarie 2004 word die interessante, maar tragiese verhaal van die popsanger, Elvis Presley, deur Alanna Nash vertel. Sy verlange na iets meer as die roem en rykdom wat hom te beurt geval het, kom aan die lig in ’n gesprek met sy beste vriend, Larry Geller. Daar moet tog ’n doel met sy lewe wees, het hy sy hart vir Geller oopgemaak. Ek haal aan uit die artikel in Reader’s Digest bladsy 140 : Geller had tried to help Presley in his quest to find the divinity within, sharing books and spiritual advice. At one point, Elvis told his friend that he wanted to quit show business and do something important with his life. “In fact, Larry,” Elvis said, “I want you to find me a monastery.”
Die raad en bemoediging wat Elvis by sy vriend gekry het, het hom nie heeltemaal gehelp nie. Op 16 Augustus 1977, wou hy die dag in die bed deurbring om uitgerus te wees vir sy optrede die aand, want hy was baie ontsteld. Hy het vier slaappille gedrink, na ’n rukkie gevolg deur nog so ’n dosis en bietjie later weer. Hy kon nie aan die slaap raak nie. Hy het vir sy bedmaat, die 22-jarige Ginger, skoonheidskoningin van Memphis, gesê hy gaan in die badkamer lees. Hy het die boek The Scientific Search for the Face of Jesus, ’n boek oor die sogenaamde Shroud of Turin, saamgeneem. Om 2 nm. het Ginger wakker geword en badkamer toe gegaan om te sien hoe dit met Elvis gaan. Sy het hom in knielende posisie op die vloer gevind, sy hande onder sy gesig asof hy bid. Hy het onnatuurlik stil gelê. Sy het aan hom geraak. Hy was koud. Elvis het heengegaan.
In my eie hart het die vraag ontstaan: Wat sou Elvis se lewensverloop gewees het, as sy vriend, Larry Geller, Elvis se sielenood met ’n openhartige, evangeliese gesprek kon antwoord. Nog ’n gedagte in my eie hart: Het die moontlike, miskien skrapse, evangeliese verwysing in The Scientific Search for the Face of Jesus, wat Elvis by hom gehad het, hom gehelp om tog redding te vind, soos die moordenaar dit op die laaste oomblik so wonderbaarlik aan die kruis gevind het? Want redding kom in antwoord op ’n enkele uitroep om hulp tot ons Verlosser, Jesus, en is nie ’n beloning vir ’n prestasie van vroomheid nie: “Maar al is die mens se sondes baie, die goedheid van God is nog groter”(Rom.5:20). “Dit is net omdat God vir ons so goed is dat Hy ons gered het. Ons kon onsself nie red nie, maar God gee dit vir ons verniet as ons op Jesus Christus vertrou. ’n Mens kan nie gered word deur iets wat jyself doen nie, en daarom is dit nooit jou eie prestasie waaroor jy kan spog nie” (Ef.2:8-9). “Hy het ons gered, maar dit was nie omdat ons vooraf iets gedoen het wat reg was nie; dit was omdat Hy vir ons jammer was. Hy het ons gered toe Hy ons sondes afgewas en ons ’n nuwe geboorte gegee het, toe die Heilige gees ons nuut gemaak het” (Tit.3:5,6) – Skrifaanhalings uit die Lewende Bybel. “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep sal gered word” (Rom.10.13).

“Here, vandag roep ek: Red my!”
Wo 5 Nov: Eie Verantwoordelikheid
SKRIFDEEL: Johannes 5: 24 – 29; 39 – 40
“Wie luister na wat Ek sê, en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe…hy word nie veroordeel nie…tog wil julle nie na My toe kom sodat julle die lewe kan kry nie” (24,40).
Tom M. Olson stap ’n haarkappersalon binne. Hy hoor ’n man sê: “Ek is ’n sondaar gebore. Ek kon dit nie verhelp nie en daarom is dit nie my skuld nie. As ek nou sonde doen, is dit nie my skuld nie en God kan my nie daarvoor veroordeel nie, al sê die predikers ook wat!” Olsen gereageer dadelik daarop. “Vriend, die Bybel sê nêrens Hy sal jou veroordeel omdat jy ’n sondaar gebore is nie, maar omdat jy ’n sondaar bly, omdat jy die Verlosser wat Hy gestuur het, verwerp.” Hy kom agter al die manne in die winkel luister na hom. Hy gebruik ’n illustrasie: “Veronderstel iemand loop in die middel van die nag by jou huis verby en sien jou huis is aan die brand. Hy maak jou wakker en waarsku jou. Maar jy jaag hom weg en sê jy het nie die brand veroorsaak nie en daarom is jy nie verantwoordelik daarvoor as jy doodbrand nie. Die brandweer daag op met klokkegelui en skreeuende sirenes, maar jy hou daarby, jy het nie die brand veroorsaak nie en hulle moet jou uitlos. As jy doodbrand: wie se skuld gaan dit wees?” “Die een wat die gebou aan die brand gesteek het,” volhard die man. “Nee, ou maat,” sê ’n man uit die stoel langs hom. “Dit gaan jóú skuld wees. Jy het kans gehad om gered te word en jy het geweier.” Daar was algemene instemming. Die oorspronklike prater gee halfhartig toe, betaal vir die haarsny, neem sy kleingeld en gee pad.
Dit is ’n gevaarlike koers om God se duidelike boodskap oor ons redding en die ewigheid te weier: “Pas op, moet Hom wat met julle praat, nie afwys nie…hoeveel minder sal ons ontkom wanneer ons nie ag slaan op Hom wat van die hemel af met ons praat nie…” (Heb.12:25).

“Here, vandag luister ek as U met my praat.”
Di 4 Nov: Die Veilige Plek
SKRIFDEEL: Deuteronomium 33: 26 – 29
“… God is ‘n skuilplek, sy arms is altyd onder jou” (27).
In die Bible Expositor and Illuminator vertel die skrywer van sy vriend wat ‘n pragtige vrou en lieflike 3-jarige dogtertjie gehad het. Donker hartseer het skielik oor die huisgesin gekom toe die vrou een middag in ‘n motorongeluk dood is. Die aand na die begrafnis sit die jong pa sy dogtertjie in die bed en terwyl hy met onhandige vingers sukkel om die nagklere se knope vas te maak, gaan die hele huis se ligte dood. Dadelik vermoed hy ‘n sekering het uitgebrand. Die skakelbord is in die kelder en hy wil gaan kyk wat verkeerd is. Hy sê vir sy dogtertjie: “Lê net so stil in jou bedjie. Pappa gaan net gou die lig regmaak. Ek is nou weer terug by jou.” Verskrik wil sy begin huil oor die gedagte om so alleen in die donker agtergelaat te word. “Saamgaan, Pappa! Saamgaan!” begin sy kerm. Hy tel haar op in sy arms en so in die donker begin hy deur die huis loop, versigtig af met die trappe. Sy dogtertjie wikkel haar dieper in sy arms in en druk haar gesiggie in sy nek. “Donker, Pappa,” sug sy. “Ek nie bang nie, Pappa, by my.” ‘n Snik skeur uit sy hart uit en hy druk sy gesig in haar hare. “Ja, liefstetjie,” snik hy sag, “dit is baie donker, maar ek is ook nie meer bang nie. My Vader is by my en Hy hou my ook in sy arms vas.”
Het ons ook al so ‘n pikdonker in ons lewe ervaar? Is dit nou dalk so donker? Daar is net een seker, veilige, troostende toevlug en dit is ‘n bewussyn van God en sy liefde. “Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here God gekies as my toevlug” (Ps.73:28). “…my God gee lig as dit donker is om my”(Ps.18:29). Die Here Jesus Christus, as ons Hoëpriester, het vir ons die weg groot oopgemaak na God se genadetroon toe, waar ons troos en krag en vrede kan vind. “Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie… Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word” (Heb.4:15,16).

“Here, vandag is dit donker. Ek soek U lig en nabyheid.”
Ma 3 Nov: 'n Ingestemde Hart
SKRIFDEEL: Johannes 20: 11 – 18
“Jesus het vir haar gesê: ‘Maria!’ Sy draai na Hom toe en sê…. vir Hom: ‘Rabboeni!’ Dit beteken leermeester” (16).
’n Handelsreisiger stap ’n winkel binne waar fyn glas verkoop word, vertel Gospel Herald. Vir die man agter die toonbank sê hy: “Ek wil graag al jou glase wat op die A-toon ingestem is, koop.” Die man glimlag: “Ek verkoop nie glase volgens hulle musiekwaarde nie. Ek sal die A-toon glase nie vir jou kan uitsoek nie.” Ongesteurd maak die handelsreisiger sy tas oop en haal ’n stemvurk uit. Hy kap die stemvurk teen die toonbank en dadelik is daar by sommige glase op die rak ’n weerklank. Daardie glase was, volgens die glashardheid waarmee hulle uit die fabriek gekom het, ingestem op die A-toon.
Dit is ook die geheim van Maria se onmiddellike reaksie op Jesus se stem. Haar hart was op sy stem ingestem. Christene word met wedergeboorte deur die Heilige Gees ingestem op ’n Jesustoon. Sy stem, sy boodskap, sy Naam, laat die hart vibreer. So ’n hart antwoord Jesus se roepstem. Dan wil ons Hom dien en wil Hom gehoorsaam. As so ’n glas ’n krakie gekry het, al is die krakie hoe gering, sal die A-toon verlore gaan. Afvalligheid in die Christen se hart, ’n bewuste sonde waaraan vasgehou word, ’n hardnekkige ongehoorsaameid, sal maak dat die weerklank op Jesus se roeping verdof of verdwyn. “Oppas dan dat julle nie ook saamgesleep word deur die dwaling van…slegte mense en julle vastigheid verloor nie. Julle moet ons Here en Redder, Jesus Christus, al beter leer ken en sy genade nog meer ondervind” (2 Pet.3:17).
Die klank van Jesus Naam is soet vir die gelowig’ hart;
Dit heel die wonde in ons gemoed,
verban ons vrees en smart.

“Here, vandag wil ek ingestem bly op u stem.”
Subscribe to:
Comments (Atom)