Skrifgedeelte: Rom 6:4 NV
"Sodat ... ons ook so 'n nuwe lewe kan lei"
Sommige mense bly tot middernag wakker om die Nuwe Jaar te begroet. Ander bly wakker om seker te maak die ou jaar gaan verby! Op 'n ernstige noot, soos jy die Nuwe Jaar ingaan, kan jy nie bekostig dat die verlede jou hede vergiftig, of jou toekoms saboteur nie. Dit is hoekom sommige dinge wat nie gesond word nie, laat gaan en vergeet moet word! Daar is mense wat God aanbid elke Sondag in die kerk, maar wat in privaatheid van hul eie huise wakker lê en ou koeie uit die sloot grawe, krap aan ou wonde en ou herinneringe laat herleef. Jy moet aanvaar dat sekere sake nooit opgelos sal word nie en dat hulle in jou kop sal bly as jy hulle dit toelaat.
Dank die Vader dat Paulus eerlik genoeg was om te erken dat hy ook wroeginge gehad het. Hy was nie soos ander met 'n skynheilige gees nie. Hy het nie ander veroordeel vir dinge wat hy self gedoen het nie. Paulus sê: "Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. Dat ek nie wil doen wat ek doen nie, beteken dat ek toegee wat die wet goed is. Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon" (Rom 7:15-18) "Dankie Paulus" van die res van ons wat gedink het dat ons wroeginge sal ophou sodra ons Christene word! Dan sê Paulus, "Onthou dat ook julle vir die sonde dood is" (Rom 6:11); "Net soos wat Christus uit die dood opgestaan het ... moet ons ook in ons nuwe lewens gaan." Met ander woorde, hou op om ou sake oop te krap; erken dat dit gebeur het, los hulle uit en vergeet van hulle! In plaas daarvan probeer mense verander aan dit wat nie verander kan word nie. Laat God se nuwe krag deur jou lewe beweeg en die band verbreek tussen jou en al daardie herinneringe. Laat hulle vandag nog gaan, in Jesus se Naam!