Skrifgedeelte: Rom 7:25
"Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?"
In die tyd van die Nuwe Testament was die doodstraf soms uitgevoer deur die slagoffer op die moordenaar se rug vas te bind. Orals waar hy gaan, is hy letterlik neergedruk deur sy misdaad, met geen manier om van die stank van die verrottende liggaam weg te kom nie. Uiteindelik sou die bakterië van die lyk hom ook besmet en sou hy 'n pynlike dood sterf. Sommige dae het Paulus die gewig van sy ou natuur voel druk, dit het hom herinner aan die dinge uit sy verlede wat hy nooit kon vernader of verdelg nie. Juis omdat hy besef hoe gebeure uit die verlede die hede kan beinvloed, beskryf hy homself as 'n "Ellendelige mens" en vra dan, "Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?"
Dit is 'n feit dat jy nie kan aanbeweeg met die "ou mens" wat steeds aan jou klou nie; jy moet hom begrawe. Selfs die dood het nie die finaliteit wat 'n begrafnis het nie; 'n deel van die genesingsproses is om afsluiting te kry deur van die liggaam ontslae te raak. Begrafnisse is vir die lewendes; dit gee mens kans om te aanvaar dat hul geliefde weg is en dat die verhouding wat hulle gehad het verby is. Soos jy die nuwe jaar ingaan is dit dalk tyd dat jy ophou om die verlede op jou rug (en jou gemoed) saam te dra. Paulus sê, "Stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is" (Rom 6:13). Met ander woorde, weier dat ou herinneringe 'n houvas op jou kry. Begrawe hulle en doen dit vandag nog. Jy kan nie bekostig om 'n geheime liefdesverhouding met 'n lyk te hê nie! Dit is tyd vir 'n grafskrif, nie 'n oorlewing nie! Daar is dinge in die lewe wat die moeite werd is om te herleef, maar nie die sondes waarvoor Jesus betaal het en lank al vergewe het nie.