“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën…en My volg” (34)
Onder die opskrif, The Blessing of Irritations, maak Sunday School Times die opmerking: “Most of us rebel agains the things that irritate us…the oyster is wiser. When an irritating object, like a bit of sand, gets under the ‘mantle’ of his shell, he covers it with the most precious part of his being and makes of it a pearl.” `n Pêrel is die oester se oorwinning oor `n irritasie.
Ek het ons ou Kinderensiklopedie hieroor geraadpleeg. Die ou Hindoes het geglo `n doudruppel beland in `n oop oester en word dan `n pêrel. Die ensiklopedie sê egter pêrels word langs die moeiliker weg gekweek, soos die Sunday School Times dit vertel. `n Irritasie, bv. `n sandkorrel, beland in die oester se binneweefsels, en word dan lagie op lagie met `n innerlike en kosbare stof van die oester, perlemoenuitwas, bedek om die irritasie teë te werk, en so vorm die kosbare pêrel. Sunday School Times maak hierdie toepassing: “Every irritation that gets into our lives today is an opportunity for pearl culture. We only need to welcome it and cover it completely with love, that most precious part of us, and the irritation will be smothered out as the pearl comes into being.”
Prof. Hennie Stander se vertaling van 1 Korintiërs 13: 4, 5, vir kinders bedoel en daarom vir ons verstaanbaar, klink so: “As ’n mens regtig lief is vir Jesus en vir mense dan: sal jy nie lelik wees met iemand wat vir almal ’n pyn gee nie…altyd gaaf wees met mense…nie oor jouself loop en praat nie… nie dink dat jy darem baie belangrik is nie… nie met ander mense lelik maak nie… nie altyd net aan jouself dink nie…nie oor elke ding kwaad raak en dan net wil stry of baklei nie…nie altyd terugdink aan dit wat ander verkeerd teen jou gedoen het nie…” So word die geestelike pêrels in ons lewe gevorm. So `n lewenshouding is nie uit ons eie krag moontlik nie. Ons is van die Heilige Gees se werking in ons hart afhanklik. Die Heilige Gees gebruik God se Woord en vestig ons aandag op Jesus, en só kom die pêrelproses in ons lewe in.
“Here, vandag wil ek deur u krag uit my irritasies pêrels vorm en nie kwaad word nie.”