Swaarkry kweek volharding
Maar as dit die Heilige Gees is wat ons lewe oorheers, bewerk
Hy…liefde, blydskap… (Gal.5:22). – Van alle kante af het probleme op my
toegesak…in my eie gemoed was daar dinge wat my bang gemaak het. Maar
hoe kan God nie ’n mens wat terneergedruk is weer moed gee nie! (2
Kor.7:5,6). – Ons is ook bly as daar moeilikheid kom, want ons weet dat
moeilikheid ’n mens leer om geduldig te wees (Rom.5:3). – Hou julle oë
altyd op Jesus, want Hy lei ons om op God te vertrou…Hy was gewillig om
die skandelike dood op die kruis te sterf ter wille van die vreugde wat
voorgelê het (Heb.12:2). – Dit is wel waar dat ons baie swaarkry omdat
ons aan Christus behoort, maar kyk hoe wonderlik troos en versterk Hy
ons nie! (2 Kor.1:5). – Julle moet bly wees omdat julle aan die Here
verbind is, Ek wil dit nog ’n keer sê: julle moet bly wees! Julle moet
julle nie oor enigiets bekommer nie. Bid daaroor en sê vir God dankie!
(Fil.4:4-6).– Die Lam wat op die troon is, sal vir hulle sorg soos ’n
herder sy skape oppas. Hy sal hulle bring na die fonteine met water wat
lewe gee en God sal al hulle trane afvee (Op.7:17). – Eintlik besit ek
niks, maar ek het alles wat die moeite werd is (2 sor.6:10). Laat jou
bekommernis aan die Here oor en Hy sal vir jou sorg. Hy sal iemand wat
aan Hom gehoorsaam is nooit laat struikel nie (Ps.55:23) Ons sal op Hom
vertrou en nooit bang wees nie. Hy is ons krag en ons verdediger en Hy
het ons vrygemaak (Jes.12:2). Julle moet julle nie oor enigiets bekommer
nie. Bid daaroor en sê vir God duidelik wat julle wil hê. Vra Hom om
dit vir julle te doen en sê vir Hom dankie