Swaarkry kweek volharding
Maar as dit die Heilige Gees is wat ons lewe oorheers, bewerk
Hy…liefde, blydskap… (Gal.5:22). – Van alle kante af het probleme op my
toegesak…in my eie gemoed was daar dinge wat my bang gemaak het. Maar
hoe kan God nie ’n mens wat terneergedruk is weer moed gee nie! (2
Kor.7:5,6). – Ons is ook bly as daar moeilikheid kom, want ons weet dat
moeilikheid ’n mens leer om geduldig te wees (Rom.5:3). – Hou julle oë
altyd op Jesus, want Hy lei ons om op God te vertrou…Hy was gewillig om
die skandelike dood op die kruis te sterf ter wille van die vreugde wat
voorgelê het (Heb.12:2). – Dit is wel waar dat ons baie swaarkry omdat
ons aan Christus behoort, maar kyk hoe wonderlik troos en versterk Hy
ons nie! (2 Kor.1:5). – Julle moet bly wees omdat julle aan die Here
verbind is, Ek wil dit nog ’n keer sê: julle moet bly wees! Julle moet
julle nie oor enigiets bekommer nie. Bid daaroor en sê vir God dankie!
(Fil.4:4-6).– Die Lam wat op die troon is, sal vir hulle sorg soos ’n
herder sy skape oppas. Hy sal hulle bring na die fonteine met water wat
lewe gee en God sal al hulle trane afvee (Op.7:17). – Eintlik besit ek
niks, maar ek het alles wat die moeite werd is (2 sor.6:10). Laat jou
bekommernis aan die Here oor en Hy sal vir jou sorg. Hy sal iemand wat
aan Hom gehoorsaam is nooit laat struikel nie (Ps.55:23) Ons sal op Hom
vertrou en nooit bang wees nie. Hy is ons krag en ons verdediger en Hy
het ons vrygemaak (Jes.12:2). Julle moet julle nie oor enigiets bekommer
nie. Bid daaroor en sê vir God duidelik wat julle wil hê. Vra Hom om
dit vir julle te doen en sê vir Hom dankie
Veilig naby God
Lees 2 Timoteus 4: 9 – 18
“…want Demas het die teenswoordige wêreld liefgekry en my verlaat en na Tessalonika vertrek” (9).
In ‘n sendingaksie van sy kerk, wat Pastor Bill, “our mission adventure in South Africa,” noem, het ‘n man en sy vrou, Sheff en Atehna Priest, ‘n veelkleurige vlieër na die inwyding van die nuwe kerk toe gebring. In die sterk wind het die vlieër pragtig, onder toejuiging van die aanwesiges, baie van hulle kinders, oor die dak van die nuwe kerk gesweef. Dit het Pastor Bill aan sy kinderdae herinnner toe hy en sy broers, Tom en Jim, hulle vlieërs teen die wind in die lug laat opklim het. Hy skryf (ek vertaal): “As die rukwind teen ons vlieërs druk het ons die tou net stewiger vas gehou om dit onder beheer te hou. In plaas van weg te waai met die sterk wind, het dit net hoër gerys. Dit het getrek en geruk, maar die tou en die stert het dit reg gehou, teen die wind op”. Die sterk wind en die stewige hand wat die vlieërlyn vasgehou het, het die vlieër net hoër laat styg. Eenkeer het die lyn gebreek en die vlieër het windaf weggewaai asof dit jubel: “Ek is vry! Ek is vry!” Maar dit was vir die vlieër ‘n duur vryheid. Die wind het die vlieër laat knak en flappende, opgefrommel en dit met ‘n slag op die grond laat val. Die vlieër se vryheid het sy vernietiging gebring. Pastor Bill skryf verder (nou sy eie woorde): How much like a kite is my life at times. The Lord places adversity and restrictions in my path … restraints to gain strength and to soar higher …” Ons moet die weerstande en probleme in ons lewe, herken as God se manier, om ons hoër hoogtes en groter oorwinnings, in ons geestelike lewe, te laat bereik.
Dawid het in sy geloof sterk geword, omdat hy teen sulke sterke winde van teenkanting en beproewings in, bly opstyg het. “Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor … Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp … God is dit wat my met krag omgord” (Ps.18:7,17,33). “Want my lewe kwyn weg van kommer … ek is vergeet uit die hart … Maar ék vertrou op U, o Here! Ek sê: ‘U is my God.’ Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die Here wag!” (Ps.31:11,13,15,25).
“Here, vandag wil ek moedig op U wag.”

Volhard
Lees: 2 Petrus 1: 1 – 10
“Omdat julle glo word julle deur die krag van God veilig bewaar… al is dit nodig dat julle vir ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings, sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word” (5,6,7).
Op 1 Junie 1965 vaar Robert Manry met ’n viermeter lange boot, Tinkerbelle, stilweg uit die hawe van Falmouth, Massachusetts. Die bestemming was Falmouth, Engeland. Die boot was die kleinste vaartuig ooit, om hierdie reis te onderneem. Robert Manry was ’n kopieskrywer van die koerant, Cleveland Plain Dealer. Tien jaar agter ’n lessenaar, was vir hom net genoeg verveling vir ’n leeftyd. Manry het net vir sy vrou en ’n paar naby vriende daarvan vertel.
Met sy vaart, moes hy folterende, slapelose nagte verduur, soos hy probeer het om uit die pad van groot skepe te bly. Sy kos het smaakloos geword. Eensaamheid het hallusinasies veroorsaak. Die boot se roer het drie keer gebreek. ‘n Storm het hom oorboord gegooi – as hy nie ‘n tou om sy lyf vasgebind het nie, sou hy homself nooit terug op die boot kon trek nie. Uiteindelik, na 78 dae alleen op die see, vaar hy die hawe van Falmouth, Engeland, binne. Tydens die nagte agter die boot se stuur, het hy hom ingedink hoe hy stil-stil die hawe gaan invaar, in ’n hotel tuisgaan, alleen aandete geniet en die volgende oggend by een van die plaaslike koerante gaan hoor, of hulle dalk belangstel in sy storie. ‘n Groot verrassing het op hom gewag! Nuus oor hom is wyd en syd versprei. Tot sy verbasing ontmoet en begelei 300 vaartuie, met blasende toeters, Tinkerbelle tot in die hawe. Aan wal verwelkom 47 000 mense hom skreeuend en juigend.
Een van die grootste temas in die Skrif is volharding, skryf Radiokansel, wat hierdie verhaal vertel. Dit maak nie saak hoe groot ’n mens se roeping, talent, saak of doelwit is nie, sonder volharding kan mens dit nie maak nie.
Volhard beteken om aan te hou om op ’n doelwit af te stuur, al is die teëkanting ook hoe groot. Paulus se beeld, van hierdie volharding in die geestelike lewe, is ‘n atleet se inspanning om ‘n prys te wen. “En elkeen wat aan ’n wedstryd deelneem, onthou hom in alles—húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ’n onverwelklike (1Kor.9:25). Om te volhard in ons geestelike lewe, vereis om die hart geheel aan die Here oor te gee, in Hom te vertrou en die hemel die doelwit te maak. Baie elemente druis in teen hierdie lewenskoers. Die Heilige Gees werk hierdie krag en begeerte, om te volhard, in ons harte. Oorvloedig getuig die skrif van die belangrikheid van volharding. “Maar wie volhard tot die einde toe, sal gered word (Mat.24:13, Mar.13:13)…. verbly julle in die hoop…volhard in die gebed (Rom.12:12). Let op jouself en op die leer; volhard daarin (1Ti.4:16). Elkeen wat volhard om ’n dissipel van die Here Jesus te wees, kan uitsien na ’n feestelike verwelkoming in die hemel! Ons groot praktiese hulp: gereelde Skriflesing, gereelde gebed.
“Here, vandag vestig ek my oë op my wins in die hemel.”

'n Krokodil in die straat
Lees Psalm 121
“Die Here sal jou bewaar vir elke onheil.” (7).
‘n Inwoner van die stad Mizuho, Japan, bel die polisie en vertel opgewonde van ‘n krokodil wat straataf loop, berig die Yomiuri-nuus. Baie vinnig arriveer ‘n polisiemotor op die toneel en die polisiemanne is verstom oor wat hulle sien. ‘n Krokodil loop werklik met sy eienaardige lyfswaai bewegings in die straat af. Met al die aandag om hom, maak die krokodil hom blitsig uit die voete. Hy storm ‘n rysland langs die straat binne. Dit neem die polisie darem net 10 minute om die ongedierte in die hande te kry. Die polisie stel vas die vyf kilogram, een meter lange krokodil, is ‘n troeteldier, wat vroeër die dag van sy eienaar ontsnap het en pad gevat het.
Hieroor maak Neil Verwey, sendeling in Japan, wat vir ons die storie gestuur het, die opmerking: “Soos ons deur die strate van die lewe wandel, weet ons nooit watter verrassings daar op ons mag wag nie. Daarom behoort ons elke dag, die dag saam met God in te gaan. ‘Beroem jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie’” (Spreuke 27:1).
Dit is ‘n vertroostende verwagting, die almagtige God, aan wie ons deur die Here Jesus Christus behoort, beskerm ons voetstap vir voetstap: “Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie…die Here is jou Bewaarder, die Here is jou skaduwee aan jou regterhand” (Ps.121:3,5). Soms word ons geloof op die proef gestel, maar ons vertroue in God se onfeilbaarheid gee ons weer oorwinning. Dit is tot God se eer as ons bly vertrou, al lyk dit of sake nie wil regkom nie. Daniël is gedreig, lees ons in Daniël 6, en is werklik in die leeukuil gegooi, maar hy getuig na sy redding: “My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie… (Dan.6:23). Deur ons te beproef, maak Hy ons geloof sterker en beter.
Here, vandag vertrou ek in U verskerming.”

Verkeerde Oordeel
Lees Handelinge 28: 1 – 6
“Toe die mense die slang aan Paulus se hand sien hang, sê hulle vir mekaar: ‘Hierdie man moet beslis ‘n moordenaar wees… die goddelike wraak wil hom nie laat lewe nie. Paulus het egter…niks oorgekom nie…”4.
Neil Verwey, sendeling in Japan het vir my hierdie mooi storie gestuur: ‘n Vrou het van Seattle na San Francisco toe gevlieg. Die vliegtuig se roete is verander en moes na Sacramento vlieg. Daar geland, het die vlugloods die passasiers ingelig, daar sal ’n onderbreking van 50 minute wees en dié wat wou, kon afklim en bene rek. Almal het uitgeklim, behalwe ’n blinde vrou. Die man wat die storie vertel, sê hy kon sien sy is blind, want haar gidshond, die sogenaamde Seeing Eye Dog, het dwarsdeur die vlug rustig by haar voete gelê. Die loods het na haar toe gegaan en haar by die naam genoem: ”Kathy, ons gaan vir amper ’n uur hier in Sacramento oorstaan. Wil jy nie ook afklim en bietjie bene rek nie. Ek sal jou help.” Die blinde vrou antwoord: “Nee, dankie, maar dit kan dalk goed wees as my hond bietjie kon bene rek.” Nou sê die storieverteller: “Picture this: All the people in the gate area came to a complete standsill, when they looked up and saw the pilot walk off the plane with a Seeing Eye dog! The pilot was even wearing sunglasses. People scattered. They not only tried to change planes, but they were trying to change airlines! True story – remember: Things aren’t always as they appear.”
Wat was die waarheid? ’n Toegewyde vlieënier bewys aan een van sy behoeftige passasiers, ’n blinde vrou, ’n vriendelike guns. Hy gaan stap met haar hond. Wat lei die mense af van wat hulle sién? Húlle vliegtuig se vlieënier is blind. Hulle tree sumier drasties op volgens wat hulle aflei, sonder om hulle van die feite te vergewis. Spreuke15:28: “’n Regverdige mens dink voor hy antwoord; goddelose mense sê net slegte dinge.” Engelse vertaling: “The heart of the righteous studieth to answer; but the mouth of the wicked poureth out evil things”
“Here, vandag wil ek diep dink voor ek praat.”

Wie se beeld
Lees 1 Korintiërs 3:1-18
“Ons word al meer verander om aan …Christus gelyk te word,(deur) die Here wat die Gees is” (18)
Dannaker, die Duitse beeldhouer, werk vir twee jaar aan ’n beeld van Christus. Uiteindelik is hy tevrede. Hy besluit om die voorkoms van die beeld op die proef te stel. Hy roep ’n dogtertjie na sy ateljee toe. Hy wys na die beeld: “Wie is dit?” Na een kyk, antwoord sy: “”n Groot man.” Dannaker weet hy het gefaal. Hy neem egter weer sy beitel en hamer, vertel The Presbyterian. Vir ses lange jare werk hy weer aan die beeld. Toe hy tevrede is met sy werk, roep hy weer ’n dogtertjie, laat haar voor die beeld staan en vra: “Wie is dit?” Vir ’n lang oomblik kyk sy na die beeld en toe kom trane in haar ogies en sy vou haar handjies oor haar bors en fluister: “Laat die kindertjies na My toe kom.” Vir Dannaker is dit genoeg. Hy weet hy het geslaag. Daarna vertel hy wat in die ses jaar met hom gebeur het. Gedurende die vermoeiende dae van daardie ses jaar, het hy met sy Bybel in sy binnekamer, ’n openbaring gekry van wie die Here Jesus Christus regtig is. Die beeld van Christus in sy hart het hy oorgedra op die marmer in sy ateljee. “Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie my liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar” (Joh.14:21). ’n Tyd later gee Napoleon Bonaparte hom die opdrag, om van die godin Venus ’n beeld vir die Louvré te maak. Dannaker weier. “’n Man wat Christus gesien het, kan sy gawes nie gebruik, om van ’n heidense godin ’n beeld te maak nie. Van nou af is my kuns ’n gewyde saak.”
Dit is die geheim van ’n oorwinnende lewe van toewyding aan Christus. Solank Hy groot en heerlik in die hart is, het die wêreld se verleidings nie ’n vat op die hart nie. Dit was die geheim van Paulus se gedurige hartlike toewyding aan Christus: “…om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde…Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding, deur aan Hom gelyk te word in sy dood…” (Fil.3:8,10).
“Here, vandag wil ek my oë stip op U gevestig hou.”

Spykermerke
Lees Kolossense 3: 5 – 17
“Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het” (13).
Neil Verwey, sendeling in Japan, vertel van die kort gehumeurde seuntjie wat vir almal ’n pyn was. Ten einde raad met die mannetjie, gee sy pa vir hom ’n sakkie spykers en ’n nuwe hamer. Hy sê vir hom: “Elke keer as jy kwaad word, slaan jy ’n spyker in daardie paal in.” Die eerste dag het die oudjie 37 spykers gaan inslaan. Die volgende weke het hy geleer om sy humeur te beteuel en die spykers wat hy moes inslaan het al minder geword. En toe op ’n dag was dit nie vir hom nodig om een spyker te gaan inslaan nie. Hy het geleer om sy humeur te beteuel en dit het sy algemene omgang met almal om hom ook beter gemaak. Hy gaan sê dit vir sy pa. Sy pa gee vir hom ’n nuwe tang en sê vir hom, hy kan nou die spykers gaan uittrek. Dae het omgegaan, maar op ’n dag gaan wys hy die laaste spyker vir sy pa. Hy het almal uitgetrek. Sy pa vat sy hand en saam gaan kyk hulle na die paal. Sy pa sê vir hom: “My seun, ek is saam met jou bly, maar ek wil jou graag ’n groot les vir die lewe leer. Kyk na al die gaatjies in die paal. Elke spyker het sy gaatjie agtergelaat. As ’n mens iets leliks doen of sê as jy kwaad is, maak jy ’n merk en niks kan dit weer regmaak nie, al sê jy hoeveel keer jy is jammer. Die merk bly in iemand anders se hart.” Salomo het die skade wat seermaakwoorde doen baie erg beskryf: “Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees…” (Sp.12:18).
“Here, vandag wil ek versigtig wees met my humeur en met my woorde. Help U my, asseblief.”

Ons Fokus
Lees 1 Johannes 2:12-17
“Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie” (15).
William Feather, die skrywer, vertel in Florida Baptist Witness, ’n jongman tel op ’n dag sommer ’n groot dolargeldnoot in die straat op. Daarna loop hy altyd op die grond en kyk as hy rondbeweeg. Na verloop van jare het hy 29,516 knope, 54,172 spelde en 12 muntstukke opgetel, ’n krom rug gekry en ’n gierige geaardheid ontwikkel. William Feather skryf: “He lost the glory of the sunlight, the sheen of the stars, the smiles of his friends, tree blossoms in the spring, the blue skies, and the entire joy of living.”
In ons geestelike geloofslewe, waar die waardes van die aardse lewe, gedurig in konflik is met die waardes van God se hemelse koninkryk, gebeur dit, soos meeste van ons dit al ervaar het, maklik en ongemerk met ’n mens. ’n Wêreldse element skuif die Here Jesus Christus en sy belange, op die agtergrond. Nie net in ons hedendaagse omgewing nie, maar ook in die Bybel het ons waarskuwende voorbeelde. In sy tog saam met Abraham na die beloofde Kanaän toe, lees ons van Lot: “Lot het toe rondgekyk en gesien die hele Jordaanstreek tot by Soar het so volop water soos ‘n tuin van die Here, soos Egipte…en Lot het in die stede van die Jordaanstreek gewoon; tot by Sodom het hy gaan tent opslaan’ (Gen.13:10-12). Aan die jong evangeliedienaar, Timoteus, skryf Paulus ’n hartseer en waarskuwende sinnetjie: “…want Demas het die teenswoordige wêreld liefgekry en my verlaat en na Tessalonika vertrek.”(2 Tim.4:10). Die Satan het selfs Jesus se oë aardswaarts probeer trek. Hy het Hom al die koninkryke van die wêreld gewys en Hom dit aangebied as Hy sou neerkniel en Satan aanbid. Die Here Jesus is ons metgesel en helper in tye van versoeking en ons kry van Hom aanmoediging: “… laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God” (Heb.12:1,2).
“Here, vandag hou ek my oë stip op U.”

Luister
Lees 1 Konings 19: 9 – 18
“Maar na die vuur was daar ’n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak… Toe hoor hy ’n stem wat vir hom sê: ‘Wat maak jy hier, Elia?’” (12, 13).
’n Tienjarige seun se pa, gee op sy sterfbed, vir sy seun sy eie horlosie as ’n aandenking. Die horlosie was vir die seun baie werd. Elke dag dra hy dit, wys dit vir ander, dink aan sy pa, praat van sy pa. Eendag kuier die seun by sy oom in sy groot slaghuis. Die oom laat hom alles bekyk. Rondom en bokant hom dreun die groot waaiers. Die seun verkyk hom so aan alles, hy struikel en val. Dadelik weet hy, hy het met die val sy horlosie verloor. Angstig begin hy op die vloer rondsoek. Op die vloer lê hope houtskaafsels, waarop die vleis, bloed drup. Hy voel al hierdie skaafsels sorgvuldig deur. Sy oom kom soek hom. Hy kry hom huilend op sy knieë op die vloer, soekende na die horlosie. Die oom help soek, maar hulle kry nie die horlosie nie. Die verstandige oom gaan skakel by die deur die waaiers af. Dit word doodstil. “Nou luister ons,” sê die oom. Hulle luister. In die stilte hoor hulle na ’n kort rukkie albei die tik-tik van die horlosie. Hulle volg die geluid en aan die voet van ’n metaalanker, kry hulle die horlosie.
Die wêreld se lawaai om ons, in ons ore en in ons gedagtes, maak dit vir ons moeilik – eintlik onmoontlik – om God se stem te hoor. Die Heilige Gees se stem kom met sagtheid na ons hart toe. Ons moet ons geestelike oor naby aan God se woord hou, om sy stem te hoor. As ons bid moet dit in ons stil word. Die tydjie wat iemand neem om met die Here in die binnekamer om te gaan, word met reg, stiltetyd, genoem. Ons moet ’n hele paar afskakelings doen om die nodige stilte vir omgang met God te bereik. Waar die dissipels alleen met Jesus was, weg van die rumoer van die skare af, kon hulle beste na Hom luister. Drie van Jesus se dissipels, se beste oomblikke saam met Hom, was op die berg, waar hulle sy heerlikheid gesien het. “Jesus (het) vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle alleen op ‘n hoë berg in die eensaamheid geneem; en Hy het voor hulle van gedaante verander” (Mark.9:1-3).
“Here, vandag soek ek stilte om u stem te hoor.”

Hy het Sy lewe gegee
Skrifdeel: 1 Johannes 3:11-17
“Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê” (16)
Die Preachers’ Promptuary of Anecdotes vertel, hoe die dak van die Bridgenorth Church herstel is. Met etenstyd het die werkers hulle werk verlaat. Twee seuns van ’n naburige skool, klouter in die afwesigheid van die werkers, op die dak en speel heerlik tussen die balke. Toe dit amper tyd is vir die werkers om terug te keer, gee die twee pad, maar hulle hardloop oor ’n swak stuk plafon wat onder hulle padgee. Die jongste van die twee was voor. In sy val gryp hy ’n balk stewig vas. Die ouer seun val agter die jonger een aan en gryp dié se voete vas. Daar hang die twee en wens die werkers wil terug kom. Na ’n ruk voel dit vir die ouer seun, wat sy maat se voete vasgegryp het, sy maat se greep wil gly. “Kan jy nog ’n rukkie hou…as ek jou voete los.” “Ja,” fluister die ander een van bo af. “Sê vir my ma ek was nie stout nie. Ek is lief vir haar. Totsiens!” en daarmee los hy sy maat se voete en val met ’n dowwe plof op die vloer, ver daar onder. Die werkers keer terug. Hulle kry die seun wat aan die balk hang en die een wat dood op die vloer lê.
Die ouer seun het geweet hy gaan hom dood val, maar hy wou sy maat se lewe red. Dit ontroer ons en dwing ons bewondering af, wanneer ‘n persoon sy kosbare lewe prysgee ter wille van iemand anders. Dit is die wonderlike fondament waarop Christus se verlossing staan. Hy het sy lewe prysgegee, sodat ons kan lewe. Dit is die evangelie. Jesus het self verklaar: “Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê” (Joh.13:15). Dit is ’n waarheid wat Paulus verstom het: “’n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie…ja, tog vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin, dat Christus vir ons gesterf het, toe ons nog sondaars was” (Rom.5:7,8). Het u Jesus se kruisdood al in hierdie lig gesien? En ú hart het oopgegaan vir hierdie groot wonder en u het met oorgawe Christus se liefde vir u erken en dit aangeneem met geloof in Hom as u Verlosser? “Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring…” (1 Petrus 3:18).
Here, vandag sê ek dankie: U het u lewe vir my gegee om my te red.”

Donkerte
Lees Johannes 8: 12 – 20
“Ek is die lig van die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee” (12)
Bob Woods vertel in Pulpit Digest die storie van die ouerpaar en hulle twee kinders, ‘n dogter van 7 en ’n seun van 11 jaar, wat die Carlsbad Caverns besoek het, skryf Neil Verwey…wat reeds 50 jaar lank sendeling in Japan is, vir my. Soos die gidse dit gewoonlik doen, skakel ook hulle gids die ligte af, toe hulle die verste punt in die grot bereik. Hy wil hê die besoekers moet ervaar hoe verskriklik donker dit in die grot is. Die dogtertjie, onverwags en skielik omring met die swart donkerte, gaan aan die huil. Dadelik klink die boetie se stem uit die donkerte op: “Moenie huil nie Sussie. Iemand hier weet hoe om die ligte weer aan te sit.”
Donkerte is ’n vreeswekkende en bekende ervaring. Reeds die tweede vers in Genesis skryf van die donker: “…dit was donker…” So begin die bybel. En die vogende vers skryf dadelik van lig: “Toe het God gesê: ‘Laat daar lig wees!’ En daar was lig.” God bring lig. “God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie” (1 Joh.1:5). Die evangelie se bevrydende boodskap is lig. Ons ken die omgewing se natuurlike donkerte. Ons ken ook mense, of selfs volke, se donker denke – onkunde. Dan is daar geestelike, of geloofs-duisternis. In ’n mens se gemoed en hart kan dit donker wees. Die ervaring van duisternis in die hart maak ’n mens diep ongelukkig.
Die koms van die Here Jesus aarde toe, word deur die profeet, Jesaja, met die aansteek van lig beskryf: “Jy, gebied Sebulon … Galilea waar die heidene woon … het ’n groot lig gesien; hulle wat in die skemerland van die dood lewe, vir hulle het die lig opgegaan” (Mat.4:15,16). Iemand wat die redding van die Here Jesus, sy dood aan die kruis vir ons sondeskuld en sy opstanding uit die dood, om vir ons geestelike lewe te bewerk, verstaan en glo en toe-ëien, gaan uit ’n donker gemoedsbelewing oor na ’n gemoedsbelewing in die lig. “Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig” (Ef.5:8). Die Heilige Gees wek geloof in die hart op en ons glo God het ons ons sondeskuld vergewe, ons glo God beheer ons lewe en ons glo ons gaan hemel toe as ons die dag sterf. Die Persoon van die Here Jesus word vir ons werklikheid en ons begin ’n lewe van vriendskap en omgang met Hom. Hy en sy liefde is die lig wat die donker uit ons harte verdryf. Die Bybel word vir ons die aardse lamp wat ons in die Here se lig laat lewe.
“Here, vandag kom ek in U lig in.”

Die Waarskuwing
Lees Joël 2:
Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die Here kom, want hy is naby (1).
Sowat 20% van die wêreld se aardbewings op die skaal van 6 of meer, gebeur in Japan. ‘n Aardbewing wat 7.3 meet, het sentraal Japan in 1995 getref en meer as 6 400 mense is gedood. Aardbewings is dus ‘n groot bedreiging in Japan. Neil Verwey, sendeling in Japan, het die volgende berig wat in die Japundit verskyn vir ons gestuur.
‘n Japannese maatskappy ontwikkel ‘n waarskuwingstoestel so groot soos ‘n storieboek, om mense teen komende aardbewings te waarsku. Dit is so ontwerp, mense word sekondes voor ‘n aardbewing gewaarsku. Die sekuriteitsfirma, SunShine Co., sê dit behoort mense genoeg tyd te gee om onder tafels weg te kruip, die gas en ander vuurbronne te beveilig of selfs net om weg te beweeg van potensiëel gevaarlike meubels af.
Hierdie toestel stuur waarskuwings uit sodra dit die eerste golwe van die aardbewing, wat nie groot trillings veroorsaak nie, maar vinniger beweeg as die golwe wat die eintlike skudding gaan veroorsaak, opvang. Hierdie waarskuwings kan die trillings met 10 tot 20 sekondes vooruitgaan alhoewel die periode korter of selfs afwesig kan wees wanneer die middelpunt van die skudding naby is. Dit is van waarde, om selfs ‘n paar sekondes vooraf te weet as die aarde gaan begin skud, aangesien dit lewens kan red!
God se waarskuwingstoestel is ook boekgrootte – die Bybel. God se woord is ‘n reddingswoord, maar ook ‘n waarskuwingswoord. Waarskuwings maak deel uit van redding. Iemand wat op ‘n waarskuwing agslaan, maak gebruik van die beskikbare redding. ‘n Mens wat vir sy sonde en die gevolg van sy sonde, in God se oordeel, skrik en vrees, vlug na die Here Jesus toe, die ewige en onbeweeglike Rots, waarin ons skuiling kan vind.
Jesus, Rots vir my geslaan, laat my nie verlore gaan!
U was self van God verlaat; laat u lyding, sonder maat,
my tot heil wees en tot krag teen die sondeskuld en –mag.
Leeg, net met my sondelas, hou ek u verdienste vas.
Ek kom om vergewing vra; U het ook my skuld gedra!
U, geslaan tot heilsontein, wás my Heiland, maak my rein!
“Here, vandag luister ek na u waarskuwing.”

Die Belegging
Lees Prediker 11: 1 – 6
“Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug” (1).
Eendag sien die arm seun, wat van deur tot deur goedjies verkoop om skoolgeld bymekaar te maak, hy het net ‘n enkele, klein muntstukkie in sy sak. Geen geld nie en hy is honger, vertel Neil Verwey, sendeling in Japan, vir ons die storie. Hy besluit hy gaan by die volgende deur kos vra. ‘n Pragtige, jong vrou maak die deur oop en die seun se moed begewe hom. Hy vra net ‘n bietjie water om te drink. Die vrou dink, die seun lyk vir haar honger. Sy bring vir hom ‘n groot glas melk. Stadig, lekker drink hy die glas leeg. “Wat kos dit?” vra hy. Sy antwoord: “Dit kos niks. Dit het vir my gelyk jy het meer nodig as net ‘n glas water.” “Dan sê ek uit die diepte van my hart, dankie,” sê die seun. Toe Robert Kelly daardie huis verlaat voel hy nie net fisies verkwik nie, maar sy geloof in die Here en in sy medemens is sterker. Hy was op die punt om sy moeilike lewenstryd prys te gee.
Baie jare later word daardie selfde jong vrou ernstig siek. Die plaaslike dokters is raadop. Hulle stuur haar na ‘n groot stadshospitaal toe. Spesialiteite word ingeroep om haar seldsame kwaal te diagnoseer. Dr. Robert Kelly word ook ingeroep. Toe hy die naam van die dorp, waarvandaan die plattelandse pasiënt kom, hoor, kom daar ‘n vreemde lig in sy oë. Hy staan dadelik op en gaan na haar kamer toe. Hy herken haar dadelik. Hy neem hom voor om vir haar sy bes te doen en geen koste te ontsien nie. Na ‘n lang stryd, word sy beter en herstel vinnig. Dr. Kelly gee opdrag, die rekening moet na hom vewys word, voor dit aan haar besorg word.
Na ontvangs van die rekening is die vrou bang om dit oop te maak. Sy vrees, dit gaan ‘n groot deel van haar reeds skrale lewensinkomste opeis. Eindelik maak sy dit oop en kyk verslae na die groot bedrag onder aan die staat. Dan lees sy woorde wat dr. Kelly ingeskryf en onderteken het. “Ten volle betaal met ‘n glas melk,” gevolg sy handtekening: “Dr. Robert Kelly.” Met betraande oë buig sy dankbaar haar kop: “Dankie, Here, dat u liefde en goedheid steeds deur menseharte en mensehande vloei.”
“Here, vandag belê ek goeddoen in ’n ander se lewe.”

Net drie munte nodig
Lukas 3: 21 – 31
“Jesus antwoord hom: ‘Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (43)
Dr. A. J. Gordon besoek ‘n sterwende man in die hospitaal. “Vriend, ek sien jy is baie siek – is jy gereed vir wat voorlê?” Die man kyk wanhopig na hom. “As ek net twee of drie weke gespaar kan word, kan ek dalk gereed wees, maar die dokter sê ek het net ’n paar uur om nog te leef!” “Hoekom het jy drie weke nodig? vra dr. Gordon. “Jy kan in drie minute se tyd gered word.” Dr. Gordon maak sy Bybel oop by Johannes 1: 12: “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” Die man luister met al sy aandag en begrip kom in sy oë. Hy maak sy oë toe en soos ‘n man wat ‘n lewensprong maak, bid hy: “Ek glo U het vir my gesterf, Here Jesus. Ek neem U nou aan as my Verlosser.” Dr. Gordon skryf: “Shortly, he went into eternity thanking and praising the Lord for saving him!”
Ons verlossing is volledig voltooi toe Jesus aan die kruis gesterf en uit die dood opgestaan het. Deur die werking van die Heilige Gees verstaan ons dit in ons hart. Saligheid is ‘n geskenk wat ons neem. Geen bykomstige inspanning word vereis nie. So is die man op sy sterfbed in die hospitaal gered in minute se tyd. So word elkeen van ons gered. So is die moordenaar aan die kruis gered.
“Here, vandag glo ek ek is gered deur u genade.”

'n Omskepping
Lees 1 Peterus 1: 3 – 9
“In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood” (3)
Twee ongelowige en onverskillige manne was bure. Hulle plase het aanmekaar gegrens. Op ’n keer woon die een ’n diens by, waar die evangelie so direk gepreek is, dit bereik sy hart. Hy vertrou in die Here Jesus Christus as sy persoonlike Verlosser en kom tot bekering. Voortaan sou sy lewe onder God se beheer wees. ’n Paar dae daarna besoek hy sy buurman.
“Ek het vandag met jou kom praat,” sê hy vir sy buurman. “Ek het tot bekering gekom.” “So gehoor,” antwoord die buurman snedig. “Darem gedink jy het meer verstand as dít.” “Wel, ek het ’n plig teenoor jou,” gaan die bekeerde buurman ongesteurd voor. “Luister asb. na my, want ek kan nie vrede hê voordat ek dit uitgemaak het nie. Ek het vier van jou skape in my trop. Jy sal onthou hulle het weggeraak en jy het oral daarvoor gesoek. Wel, hulle het by my beland en ek het my merk bo-oor jou merk op hulle gemaak. Ek sal nou doen net wat jy sê. As jy wil hê ons moet polisie toe gaan, goed. Anders noem jou prys en ek betaal jou dit.” Die ander man het ongemaklik rondgeskuif op sy stoel. Sy hande bewe toe hy sy sigaret aansteek. “Hou hulle. Ek wil niks hê nie. Gaan net weg, asseblief.” “Nee,” hou die bekeerde man vol, “ek het verkeerd gedoen en moet dit regmaak. Sê net hoeveel, dan betaal ek.” “As jy dan in hemelsnaam móét betaal, betaal wat hulle daardie tyd gekos het, plus 6% rente. Dan loop jy asseblief! Iets het jou beetgepak wat ek nie verstaan nie.” Die bekeerde man het vrolik die geld uitgetel, die rente bygereken en die hele bedrag verdubbel. Met ’n jubelende hart neem hy van sy buurman afskeid. Hy laat hom dronkgeslaan en bekommerd, met die geld, op die stoep bly sit.
Wanneer Christus in die hart inkom en besit neem van die lewe, vind ’n innerlike omskepping plaas. Dit word wedergeboorte genoem. Wat in die verlede verkeerd gedoen is, wil so iemand so ver moontlik reg maak en voortaan is sy lewe onder die gesag van die Heilige Gees. Dikwels faal so ’n persoon nog onder die druk van die wêreld, die krag van versoeking, die listigheid van ons vyand, Satan. Maar as ons deur gebed en Bybelstudie naby die Here bly, maak die Heilige Gees die Here Jesus vir ons ’n werklikheid en ons volg Hom gehoorsaam. “Iemand wat ’n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly…” (1Joh.3:9). “En as een van ons sondig – ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader. Hy is die versoening vir ons sondes….” (1 Joh.2:2).
“Here, vandag wil ek U gehoorsaam.”

Vergelyk waardes
Lees Matteus 16: 24 – 28
“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis dra en My volg…wat sal dit ‘n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor…” (24-26).
‘n Kranige Sjinese student is na sy graduering, ‘n hoë pos in die staatsdiens aangebied. Hy het dit van die hand gewys en vir ‘n karige salaris ‘n evangelis onder sy mense geword. Biskop Wilson Lewis vra hom na die rede vir sy verbasende keuse. Hy antwoord: “Tydens die Boxer-opstand in Sjina was ek ‘n seun in een van die dorpies. Daar was n tempel vir duiwelaanbidding. Die dorp se Christene is na die tempel geneem en beveel om voor die duiwelafgod te buig, anders word hulle onthoof. Ek het 163 van die dorp se mense by die duiwelafgod sien verbyloop, hulle hoofde omhoog. Net ‘n buiging van die hoof sou hulle lewe gered het, maar hulle het verbygeloop, reguit na die houtblok, waar hulle koppe afgekap is. My vader was een van hulle. Daardie onbeweeglike getrouheid aan hulle Here, het my met bewondering vervul. Dit het my begerig gemaak om ook so ’n lewende geloof te hê. Ek het dit in Jesus gevind. Om Hom aan my mense te gaan verkondig, is vir my ‘n baie groter vreugde, as om ‘n goeie betrekking in die staatsdiens te hê.”
Die Christelike godsdiens, sonder persoonlike kennis van die Persoon van die Here Jesus, is ‘n treurige en teleurstellende godsdiens en kan vir enige aardse waarde verruil word. Leer iemand egter die Here Jesus Self ken, word die verhouding met Hom so kosbaar, hy sal alles, selfs sy lewe, prysgee om Jesus se goedkeuring en teenwoordigheid en liefde te behou en dieper te leer ken. “Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou….Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waamee U my liefgehad het, in hulle kan wees en Ek in hulle” (Joh.17:24,26)
“Here, vandag kies ek U en die weg van u Kruis.”

'n Kettingreaksie
Lees Johannes 4:34-38
“Nou al ontvang die man wat oes, sy loon en samel hy die oes in vir die ewige lewe (v36).”
‘n Siek Sondagskoolonderwyser, mnr. Kimball van Boston VSA, sou binne afsienbare tyd sterf. Hy het sy klaslede een vir een na die Here gelei. Dit was in 1858. Een van hulle was ‘n seun, wat in ‘n skoenwinkel gewerk het, Dwight L. Moody.
D. L. Moody het een van die wêreld se beroemdste evangeliste geword. In 1878 hou hy in Londen dienste. ‘n Predikant wat in sy klein gemeentetjie ‘n moedelose stryd voer, gaan luister na D. L. Moody. ‘n Nuwe vuur van toewyding ontbrand in hom. Dit was die begin van die vrugbare skrywerbediening van dr. F. B. Meyer.
Op uitnodiging preek dr. F. B. Meyer op ‘n Amerikaanse kampus. ‘n Man met die naam van J. Wilbur Chapman, kom tot bekering. Chapman word een van die baanbrekers van die YMCA.
Deur Chapman se belangstelling en aanmoediging, besluit Billy Sunday, ‘n gewilde bofbalspeler, wat ‘n tyd tevore by ‘n opelugdiens tot bekering gekom het en ‘n vurige getuie vir die Here geword het, om evangelis te word. Hy was so ‘n kragtige prediker en het met sy bofbal-”slang” so tot die mánne se harte gespreek, stede se morele lewe het na sy veldtogte verander.
Billy Sunday het in ‘n stad Charlotte ‘n veldtog gehou. Dit het ‘n plaaslike groep sakemanne geïnspireer. Hulle het ‘n opvolgveldtog gehou. Hulle het Mordecai Hamm as hulle veldtogprediker ingebring. Onder Hamm se prediking kom die jongman, Billy Graham, tot bekering. Tot ‘n dekade of twee gelede was Billy Graham een van die invloedrykste evangeliste en godsdiensleiers in die wêreld. Sommige van ons het in 1972 Billy Graham se saamtrek op Ellis Park bygewoon, waar die pawiljoene gevul was met mense wat na die evangelie kom luister het.
Onder al hierdie groot manne se prediking en boeke het baie duisende mense die Here gevind of beter leer volg. Dit het begin met ‘n Sondagskoolonderwyser wat toegewyd en getrou genoeg was, om sy klaslede na die Here te lei.
“Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. Gaan nou! (Luk.10:2).” Ons kan nie soos die groot evangeliste na die duisende gaan om te preek nie. Ons verantwoordelikheid is die een of twee, wie se pad ons kruis en teenoor wie ons, vir die Here iets kan sê of doen. Of vir wie ons oor Jesus se redding iets te lees gee.
“Here, ek wil vandag op die uitkyk wees vir iemand aan wie ek u evangelie met woord of daad kan oordra.”

Die kruis teen die muur
Lees Jesaja 30:15-18
“Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle onferm …” (18)
Die sweminstrukteur van ‘n Amerikaanse universiteit kon een nag nie slaap nie. Hy besluit hy gaan swem. Om nie aandag te trek nie, skakel hy nie die ligte aan nie. Hy het die omgewing van die swembad soos sy handpalm geken. Hy klim op die duikplank, strek sy arms na weerskante uit en maak gereed om te duik. Op daardie oomblik kom die maan agter ‘n wolk uit en gooi sy liggaam se skaduwee teen die oorkanste muur. Die skaduwee lyk soos ‘n kruis. Diep getref bly hy net so staan. Hy was nie ‘n belydende Christen nie, maar daar op die duiktoring in die maanlig, in die stilte van die nag, dink hy aan Christus se kruis. Woorde van ‘n lied wat hy in die Sondagskool geleer het, kom in sy gedagte op: “Hy het gesterf, dat ek kon leef …” Vreemd aangedaan, prewel hy die woorde. Hy besluit om af te klim en langs die swembad te gaan sit en die nuwe gedagtes wat so vreemd, skielik by hom opkom te gaan oordink. Hy swaai sy bene oor die kant van die swembad om sy voete in die koel water te laat hang.Sy voete raak nie water nie. Dit is te donker om in die swembad te sien en hy klim stadig met die trappies af, een na die ander, tot op die bodem van die swembad. Hy het nie geweet die swembadopsigter het die water uitgepomp, om die volgende dag skoon water te laat inloop nie. Wat as hy geduik het? Watter onuitspreeklike ingryping van genade wat hom weerhou het om te duik! Diep aangedaan, kniel hy op die koue vloer van die swembad en dank God vir sy groot en onverdiende ontferming. In sy hart wel ‘n verlange op om nader aan hierdie God te kom. Sy geloof neem ‘n verdere stap. Die skaduwee van die kruis het hom van ‘n gewisse dood gered, so red Christus se kruisdood hom van die ewige dood. Alleen, knielende in die donker op die swembad se vloer, maak hy sy hart oop en neem Christus Jesus aan as sy Saligmaker.
“So seker as Ek leef, sê die Here my God, Ek wil nie hê die sondaar moet deur sy sonde sterf nie, Ek wil hê hy moet van sy optrede afsien en lewe. Bekeer julle, bekeer julle …” (Es.33:11).
“Here, vandag dink ek hoe u genade my toevou en my vashou sodat ek nie van U af wegval en vergaan nie.”

Brandstof
Lees Handeling 1: 1 – 8
“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees…” (8).
Michele Stephens, wat ook Krag vir Vandag lees, stuur vir ons ’n paar goeie wenke vir hierdie tyd van duur petrol, om brandstof te bespaar. Sy het dit by Hardy Charles van Modern Autohaus, Durban, gekry. Brandstof is belangrik. Die duurste, mooiste motor, staan sonder petrol, nutteloos. As Christen, is ek ook kragteloos en nutteloos sonder die geestelike brandstof van die Heilige Gees in my hart. Maar nou eers die goeie wenke, hoe om met ons motorbrandstof verder te kom.
Hardy Charles skryf: “My line of work is in petroleum for about 31 years. Here at the Marian Hill Pipeline, in Durban, we deliver about 4 million litres in a 24-hour period, through pipeline. We have 34-storage tanks here with a total capacity of 16,800,000 litres.” Nou gee hierdie brandstofkenner ‘n paar wenke om ons te help.
Maak jou voertuig vroeg in die oggend, terwyl die temperatuur nog laag is, vol. “The colder the ground the more dense the fuel, when it gets warmer petrol expands, so buying in the afternoon or in the evening …. your litre is not exactly a litre any more.”
Hoe stadiger die petrol ingegooi word, hoe minder petrol verdamp. “If you are pumping fast some of the liquid that goes to your tank becomes vapour.”
Gooi vol terwyl die tenk nog halfvol is. Hoe meer brandstof in die tenk is, hoe minder verdamping vind plaas. Dit is skadelik om met ‘n leë tenk rond te ry. Petrol verdamp vinniger as wat ons kan dink.
Dit is skadelik om brandstof in te gooi terwyl die opvultenkwa besig is om ‘n pomp se stoortenk vol te maak.
Terwyl ek hierdie wenke gelees het, en vir my ‘n paar maatreëls voorgeneem het, het ek aan my geestelike lewe se brandstof gedink.
Vroeg in die dag. Voordat die dagprogram warm en gejaagd word, is dit goed om in die binnekamer met God te verkeer en uit die Here se woord brandstof in die hart te kry. Die Heilige Gees is ons krag om vir die Here te lewe. Eerste saak in die dag: Hy moet beheer in die hart kry en Jesus se koningsreg op ons bevestig.
Moenie in die binnekamer haastig wees nie. “Neem tyd, o verloste, word heilig en rein, bly dig by u Heiland u krag is so klein…
Hou die tenk vol. ’n Leë tenk is skadelik. Ons maak ons groot flaters as ons geestelike krag laag gedaal het. Dit was toe Dawid in sy kamer gelê en ontspan het, i.p.v. saam met Joab en sy leër teen die vyand te veg, dat hy die groot misstap met Batseba, Uria se vrou, begaan het. “Eendag het Dawid na sy middagslapie opgestaan en op die dak van die paleis gaan stap. Van die dak af het hy ’n vrou sien bad” (2 Sam.11: 2, 3).
Die gevaar van die roering van die petrol in die pomp se tenk, terwyl die tenk gevul word. Betrokkenheid by ’n kerk-, geloofs- of Bybeltwis, verswak ‘n mens se eie geestelike lewe.
“Here, vandag soek ek rustig krag by U.”

Subscribe to:
Comments (Atom)