Lees Jesaja 53:4-6
“Dit was as gevolg van ons misdade en ons skuld dat hy deurboor en met geweld doodgemaak is … omdat Hy stukkend geslaan is, kan ons gesond word” (5).
Die Sjinese evangelis, Leland Wang, het deur sy ma se lat, die betekenis van Christus se dood aan die kruis vir ons leer ken. Toe hy ’n klein seuntjie was, was hy eendag uitermate stout en ongehoorsaam. Sy ma, lat in die hand, roep hom nader om sy straf vir sy stoutigheid te kry. Hy lag net vir haar en bly buite die bereik van haar grypende hand. Toe sy hom probeer vang, hardloop die ratse en lewendige seuntjie tergende vir haar weg. Sy gaan staan en sê hardop: “Ek gaan myself nou vir sy stoutigheid slaan.” Sy begin haar kaal arm hard met die lat slaan. Geskok gaan hy staan en hardloop terug na sy ma toe. Hy gooi homself in haar arms en pleit sy moet ophou om haarself te slaan. “Slaan my!” skreeu hy. “Slaan my! Ek was stout! Ek weet ek was stout!” Sy skud haar kop terwyl hy en sy na haar arm kyk waar die riwwe van die harde houe lê. “Jou stoutigheid is klaar gestraf,” sê sy met trane in haar oë. Terwyl sy hom teen haar vasdruk, vervolg sy: “Ek sal mos nie jou óók nou slaan nie.” In later jare toe hy die evangelie van die Here Jesus gehoor het, het hierdie insident hom gehelp om Christus se straf, in ons plek, te verstaan.
Ons daaglikse lewe is vol voorbeelde van iemand wat self onskuldig is, maar ’n ander een se skuld en straf dra om die ander persoon vry te laat uitgaan. Die evangelie van die Here Jesus is ’n menslike verhaal wat uit ons daaglikse ervaringe verstaan kan word. “Christus het ook eenmaal vir die sondes gely om ons tot God te bring, Hy die Regverdige vir die onregverdiges…” (1 Pet.3:18).
“Here, vandag neem ek die straf wat Jesus vir my gedra het aan.”
Heeltemal nuut
Lees 2 Korintiërs 5: 16 – 19
“Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom” (17).
‘n Man het sy geweer vir herstelwerk na die wapensmid toe geneem. Die wapensmid bekyk die geweer en skud sy kop. “Die geweer is baie geslyt. Watse herstelwerk het jy in gedagte?” vra hy. Die man antwoord: “Die kolf en houthandgreep moet jy nuut insit. Sit ‘n nuwe slot ook in. Die loop is ook al geslyt, so, ‘n nuwe loop is ook nodig.” Die wapensmid lag en sê: “Jy kan maar netsowel ‘n nuwe geweer koop.” “Ek het nooit so daaraan gedink nie,” antwoord die man. Die gesprek is in Engels gevoer en die bekende woorde, kan verder eintlik nie goed vertaal word nie, want die man sê met `n lag vir die wapensmid, “Yes, it must get a new lock, stock and barrel. That’s about equal to a new gun, and that’s what I’ll have!” Die skrywer sluit sy vertelling af met: “In the Bible we read of ‘a new man’, ‘a new creature’, ‘a new heart’, ’born anew,’ all of which are terms describing the transforming power of Christ at work. It is not patching up an old thing as to make it look new. It really is ‘newness’ of life, because God is in it.”
Met ons ou natuur en geaardheid wat ons deur natuurlike geboorte van Adam af gekry het, kan ons God nie dien nie. Jesus het vir Nikodemus gesê: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie” (Joh.3:3). Uit die manier waarop Jesus dit gesê het, het Nikodemus dit letterlik só verstaan. Hy vra: “Hoe kan ‘n mens gebore word as hy al ‘n ou man is? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?” (v.4). Die nuwe mens, of wedergeboorte, soos ons dit ken, is ‘n skeppingsdaad van God, deur die werk van die Heilige Gees in ‘n mens se hart, wanneer hy in Christus Jesus as sy Saligmaker vertrou. Die mens se nuwe gees, gevoed deur die woord van God, gevoed en geoefen deur omgang met God deur gebed, versterk deur sy lewenskeuses in tye van versoeking, word gedurig sterker en sterker, totdat die geaardheid en gelykvormigheid aan Jesus meer en meer na vore kom. “Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God” (Kol.3:9,10). “Hy het ons verlos…deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee” (Tit.3:4-6). “Julle is immers weergebore…uit die onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God… Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei…” (1 Pet.1:23 en 2:2).
“Here, vandag soek ek die vernuwing van my hart.”

Al oplosmiddel vir goud
Lees Romeine 2:1-11
“God is ryk in goedheid, vedraagsaamheid en geduld … Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie? Maar deur jou verharding en jou onbekeerlike hart is jy besig om vir jouself straf op te gaar vir die oordeelsdag… (4,5)
Tydens ‘n eksperiment met oplosmiddels in ’n skeikundeklas, vertel die Reformatory Record, gee die professor vir die studente ‘n stukkie goud en sê hulle moet dit laat oplos in hulle beskikbare middels. Die heel nag laat hulle dit lê in die sterkste suur wat hulle beskikbaar het. Daarna kombineer hulle verskillende sure, maar uiteindelik sê hulle vir die professor wat hy graag wou hoor: “Goud is bestand teen al die oplosmiddels wat ons kon formuleer.” Hy gee hulle ‘n botteltjie met ‘n etiket op, waarop staan Nutromutiatic Acid (Aqua Regia). Hulle gooi dit op die stukkie goud. Na ‘n rukkie begin die goud in die vloeistof oplos en verdwyn. Die volgende dag vra hulle professor: “Weet julle hoekom daardie vloeistof genoem word Auqa Regia, Koningswater?” “Ja,” antwoord hulle, “omdat dit goud, wat alle ander oplosmiddels kan trotseer, se mééster is.” Die professor is met hulle antwoord tevrede. Hy gaan sit op die kant van die tafel en vervolg: “Dit sal nie skade doen as ek ‘n paar minute van ons klastyd gebruik, om vir julle van ‘n ander stof te vertel, wat net so ondeurdringbaar as goud is nie; dit is ontoeganklik en word nie verander nie al word honderd pogings aangewend. Dit is die sondige hart van die mens. Niks kan die hart van die mens van sy sondige eienskap verander nie. Nie beproewings, armoede, gevangenisstraf, opvoeding nie, as net die reinigende bloed van Christus Jesus, die Verlosser. Die bloed van ons Verlosser, Jesus Christus, is die aqua regia van die siel.
Uit Christus se kruisdood en opstanding het ons die groot gawe van ‘n rein en nuwe hart ontvang: “Hy het ons verlos… deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser” (Tit. 2:5,6).
“Here, vandag verbly ek my oor die nuwe hart wat U, uit Christus se verlossing deur u Gees, in my vorm.”

Is hy ernstig?
Lees 2 Korintiërs 5:16-21
“Ons tree dus op as gesante van Christus, ons smeek julle…(20)
Die bekende prediker C.H.Spurgeon, vertel van ’n reisiger wat een laat aand, langs ’n onbekende pad reis. Die pad lei oor ’n brug wat ’n diep rivier oorspan. Die man is gerus, want hy het op ’n kaart sy roete goed bestudeer. Wat hy nie weet nie is, `n swaar reën het hoër op met die rivier uitgesak. Die rivier is in vloed. Hy kom ’n man teë wat van die rivier se kant af kom. Hulle groet, gesels oor een en ander en die man vra die reisiger waarheen hy op pad is. Die reisiger verduidelik watter pad hy volg. “Dis ’n goeie pad,” sê die man, en vra dan half ongeërg, “maar dink jy dis veilig?” “Ek reken so,” antwoord die reisiger. “Maar wat laat jou so vra?” “Dit het glo baie gereën hoër op en ek verstaan die brug het weggespoel. Miskien moet jy liewer omdraai.” Die man groet en beweeg verder. Die reisiger se gedagtes is nou verdeeld. Dis ’n ernstige saak as die brug weggespoel het, maar die man se onsekere manier van praat, laat die reisiger besluit om tog verder te gaan. Nie lank nie, of hy kom nog iemand teë wat van die brug se kant af kom. “Besef jy die brug het weggespoel?” vra dié man dadelik. “’n Man wat netnou verbygekom het, het my so iets laat verstaan, maar hy was nie baie seker daarvan nie.” “Die brug is weg!” sê die man ontsteld. “Draai om. Ek weet hy het weggespoel, want ek was daar en ek het so amper-amper saam weggespoel.” Hy gryp die reisiger aan sy arm. “Draai om. Vorentoe is net gevaar.” Nou luister die reisiger en hy draai om en is gered. “Albei het van die weggespoelde brug gepraat,” sê Spurgeon, maar hulle stemtoon, houding, woorde was verskillend. Die eerste man het gepraat van gevaar waarvan hy ook net gehoor het. Die tweede man het gepraat van gevaar waarvan hy geweet en aan sy eie lyf gevoel het. Dít was oortuigende taal. Spurgeon sê: “Dit is die verskil tussen iemand wat terloops met mense oor hulle ewige heil praat, en iemand wat met ’n brandende hart, gebore uit ’n bewussyn van die gevaar waarin die verlore mens verkeer, met mense praat.”
“Here, ek verlang vandag om deur u Heilige Gees, self so bewus te wees van die erns van ons ewige bestemming, dat ek met brandende hart, oortuigend en volhardend, met mense daaroor sal praat.”

Is hy dit werd?
Lees Eksodus 2:1-8
“…sy (kry) hom jammer en dink: dit is seker een van die Hebreeuse seuntjies…”(6)
In die jare toe die gerief van motors en goeie paaie nog nie bestaan het nie, sit ’n dokter een aand in Engeland voor sy brandende kaggel. Dis koud en buite val die reën. Hy is dankbaar hy hoef nie in die donker, koue, nat aand na ’n sieke toe uit te gaan nie. Skaars het hy hom aan die warmte en sy lekker gedagtes oorgegee, of daar is ’n klop aan sy deur. ’n Arm weduwee wat vyf myl in die gietende reën gestap het, staan bewende voor die deur. “My klein Davie is baie siek. Help my asseblief!” Gedagtes skiet deur die dokter se gemoed. Is dit dit werd om so ’n nag te trotseer om ’n kind, vir wie daar tog net armoede en ellende wag, se lewe te red? Hy weet ook die vrou het nie die geld om hom vir sy dienste te betaal nie. Sy pligsbewussyn, sy liefde vir kinders, en sy eerbied vir God, wat hom geroep het om sy medemens te dien, wen op die ou end. Met sy jas aan, tas in die een hand en ’n lantern in die ander hand, stap hy met haar saam. Onder sy bekwame hande en met die medisyne tot sy beskikking, red hy die aand klein David se lewe. Die kind het opgegroei om die staatsman David Lloyd George te word. As die dokter nog gelewe het, en hy het teruggekyk na daardie aand, sou hy jare later vir homself kon sê: “Ek sou nooit kon droom dat ek daardie aand, deur die arm kind se lewe te red, Engeland se toekomstige eerste minister se kewe gered nie.”
Die voor die handliggende waarde van ’n saak is baie bedrieglik. Hoe oordeel ’n mens wat ’n saak se waarde is? Ons kan bid vir wysheid. “…die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg” (Jak.3:17). Dit is veilig om met so ’n gesindheid ’n saak te oorweeg. Ons kan liewer na die posistiewe kant toe fout maak as om later te weet ons het gefaal.
“Here, ek vra vandag u leiding in elke saak waaroor ek moet besluit.”

Gevra en Ontvang
Lees Filippense 4:2-9
“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend…(6)
Dr.F.B.Meyer, prediker en skrywer, was ’n passasier op ’n skeepsvaart oor die Atlantiese oseaan. Die kaptein het hom gevra, om een Sondagoggend ‘n diens vir die eersteklas passasiers, in hulle luukse salon te hou. Sy tema was: Beantwoorde gebed. ’n Bekende vrydenker woon die diens by. Iemand vra sy opinie oor die preek. “Ek glo nie ’n woord hiervan nie,” sê hy. Daardie middag hou dr. Meyer vir die toeristeklas passasiers ook ’n diens in hulle salon. Uit verveling besluit die vrydenker hy woon daardie diens ook by. Op pad daarheen, tel hy in die luukse salon twee lemoene op en steek dit in sy sakke. Hy stap by ’n ou vrou verby, wat met haar silwergrys hare op ’n dekstoel lekker sit en slaap, haar hande oop op haar skoot. Op die ingewing van die oomblik sit hy ’n lemoen in elke hand. Toe hy terugkom van die diens af, stap hy weer by die vrou verby. Nou is sy wakker en sit met blink oë lekker aan een van die lemoene en eet. “Lyk my jy geniet jou lemoen,” merk hy vriendelik op. “Ja, my Vader is goed vir my,” antwoord sy opgewek. “Jou vader? Hy kan tog nie meer leef nie,” sê hy verwonderd. “O ja, Hy leef. Vir vyf dae was ek erg siek aan seesiekte. Vanoggend het ek vir die eerste keer beter gevoel. Ek het so lus gehad vir ’n lemoen. Dit sou my goeddoen. Ek het geweet daar is lemoene in die luuksesalon, maar ek het nie geweet hoe om dit hier in die toeristeklas te kry nie. Toe vra ek my hemelse Vader om vir my ’n lemoen te stuur. Ek het aan die slaap geraak, en wil jy glo, toe ek wakker word, het ek in elke hand ’n lemoen.” “Kan dit wees?” vra die man verslae. “Dit klink ongelooflik, maar dit het regtig net so gebeur,” bevestig sy dit. Hy stap weg en hy dink diep en ernstig. God het nie net haar gebed gehoor en feitlik dadelik geantwoord nie, maar Hy het hóm gebruik om vir die vrou haar lemoene aan te dra!
Dit is een van die versterkende elemente in ons geloofslewe: God hoor ons gebede en antwoord ons gebede. Meeste van ons kan getuig van wonderlike gebeds antwoorde in ons eie lewe. Ons hoor dit ook van ander se lewenservaringe. Die Bybel moedig ons gedurig aan om van God die dinge te vra wat ons nodig het. God het ’n behae daarin om sy kinders se gebede te beantwoord. Net voor sy kruisiging en hemelvaart het Jesus vir sy dissipels, wat op aarde sou agterbly, ’n goue kaart in die hand gegee: “Ek gaan om vir julle plek gereed te maak… Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word (Joh.14:13,14).
“Here, vandag kom ek om in Jesus se Naam iets te vra.”

Die kierie van gebed
Lees Eksodus 17: 1 – 7
“Toe sê die Here vir Moses: ‘Vat die kierie waarmee jy op die Nyl se water geslaan het. Ek sal daar reg voor jou op die rots by Horeb staan. Dan moet jy teen die rots slaan, en daar sal water uitloop vir die volk om te drink’” (5).
Evangelis B. Webb vertel hy is een nag na die sterfbed van ’n ou grysaard ontbied, lees ek in Die Spoorwegbode van Julie 1967. Die ou man vertel hom, hy was ’n soldaat uit die dae van die Amerikaanse Burgeroorlog van 1862. Hy is krygsgevange geneem. Nou, in eie woorde, sy verhaal:
“Die kos en water het opgeraak. Ons was in gevaar om van dors te sterf. Toe dit lyk of die einde onvermydelik was, het vyf van ons begin bid vir reën. Dag na dag het ons gebid en die lug dopgehou vir tekens van reën. Later was ons tonge opgeswel en ons lippe gebars en omgekrul. Ons vyf het aangehou bid. Omtrent twee-uur een middag hoor ons die weer dreun. Vol blydskap spring ons van ons knieë af op, en – waarlik: in die Noordweste steek ’n donderwolk op. Staande loof ons God en wag vir die reën om te val. Meteens skiet ’n geweldige weerligstraal uit die wolk uit en kloof ’n rots net bokant die kamp. ’n Stroom water begin dadelik uitvloei en kom teen die berg af. Nie lank nie of al die dorstige manne drink van die water uit die rots. Die stroom het bly vloei totdat ons daar weg is. Na ek verneem, vloei die stroom steeds.”
By die eerste geleentheid het eerw. Webb die plek besoek. Die stroom het nog steeds uit die rots teen die berg af gevloei. Hy het by die bron neergekniel en ’n offer van danksegging gebring, aan die “die God wat voorsien” – die God van Abraham, Isak en Jakob en almal van wie ons in die Bybel lees, wat in hul nood tot God geroep het.
Moses se kierie is ’n beeld van gebed. Die krag was nie in die kierie nie, maar in God wat vir hom gesê het: “Ek sal daar voor jou op die rots by Horeb staan” (Eks.17:6). Die Here Jesus het hierdie kierie van gebed vir ons in die hand gegee. Omdat Hy gekom het en vir ons die weg na God toe geopen het, mag ons in ons nood, in sy Naam, bid en God sal ons uitred! “Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” (Joh.14:13,14). Glo ons dit?
Wanneer ons persoonlike behoeftes het, of die gesamentlike behoefte van almal om ons, het dit groot krag om saam met ander te bid. Uit ons eie geskiedenis ken ons die groot krag van gebed as ons onthou, hoe God op Geloftedag ons land se voorgangers by Bloedrivier, gehelp en gered het.
“Here, vandag bid ek in Jesus se Naam vir my saak.”

Behoudende krag
Lees Daniël 6:17-25
“My God het sy engel gestuur om die bekke van die leeus toe te sluit sodat hulle my niks kon aandoen nie…” (23)
C.I. Scofield vertel van ’n groot geestelike geheim wat hy kort na sy bekering ontdek het: “’n Week na my bekering stap ek op ’n dag in St. Louis by ’n winkel verby waar ’n aantal groot prente in die venster uitgestal word. Een van die prente was van Daniël in die leeukuil, waar hy in die middel van die leeus staan en opkyk om die koning, wat van bo af na hom roep, te antwoord. Ek was voor my bekering ’n dronk regspraktisyn. Niemand het my vertel van Jesus Christus se behoudende krag vir sy volgelinge nie. Terwyl ek voor daardie prent staan, het ’n groot hoop en vertroue in my hart gekom. Ek sê vir myself: ‘Ek is ook tussen die leeus: versoekinge wat aanspraak maak op my ou gewoontes en sondes. Maar God wat daardie leeus rondom Daniël se bekke toegesluit het, kan ook die versoekingleeus om my se bekke toesluit.’
Scofield het daardie dag geleer: God het Daniël nie van die leeukuil bewaar nie, maar van die leeus se bekke. Ons word nie van versoeking bewaar nie, maar ons word in die versoeking bewaar om nie daardeur oorweldig te word nie. Petrus het nie die uur van sy groot versoeking ontkom nie, en hy het in die proses van die versoeking seer geval, maar hy is nie daardeur oorweldig nie. Die Here Jesus het hom behou. Eers deur hom van die moontlik¬heid van versoeking bewus te maak en toe om hom te bewaar om nie vernietig te word nie: “…terwyl Petrus nog praat, het daar ’n haan gekraai. Die Here het omgedraai en na Petrus gekyk…en Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil” (Lukas 22:60-62). “Daar kry (die Emmausgangers) die elf… en dié sê: ‘Die Here het regtig opgestaan en Hy het aan Simon verskyn!” (Lukas 2:33,34). “God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie…” (1 Kor. 10:13).
“Here, ek vertrou vandag in u krag om my in versoeking te bewaar.”

Voed die vuur
Lees 2 Timoteus 1:3-7
“… (ek) herinner jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het … soos ’n vuur weer moet aanblaas” (6).
Genl. Booth, stigter van die Heilsleër, het eens vir ’n paar van sy medewerkers gesê: “Pas die vuur in julle harte op, want dit is geneig om dood te gaan.” Net soos ’n vuur op die vuurherd, moet die geestelike vuur in die hart ook met sorg brandend gehou word. ’n Paar eenvoudige take is nodig. Die vuur op die vuurherd moet, eerstens, genoeg lug kry. Vensters moet oop wees, sodat daar ’n trek kan wees. Vir die vuur in die hart moet hemelse lug (geloof) gedurig deur die vensters van gebed invloei. Tweedens, moet die ou as van die vuurherd gereeld verwyder word, anders smoor die vuur. Deur selfondersoek en belydenis van sondeskuld moet die as van die hart se vuur gereeld weggeneem word. ’n Derde en belangrike vereiste vir ’n brandende vuur, is die brandhout. Die vuur moet gedurig gevoed word. Die Woord van God is die brandhout van die vuur in die hart. Die lees en bepeinsing van die Woord van God bring nuwe insig, nuwe gedagtes, nuwe openbaringe na die hart toe en die vuur bly brand.
“Here, vandag wil ek sorg om u vuur, wat U in my hart aangesteek het, brandend te hou.”

'n Tyd van vereffening
Lees Romeine 2:1-8
“Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade …” (6)
‘n Man het soos volg aan sy koerant geskryf: “Ek het op Sondae geploeg, op Sondae geëg en gesaai, op Sondae watergelei, op Sondae geoes en op Sondae my graan weggery. My oes was die beste in die buurt en nog nooit het ek in Oktober so ‘n groot oes gehad nie.” Die redakteur van die koerant was nie ‘n Christen nie en die korrespondent het verwag die koerant sou op een of ander manier met die Christelike geloof draaksteek. Hy het net ‘n kort briefie van die koerant se redakteur ontvang met die woorde: “Ontvangs van u brief word erken, maar laat ons asb. toe om u daaraan te herinner dat God nie sy rekeninge in Oktober vereffen nie.”
Dit is ook die teregwysing in God se Woord: “Omdat die verkeerde daad nie meteens gestraf word nie, hou mense eenvoudig aan om verkeerd te doen. (Pred.8:11).” As alle sondes dadelik gestraf wou word, sou die mense baie versigtig gewees het om nie iets verkeerd te doen nie. Maar nou doen mense die gruwelikste dinge en niks gebeur met hulle nie. Niks gebeur dadelik met hulle nie! Met uitdagende houding volhard hulle in hulle sonde. Die rekening word egter vorentoe vereffen. Dit is soos iemand wat op skuld koop en op skuld koop en op skuld koop, en niks gebeur nie. Maar op ‘n dag kom die rekening en dan die aanmaning en dan die dagvaarding. “En ek het ‘n groot wit troon gesien en die Een wat daarop sit … en die boeke is oopgemaak … Die dooies is geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan volgens alles wat hulle gedoen het (Openb.20:11).”
Daar is ‘n rede waarom die vereffening van die sondaar se rekening by God tot die laaste uitgestel word. “… Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie; Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer (2 Pet. 3:9).” Dit is verstandig om die opgeloopte rekening by God, in herinnering te bring en hulp te soek, by die Een wat die rekening vir ons betaal het. “In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade (Ef.1:7).”
“Here, ek wil vandag my dade goed oordink en seker maak my skuld by U is klaar vereffen.”

Ingehaal
Lees Jesaja 65:1-2
“Ek het gedurig my hande uitgesteek na ’n opstandige volk …” (2).
W.P.McKay het sy ouerhuis op sewentienjarige ouderdom verlaat om te gaan studeer. Voor sy vertrek het sy moeder vir hom ’n Bybel gegee. Sy het haar naam en sy naam en ’n teksvers voorin geskryf. Dit was nie lank nie of McKay het sy rug op sy ouerhuis gekeer en in ’n slegte lewe versink. Hy het sy Bybel verpand om drank te koop. Na verloop van tyd het McKay, wat ’n briljante jongman was, wel sy mediese studies voltooi en ’n praktyk begin. Sy lewenshouding het nie verander nie.
Op ’n dag moes hy aandag gee aan ’n sterwende man. Die man het aanhoudend gefluister: “Bring my my boek.” Na die man se dood was dr. McKay baie nuuskierig om te weet watter boek vir die man so belangrik was. Die verpleegster bring vir hom ’n verslete Bybel. Half teleurgesteld neem hy die Bybel en kyk voorin of daar iets geskryf is, wat dit vir die man so belangrik gemaak het. Sy eie naam en die naam van sy oorlede moeder staan op die die voorblad. Diep geraak neem hy die Bybel wat hy verpand het en wat nou weer in sy hande beland het, huis toe. Met groot berou lees hy haar handtekening oor en oor. En toe ook die teks wat sy voorin geskryf het.
Hy blaai die Bybel deur en kry talle tekse wat sy onderstreep het. Sy onverskilligheid en sy sonde kom swaar oor sy hart lê. Die tekse gee hom ook moed. Hy smeek God om genade en vra vergifnis. So leer hy Christus as sy Saligmaker ken.
Die manier waarop sy moeder se gebede en God se genade hom ingehaal het, haal Dr. McKay oor om sy praktyk prys te gee en as sendingdokter sy lewe aan die verkondiging van die evangelie te wy. Hoe gekant kan ’n mens se hart teen God wees! Hoe volhardend kan God, in sy groot liefde vir die sondaar, lank agter hom aangaan! ”Ek het vroeg en laat met julle gepraat, maar julle luister nie na My nie. Ek het vroeg en laat my dienaars, die profete na julle toe gestuur om te sê: ‘Elkeen van julle moet hom van sy verkeerde dade bekeer …maar julle het nie aandag gegee of na My geluister nie” (Jer.35:14,15).
Twee liefdes het agter hierdie eiesinnige jongman aangegaan: God se liefde en sy ma se liefde. Selfs ná haar dood het haar gebede, vir haar afkerige kind, soos ’n lewende krag op sy spoor gevolg. God het omstandighede wonderbaar gewentel, om die trotse jong dokter en sy moeder se verhoorde gebede en die Bybel, weer bymekaar te bring. Deur hierdie Bybel het God se liefde deurgedring en sy hart bereik.
Kom ons loop met ons gebede agter ons kinders, ons kleinkinders, ons agterkleinkinders aan. Ons het in God, ’n onfeilbare vennoot, in ons liefde vir ons kinders. Hy sal ons nie in die steek laat nie.
“Here,vandag wil ek met nuwe moed en verwagting vir elkeen van die mense wat ek lief het, by name voor u genadetroon pleit.”

Hoekom sê hulle nie so nie
Lees 1 Korintiërs 2: 1 – 5
“Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde” (2).
’n Sendeling in Sjina stap by ’n groepie mense verby, waar ’n opelugdiens aan die gang is, skryf Mei 1970 se Spoorwegbode. Op die rand van die kring staan ’n Sjinees aandagtig en luister. ”Word jy iets wys?” vra hy vir hom. “Ek weet nie,” mompel die Sjinees. “Wat verstaan jy nie?” wil die sendeling weet. “Jy sien, hulle praat van ‘verlossing’ en ‘die bloed van Christus’. Maar wat bedoel hulle?” Die sendeling verduidelik: “Dit meen Jesus Christus het aan die kruis vir ons gesterf. Hy het sy lewe gegee, sy lewensbloed, om ons sondes weg te was. Jy sien, ons verkeerde dade moet deur God gestraf word, maar God het ons lief en wil ons nie straf nie. Maar Hy is ’n regverdige God en oortredings móét gestraf word. Die Here Jesus het aan die kruis in ons plek gesterf en ons straf gedra. Nou kan God ons vergewe. Ons hoef nie ewig verlore te gaan nie…” en so verduidelik die sendeling die evangelie vir hom. ’n Uitdrukking van verligting kom oor die man se gesig. “Maar hoekom sê hulle dit dan nie so nie,” sê hy, en vervolg: “Dan sê hulle ’n mens moet weergebore word. Weergebore – wat is dit?” Die sendeling verduidelik weer eenvoudig: ”Ons natuurlike lewens, die sondige lewe waarmee ons gebore word, is nie geskik vir die hemel nie en kan God ook nie gehoorsaam nie. Ons moet ’n nuwe lewe kry. Die nuwe lewe kry ons by Christus. Sy kruis het ons ou lewe doodgemaak en sy opstanding het vir ons die nuwe lewe gebring. As ’n mens in Christus as Verlosser vertrou, gee Hy deur sy Gees in ons hart sy nuwe lewe. Ons word in God se familie gebore. Ons word innerlik weergebore.” “Nou verstaan ek,” sê die Sjinees, “maar hoekom sê hulle nie so nie? Hoekom praat hulle nie ’n taal wat mens kan verstaan nie?”
Die Bybel sê dit duidelik: “As ’n mens se lewe nog oorheers word deur jou ou menslike natuur, kan jou lewe God nooit tevrede stel nie…Dit is God wat vir Jesus weer lewendig gemaak het… God het vir ons sy Gees gegee…en die Gees maak ons God se eie kinders en Hy leer ons om met God te praat en Hom te noem ‘my Vader’. As ons God se kinders is, dan is ons ook sy erfgename want ons sal saam met Christus al die rykdomme van God erf” (Rom.8:8-17 – Lewende Bybel).
“Here, vandag noem ek in Christus, deur die Gees, U my Vader.”.

Die heling van verbittering
Lees Matteus 11: 25 – 30
”Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee” (28)
Gedurende die eerste helfte van 1974 was Debra Fausagh ’n verwarde en verbitterde jong vrou, skryf sy in Abundant Life. Sy en haar man was in die proses van ’n egskeiding. Hulle het een kindjie gehad en die volgende een in September verwag. Die lewe het vir haar geen vreugde ingehou nie! Na die geboorte van haar tweede kindjie, ’n dogtertjie, het haar bekommernisse en laste verdubbel. Die baba se longetjies was vol vog en haar hartjie het vyf keer vinniger as normaal geklop. Sy skryf: “When I realized just how serious it was, I become very angry and even more bitter. I blamed God and everyone else. I did not even pray for my baby. She was barely alive when I left the hospital. For the next 6 days I was either at the hospital or calling every hour. The answer always was, ’No change’ or ’Worse’”. Debra se ma het almal van wie sy geweet het gebel en gevra hulle moet vir Debra en haar kindjie bid. Debra self het geweier om te bid. Wat gee God vir haar of haar probleme om, het sy gevoel! Die ma het ’n gebedsgroep, The Prayer Tower at ORU, gebel om vir haar dogter te bid. Toe haar ma haar daarvan vertel, kon Debra dit nie meer weerstaan nie. Sy het na haar kamer toe gegaan, op haar knieë geval en tot God geroep: eers vir haar persoonlike vergifnis en toe vir die genesing van haar dogtertjie. Die volgende oggend bel die dokter haar van die hospitaal af. Sy onthou sy presiese woorde: “Debbie, it’s a miracle! Your baby is competely well! I can’t believe it!” Die een oomblik was sy nog dodelik siek, gaan hy voort, en die volgende oomblik was sy gesond. Uitgeput, ja, maar gesond.”I was astonished at God’s love for my baby and for me!” skryf Debra. Na die opwinding om die baba tuis te hê en die wonder wat gebeur het – doen God toe nog ’n wonderwerk: “I told God if He could forgive my bitterness toward Him and heal my baby, then surely He could forgive my husband and me and heal our marriage.” Die volgende dag daag haar man by haar op. So by mekaar by die kindjie, met die ander enetjie wat op die grond sit en speel, besef hulle twee, hulle het mekaar nog lief en hulle het mekaar nodig.. Hulle het weer bymekaar gekom en biddende werk gemaak van die probleme wat hulle in die eerste plek van mekaar af weggedryf het. Sy sluit af: “Today our baby is alive and well and so is our love – thanks to our prayer partners. And most of all to God, He listened to the prayers.”
Die weg vir innerlike heling en genesing vir verhoudingsbreuke en gelykmaak van ’n mens se lewensomstandighede, is die weg wat Jesus aandui: “Kom na My toe…en julle sal rus kry vir julle gemoed.” Dit is die gedurige lied van Dawid in die Psalms: ”Maar dit is in sulke tye, as ek bang word dat ek op U vertrou…”(Ps.56:4 – Lew.Byb.). “Ek roep omdat ek ver van U af is en heeltemal moedeloos geword het. Lei my tog na u teenwoordigheid” (Ps.61:3). In die Here Jesus het hierdie opheffing van ’n mens se gemoed deur God, naby aan ons gekom. ”Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy, as die enigste Seun, van die Vader het, vol genade en waarheid” (Joh.1:14).
“Here, vandag doen ek dit, ek kom na U toe.”

Die Bybel en Gebed
Deur Dr Andrew Murray
Lees Romeine 15:4- 6
“… opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees” (4)
Vir ware omgang met God, is die Woord van God en gebed onafskeidbaar. In die binnekamer hoort hulle by mekaar. In die Woord spreek God tot ons en in gebed spreek ons tot God. Die Woord leer my die God ken tot wie ek moet bid. Dit leer my hoe om te bid soos Hy wil hê. Die Woord leer my wat ek van God mag verwag en gee my heerlike beloftes wat my in gebed aanmoedig.
Die Woord vloei uit God se hart en bring sy gedagtes en sy liefde in my hart. Dan gaan dit weer terug uit my hart na sy hart en so word gebed, ‘n gemeenskap tussen God se hart en my hart. Die Woord leer my God se wil te ken. Die Woord leer my die wil van sy beloftes ken, oor wat Hy vir my wil doen. Dit leer my ook sy wil ken, oor wat ek vir Hom moet doen. So leer ek vertroue ken en so leer ek gehoorsaamheid ken.
Hoe meer ek bid, hoe meer voel ek my behoeftes aan die Woord, en verheug ek my daarin. Hoe meer ek die Woord van God lees, hoe meer stof en krag het ek tot die gebed. Die Gees wat die Woord gespreek het, is ook die Gees van gebed. Hy leer my hoe om die Woord te ontvang en voor God te buig.
Leer om die Woord altyd as van God aan te neem en in die krag daarvan te bid en ‘n antwoord te verwag. As ons die Woord in diepe eerbied in die hart en op die lippe neem voor God, word dit ‘n bron van hemelse krag en seën. Alles wat die Woord van God sê, het hemelse, goddelike lewenskrag, wat ons sterk maak en in staat stel om groot dinge van God te vra en te ontvang.
“Here vandag wil ek hierdie weg volg.”

Afgekeur
Lees Kolossense 1:21-23
“ … ook julle … versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle …. onberispelik voor Hom te stel” (22).
Op die bodem van die steengroef van Aswan in Suid-Egipte, lê ‘n onvoltooide obelisk (gedenknaald). ‘n Paar duisend jaar lê dit al daar. Heelwaarskynlik het Thothemes III dit laat maak. Dit sou die grootste obelisk in die wêreld gewees het. Dit weeg 1 170 ton. Drie sye is heeltemaal afgewerk. Die vierde sy, net gedeeltelik.
Hoekom is dit nooit voltooi nie? Met die afwerking van die vierde sy is ‘n krakie in die graniet ontdek.. So ‘n hoë agting het die Egiptenaars vir hulle gode gehad, hulle het liewer die kosbare blok graniet laat lê as om dit met ‘n krakie in voor een van hulle tempels op te rig.
Die lewende God wat ons dien, se eise is ook baie hoog. Oor die toegang tot sy koninkryk lees ons: “Niks onreins en niemand wat iets … vals doen, sal ooit daarin kom nie (Openb.21:27).” Ons word almal deur God se eis van volmaaktheid uitgesluit om ooit vir sy koninkryk te kwalifiseer.
Gelukkig beoordeel God ons nie volgens ons eie meriete nie. Hy neem ons aan en gee vir ons in sy koninkryk plek op grond van Chritus se volmaaktheid. Die Here Jesus was volmaak. Volmaak in sy gees van liefde en in sy geloof in God; volmaak in sy gehoorsaamheid; volmaak in nederigheid en diens aan sy medemens; volmaak in wat Hy gesê het en in wat Hy gedoen het. Dit is alles die terreine en dinge waarin ons foute maak en kortkom. Hy het nooit sonde gedoen nie. Nooit ‘n fout gemaak nie. Van Hom het God gesê: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het (Mat.3:17).” Jesus se volmaaktheid word op ons rekening geplaas en ons foute, gebreke en sondes is op Hom gelê. Die Bybel sê dit in soveel woorde: “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Hom, deur God vrygespreek kan wees (2 Kor.5:21.”
“Here, ek wil vandag, bewus van my swakheid en foute en struikelinge, vertrou in Christus wat my plek ingeneem het en sy plek vir my gegee het.”

Wat hy behou het
Lees Jesaja 43:1-4
“As jy deur water moet gaan is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie…”(2).
’n Man met wie dit finansieël baie swaar gegaan het, kom een aand tuis. Hy sink op `n stoel neer en met sy kop tussen sy hande kreun hy: “Ek het alles verloor. Alles is verby!” “Wat makeer?” vra sy vrou verskrik. “Ons kan nie meer ons rekeninge betaal nie. Hulle gaan al ons goed vat: ons huis, meubels, kar. Ag, ek het alles verloor.”
Sy klein dogtertjie sit op die grond en speel en luister alles aan. Skamerig klouter sy op sy skoot. “Pappa het nog vir my,” sê sy saggies. Sy vrou streel oor sy kop. “Jy het my ook nog.” Sy ou moeder, oorkant die tafel, vee oor haar oë, skuif haar brilletjie reg en sê: “En jy het nog al God se beloftes.” Die man tel sy kop op. “Ja”, sê hy met nuwe hoop in sy stem. “En ek het nog my verstand en my gesondheid en my krag. Ek sien dit nou. Die beste dinge het ek behou. God sal ons help en ons sal bo uitkom.” Met geloof het hy sy probleme weer in oënskou geneem. Dinge was skielik nie meer so donker nie. Hy het uitweë raakgesien wat hy in sy wanhoop misgekyk het. Sake het ’n nuwe wending begin neem. Hulle het uit hulle moeilikheid losgekom. “Hy gee die vermoeides krag, en versterk dié wat nie meer kan nie…selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag…hulle vlieg met arendsvlerke” (Jes.41:29,31).
Die ou, bekende Hallelujalied vertel van die geheim, hoe om met die kalmte, wat die Here in ’n wanhopige hart bring, te kyk na alles wat nog oorgebly het!
As die lewenstorme woedend om jou slaan,
en jy gans ontmoedig, vrees om te vergaan –
Tel jou seëninge, tel hul een vir een,
en jy sal verbaas wees oor wat God verleen!
“Here, vandag dank ek U vir al u seëninge in my lewe en ek gaan met nuwe moed vorentoe.”

God is naby
Lees Psalm 34: 16 – 23
“As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses (18,19,20).
In ’n klein dorpie woon ’n weduwee. Sy is arm, maar godvresend. Onder al die swaarkry het sy haar kinders mooi grootgemaak en hulle altyd moed ingepraat: “Moenie bang wees nie. God lewe. Hy sorg vir ons.” In hierdie vertroue het sy en haar gesin gelukkig geleef en hulle probleme moedig tegemoet gegaan.
Op ’n dag word die stryd vir haar net te swaar. ’n Moeilikheid duik op waarvoor sy nie kans sien nie. In diepe moedeloosheid gaan sy sit en begin vrylik huil. Sy wis nie van haar kinders is in die huis nie. Haar jongste seuntjie sien sy ma so sit en huil. Hy kom nader, sit sy armpie om haar nek, kyk op in haar gesig, vra kinderlik, “Ma, is God nou dood?” Soos ’n vloed stroom geloof en moed haar hart binne, sy vee haar trane weg en terwyl sy opstaan roep sy uit: “Nee, my kind, God leef nog, Hy leef vir ewig en Hy sal ons nooit in die steek laat nie!” Haar nuwe geloofsvertroue het tot wonderbare uitredding gelei.
Baie van die Here se kinders beland in so ’n donker, moedverlore toestand. Elia het daar beland: “Elia het bang geword en ter wille van sy lewe gevlug…’n dagreis ver die woestyn in gegaan…onder ’n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood” (1 Kon.19:3,4). Josua het in so `n moedeloosheid beland na Israel se neerlaag teen Ai: ”Die volk se moed is gebreek en Josua het sy klere geskeur en tot die aand toe met sy gesig in die grond gelê…hy (het) gesê: ’Ag, Here, waarom…” (Josua 7:6,7). Job het so gevoel: “My hele lewe walg my, daarom wil ek aan my klag vrye teuels gee en in my bitterheid praat… vind U dit goed om my te laat swaar kry…” (Job.10:1,3). Dawid het meer as een keer so gevoel: ”Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so?” (Ps.42:6). Elke keer het God hulle noodkreet geantwoord en hulle in oorwinning en blydskap uitgelei. Ons leef in Christus en die Heilige Gees maak Hom ons Veilige Rots en Sterke Verlosser. In Hom is ons naby God. Geen probleem wat ons kan tref, is vir God te groot nie, want Hy is almagtig. Hef u hart op. Glo weer en loof God weer.
“Here, vandag skep ek nuwe moed as ek aan U dink.”

Glimlaggend deur 'n storm
Lees Handelinge 16: 16 – 40
“Daardie nag om middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot eer van God te sing” (25).
’n Dogtertjie het elke dag skool toe en terug geloop, omdat hulle huis nie ver van die skool af was nie. Een dag het die wind opgekom en donderweer, met blitse en dreuning, het opgesteek. Die ma was bang die dogtertjie gaan bang wees om in so ’n storm huis toe te loop en ry toe met die motor om haar te gaan haal. Die dogtertjie kom toe al aangestap, ewe vrymoedig en sonder vrees. Elke keer as dit blits, staan sy ’n oomblik stil, kyk op, probeer net nog mooier lyk en glimlag. Blits na blits beantwoord sy met ’n glimlag, het Neil Verwey van Japan, vir my die storie geskryf. Die ma hou by haar stil, draai die ruit af en vra: “Wat doen jy, Kindjie? Hoekom gaan jy elke keer staan?” Die kind antwoord vrolik. “Ek probeer mooi lyk, want God neem foto’s van my.”
Bewus van God se teenwoordigheid kan ons in ons lewenstorms ook glimlag en vir God in ons omstandighede probeer mooi lyk. Met die dissipels, en meesal seker met ons ook, het dit anders gegaan: “Skielik het daar ’n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan…Die dissipels maak Hom toe wakker en sê vir Hom: ‘Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?’ Hy staan toe op en bestraf die wind…Die wind het gaan lê en daar het ’n groot stilte gekom. Toe sê Hy vir hulle: ‘Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?’” (Mark.4:38-40).
“Here, vandag wil ek U vol blydskap vertrou.”

Vrede
Lees Johannes 14: 23 – 31
“Vrede laat Ek julle na; my vrede gee Ek julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie” (27)
In ’n kompetisie vir kunsskilders was die uitaging: Die Beste Voorstelling Van VREDE, skryf eerw. David A. Sargent, in sy internetprogram, ’n storie wat wyle Neil Verwey, sendeling in Japan, vir my gestuur het.
Dit het groot belangstelling ontlok en van oral af het skilderye begin aankom. Op die dag van die vertoning van die skilderye, word elke doek met ’n vredetoneel, onder geesdriftige applous van ’n skare toeskouers, vertoon. Eindelik bly nog net twee skilderye oor. Die een se bedekking word verwyder. ’n Bewonderende stilte daal oor die toeskouers. In ’n spieëlgladde meer, word die kleurvolle bome op die meeroewer en ’n troppie skape, wat onversteurd op die groen gras tussen die bome wei, onder die ligrooi skynsel van die ondergaande son, weerkaats. Dit moet die wenner wees, voel almal. Die laaste skildery word oopgemaak. Die skare gaap van verbasing. ’n Bruisende waterval wat oor rotskranse tuimel, onder lae, donker, dreigende onderweerswolke, word gesien. Kan dít vrede wees? ’n Taai, dun boompie, met die sterk wortels in die rotsoewer ingegroei, staan op die voorgrond. Asof dit die krag van die waterval en wolke uitdaag, strek ’n tak uit na die waterval toe. In die holte van die tak se elmboog het ’n voëltjie nesgemaak. Sy sit vredig, met toe oë op die nes. Met haar vlerkies stil gesprei oor haar eiertjies, vertoon sy diepe vrede teen die woeling en dreiging op die agtergrond. Dit was die skildery wat gewen het!
Jesus het vir sy dissipels gesê: “Die vrede wat Ek julle gee is nie die soort wat die wêreld gee nie” (Joh.14:27). Hoe is die vrede wat die wêreld gee? Op sy beste, die afwesigheid van moeilikheid! In ons wêreld is so ’n moeilikheidlose omstandigheid skaars en kort van duur. Die vrede wat Jesus gee, is nie gegrond op omstandighede nie, maar op ’n verhouding met Homself. “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou goeie moed: Ek het die wêreld oorwin” (Joh.16:33). Hierdie vrede van Jesus reik uit na God se liefde en almag in ons tye van beproewing. “Teen middernag – in die tronk van Filippi – was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing … skielik kom daar ’n groot aardbewing … al die deure van die tronk het onmiddellik oopgegaan…” (Hand.16:25). In ons verhouding met die Here Jesus Christus is ons van sy nabyheid bewus en ons weet ons God het krag om ons te help. Daarom het ons in die midde van beproewing, vrede in die hart.
“Here, vandag rus ek in U.

Subscribe to:
Comments (Atom)