Lees 2 Korintiërs 6: 1 – 7
“Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding” (2).
’n Jong predikant ry een aand, na ’n diens in ’n minder gegoede deel van die dorp, in ’n stampvol bus, huis toe. Met sy Bybel onder sy arm vasgeknyp, staan hy saam met ander in die gang. Van die passasiers, duidelik ’n ruwe jongklomp, begin met hom gekskeer. Een roep, bo die ander geraas van die bus, uit na hom toe: “Haai, Dominee, hoe ver is dit hemel toe?” Sy maats lag luidrugtig. Die ander mense in die bus is doodstil. Almal wag vir sy antwoord. Hy draai na sy trotseerder toe. Hy antwoord met ’n vriendelike, maar duidelike stem: “Net een tree, Meneer. Sal jy my toelaat om jou die weg te wys?” Daar eindig die geskrewe storie ongelukkig.
Ek wens ons kon weet of die jong boelie begerig was om te luister, en hoe die jong predikant van so ’n oomblik gebruikgemaak het om die evangelie te verkondig. Want op hierdie allerbelangrikste vraag is die antwoord kort en duidelik. Die tronkbewaarder van Filippi het dit vir Paulus en Silas gevra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Hulle antwoord was: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word…” (Hand.16:30,31). Die een tree hemel toe gaan by ’n oop deur in. Die Here Jesus het daardie deur, wat ’n soliede, geslote ysterdeur was, weens ons sondeskuld, oopgesluit, toe Hy ons sondeskuld aan die kruis uitgedelg en vernietig het. Ons kan die tree oor die drumpel van geloof, die ewige lewe in, dadelik neem. Sê vir Jesus: “Jesus, Here, red my nou, asseblief.” Met Jesus aan die kruis in gedagte, gló Hy kan dit doen. Met die lewende Jesus nou by jou, glo Hy hoor en doen dit. Sê vir Hom dankie. Die moordenaar aan die kruis het dit gedoen. Daar waar hy aan sy kruis langs Jesus hang, sê hy vir Jesus: “Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.” Jesus antwoord hom: “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.”
“Here, vandag gaan ek in u hemelse koninkryk in, deur die oop deur van u dood aan die kruis..”
Die Enigste Redding
Lees Hand.4:1-22
“Hy bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie” (2).
Enkele jare gelede raak twee manne in hul boot, bokant die Niagrawaterval, in die moeilikheid. Hulle roei wanhopig, maar die stroom voer hulle vinnig na die donderende val toe. Op die oewer word koorsagtig pogings aangewend om die twee manne te red. Net betyds word ‘n tou na hulle toe uitgegooi. Dit beland binne-in die boot. Die een man gryp die tou dadelik gretig vas. Juis op daardie oomblik dryf ’n houtstomp teen die boot vas. Tot almal se ontsteltenis gryp die ander man paniekerig die drywende stomp en klou krampagtig daaraan vas. Die mense skree vir hom om die stomp te los en ook die tou te gryp, maar hy klou net stywer aan die stomp vas. Die man wat die tou gegryp het, is veilig aan wal gebring. Die ander man is met stomp en al by die waterval af.
Die mens bevind hom vir sy sieleheil in net so ‘n groot gevaar. Gelukkig is daar redding, hoe sterk die afwaartse stroom ookal mag vloei en hoe hard die waterval ook al dreun. Die veilige tou van Christus se verlossing word uitgegooi en ’n mens kan dit gryp en gered word.
Een oggend leun ’n predikant, by die aanvang van sy preek, oor die kansel en sé met groot erns: “Ek het ’n vraag om te vra. Ek kan dit nie beantwoord nie. Geen engel in die hemel kan dit beantwoord nie. Geen duiwel uit die hel kan dit beantwoord nie. Kan ú dit beantwoord? Dit is die vraag: Hoe sal ons ontvlug as ons so ’n groot saligheid verontagsaam?” Dit word doodstil in die kerk. Niemand kon dit beantwoord nie. Niemand kon dit teëspreek nie. Dit is ’n vraag wat die Woord van God self in Hebreërs 2:3 vra: “…hoe sal ons dan ontkom as ons so `n groot saligheid verontagsaam het?” Vir ons almal is daar net één betroubare reddingswete: weens die sondes wat ek gedoen het, is ek verlore en ek kan my aaklige lot, die verdoemenis, op geen manier ontkom, as om te vertrou in die Here Jesus Christus, die Seun van God, wat aan die kruis op Golgota die straf vir al my sondes gedra het en my só met God versoen het nie. Ek moet na Hom toe vlug en vir Hom sê: “Ek is sondig. Ek is verlore. Red my, asseblief.” Dít is die reddingstou wat ons gryp, waarmee ons in die veiligheid van die ewige lewe, wat God ons uit genade gee, gebring word. Deur die Evangelie Woord, open die Heilige Gees ons oë en hart om hierdie redding aan te neem.
So het Jesus Self Nikodemus se vraag oor die ingang in God se konikryk beantwoord: “Net soos Moses destyds die koperslang in die woestyn op ’n paal gehang het, so sal Ek, die Redder, ook op ’n paal gelig word, sodat elkeen wat op My vertrou die ewige lewe kan hê. Want God het die mense so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het. Iemand wat in Hom glo, sal nie verlore gaan nie, maar hy sal die ewige lewe hê’” (v.10-14).
“Here, vandag gryp ek die reddingstou van Jesus se kruisdood”

Die kunstenaar by die orrel
Lees Galasiërs 5:13-26
“Laat julle lewe… deur die Gees van God beheers word, dan sal julle NIE swig voor begeertes van julle sondige natuur nie” (16).
In die Senior Teacher word vertel, die bekende komponis, Mendelsohn het, eenkeer ’n katedraal besoek, omdat hy gehoor het, een van Europa se kosbaarste orrels word in daardie katedraal gebruik. Hy het ’n rukkie gestaan en luister hoe die bejaarde orrelis op die orrel speel en hom voorberei vir die komende Sondag se kerk-diens. Toe die ou man by die einde van die stuk kom, wat hy besig was om te speel, gaan Mendelsohn nader en vra of hy op die orrel mag speel. “Ek ken jou nie,” antwoord die orrelis, “en ons laat nie enigeen op hierdie orrel speel nie. Uiteindelik oorreed Mendelsohn die ou man en hy laat Mendelsohn by die orrel plaasneem. Mendelsohn begin speel en die kerk word gevul met musiek soos die orrelis nog nooit in sy lewe gehoor het nie. Diep geraak lê hy sy hand op Mendelsohn se skouer. “Wie is jy,” vra hy met ’n gebroke stem. “Mendelsohn,” antwoord die komponis. Verslae sê die ou orrelis: “Om te dink ek was so dwaas om te weier dat Mendelsohn op my orrel speel!” Die persoon en die hande wat die orrel bespeel het, het bepaal watter musiek uit daardie groot orrelpype kon vloei.
’n Mens het ’n wonderlike lewe, met wonderlike eien-skappe, want God het die mens oorsponklik na sy eie beeld geskape. Die soort lewe wat uit die mens vloei, sy dade, sy woorde, het bedorwe geraak, want Satan het baas van ons lewensorrel se klawers geword. Solank Satan die orrelis in ons lewe is, sal daar net wanklanke uit ons lewe te voorskyn kom. Met ’n mens se bekering word Jesus die Een wat ons lewe beheer. Soos die ou kerkorrelis kan ons ook weerstand bied en Hom verhin-der om sy musiek uit ons lewens te laat voortkom. Die Here Jesus het in sy Persoon teruggegaan hemel toe, maar na Hy verheerlik is, het God die Heilige Gees op sy kerk uitgestort en deur die Heilige Gees woon Christus in sy dissipels. As ons al die klawers van ons lewe oorgee aan die Heilige Gees dan bring hy die musiek uit ons le-wens te voorskyn wat God verheerlik, vir ons medemens aangenaam is en in ons hart vrede laat woon. “Ek bid dat God deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Chris-tus deur die geloof in julle sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees”(Ef.3:16).
“Here, vandag gee ek my hele lewe aan U oor.”

Geloof teenoor gevoel
Lees Johannes 6:34-40
“…en Ek sal hom wat na My toe kom nooit verwerp nie” (37).
Die bekende prediker, D. L. Moody, preek een aand in Philadelphia. Amper heelvoor, aan die linkerkant, sit ’n jong vrou, haar oë op hom gerig, asof sy elke woord indrink. Onmiddellik na die diens gaan hy reguit na haar toe. “Is jy ’n Christin?” vra hy haar. “Nee, maar ek wens ek was een. Ek soek al drie jaar na die Jesus.” “Daar moet iewers ’n misverstand wees,” antwoord Moody haar. Sy kyk vreemd na hom. “Glo jy my nie?” “Ongetwyfeld het jy gedink jy soek na Jesus,” sê Moody, “maar dit kan nie drie jaar lank neem, voor ’n ernstige soeker en ’n gewillige Verlosser, mekaar vind nie.” “Wat moet ek dan doen?” vra sy. “Ek dink dit is waar die fout lê: jy probeer iets doen. Jy moet net in Jesus glo.” “O, ek is siek en sat vir daardie woord!” roep sy uit. “Dis altyd net: ‘Glo, glo, glo!’ Ek weet nie wat dit is nie.” Moody antwoord: “Kom ons verander die woord ‘glo’ na ‘vertrou’. As jy Hom vertrou, daadwerklik, sal Hy jou red.” Sy huiwer ’n oomblik, sê toe met nadruk: “Ek vertrou Jesus, maar,” voeg sy in dieselfde asem by, “ek voel niks beter nie.” “A, nou verstaan ek,” reageer Moody dadelik. “Vir drie jaar soek jy na ’n nuwe en ander gevoel, in plaas van net na Jesus te soek. Jy vertrou Jesus nou om jou te red en Hy het belowe om jou te red as jy hom vertrou, so, aanvaar dit dat Hy jou nou gered hét en moenie vir ’n gevoel soek nie. Vertrou net, sê vir die Here dankie dat Hy jou gered het, soos Hy beloof het, en getuig daarvan.”
Ons wil die vrede en blydskap ervaar, wat ons verwag, met geloof in Christus moet saamgaan. Vrede en blydskap is nie die bewys van redding nie, maar ’n vrug, ’n gevolg van redding. Sommige mense se bekering is ’n onmiddellike, dramatiese ervaring. Vir ander is dit ’n bedaarde, asof dit nie gebeur het nie, ervaring. Dit is soos die huwelik. Die bruidegom en die bruid is nog ongetroud, al staan hulle saam voor die kansel. Dan antwoord die bruidegom “ja” op die huweliksgelofte. Nou is die bruid nog nie met hom getroud nie. Dan antwoord sy “ja”, en dan is sy met hom getroud. Vir sommige bruide bring dit ’n opwelling van emosie te weeg, vir ander is dit asof dit nie eers gebeur het nie. Maar vra vir die bruid onmiddelik, na sy “ja” geantwoord het, en sy sal sê sy is nou getroud. Nie omdat sy getroud voel nie, maar omdat sy die huweliksformulier glo en weet, sy het die bruidegom as haar man aangeneem. Later volg allerlei gevoelens. Dit is hoe die geloofstap van vertroue in Christus as Verlosser ook verloop. ’n Mens wéét jy het Jesus aangeneem as Verlosser en Hy het belowe, Hy néém jou aan en Hy vergewe jou jou sondes. Uit Die Boodskap haal ek Romeine 10:8-10 aan: “Ek vertel vir mense dat God hulle vryspreek. Ek roep hulle ook op om dit te glo. Dit is baie maklik om gered te word. Al wat jy moet doen, is om te erken dat Jesus die Here van jou is en met alles in jou te glo dat God Hom uit die dood laat opstaan het. Geloof is om God op sy woord te glo. Dit is om vir Hom te sê: ‘Ek glo in Jesus. Hy is die Here van my lewe.’ God sal vir die res sorg: Hy sal jou vryspreek van al jou sondes, jou red. Die Bybel sê mos: ‘Niemand wat in God glo, sal ooit met leë hande wegstap nie.’”
“Here, vandag weet ek U het my gered.”

Kopie van die oorspronklike
Lees Johannes 14:15-25
“… die Vader…sal vir julle…stuur… die Gees van die waarheid….Hy sal by julle bly en in julle wees…”(16,17)
In die St. Peter’s Church in Cologne hang twee eenderse skilderye van Petrus se kruisiging. Ons weet uit oorlewering Petrus het gevra om onderstebo gekruisig te word, omdat hy homself onwaardig geag het om soos Christus, in ’n regop posisie, aan die kruis te hang.. Die bestaan van die tweede skildery, wat ’n kopie van die eerste een is, word deur Herbert Lockyer in The Heritage of Saints soos volg verklaar: In die begin van die 19de eeu het Napoleon, die stad Cologne, in sy seevierende optog geplunder. In die proses van sy plundertog het Napoleon die oorspronklike skildery van Petrus se kruisiging saamgeneem. Nadat die kerk weer herstel is, het dieselfde kunstenaar, wat die eerste Peterusskildery geskilder het, weer ’n skildery, so na as moontlik aan die eerste een, geskilder. Die oorspronklike skildery is later gevind en aan die kerk terugbesorg en langs die kopie van die skildery opgehang. Kunskenners sê daar is so min verskil tussen die twee skilderye dat die oorspronklike nie van die kopie onderskei kan word nie. Herbert Lockyer maak uit hierdie insident ’n geestelike toepassing. “Jesus is in heaven. But the Holy Spirit is here, and He is die master Artist and in die absence of the Original, He is painting the likeness of Jesus upon the unworthy canvas of your life and mine.”
God se bedoeling met sy kinders op aarde, die gelowiges, is om die Here Jesus Christus se beelddraers te wees: “…dié wat Hom lief het, dié wat volgens sy besluit geroep is…het Hy ook bestem om gelykvorming te wees aan die beeld van sy Seun… (Rom.8:28,29). Uit onsself het ons nie krag om Jesus se voorbeeld te volg en deur ons lewe, Hom aan die wêreld, bekend te maak nie. “Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie. Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle” (Rom.8:8,9). Deur die Heilige Gees woon Christus in ons en afhangende van ons verhouding en gemeenskap met Hom, kleur die Heilige Gees, soos ’n kunsskilder, ons lewe in met Christus se lewe en dit verskyn in ons gedrag, ons houding, ons woorde, ons gesindhede.
“Here, vandag beleef ek my Christenlewe deur ú krag in my.”

Die regte verbinding
Lees: Handelinge 16: 22 – 34
“Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin (31)
In die ou geestelike tydskrif, Het Zoeklicht, word vertel van ’n Bybelkolporteur wat eendag in 1855, in Toulon, ’n Nuwe Testament aan ’n soldaat gee wat dit aanneem, met die opmerking, “Ek kan my pyp daarmee aansteek.” Jare daarna is die kolporteur weer in Toulon. Hy besoek ’n gesin wat in rou oor hulle seun wat dood is. Sy ma sê vir die kolporteur: “Ons seun het in groot vrede gesterf. Hy het al sy troos in hierdie boekie gevind.” Sy gee vir die kolporteur ’n verslete Nuwe Testament. In die binne omslag staan geskrywe: ”Ontvang in Toulon – verag – verontagsaam – gelees – geglo – Jesus Christus as my Saligmaker gevind.” Dit was daardie soldaat se Nuwe Testament. Hy het betyds die regte ewigheidsverbinding gemaak.
In ’n Spoorwegbode word vertel van twee mans wat op ’n spoorwegstasie in ’n rytuig klim, terwyl die rangeerdery nog aan die gang is. ’n Spoorwegman kom vra hulle om in die volgende rytuig te klim. Ergerlik wil die een man weet wat dan verkeerd is met die rytuig waarin hulle reeds sit. Die spoorwegman glimlag en antwoord: “Daar is niks met die rytuig verkeerd nie. Dis net aan niks gekoppel wat julle iewers sal bring nie.” Min van ons het nié ’n geloofsposisie of godsdiens nie. Die belangrike vraag is egter: “Sal dit my in die ewige saligheid bring?” Dit is nie die geloofsbinding wat ’n mens in die hemel bring nie, maar ’n mens se persoonlike verbinding met Jesus Christus wat ’n mens red. Sonder die persoonlike verbinding met die Here Jesus Christus – ek het Hom as my persoonlike Verlosser aangeneem – kan ’n mens godsdienstig wees en baie Bybelkennis hê en goeie dinge doen, maar ’n mens is nie vir die ewigheid gereed nie. Dit is dan wel ’n rytuig wat op die spoor staan, maar dit is nie aan die lokomotief gekoppel nie. Die reddende verbinding met Christus Jesus is die glo en weet: Hy het my sondes aan die kruis gedra, my aangeneem en aan my die ewige lewe gegee, want ek het sy roeping geantwoord en Hom as my Verlosser aangeneem. “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.”
“Here, vandag neem ek U aan as my Verlosser.”

Belangrike Briewe
Lees Johannes 3: 1 – 21
“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” (16).
Elizabeth Barrett se ouers het haar onterf en alle bande met haar gebreek, toe sy met Robert Browning getroud is. Van haar kant het sy haar verhouding met haar ouers probeer red. Elke week het sy vir hulle geskryf, vir hulle vertel hoe lief en hoe nodig sy hulle het, hoe sy na hulle verlang, hoe dit met haar in haar huwelik gaan, watter mooi vooruitsigte sy en haar man het.
Vir tien jaar het sy nooit van hulle gehoor nie. Toe op ‘n dag kry sy deur die pos ‘n groot kartondoos van hulle af. Uitgelate van blydskap maak sy die groot doos – ‘n versoeningsgeskenk het sy gedink – opgewonde oop. In die doos was al die briewe wat sy in die tien jaar aan hulle geskryf het. Nie één was oopgemaak nie! Hierdie liefdesbriewe van Elizabeth Barrett het ‘n onskatbare deel van die Engelse klassieke-literatuur geword. Maar die doel waarvoor sy dit geskryf het en die pragtige einde wat die storie kon gehad het, is nooit bereik nie, enkel omdat die ouers nie een van die briewe gelees het nie.
Ons verhouding met ons Hemelse Vader is ook gebreek – van ons kant af. In sy groot liefde het ons Vader ook aan ons geskryf. Die Bybel is God se brief aan ons, hoe lief Hy ons het, hoe Hy vir ons die pad terug na Hom toe voorberei het, hoe ons na Hom toe kan kom. ‘n Hele boek, hoofstukke op hoofstukke, bladsye en bladsye, verse op verse. Hy verlang na ons versoening met Hom. Hy skryf oor sy liefde vir ons, wat Hy vir ons wil doen, hoe dit tussen ons en Hom moet wees. “Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees” (Rom15:4).
Die groot oorsaak van geestelike armoede, swakheid, duisternis, is die ongeopende Bybels. As ons die Bybel met soekende hart lees, verlig die Heilige Gees ons hart en ons leer deur die Here Jesus Christus, God ken as ons Vader wat ons liefhet en vir ons sorg.
”Here, vandag open ek u Woord met dankbaarheid en verlange om U met my te hoor praat.”

'n Dag se belangrikste sake
Lees Josua 24: 14 – 18
“…kies dan vandag wie julle wil dien…wat my en my familie betref, ons sal die Here dien” (15)
As dinge vir ons te veel word en ‘n dag se 24 ure is te min om alles te doen wat nodig is, moet ons die storie van die mayonnaise-bottel en die twee koppies koffie onthou, sê dr. Dick Krüger vir ons. Dan vertel hy van die professor wat voor sy filosofieklas staan en ‘n groot mayonnaise-bottel in sy hande hou. Woordeloos begin hy die bottel vol golfballetjies pak. Hy vra vir die klas of hulle saamstem die bottel is nou vol. Ja, hulle stem saam, die bottel is vol.. Hy neem ‘n dosie vol albasters en begin dít in die bottel gooi. Hy skud die bottel effens, die albasters rol in al die holtes, tussen die veel groter golfballetjies, in. “Is die bottel nou vol?” wil die profesor voorts weet. “Ja,” stem die studente saam, “nóú is hy vol.” Die professor tel ‘n doos vol sand op en gooi die sand tot bo in die bottel. Weer vra hy of die bottel nóú vol is. Die studente lag en stem eenparig saam, nou ís die bottel régtig vol. Van onder die tafel bring die professor twee koppies koffie te voorskyn. Hy gooi altwee koppies koffie in die bottel, en dit sypel in die sand en tussen al die holtes in. Die studente skaterlag. “Goed,” sê die professor, toe die gelag bedaar, “ek wil hê julle moet elkeen die bottel as ‘n beeld van sy lewe beskou. Die golfballe is die belangrike dinge in die lewe: jou gesin, jou gesondheid, jou vriende, jou voorliefdes. As alle ander dinge vergaan en hierdie dinge bly, sal jou lewe stééds sinvol wees. Die albasters is die ander dinge wat ook saakmaak: jou beroep, jou huis, jou motor. Die sand is al die ander dinge, klein goedjies wat die lewe kan vol maak. As jy die sand eerste ingegooi het, sou daar nie plek gewees het vir die albasters, en nog minder vir die golfballe, nie. Gee aandag aan die dinge wat regtig belangrik is vir jou geluk. Bring tyd deur by jou kinders, by jou ouers, besoek jou grootouers, maak tyd vir roetine, mediese ondersoeke. Daar sal altyd nog tyd wees om die huis aankant te maak, die vullis te verwyder, tuinwerk te doen, koerant te lees, TV te kyk. Sorg vir die golfballe, die dinge wat regtig saakmaak. Besluit wat voorrang in jou lewe moet kry. Die ander dinge is die sand. Dit sal wel insypel.” Een van die studente steek sy hand op. “En die koffie?” Die professor glimlag. “Ek is bly jy vra. Die koffie wys dat hoe besig ‘n mens se dag ook mag wees, daar is altyd nog tyd vir ‘n koppie koffie saam met ‘n vriend.”
Dit is ‘n waardevolle storie, dink ek. Ons ervaar dat ‘n mens se dag so vol kan raak met algemene dinge, dat belangrike dinge uitbly, as ons nie versigtig beplan nie. Ek is net spyt die professor het nie eerste ‘n tennisbal ingesit en toe golfballe, albasters en sand nie. En dan vir die student gesê, belangrikste bo alle ander dinge, is ons omgang met God. As ons nie doelbewus tyd maak vir ons gebedslewe en die lees van God se woord nie, kry ons nie daarvoor tyd nie. Hoeveel keer sê iemand nie: “Ek het vandag regtig nie tyd gekry om te bid of my Bybel te lees nie.” Dit is onuitspreeklik voordelig vir ‘n mens om die dag op die knieë en by die oop Bybel te begin. “Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae” (Ps.90:14 Ou Vert.).
“Here, vandag wil ek U eerste stel in my program.”

Van naby ken
Lees: Romeine 8: 12 – 17
“Die Gees…laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak… (15).
Steve Flaig, van Grand Rapids, Michigan, het gewéét hy is ‘n aangenome kind. Op sy 18de verjaarsdag besluit hy om uit te vind, wie sy regte ma is, vertel Rev. A. Sargent die storie wat Neil Verwey vir my (in Engels!) per internet uit Japan stuur. Sy aangenome ouers, Pat en Lois Flaig, het hom in sy voorneme gesteun. Pat Flaig het by D.A.Blodgett for Children, die agentskap wat Steve se aanneming hanteer het, vir agtergrond inligting aangeklop. ‘n Paar maande later kry hy Steve se eie ma se naam, Christine Tallady. Sy was enkel en baie jonk toe Steve gebore is. Sy het die aannemingsrekord laat oop bly, met die hoop haar seun sal eendag na haar soek.
Na Steve sy eie ma se naam gekry het, het hy op die internet na haar woonadres begin soek. Sonder sukses. Na vier jaar ontdek hy hy spel haar naam verkeerd as Talladay, terwyl sy Tallady is. Toe hy Tallady in die rekenaar intik, kry hy haar adres. Minder as ‘n myl van Lowes Store, waar hy werk, af. Opgewonde vertel hy dit vir sy baas by Lowes Store. Verbaas sê sy baas: “Bedoel jy Christine Tallady, wat hier werk?” Steve was stomgeslaan. Steve sê hieroor: “For the next several weeks I would walk by her, look at her from a distance, not knowing how to approach her. Should I just walk up to her and say, ‘Hi, I’m Steve, your son.’ What if she rejected me?” En toe, op Vrydag 14 Desember 2007, ontmoet Steve en Christine, wat mekaar al so lank op ‘n afstand ken, mekaar as moeder en kind! “It was a tearful and joyful reunion,” sê Steve later hieroor.
Rev. A. Sargent bring hieroor, hierdie boodskap na ons harte toe: “Toe jy en ek gebore is, het ons op grond van die skepping aan God behoort. Ons deel aan die sondeval het ons van God geskei. ‘Julle sondes het julle afgesny van God. Hy het weggedraai van julle. (Jes.59:2)‘ Maar God het Homself en sy liefde, vir ons, deur sy Woord aan ons bekend gemaak. Hy verlang ons moet Hom soek. ”God se doel (met ons is) om Hom te soek. Nie dat Hy ver van enigeen van ons af is nie” (Hand.18:27). Hy het sy Seun aan die kruis laat sterf vir ons sondes sodat ons met Hom herenig kan word.
As ons God net op ‘n afstand ken, soos Steve en sy ma, kan ons deur die Here Jesus Christus as ‘n eie kind naby aan God kom. Vertrou in Jesus as u Verlosser. Sê vir Hom, hardop of in u hart: “Here Jesus, red my, asseblief.” En word ‘n naby kind van God deur sy Gees in u hart.
“Here, vandag vertrou ek in U vir my redding.”

Plekke Omruil
Lees 2 Korintiërs 5: 11 – 21
“Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees” (21)
In ’n dokter se wagkamer sit ’n lang ry mense hul beurt en afwag. Elke keer wanneer iemand ingeroep word, skuif die ry een sitplek op. ’n Man het ingekom, die situasies opgesom en ewe getroos op die laaste oop stoel gaan sit. Mettertyd het hy opgeskuif totdat hy die volgende een sou wees wat na die dokter toe kan ingaan. Skielik gaan die deur oop en ’n vrou, wat sigbaar siek is, kom binne. Sy kreun toe sy die lang ry wagtende mense, wat alweer bygekom het, sien. “Ag, Meneer,” sê sy vir die man wat nou heelvoor sit. “Mag ek asseblief eerste ingaan. Ek voel so bitterlik sleg!” Hy huiwer nie ’n oomblik nie. Hartlik sê hy: “Verseker.” Juis op daardie oomblik gaan die deur oop en ’n verpleegster roep: “Volgende, asseblief!” Dankbaar gaan die vrou in. Die man wil weer gaan sit, maar die man wat tweede gesit het, het reeds die eerste stoel ingeneem. Hy wil protesteer, maar een uit die ry roep: “Dis reg so. Jy het jou eerste plek vir haar gegee en nou moet jy haar laaste plek vat.” ’n Goedige, “Hoor! Hoor!” klink op. Die man glimlag en gaan ewe getroos weer op die laaste oop stoel sit. Hy sê: “Julle is reg, vriende. Ek het my goeie sitplek vir haar gegee en nou moet ek haar swak sitplek inneem. Dit is presies wat die Here Jesus vir ons gedoen het. Hy het sy goeie posisie as Seun van God en erfgenaam van die hemel vir ons gegee, en Hy het ons swak plek as verlore sondaars ingeneem en in ons plek die straf vir misdaad, die kruisdood, gesterf, sodat ons deur geloof in Hom kinders van God kon word en plek in die hemel kon kry.” ’n Eerbiedige stilte het in die wagkamer geheers. Hulle het die boodskap verstaan.
Die man was self ’n Christen, maar hy het ook in sy hart ’n gereedheid gehad om ’n geleentheid om vir die Here te getuig, te benut. Uit ons eie het ons nie so ’n gretigheid om Jesus se verlossing oral bekend te maak nie. Ons het behoefte aan so ‘n inwoning van die Heilige Gees in ons hart, dat ons hart sal brand om Jesus se Naam en sy Verlossing oral te verkondig.
“Here, vandag benut ek geleenthede om vir U te getuig.”

Wie respek verdien
Lees Johannes 12:20-29
“As iemand My dien, sal die Vader hom eer” (26)
Die Skotse sendeling, David Livingstone, is in 1873 op 60-jarige ouderdom dood. Hy kon sy lewe in gerief by sy tuiste in Skotland geslyt het, maar hy het die sendingveld gekies. Oor hierdie keuse het hy gesê: “Mense praat van die opoffering wat ek gemaak het, om die grootste deel van my lewe op die Afrikasendingveld deur te bring. Dit is net ’n klein terugbetaling vir die groot opoffering wat my Verlosser gemaak het, om sy hemeltuiste en sy Vader se troon prys te gee om vir my ’n ewige saligheid te kom bewerk!” Na David Livingstone se dood het ondersteuners van sy sendingwerk in Afrika, dadelik aan die werk gespring om sy liggaam terug te bring Engeland toe. Hy is in 1874 in die Westminster Abdy in Londen begrawe.
Die dag met sy begrafnis het duisende mense die strate waarlangs die stoet sou beweeg volgestaan om ’n laaste eer aan hom te bewys. Tussen die skare het ’n boemelaar gestaan: vuil, klere flenters, hare en baard lank en deurmekaar. Hy het droewig gestaan en huil. Iemand vra hom: “Wat makeer, ouman? Hoekom huil jy so vreeslik?” Snikkend antwoord die ou man: “Ek en Davie het saam grootgeword. Ons het saam skoolgegaan. Ons was in dieselfde klas. Ons het saam op ’n skoolbank gesit. Saam gewerk. En toe het hy sy pad gekies. En kyk wat kry hy vandag. Almal ken hom. Die hele volk eer hom. Ek het ook my pad gekies, en wat kry ek vandag? Ek is onbekend, verwaarloos, eerloos. Ek het niks om na uit te sien nie, as net ’n dronkaardsgraf.”
As David Livingstone met sy eertydse vriend kon praat, sou hy seker vir hom ’n wonderlike uitredding kon voorhou. Die uitredding van die evangelie van die Here Jesus Christus, vir iemand wat die pad van die verlore seun geloop het. Dit is hierdie wonderlike boodskap van redding wat Livingstone sendingveld toe laat gaan het. Hy sou vir hom kon sê: “God het jóu ook lief. Hy het sy enigste Seun ook vir jóu sonde laat sterwe. Vlug met jou sonde en verlore lewe na Hom toe. Hy het gesê: ‘Ek sal hom wat na My toe kom nooit verwerp nie…” (Joh.6:37). Kom, begin ’n nuwe lewe saam met die Here Jesus.
“Here, vandag bring ek myself na U toe.”

Soos die oorspronklike
Lees: 2 Korintiërs 3: 12 – 18
“Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word… Dit doen die Here wat die Gees is” (18).
In die Japan Times vertel R. Morihara van ‘n mnr. Imura, wat vir 19 jaar, aan ‘n replika van die 400-jaar oue Himejikasteel, in die agterplaas van sy huis, in Ise, Japan, gewerk het. Hy was 14 jaar oud toe hy in ‘n seunstydskrif ‘n foto van dié kasteel gesien het. Van die begin af het die kasteel hom geboei. Reeds as seun besluit hy om daardie kasteel na te maak. Toe hy later getroud is, moedig sy vrou hom aan om sy seunsdroom uit te voer. Hy koop ‘n stukkie grond met ‘n pragtige uitsig op die berge. Op die ouderdom van 60 jaar tree mnr. Imura af en begin al sy tyd aan die bou van sy kasteel wy. Met groot sorg maak hy seker sy kasteel kom ooreen met die oorspronklike sesverdieping kasteel. Veral die geboë lyne van die dak, die wit mure, die ingewikkelde saamgestelde torinkie, die steenmure en grag is vir hom belangrik. In sy tuin voltooi die 69-jarige, voormalige versekeringsinspekteur, in April 2007 sy 1:23-skaalmodel van die Himejikasteel. ‘n Japanese amptenaar het gesê, as ‘n mens na ‘n foto van mnr. Imura se kasteel kyk, sal mens dink dit is die regte kasteel. Sedert die voltooiing van mnr. Imura se kasteel, word hy oorval deur besoekers wat na sy kasteel kom kyk. Die Himejiregering het hom as toeriste-ambassadeur van Japan benoem.
Nou skryf Neil Verwey, wat al meer as 50 jaar sendeling in Japan is en wat die storie vir my gestuur het: “Mnr Imura is ‘n goeie verteenwoordiger van sy land, maar as jy in Christus glo, is jy sy ambassadeur in jou omgewing, om mense te oorreed om vrede te maak met God. ‘Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan: Ons bid julle om Christus wil, laat julle met God versoen’” (2 Kor. 5:20).
Die geheim van mnr. Imura se sukses met sy skaalmodel, was die sorg wat hy aan die dag gelê het, om sy kasteel, net soos die regte kasteel, te laat lyk. Sy kasteel was ‘n 1:23-replika, d.w.s. 23-keer kleiner as die die regte kasteel. Maar dit het soos die regte een gelyk.
Ons, Jesus se volgelinge, kan nie Jesus se grootte verteenwoordig nie. Hy is God, Seun van God, maar Hy het op aarde in sy gewone omgang met mense en sy omgang met sy Vader, God in die hemel, vir ons ‘n lewensvoorbeeld nagelaat. Die Heilige Gees, wat na Jesus se hemelvaart gekom het en deur wedergeboorte, Jesus se lewe in die mense wat tot redding kom, inplant, verander ons mettertyd na Jesus se beeld: sy gedrag, verdraagsaamheid, toewyding, liefde. Die mate waarin Jesus se eie Persoon en beeld in ons lewe posvat, word ons God se ambassadeurs in ons omgewing en trek ons mense aan na Jesus toe.
Die Bybel is die spieël waarin ons kyk om die Here Jesus Christus se beeld te sien. Dan verander die Heilige Gees ons stadigaan, deur die krag en wil van God, na dié beeld, wat Hy vir ons in sy Woord wys. Ons moet dikwels en intensief na Jesus se beeld in die Skrif kyk!
“Here, vandag kyk ek na u beeld in u Woord en open my hart om deur U na dié beeld herskep te word

Saai en oes
Lees 2 Korintiërs 9:6-15
“Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes…want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk…(6-8).
Twee studente, wat aan die Leland Stanford Universiteit studeer het, moes werk vir hulle studiegelde. Hulle fondse het gedaal en hulle moes ’n plan beraam vir groter inkomste. Hulle kry die gedagte om ’n konsert aan te bied waarin die Poolse pianis, Ignace Paderewski, ’n klavieruitvoering sou gee. Die beroemde kunstenaar se bestuurder het ’n waarborg van $2 000 gevra. Die twee studente het voortgegaan en die konsert aangebied. Die aand se opbrengs was $1 600. Hulle het hulle saak aan Paderewski gestel, die volle $1 600 aan hom oorhandig en vir hom ’n skuldbewys van $400 gegee. “Nee, manne,” het Paderewski geantwoord, “dit sal nie werk nie.” Hy het die skuldbewys opgeskeur en die $1600 aan hulle teruggegee. “Trek julle onkoste af en gee vir julle elkeen 10% van die bedrag en laat ek die balans kry.” Die jare het verby gerol en die Tweede Wêreldoorlog het uitgebreek. Paderewski het hard gewerk om sy honger, sterwende Poolse landgenote te help voed. Paderewski het planne beraam om iemand in die buiteland om hulp te nader. Voor hy sy plan kon uitvoer, begin duisende ton voedsel instroom om die hongeres te voed. Na al die reëlings getref is om die voedsel reg uit te deel, het Paderewski Parys toe gegaan om Herbert Hoover, die skenker, persoonlik te gaan bedank vir sy wonderlike hulp. “Dis alles reg, mnr. Paderewski” het Hoover geantwoord. “Ek het besef die nood is groot en ek is gelukkig in ’n posisie om te help. Buitendien, u sal dit seker nie onthou nie, maar u het eenkeer toe ek en ’n studentemaat in die moeilikheid was, ons uit ons ellende gehelp.”
Wat ons vir ’n ander doen, lyk soms vir ons gering, maar God, wat ’n goeie gewer liefhet, sal vir ons sorg as ons die dag in nood verkeer “Gee, en vir julle sal gegee word: ’n goeie maat, ingestamp, propvol…” (Lukas 6:37-42). Dit is God wat ons help, maar Hy gebruik ’n menslike instrument om dit te doen.
“Here, vandag wil ek iemand wat nood het, help.”

Om sterk te wees
Lees Filippense 4:1-9
“Die Here is naby . Moet oor niks besorg wees nie…” (5,6).
Wilson Pitner het te perd deur ’n woud gery. Hy sien ’n wingerdstok, met ranke so dik soos sy arm. Hy kyk op. Die wingerd is ’n goeie tien meter of meer hoog, vasgerank aan die tak van ’n eikeboom. By die voet van die hoë wingerd was ander wingerdstokke, klein en plat met los rankies na alle kante toe. “Ja,” sê hy vir homself, “ek sien wat die verskil maak. Die hoë wingerd het al vroeg die eikeboom se stam vasgegryp. So is dit met my ook. Ek is geneig om teen die grond te wees: moedeloos en mistroostig. Maar as ek God vasgryp en aan Hom vashou, en my ranke om die dik takke van sy beloftes in sy Woord slaan, rig ek my op en ek voel getroos en sterk.”
Baie keer kry ons Dawid ook op so ’n swak plek, maar dan word hy weer deur die Here se beloftes in die Here sterk gemaak. “Wees my genadig, Here, want ek is in die nood; van verdriet het my oë swak geword, ja, alles in my. My lewe vergaan van kommer en my jare van swaarkry… maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. My tye is in u hand…Hoe groot is u goedheid: dit is altyd daar vir dié wat U dien, U bewys dit… aan die Here kom die lof toe, want Hy het sy trou op wonderbaarlike wyse aan my betoon…U het geluister na my gesmeek toe ek na U om hulp geroep het…Wees sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel” (Ps.31:10-25). Hierdie deur van hulp staan ook gedurig vir óns oop. Die Here Jesus se verdienste aan die kruis het vir ons die weg na die genadetroon toe oopgemaak. “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons…En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is…(Rom.8:26,27)
“Here, vandag voel ek swak. Ek gryp U vas om my te help.”

Die gees van kersfees
Lees Matteus 10: 26 – 31
“Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie” (29,30).
Die eerste week van Desember 1950 het die lidmate van ‘n klein gemeente in Noord-Ierland, tot aksie oorgegaan om hulle kerkie, wat in ‘n verwaarloosde toestand was, vir Kerfees skoon te maak en op te knap. Twee dae voor Kersfees tref ‘n storm die dorpie en maak hulle handewerk feitlik tot niet. In die muur, voor in die kerk, word die nuwe pleistering wat ‘n diep kraak in die muur moes bedek, feitlik weggestroop. Die volgende dag, die dag voor Kersfees, bring die gemeentelede hul besems en borsels en probeer om die kerkie so goed moontlik reg te kry vir die Oukersaanddiens, dáárdie aand. Juis daardie oggend, oppad kerk toe, om self hand by te sit met die regmakery, stap die predikant by ‘n veiling verby. Vir ‘n klein bedraggie koop hy ‘n pragtige geborduurde, vyf meter lange, tafelkleed. Dit sou die kraak in die muur mooi bedek en was ook ‘n versiering vir die muur.
By die kerk gekom, word sy aandag getrek deur ‘n vreemde, eensame vrou wat met hang skouers voor die kerk staan. Hy nooi haar saam met hom in die kerk in en laat haar solank op ‘n bank sit, terwyl hy, die kleed wat hy gekoop het, voor die kraak probeer drapeer. Toe hy die kleed oopvou en laat afhang, kom die vrou met ‘n kreet regop. “Dit is myne!” roep sy uit. “Kyk in die hoek staan my drie voorletters. Dit was ‘n geskenk van my man.” Sy vertel vir die predikant sy en haar man het in Viënna gewoon. Met die oorlog het hy in ‘n konsentrasiekamp beland. Sy het Engeland toe gevlug. Haar man is in die kamp dood, het sy verneem. Sy is juis nou op pad terug na haar tuisdorp toe. Sy het in die predikant se dorpie, by `n welgestelde gesin, vir `n werk as goewernante vir die kinders, aansoek kom doen. Sy het die pos nie gekry nie. Sy wou die tafelkleed nie terug neem nie. Dit dien `n goeie doel om die kraak in die kerkmuur te bedek.
Na die Oukersaand-diens kom ‘n man met die predikant praat. Hy wys na die tafelkleed en sê aangedaan: “Ek het daardie tafelkleed in Viënna vir my vrou gegee. In die oorlog is ons van mekaar geskei. Ek het later verneem sy is in ‘n konsentrasiekamp dood. Ek woon nou hier. Daardie kleed ontroer my ten diepste.” Die predikant luister het met groeiende opgewondenheid na die man. Hy vertel hom hoe die vrou die oggend gereageer het toe sy die tafelkleed sien. Hulle wil nou dadelik met haar in aanraking kom, maar die predikant besef hy het nie haar adres geneem nie. Hy kon gelukkig die welgestelde gesin se naam onthou en húlle kon die vrou se adres dadelik verstrek. Die predikant en die man is sommer nog dieselfde nag na die dorp toe waar die vrou woon. Dit was ‘n vreugdevolle herontmoeting en vir hulle twee die beste Kersfees ooit. Die man en vrou was albei Christene. Hulle het toegewyde lidmate van daardie gemeente geword. Die kleed het lank teen die muur bly hang, as versiering, maar ook as getuienis van God se goedheid en getrouheid aan sy kinders in tye van nood. Die kerkie het die naam gekry: “Die Tafelkleedkerk.”
God wat ons liefhet weet wie ons is en waar ons ons bevind en hoe ons lewensomstandighede loop. Ons omstandighede word soms soos ‘n spinnekopnes opgeknoop. God wat uit liefde vir ons sy Seun gestuur het om ons lewens reg te maak, en wat selfs weet hoeveel hare op ons hoof is, kan ons lewens regbuig as dit aan Hom oorgegee word. Kersfees herinner ons aan God se liefde.
“Here, vandag hoop ek met blydskap op U hulp.”

In 'n Oosterse stal
Lees Johannes 1: 1 – 14.
“In die begin was die Woord…en die Woord was God…En die Woord het vlees geword…(1,14)
Na die kommuniste se oorname van Sjina in 1949, is die Engelse sendeling in Tibet, Geoffrey T. Bull, deur die kommuniste gevange geneem en met hulle saamgevoer. In sy boek, When Iron Gates Yield, beskryf Bull sy veeleisende tog oor die bevrore berge, as ‘n gevangene onder hulle wrede bewaking. Een aand gaan hulle ’n klein bergdorpie binne. Hy kry ’n solderkamer om in te slaap. Die kamer was verrassend skoon en ’n konka met smeulende kole versprei ’n aangename hitte in die kamer. Hy wou hom net aan die weelde van die skoon, warm kamer oorgee, toe die wag op hom skreeu om die perde in die stal te gaan voer. Hy klouter af stal toe. Daar was dit pikdonker en baie koud. Die mis en strooi op die vloer kraak onder sy skoene. Die perde staan met hangende sterte en maanhare steunend aan pale vasgemaak.
Hy skryf: “Koud, moeg, alleen en siek, begin ek vir myself jammer voel. In die donker daal dit skielik in my denke: Dit is Kersaand. (Nou sy eie woorde). I stood suddenly still in that Oriental manger. To think that Jesus came all the way from heaven to some wretched eastern stable, and what is more, to think that He came for me.” Die indruk wat die koue, nat, stinkende stal op hom gemaak het, na die geringe weelde van sy verwarmde solderkamertjie, laat hom vra, of ons die vernedering en ongerief en selfs afstootlikheid van ’n Oosterse stal en vuil krip, waarheen Christus van sy hemeltroon af gekom het, in gedagte, hou as ons óns Kersfees vier?
Ons vreugde met Kersfees moenie gedemp word nie, want die engel se boodskap aan die herders in die Betlehemsveld bly waar: “…ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap … Vandag is daar vir julle…die Verlosser gebore, Christus die Here! En…julle sal ’n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ’n krip lê” (Luk.2:10-12).
“Here, vandag loof ek U vir Kersfees.”

Dink aan ander
Lees 2 Korintiërs 6:1-11 Die Lewende Bybel
“Ons gee niemand enige aanstoot nie…in elke opsig laat ons ons ken as diensknegte van God..deur die betoning van die teenwoordigheid van die Heilige Gees, deur opregte liefde…” 3,6.
’n Groep koloniste uit New Zealand het per geleentheid per skip Engeland toe gereis om familie en vriende te besoek. By die laaste hawe, voordat hulle hul bestemming sou bereik, het hulle almal vir hul mense telegramme gestuur oor hoe laat hulle die volgende dag sou aankom. Hulle boot vaar voorspoedig met die Kanaal op. Teen middag sak digte mis oor hulle toe. Die kaptein gooi anker. Uur na uur lê die skip daar. Dr. W. F. Boreham was een van die passasiers. Gewoond daaraan dat sy ongeduld in ’n situasie botoon voer, soek hy die kaptein op en sê vir hom: “Kaptein, dit is darem ‘n uiters tergende situasie. Ons het ons mense laat weet hoe laat ons aankom; Dit gaan darem vir hulle baie ongerieflik wees om soveel ure by die dokke op ons te wag.” Die kaptein antwoord: “Dr Boreham, u bevind u op ‘n 10 000 ton lynboot. U wil hê ek moet in die mis vaar en die klein bootjies soos bruin papier voor my opfrommel. Nee, ons het ander om aan te dink!”
Soms het ons in ’n situasie ’n meerdere gesag en ons kán óns wil en óns sin laat geld tot skade of ongerief van ander. In so geval verloën die Christen homself en dink aan die ander wat ook betrokke is. “Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander” (Fil.2:3,4).
“Here, ek wil vandag ander se belange bo myne stel.”

Eers jaag sy - Nou vlug sy
Lees Romeine 6: 1 – 14
“Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus” (11).
`n Jong meisie het by haar plaaslike kerk aansoek gedoen om lidmaat van die kerk te word. Die kerkraad moes haar toets, om vas te stel of sy voldoen aan die geloofsoortuiging wat hulle van lidmate verwag. Die ouderling wat haar ondervra, begin met die belangrike basiese vraag: “Het Christus `n verskil in jou lewe gemaak?” Sy antwoord positief; dit is sekerlik so. Die volgende vraag is `n moeiliker een: “Doen jy nog sonde?” Die jongmeisie erken dat sy wel nog sonde doen. Nou vra die ouderling: “As jy sonde gedoen het, voor Christus in jou lewe gekom het, en jy doen steeds sondes na Hy in jou lewe gekom het, watter verandering het Hy dan in jou lewe gemaak.” Sy oordink die vraag ’n rukkie, dan antwoord sy: “Meneer ek dink dit is so: voor Christus in my lewe gekom het, het ek agter sondes aangejaag. Dit was vir my lekker. Na Christus in my lewe ingekom het, vlug ek vir die sondes. Soms haal hulle my nog in, maar ek is skaam en hartseer as dit gebeur.”
Dit is die bemoediging wat God se Woord ons gee: “Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfe gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid…as een van ons sondig – ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader. Hy is ’n versoening vir ons sondes…” (1 Joh.1:7 – 2:2).
“Here, vandag bely ek my sondes aan U.”

Subscribe to:
Comments (Atom)