Lees Lukas 6: 27 – 31
“…doen goed aan mense deur wie julle gehaat word…” (27).
Dr. Stuart J. Holden was beïndruk deur die toegewyde Christenskap van ’n sersant in die Britse Weermag. Hy het hom gevra hoe hy tot bekering gekom het. “Voor ons Egipte toe gestuur is, was ons in Malta,” vertel die sersant. “Een van die manskappe in my afdeling het tot bekering gekom en hy het geen doekies omgedraai, dat hy ’n volgeling van Jesus Christus is nie. Sy absolute toegewyde lewe, en wat ons gedink het ’n dwepery is, het ons almal ontstig en ons het hom daarvoor laat boet. Hy het hom nie daaraan gesteur nie. Een nag het ons, natgereën en moeg gesukkel, na ons barakke toe teruggekeer. Ek het kort van draad nog in my bed probeer kom, toe hy, sowaar, eers by sy bed kniel en begin bid. Dit was vir my net een te veel. My stewels was swaar van die nat modder. Ek het eers my een stewel geneem en hom teen sy kop gekap en toe die ander stewel geneem en hom teen die ander kant van sy kop geslaan. Hy het sy kop net tussen sy skouers ingetrek en verder gebid. Ek het omgedraai, ingekruip en dadelik aan die slaap geraak. Toe ek die volgende oggend wakker word, staan my twee stewels langs my bed, netjies skoongemaak en blink gepoleer. Dít was my manskap se reaksie op my nydigheid. Dit het my gebreek. Ek het met die kapelaan gaan praat en my hart vir die Here gegee. Daarna het ek vir my manskap gaan vertel en verskoning gevra vir my gedrag. Ek wens jy kon sy blydskap sien!”
Dit is hierdie oorwinning van goedheid in antwoord op kwaad, waarmee Christene ander se harte kan wen. As die Christen ander se onbeskoftheid in dieselfde munt terugbetaal, verloor sy getuienis krag. Dit is hoe Paulus en Silas in die tronk van Filippi die tronkbewaarder se hart gewen het. Met rûe stukkende geslaan, sing hulle lofliedere. Jesus het aan die kruis vir sy vyande gebid. Hy het ons geleer: draai die ander wang, antwoord haat met liefde, bevoordeel jou vyand. Dit verg meer as net menslike ordentlikheid en verdraagsaamheid om só ’n kwaliteit lewe te kan uitleef. Slegs as die Heilige Gees die lewe van Christus in ons openbaar kan ons hierdie soort Christenskap uitleef. Dit vra ’n “baie naby aan die Here bly” soort lewe.
“Here, vandag wil ek van naby aan U, met u liefde in my, teenoor ander optree.”
Do 30 Julie: 'n Skadelike Plant
Lees Hebreërs 12: 14 – 17 Ou Vertaling
“…en pas op…dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie” (15)
Een koue oggend kyk ’n ma en haar dogtertjie, deur die kombuisvenster, na die koeie, wat in ’n draadkampie staan en wag om water te kry. Hulle staan rustig en herkou. Een koei wil omdraai en stamp daarmee, teen die koei naaste aan haar. Dadelik skop die koei terug, maar skop ’n ander koei raak. Dié skop ook en tref ’n ander een. Binne vyf minute, skryf Gospel Herald, is daar in die kampie ’n gemaal en gegaffel en skoppery. Die ma lag en sê vir haar dogtertjie: “My skat, het jy nou gesien wat kom daarvan as jy terugskop as jy ’n stampie kry. Ek het al gesien hoe één kwaai woordjie ’n hele familie aan die gang sit om te baklei en vir mekaar kwaai dinge te sê.” ’n Rukkie later irriteer die dogtertjie se boetie haar. Net voor sy op hom skree, tree die ma tussenbei: “Stadig kinders. Onthou hoe die bakleiery in die kampie begin het. Moet nooit terugskop as jy ’n stamp kry nie. So sal julle baie moeilikheid voorkom.”
In die sendbriewe waarsku die apostels die Christene gedurig, teen die sondige natuur se neiging om rusie te maak. In die teks bo (Hebreërs 12:15) is ’n paar merkwaardige woorde. Rusie begin met ‘n wortel van bitterheid. ’n Klein begin, ’n wortel so fyn soos ’n garedraad, kan tot ’n groot doringbos groei. Die rusie ontwikkel vinnig: opskiet. In die oggend is mense nog vriende en teen middag kan hulle kwaaivriende, wees as gevolg van ’n onbenullige insident. ’n Slegte gevolg word beskryf: onrus verwek. Die vrede en harmonie is weg. Daar is ’n wye uitwerking wat volg: baie besoedel word. Daarom sê die apostel : pas op. Selfs Abraham het dit nie ontkom nie, maar hy het oorwin: “Toe sê Abrahm vir Lot: Daar behoort nie ’n getwis te wees tussen my en jou …..nie, want ons is familie” (Gen.13:8). Selfs van Paulus en Barnabas lees ons: “Daar het toe ‘n verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het…” (Hand.15:39 Ou Vert.). Ons is veilig teen hierdie bekende, maar skadelike optrede, as die Heilige Gees ons lewe beheer. Die rusie ontstaan juis omdat iemand in die genade veragter het. Met die Christene in Galasië het dit in hulle onderlinge verhoudinge nie goed gegaan nie. Paulus skryf aan hulle: “…julle byt en verskeur mekaar…”(Gal.5:15) en dan gee hy vir daardie Christene die oplossing vir slegte verhoudinge met mekaar – dit sluit alle soorte verhoudinge in: met bure, gesins- en familielede, werksmaats, gemeentelede: “Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie…Die vrug van die Gees is: liefde, vreugde, vrede, … ” (Gal.5:16,22).
“Here, vandag open ek my hart, om deur u Heilige Gees beheer te word”

Wo 29 Julie: Oorwinning oor Kwaad
Lees Romeine 12: 9 – 21
“Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie” (21).
Die Western Recorder vertel die verhaal van twee skoolseuns. Hulle was maats. Hulle het saam gespeel en saam geleer. Die een se naam was George Washington, wat die Verenigde State van Amerika se eerste president geword het. Die ander een was Peter Miller. Hy het ’n predikant geword. Washington het in Philadelphia gewoon en Miller op Ephrata, ’n dorpie honderd kilometer van die hoofstad af. Eerw. Peter Miller moes vir jare die vervolging en vyandigheid van ’n man met die naam, Michael Wittman, verdra. Wittman het alles in sy vermoë gedoen om die dienskneg van die Here se lewe te versuur. Hy het hom eenkeer persoonlik aangerand; die kerkgebou beskadig; selfs in die openbaar teen Eerw. Miller en sy getuienis vir Christus te velde getrek. Op ’n dag was Wittman betrokke by ’n verraderlike korrupsievoorval. Hy is in hegtenis geneem en tot die dood veroordeel. Toe Rev. Miller daarvan hoor, het hy die honderd kilometer Philadelphia toe gestap om vir die lewe van sy jarelange vyand te gaan pleit. “Wel, Peter, wat kan ek vir my ou skoolmaat doen?” vra Pres. Washington met groot vriendelikheid. “Terwille van ons ou vriendskap, George, kom ek pleit vir die lewe van die verraaier, Wittman.” “Nee, Peter, hierdie saak is te donker en lelik. Ek kan selfs nie vir jóú jou vriend se lewe spaar nie.” “My vriénd! Ag, George, hy is die bitterste vyand wat ek ooit gehad het.” Hy vertel vir die president wat hy vir twintig jaar van Wittman moes verduur. “Dit plaas die saak in totaal ander lig,” antwoord Washington. Ek kon nie vir jou jou vriend se lewe spaar nie, maar ek sal, op jou versoek, jou vyand vryspreek.” Drie dae later het die dominee en sy jare lange vyand die honderd kilometer terugtog saam aangepak. Sy vryspraak het Wittman eers verbyster en toe verteder. Op die staptog saam met Peter Miller het Michael Wittman kragdadig tot bekering gekom. Peter Miller het hom, die eerste Sondag na hulle tuiskoms, gedoop en hy het lidmaat van die kerk geword.
“Here, vandag wil ek met liefde vir U getuig.”

Di 28 Julie: Soos Jy Regtig Is
Lees Lukas 18: 9 – 14
“Maar die tollenaar het…bedroef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my,sondaar, genadig.’” (13)
’n Skilder wou van die verlore seun `n skildery maak. Hy het oral na ’n geskikte model gesoek: in die kranksinnige gestig, die tronk, die armetuistes. Die regte figuur, soos hy dit vir hom ingedink het, kon hy net nie kry nie. Op ’n dag kry hy sy man op straat. Hy sê vir die boemelaar, hy wil hom skilder en hy sal hom goed betaal. Hy moet die komende Vrydagoggend, na sy ateljee toe kom om geskilder te word. Die bedelaar is gretig gewillig en te vinde daarvoor. Die bestemde dag daag die boemelaar nie op nie, maar ’n netjies geklede man lui die deurklokkie. “U het met my ’n afspraak,” sê die man vir die skilder. Die skilder weet nie daarvan nie. “Ek het jou nog nooit voorheen gesien nie,” sê hy vir die man. “U het duidelik gesê tienuur vanoggend,” hou die man vol. Die skilder skud sy kop. “Jy verwar my met ’n ander kunstenaar. Ek het met ’n boemelaar ’n afspraak vir tienuur.” “Maar, dis juis ek,” roep die netjiese man verlig uit. “Jy?” “Ja, ek!” “Wat het jy dan nou met jouself aangevang?” “Ek het gedink as ek geskilder gaan word, moet ek myself darem bietjie netjies maak.” “Dan kan ek jou nie meer gebruik nie. Ek wou jou hê net soos jy was,” sug die skilder.
Dit is hoe die Here ons by Hom wil ontvang. Net soos ons is: met al ons mislukkings, struikelinge, sondige begeertes, verkeerde gedagtes, slegte gewoontes – net soos ons regtig is. Dit is die mens wat die Here kan red. Iemand wat homself, by geleentheid darem ’n bietjie kan opknap, kan nie deur die Here gered word nie. Hy red sondaars. Hy maak vuil lewens binne en buite skoon. Hy maak gebroke karakters weer heel. Dit is die tollenaar wat homself, soos hy is, uitgelewer het, wat gered kon word, nie die Fariseër wat homself by die Here aangeprys het nie. “Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol” (Jes.1:18). Jesus ken ons deur en deur, maar Hy wil uit ons eie mond hoor hoe ons regtig is. Dit is wonderlike nuus dat ons openlik met al ons mislukkings na Hom kan kom vir redding.
“Here, vandag kom ek net soos ek is na U toe.”

Ma 27 Julie: Versorging
Lees Matteus 6:25-34
“Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het”(32)
Die “Toronto Glove” het ’n paar jaar gelede ’n merkwaardige verhaal oor God se sorg vir sy kinders vertel. John Brentz, ’n vriend van Marten Luther, was ook een van die getroue verkondigers van die evangelie tydens die Hervorming. Hierdeur het hy Karel V van Spanje, keiser van die Heilige Romeinse Ryk en vader van die Inkwisisie, wat duisende na die brandstapel gestuur het, se haat op sy hoof gehaal. Brentz het gehoor ’n Spaanse Kavallerie is op pad om hom te vang. Hy het homself op sy God gewerp vir beskerming in hierdie uur van groot nood. In sy hart het ’n gedagte opgewel, wat hy geglo het die Here se leiding was: “Neem ’n brood en gaan na die bodeel van die dorp, gaan in by ’n oop deur en versteek jou in die solder.” Hy het vir veertien dae in die pakhuis se solder geskuil, terwyl die keisier se soektog na hom voortgeduur het. Die enkele brood sou hom nie vir veertien dae kon voed nie; maar dag vir dag het ’n hen by die solderkamertjie ingekom en, sonder om te kekkel, ’n eier gelê. Die daaglikse vars eier het hom gevoed. Die vyftiende dag het die hen nie opgedaag nie. Aan die stemme in die straat het hy gehoor: “Hulle is uiteindelik weg.” Toe het hy uit sy wegkruipplek uitgekom en betroubare vriende gaan opsoek.
Vir Israel het manna uit die hemel geval. Vir Elia het die kraaie brood by die riviertjie Krit gebring. Die Here Jesus het gesê: “Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie…Let op hoe groei die veldlelies: hulle maak nie klere nie…hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie… julle moet julle dus nie bekommer nie…”(Mat6:26-31). Ons kan ons sorge met vrymoedigheid na God toe neem. In Christus is Hy ons Vader en so sorg Hy vir ons. “As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen…(Joh 14:14). So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra (Joh.15:16).”
“Here, vandag kom vra ek hulp in my nood.”

Vry 24 Julie: Die Getekende Tjek
Lees Joh.14:8-14
“As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen”(14)
Dr. Wilbur Chapman moes eens, in ’n tyd van groot persoonlike droefheid in sy lewe, ’n lang reis na die verre Weste van Amerika onderneem. Een van sy ouderlinge, ’n miljoenêr, het hom voor sy vertrek gaan groet. Hy het vir dr. Chapman ’n gete-kende tjek gegee, maar nie die bedrag ingeskryf nie. “Beteken dit ek kan enige bedrag wat ek wil hier inskryf?” vra die verbaasde dr. Chapman. “Ja, ek het nie geweet hoeveel jy vir jou rit en ander uitgawes mag nodig hê nie,” antwoord die ryk ouderling. Dankbaar neem hy die tjek. Hy het dit nooit gebruik nie, maar die tjek het hom ’n diep gemoedsrus gegee. Hy het geweet, indien hy iewers in moeilikheid sou beland, het hy miljoene tot sy beskikking, en hy het `n maklike en betroubare manier byderhand om dit te bekom.
Ons het ook ’n getekende tjek ontvang: “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus”(Fil.4:19). “Wat julle ookal in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word.”(Joh.14:13).
Die die Here Jesus het voor Hy teruggegaan het hemel toe, vir sy dissipels en elkeen wat later sou glo, op aarde, ’n onbeperkte rykdom agterlaat. Die getekende tjek wat Jesus gegee het: “wat julle in my Naam vra”, is betroubaar. Ons kan Jesus vertrou en die rykdom is beskikbaar. Dit is ook byderhand en maklik bekombaar: “vra.” Ons sê dit met ons lippe en ons hart in gebed vir Jesus. Dit dui ook nie net op geld en ander aardse waardes nie. Dit beteken ook geestelike rykdom. Hierdie gebed gee die Here Jesus vir sy dissipels vir hul aardse behoeftes, maar ook om hul geestelike lewe te verryk en om sy koninkryk se belange te bevorder. Ons mag groot dinge vra. Ons mag ook onbenullige dinge vra. “As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid…(as) iemand siek is… moet hulle gelowig bid…Die gebed van die gelowige (regverdige Ou Vertaling) het ’n kragtige uitwerking”(Jak.5:13-16). Dit is ’n onbeskryflike voorreg wat Jesus in ons hande gee.
Laat ons, soos die Heilige Gees ons dit leer en vir ons vrymoedigheid gee, hierdie gebedsvoorreg gebruik. Jesus het bedoel sy dissipels moet dit gebruik. Hy sê dit meer as een keer. Hy herhaal dit bv. weer in Johannes 14:14; 15:7 en 16; 16:23 en 24 en ook ander plekke in die Bybel.
“Here, vandag kom gebruik ek hierdie groot voorreg.”

Do 23 Junie: Die Regte Manier
Lees Eksodus 23:1-9 Lewende Bybel.
“As jy ’n weggeloopte bees of donkie teëkom wat behoort aan iemand wat jou vyand is, bring dit terug na hom toe” (4)
In ’n Europese dorp het twee haarkappers, Tony, `n Italianer en Ivan, `n Rus, naby mekaar sake gedoen. Weens die goeie klandisie in die dorp, het hulle mekaar nie doelbewus geopponeer nie. Een week was daar skielik ’n groot toename in Tony se besigheid. Hy hoor toe die Rus is siek en sy haarkapperswinkel sal vir die res van die week toe wees. Die Sateragaand het Tony weer tot laat moes werk om almal, sy eie kliënte en dié van Ivan, se hare gesny te kry. Die Sondag trek Tony sy beste klere aan, neem die geld wat hy bowe en behalwe sy gewone ure gemaak het en besoek sy opponent. “Bietjie kontant vir jou, Ivan,” en daarmee gooi hy banknote en muntstukke in die verbaasde Rus se hande. “Jou kliënte se geld wat by my beland het. Word gou gesond!” Daarmee groet hy en vertrek. Daarna het Tony en Ivan hul haarkapperwinkels steeds apart bedryf, maar hulle was vriende en het mekaar gehelp waar hulle kon.
Dit is die lewensgedrag wat die Here Jesus ons kom leer het. Van die Ou Testament af, deur tot in die Nuwe Testament, is dit die lewenspatroon wat die Here by ons soek. God se wet het twee dele, weet ons. Op die skrifgeleerde se vraag: “Wat is die heel grootste gebod? (Mk.12:28)”, het Jesus geantwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart…en…Jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Mk. 12:30,31).”
By talle geleenthede word, in die Skrif, liefde beklemtoon: “…doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word …behandel ander mense soos julle self behandel wil word…gee, en vir julle sal gegee word:’n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word” (Luk.6:27,31,38). “Spoor hulle aan om goed te doen,om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam” ( Tim.6:18).
“Here, vandag wil ek u goedheid aan ander oordra.”

Wo 22 Julie: Die Plaasvervanger
Lees Romeine 5: 1 – 11
“Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” (8).
’n Man is opgeroep om in Napoleon I se leër front toe te gaan , vertel die groot prediker van `n eeu gelede, Dwight L. Moody. Weens huislike om-standighede kon hy nie gaan nie. `n Naby vriend het aangebied om in sy plek te gaan. Die leër het sy vriend, in sy plek, aanvaar. Die geveg het plaasgevind en die vriend het gesneuwel. Na verloop van tyd is die man weer opgeroep. Hy het geweier om te gaan. “Julle kan my nie oproep front toe nie. Ek is dood. Ek het reeds in ’n geveg gesneuwel,” het hy hom verweer. “Jy is seker van jou sinne af,” het die werwingsoffisier geskreeu. “Ek weet jou plaasvervanger is geskiet toe jy eintlik daar moes wees. Maar jy is nog ver van geskiet af.” Die man hou by sy standpunt. “Hy het in my plek gegaan. Hy het in my plek gesterf.” Die saak is na Napoleon toe verwys. Hy het dit oorweeg en die man gelyk gegee. Die keiser het die leerstelling van plaasvervanging verstaan.
Plaasvervanging is die belangrike grondsteen van die evangelie van Christus. Reeds in die wet van Moses, by die aanbieding van offerdiere, is dit geleer en is die terrein voorberei vir die redding wat deur Christus sou kom. “Die man moet dan sy hand op die kop van die dier sit, en die Here sal die dier aanvaar as ’n offer wat doodgemaak word in plaas van die man, om vir sy sonde te vergoed” (Lev.1:3 Lewende Bybel). Paulus beklemtoon ook hierdie beginsel in 1 Thessalonisense 5:10: “God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie, maar om deur ons Here Jesus Christus verlos te word. Hy het terwille van ons gesterwe sodat ons… saam met Hom kan lewe.” Ons wat sonde gedoen het, word vergewe en gered omdat Jesus in ons plek doodgemaak is.
“Here, vandag sien ek uit na die ewige lewe, omdat U in my plek, vir my sonde, doodgemaak is.”

Di 21 Julie: Vir Elke Persoon
Lees Johannes 20:15-25
“Simon, seun van Johannes, het jy my baie lief…? Volg jy my!” (15,22)
’n Man wat lief was vir visvang, neem met voorbedagte rade een Saterdagmiddag sy visgerei en ry af na die groot dorpsdam toe. Langs die wye waterkant van die dam sit van sy hengel-maats reeds op hulle uitsoekplekke met die hoek in die water. Hy kry sy visstok reg, sit aas aan die hoek en gooi in. Toe gaan sit hy in sy seilstoel en laat sy gedagtes loop. Hy het ’n probleem met sy geestelike lewe. Die verhouding tussen die Christen en die Here is vir hom nie duidelik nie. Vroeër die week het hy gelees hoe Jesus, saam met sy dissipels langs die see, tussen die visnette en vis wat hulle gevang het, gesit het en hulle vrae beantwoord het. Dít is wat hy vandag by viswater kom soek: ’n antwoord. Sy probleem was: hoe kan die Here hóm, as enkeling tussen miljoene mense op aarde, persoonlik ken, hóm persoonlik liefhê en hom persóónlik roep. Hy glo al die evangeliewaarhede: God het die mens lief en het sy eniggebore Seun as ’n offer vir die wêreld se sonde gegee. Hy glo Jesus se opstanding en hy glo die koms van die Heilige Gees na hierdie wêreld toe, ná Jesus se hemelvaart. Hy glo dat iemand wat in Christus as Verlosser glo, na sy dood hemel toe sal gaan. Maar die stok in sy wiel was: hoe ken die Here hom persóónlik en hoe het die Here hóm persoonlik lief, gelyktydig met die miljoene ander mense in die wêreld.
`n Dominee het eens verduidelik, God se liefde, deur Christus en deur die werking van die Heilige Gees, gaan uit na elke mens toe. Dit is net soos die lig en warmte van die son, deur die atmosfeer gedra, na elke mens toe uitstraal. Elke mens voel die warmte van die son op sy vel en elke mens loop in die lig van die son se lig. Dit het egter nie sy diepste behoefte beantwoord nie. Hy voel die son se warmte op sy lyf en sien die son se lig met sy oë, maar dit is steeds as deel van ’n geheel, van ’n menigte. Hoe kan hy dit verstaan en glo en weet: die Here ken hóm en het hóm lief. Terwyl hy so peins en nie eers opmerk hy het ’n byt nie, sak die son laer af aan die westerkim. Vanwaar die son aan die westerhemel hang, weerkaats ’n baan lig oor die spieëlgladde watervlak, direk van die son af, na hom toe. Hy staan op en stap ’n paar tree laer af. Die baan lig volg hom en kom weer direk na hom toe. Hy stap na ’n ander visserman toe en terwyl hy met hom gesels, kyk hy na die son se weerkaatsing op die water. Dit kom reguit na hom toe. Uit ervaring weet hy, elkeen van die manne, wat langs die waterkant versprei sit, die son ook so na húlle elkeen persoonlik toe sien straal. ’n Groot blydskap kom in sy hart. ’n Eenvoudige natuurverskynsel het vir hom die antwoord op sy vraag gebring. God ken hom persoonlik en Hy kom in Christus Jesus, deur die werking van die Heilige Gees, direk na hom persoonlik toe. In die diepte van sy hart fluiser hy: “My Vader, my Here, en my God.”
“Here, vandag is dit my blydskap dat U my ken ken en my liefhet.”

Ma 20 Julie: Iets so Gering
Lees Lukas 16:10-13
“…en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik” (10)
’n Groep vriende in Engeland het besluit om vir Sir Wilfred Grenfell ’n motorboot Labrador toe te stuur, sodat hy vinniger tussen die omliggende eilande kon be weeg. Hy kon sy noodsaaklike dokterswerk dan makliker en gouer in daardie behoeftige, koue en afgesondere wêreld verrig. Toe die motorboot aan die dankbare dokter afgelewer is, het hy dit sommer dieselfde aand nog in gebruik geneem. ’n Oproep het van een van die eilande af gekom: ’n vrou is besig om te sterf. Dit was ’n mistige, ongure aand, maar Sir Grenfell het besluit, hy gaan dit waag om met sy nuwe motorboot uit te vaar. Hy was ’n vaardige bootvaarder en die kragtige boot was met ’n kompas toegerus. Hy sou sy pad deur die digte mis kon vind. Na baie ure in die stormagtige see, het hy geweet hy het verdwaal. Die vrou het gevolglik gesterf. Dr. Grenfell self het byna die lewe gelaat. Die boot se toerusting is ondersoek. Daar was fout met die kompas. Die oorsaak van die foutiewe kompas, is terug gevoer na ’n onverantwoordelike ambagsman in Liverpool, waar die boot gebou is. In plaas van net koperskroewe te gebruik, het hy ook ‘n enkele staalskroef in die kompas gebruik. Die enkele staalskroef het die kompasnaald net genoeg van koers af getrek, om die kompas ondoeltreffend te maak.
Dit was op die oog af ’n klein foutjie, maar dit het ’n ernstige en droewige gevolg gehad. Ons weet nie hoekom die man so ’n fout gemaak het nie. Het hy nie van beter geweet nie? Was hy dalk so haastig om klaar te kry dat hy ontsien het om die regte skroef te gaan soek? Was hy bloot net sorgeloos en lui? Wat die rede ookal was, die gevolg kon nie reggemaak word nie. Hoe versigtig moet ons wees met ons woorde, houding, gedrag om nie deur ’n klein onbedagsaamheid iemand se kompas van koers af te trek nie! In die groot saak van ons daaglikse lewensgedrag het ons God se raad en leiding nodig, om uit genade met ’n versigtige hart die regte dinge te doen. “Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou” (Psalm 32:8). Wilbur Chapman het geskryf: “Die reël wat my lewe rig is dit: Enigiets wat my visioen van Christus verdof, of my begeerte vir Bybelstudie wegneem, of my gebedslewe verdring, of my werk vir Christus ’n las maak, is vir my verkeerd en ek moet my daarvan wegkeer.
“Here, ek wil vandag versigtig wees en met elke tree in u weg bly.”

Vry 3 Julie: Die Keuse
Lees Matteus 7: 13, 14
“… die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal”(14).
Na David Livingstone se dood het welaf en invloedryke ondersteuners en bewonderaars van sy sendingwerk in Afrika, dadelik begin reël om sy liggaam terug te bring Engeland toe. Met die stadige vervoergeriewe was dit ’n tydsame onder neming. Hy is in 1874 in die Wesminster Abby in Londen begrawe. Die dag met sy begrafnis het duisende mense die strate waarlangs die stoet sou beweeg, volgestaan om ’n laaste eer aan hom te bewys. Tussen die skare het ’n boemelaar gestaan: vuil, klere flenters, hare en baard lank en deurmekaar. Hy het droewig gestaan en huil. Uiteindelik het iemand hom aan die ou man gesteur. “Wat makeer, ouman? Hoekom huil jy so vreeslik?” Snikkend antwoord die ou man: “Ek en Davie het saam grootgeword. Ons het saam skoolgegaan. Ons was in dieselfde klas. Ons het saam op ’n skoolbank gesit. Saam gewerk. En toe het hy sy pad gekies. En kyk wat kry hy vandag. Almal ken hom en eer hom. Ek het ook my pad gekies, en wat kry ék vandag? Ek is onbekend, verwaarloos, eerloos. Ek het niks om na uit te sien nie; as net ’n dronkaardsgraf.”
As David Livingstone met sy eertydse vriend kon praat, sou hy seker vir hom ’n wonderlike uitredding kon voorhou. Die uitredding wat die evangelie van die Here Jesus Christus gee aan iemand wat die pad van die verlore seun geloop het. Dit is hierdie wonderlike boodskap van redding wat Livingstone sendingveld toe laat gaan het. Hy sou vir hom kon sê: “God het jou ook lief. Hy het sy enig-ste Seun ook vir jou sonde laat sterwe. Vlug met jou sonde en verlore lewe na Hom toe. Hy het gesê: ‘Ek sal hom wat na My toe kom nooit verwerp nie…’” (Joh.6:37). Kom begin ’n nuwe lewe saam met die Here Jesus.”
“Here, vandag bring ek myself na U toe. Maak my skoon en nuut.”

Don 2 Julie: Wie Respek Verdien
Lees Johannes 12: 20 – 29
“As iemand My dien, sal die Vader hom eer” (26)
Die Skotse sendeling, David Livingstone, is in 1873 op 60-jarige ouderdom dood. Hy kon sy lewe in gerief by sy tuiste in Skotland geslyt het, maar hy het die sendingveld gekies. Oor hierdie keuse het hy gesê: “Mense praat van die opoffering wat ek gemaak het om die grootste deel van my lewe op die Afrika-sendingveld deur te bring. Dit is net ’n klein terugbetaling vir die groot opoffering wat my Ver losser gemaak het, om sy hemeltuiste en sy Vader se troon prys te gee om vir my ’n ewige saligheid te kom bewerk!” In sy dagboek by 19 Maart het hy geskryf: “My birthday. My Jesus, my King, my Life, my All, I again dedicate my whole self to Thee…grant, O gracious Father, that ere the year is gone I may finish my work…” ’n Jaar later het sy werkers hom op sy knieë by sy bed in sy kleihut dood gevind. ‘n Paar jaar voor sy dood het ’n Skotse universiteit ’n eredoktorsgraad aan hom toegeken. Hy het dit persoonlik ontvang, want hy was toe juis in Skotland. Dr. S. Parkes Cadman vertel dit was ’n merkwaardige gebeurtenis. Dit was die gebruik in die Skotse universiteite, die studente sit op die gallerye en elke ontvanger van ’n eredoktorsgraad word onbedaarlik gekoggel. Hulle het nie vir ’n eredoktorsgraad respek gehad nie. “Hi, Old Soapmaker, now you are a doctor, hi, hi, hi…” en so aan, het hulle gespot en lawaai. Baie het gewonder: hoe gaan hulle teenoor David Livingstone optree? Dr. Cadman beskryf dit so: “He stood, one arm hanging at his side; his shoulder had been torn by a lion in the forests of Africa. His skin was like leather. What did the students do? They rose and stood in absolute silence.”
Vir so ‘n toewyding van ’n man wat sy lewe so volkome vir die Here gegee het, het selfs die ligsinnige studente respek gehad. Hoe sou Livingstone se ontvangs in die hemel gewees het? Van die eerste martelaar, Stefanus, lees ons, terwyl hy met klippe doodgegooi word, het hy uit-geroep: “…ek sien die hemel geopen en die Seun van die mens wat aan die regterhand van God staan” (Hand.7:56)
“Here, vandag wil ek ’n pad loop wat U sal eer.”

Subscribe to:
Comments (Atom)