Lig vir Vandag
Geestelike Dagstukkies
Swaarkry kweek volharding
Maar as dit die Heilige Gees is wat ons lewe oorheers, bewerk
Hy…liefde, blydskap… (Gal.5:22). – Van alle kante af het probleme op my
toegesak…in my eie gemoed was daar dinge wat my bang gemaak het. Maar
hoe kan God nie ’n mens wat terneergedruk is weer moed gee nie! (2
Kor.7:5,6). – Ons is ook bly as daar moeilikheid kom, want ons weet dat
moeilikheid ’n mens leer om geduldig te wees (Rom.5:3). – Hou julle oë
altyd op Jesus, want Hy lei ons om op God te vertrou…Hy was gewillig om
die skandelike dood op die kruis te sterf ter wille van die vreugde wat
voorgelê het (Heb.12:2). – Dit is wel waar dat ons baie swaarkry omdat
ons aan Christus behoort, maar kyk hoe wonderlik troos en versterk Hy
ons nie! (2 Kor.1:5). – Julle moet bly wees omdat julle aan die Here
verbind is, Ek wil dit nog ’n keer sê: julle moet bly wees! Julle moet
julle nie oor enigiets bekommer nie. Bid daaroor en sê vir God dankie!
(Fil.4:4-6).– Die Lam wat op die troon is, sal vir hulle sorg soos ’n
herder sy skape oppas. Hy sal hulle bring na die fonteine met water wat
lewe gee en God sal al hulle trane afvee (Op.7:17). – Eintlik besit ek
niks, maar ek het alles wat die moeite werd is (2 sor.6:10). Laat jou
bekommernis aan die Here oor en Hy sal vir jou sorg. Hy sal iemand wat
aan Hom gehoorsaam is nooit laat struikel nie (Ps.55:23) Ons sal op Hom
vertrou en nooit bang wees nie. Hy is ons krag en ons verdediger en Hy
het ons vrygemaak (Jes.12:2). Julle moet julle nie oor enigiets bekommer
nie. Bid daaroor en sê vir God duidelik wat julle wil hê. Vra Hom om
dit vir julle te doen en sê vir Hom dankie
Veilig naby God
Lees 2 Timoteus 4: 9 – 18
“…want Demas het die teenswoordige wêreld liefgekry en my verlaat en na Tessalonika vertrek” (9).
In ‘n sendingaksie van sy kerk, wat Pastor Bill, “our mission adventure in South Africa,” noem, het ‘n man en sy vrou, Sheff en Atehna Priest, ‘n veelkleurige vlieër na die inwyding van die nuwe kerk toe gebring. In die sterk wind het die vlieër pragtig, onder toejuiging van die aanwesiges, baie van hulle kinders, oor die dak van die nuwe kerk gesweef. Dit het Pastor Bill aan sy kinderdae herinnner toe hy en sy broers, Tom en Jim, hulle vlieërs teen die wind in die lug laat opklim het. Hy skryf (ek vertaal): “As die rukwind teen ons vlieërs druk het ons die tou net stewiger vas gehou om dit onder beheer te hou. In plaas van weg te waai met die sterk wind, het dit net hoër gerys. Dit het getrek en geruk, maar die tou en die stert het dit reg gehou, teen die wind op”. Die sterk wind en die stewige hand wat die vlieërlyn vasgehou het, het die vlieër net hoër laat styg. Eenkeer het die lyn gebreek en die vlieër het windaf weggewaai asof dit jubel: “Ek is vry! Ek is vry!” Maar dit was vir die vlieër ‘n duur vryheid. Die wind het die vlieër laat knak en flappende, opgefrommel en dit met ‘n slag op die grond laat val. Die vlieër se vryheid het sy vernietiging gebring. Pastor Bill skryf verder (nou sy eie woorde): How much like a kite is my life at times. The Lord places adversity and restrictions in my path … restraints to gain strength and to soar higher …” Ons moet die weerstande en probleme in ons lewe, herken as God se manier, om ons hoër hoogtes en groter oorwinnings, in ons geestelike lewe, te laat bereik.
Dawid het in sy geloof sterk geword, omdat hy teen sulke sterke winde van teenkanting en beproewings in, bly opstyg het. “Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor … Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp … God is dit wat my met krag omgord” (Ps.18:7,17,33). “Want my lewe kwyn weg van kommer … ek is vergeet uit die hart … Maar ék vertrou op U, o Here! Ek sê: ‘U is my God.’ Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die Here wag!” (Ps.31:11,13,15,25).
“Here, vandag wil ek moedig op U wag.”

Volhard
Lees: 2 Petrus 1: 1 – 10
“Omdat julle glo word julle deur die krag van God veilig bewaar… al is dit nodig dat julle vir ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings, sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word” (5,6,7).
Op 1 Junie 1965 vaar Robert Manry met ’n viermeter lange boot, Tinkerbelle, stilweg uit die hawe van Falmouth, Massachusetts. Die bestemming was Falmouth, Engeland. Die boot was die kleinste vaartuig ooit, om hierdie reis te onderneem. Robert Manry was ’n kopieskrywer van die koerant, Cleveland Plain Dealer. Tien jaar agter ’n lessenaar, was vir hom net genoeg verveling vir ’n leeftyd. Manry het net vir sy vrou en ’n paar naby vriende daarvan vertel.
Met sy vaart, moes hy folterende, slapelose nagte verduur, soos hy probeer het om uit die pad van groot skepe te bly. Sy kos het smaakloos geword. Eensaamheid het hallusinasies veroorsaak. Die boot se roer het drie keer gebreek. ‘n Storm het hom oorboord gegooi – as hy nie ‘n tou om sy lyf vasgebind het nie, sou hy homself nooit terug op die boot kon trek nie. Uiteindelik, na 78 dae alleen op die see, vaar hy die hawe van Falmouth, Engeland, binne. Tydens die nagte agter die boot se stuur, het hy hom ingedink hoe hy stil-stil die hawe gaan invaar, in ’n hotel tuisgaan, alleen aandete geniet en die volgende oggend by een van die plaaslike koerante gaan hoor, of hulle dalk belangstel in sy storie. ‘n Groot verrassing het op hom gewag! Nuus oor hom is wyd en syd versprei. Tot sy verbasing ontmoet en begelei 300 vaartuie, met blasende toeters, Tinkerbelle tot in die hawe. Aan wal verwelkom 47 000 mense hom skreeuend en juigend.
Een van die grootste temas in die Skrif is volharding, skryf Radiokansel, wat hierdie verhaal vertel. Dit maak nie saak hoe groot ’n mens se roeping, talent, saak of doelwit is nie, sonder volharding kan mens dit nie maak nie.
Volhard beteken om aan te hou om op ’n doelwit af te stuur, al is die teëkanting ook hoe groot. Paulus se beeld, van hierdie volharding in die geestelike lewe, is ‘n atleet se inspanning om ‘n prys te wen. “En elkeen wat aan ’n wedstryd deelneem, onthou hom in alles—húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ’n onverwelklike (1Kor.9:25). Om te volhard in ons geestelike lewe, vereis om die hart geheel aan die Here oor te gee, in Hom te vertrou en die hemel die doelwit te maak. Baie elemente druis in teen hierdie lewenskoers. Die Heilige Gees werk hierdie krag en begeerte, om te volhard, in ons harte. Oorvloedig getuig die skrif van die belangrikheid van volharding. “Maar wie volhard tot die einde toe, sal gered word (Mat.24:13, Mar.13:13)…. verbly julle in die hoop…volhard in die gebed (Rom.12:12). Let op jouself en op die leer; volhard daarin (1Ti.4:16). Elkeen wat volhard om ’n dissipel van die Here Jesus te wees, kan uitsien na ’n feestelike verwelkoming in die hemel! Ons groot praktiese hulp: gereelde Skriflesing, gereelde gebed.
“Here, vandag vestig ek my oë op my wins in die hemel.”

'n Krokodil in die straat
Lees Psalm 121
“Die Here sal jou bewaar vir elke onheil.” (7).
‘n Inwoner van die stad Mizuho, Japan, bel die polisie en vertel opgewonde van ‘n krokodil wat straataf loop, berig die Yomiuri-nuus. Baie vinnig arriveer ‘n polisiemotor op die toneel en die polisiemanne is verstom oor wat hulle sien. ‘n Krokodil loop werklik met sy eienaardige lyfswaai bewegings in die straat af. Met al die aandag om hom, maak die krokodil hom blitsig uit die voete. Hy storm ‘n rysland langs die straat binne. Dit neem die polisie darem net 10 minute om die ongedierte in die hande te kry. Die polisie stel vas die vyf kilogram, een meter lange krokodil, is ‘n troeteldier, wat vroeër die dag van sy eienaar ontsnap het en pad gevat het.
Hieroor maak Neil Verwey, sendeling in Japan, wat vir ons die storie gestuur het, die opmerking: “Soos ons deur die strate van die lewe wandel, weet ons nooit watter verrassings daar op ons mag wag nie. Daarom behoort ons elke dag, die dag saam met God in te gaan. ‘Beroem jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie’” (Spreuke 27:1).
Dit is ‘n vertroostende verwagting, die almagtige God, aan wie ons deur die Here Jesus Christus behoort, beskerm ons voetstap vir voetstap: “Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie…die Here is jou Bewaarder, die Here is jou skaduwee aan jou regterhand” (Ps.121:3,5). Soms word ons geloof op die proef gestel, maar ons vertroue in God se onfeilbaarheid gee ons weer oorwinning. Dit is tot God se eer as ons bly vertrou, al lyk dit of sake nie wil regkom nie. Daniël is gedreig, lees ons in Daniël 6, en is werklik in die leeukuil gegooi, maar hy getuig na sy redding: “My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie… (Dan.6:23). Deur ons te beproef, maak Hy ons geloof sterker en beter.
Here, vandag vertrou ek in U verskerming.”

Verkeerde Oordeel
Lees Handelinge 28: 1 – 6
“Toe die mense die slang aan Paulus se hand sien hang, sê hulle vir mekaar: ‘Hierdie man moet beslis ‘n moordenaar wees… die goddelike wraak wil hom nie laat lewe nie. Paulus het egter…niks oorgekom nie…”4.
Neil Verwey, sendeling in Japan het vir my hierdie mooi storie gestuur: ‘n Vrou het van Seattle na San Francisco toe gevlieg. Die vliegtuig se roete is verander en moes na Sacramento vlieg. Daar geland, het die vlugloods die passasiers ingelig, daar sal ’n onderbreking van 50 minute wees en dié wat wou, kon afklim en bene rek. Almal het uitgeklim, behalwe ’n blinde vrou. Die man wat die storie vertel, sê hy kon sien sy is blind, want haar gidshond, die sogenaamde Seeing Eye Dog, het dwarsdeur die vlug rustig by haar voete gelê. Die loods het na haar toe gegaan en haar by die naam genoem: ”Kathy, ons gaan vir amper ’n uur hier in Sacramento oorstaan. Wil jy nie ook afklim en bietjie bene rek nie. Ek sal jou help.” Die blinde vrou antwoord: “Nee, dankie, maar dit kan dalk goed wees as my hond bietjie kon bene rek.” Nou sê die storieverteller: “Picture this: All the people in the gate area came to a complete standsill, when they looked up and saw the pilot walk off the plane with a Seeing Eye dog! The pilot was even wearing sunglasses. People scattered. They not only tried to change planes, but they were trying to change airlines! True story – remember: Things aren’t always as they appear.”
Wat was die waarheid? ’n Toegewyde vlieënier bewys aan een van sy behoeftige passasiers, ’n blinde vrou, ’n vriendelike guns. Hy gaan stap met haar hond. Wat lei die mense af van wat hulle sién? Húlle vliegtuig se vlieënier is blind. Hulle tree sumier drasties op volgens wat hulle aflei, sonder om hulle van die feite te vergewis. Spreuke15:28: “’n Regverdige mens dink voor hy antwoord; goddelose mense sê net slegte dinge.” Engelse vertaling: “The heart of the righteous studieth to answer; but the mouth of the wicked poureth out evil things”
“Here, vandag wil ek diep dink voor ek praat.”

Subscribe to:
Comments (Atom)