Vaderliefde

SKRIFDEEL:  Lukas 15: 17 – 24

“…sy pa het hom innig jammer gekry…omhels hom en soen hom” (20)

In sy boek, Cameos, skryf H. Weigle, saam met C. H. Spurgeon: “In a home in Manches­ter, England, there was a wayward son and brother. The mother was dead and the father and the family were heart-stricken with grief over the boy.” Die verhaal wy dan uit oor al die pogings wat die broers en susters aan­gewend het om die seun tot beter insig te bring. “One  morning the boy came home after a dreadful debauch. The brothers and sisters were shocked, disgraced, and out of all patience.” Die broers en susters het besluit, daar is net een uitweg: die seun moet uit die huis verban word. Daardie aand het die pa met elkeen van sy seuns en dogters `n aparte ge­sprek gevoer. Die gevoel was by almal ewe sterk: die dranklustige seun moet uit die huis ge­stuur word. Hy is nie meer deel van die ge­sin nie. Na sy gesprek met sy kinders, roep die pa die seun. Ek haal nou die boek se eie woor­de aan, want my vertaling laat nie reggeskied aan die betekenis wat dit het nie. “He­nry, your sisters say you should be put out of the house, and your brothers, say you should be put out;’ Then going over to the boy he said: ‘My son, I shall never put you out of the home.’ This loving word of his father woke up his soul. He reformed and became converted, and was none other than the Rev. Henry Moorehouse of Manchester.”

So `n gebeurtenis laat ons opnuut God, ons Vader, se groot liefde vir óns besef. Glo ons, weet ons, God het ons met `n groot lief­de lief? “God het die wêreld – vir my, vir jou – so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Joh.3:16). Glo dit. Aanvaar dit. Dank God daar­­voor. “God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word” (Joh.3:17).

“Here, vandag weet ek uit u Woord U het my lief.”