Lees Hebreërs 4: 12 – 16
“Die woord van God is lewend en kragtig … skerper as enige swaard .. .dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees … (12).
Die vader van voormalige hoofregter Ruffin van Engeland, was ’n skatryk, losbandige man. Hy het drie van sy beste perde ingeskryf vir die groot perderesies van Richmond. Met sy weelderige perdekoets, pak hy die reis van honderd myl, met net die koetsier as geselskap, aan.
Onderweg raak hy uitermate verveeld. Hy sien in `n dorp ’n boekwinkel. Hy laat sy koets by die boekwinkel stilhou. Hy wil ’n boek koop om die tyd mee te verwyl. Al wat die plattelandse boekwinkel in voorraad het, is kinderboeke en Bybels. Hy sien nie vir die kinderboeke kans nie. `n Bybel het hy nog nooit besit of gelees nie. Hy besluit dus om vir hom ’n Bybel te koop.
Hy begin die Bybel lees, maar na ’n rukkie smyt hy dit met ’n vloekwoord op die koets se vloer neer. Vir `n ruk staar hy nukkerig oor die uitgestrekte veld en kronkelende pad uit. Die verveling raak vir hom net teveel. Hy tel die Bybel weer op en begin traag lees. Hierdie keer lees hy met toenemende belangstelling. Heel pad lees hy.
Teen die aand kom hulle in Richmond by sy herberg aan. Die koetsier versorg die koets en perde, maar hy sit byna die hele nag en lees. Deur die lees van God se Woord begin die Heilige Gees kragtig in sy hart werk. Uit wat hy in die evangelies en sendbriewe lees, verstaan hy genoeg van die evangelie, om Christus as Saligmaker aan te neem. ’n Totale ommekeer vind in sy lewe plaas.
Oor hom skryf Walter Baxendale: “He withdrew his horses from the race, paid his forfeit, went home, killed his gamecocks for his servants’ supper and, set up his family altar…..”
Sonder menslike bemiddeling het die Woord sy hart oorwin. “Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ’n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood” (Rom.1:16). ’n Traktaatjie wat in iemand se hande kom, soms net ’n teks, of ’n aanhaling van die Woord in ’n gesprek, het die krag om na die hart toe deur te dring, want die Heilige Gees is saam met die Woord in die hart aan die werk. Die Here gebruik mense as skakels in ’n lang ketting om iemand se hart te bereik. Die doelwit van die Heilige Gees is altyd om Jesus Christus as Here en Verlosser bekend te maak en te verheerlik. Christus se evangelie moet net deur iemand aan `n ander iemand bekend gemaak word. “Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. En julle moet getuig, want julle is van die begin af by My” (Joh.15:26,27).
“Here, vandag wil ek u reddende Woord by iemand uit te bring.”
Wees wakker
Lees: 2 Korintiërs 6: 1 – 7
“’Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp.’ Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding” (2).
Daar kom oomblikke in ‘n mens se lewe, wanneer jy besluite moet neem wat jou lewe sal verander. Jesus het op ‘n dag twee mense uitgenooi om aan te sluit by sy span, maar elkeen het ‘n rede gehad om dit uit te stel. Die een moes ‘n begrafnis bywoon en die ander een wou eers huis toe gaan om sy besluit met sy gesin te deel. Ons hoor nooit weer enigiets van hulle nie. Matteus maak ‘n opmerking: “Toe Jesus in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg.” Die ander twee het die boot gemis! Jy sal nooit sukses behaal as jy heeltyd take uitstel nie. As jy te lank vat om ‘n besluit te neem, gaan die geleentheid dalk by jou verby. Aarseling bring lewen¬skade. Radiokansel saai die evangelie nie net oor die radio uit nie, maar ook per internet. Neil het vir ons hierdie mooi Radiokansel-storie gestuur.
Een van die beste voorbeelde van die gevaar van uitstel om `n besluit te neem, is die verhaal oor die patentering van die telefoon. In die 1870's het twee manne afsonderlik daaraan gewerk om telegrafie, wat die tegnologie van die tyd was, te verbeter. Albei het die idee gehad om klank deur ‘n kabel oor te dra. Albei, Alexander Graham Bell en Elisha Gray – het hulle idee op dieselfde dag, 14 Februarie 1876, by die patentkantoor ingegee. Bell het daardie dag sy idee vir ‘n patent ingedien. Gray, aan die ander kant, het besig geraak met iets anders en het sy prokureur gestuur om die belangrike kontak met die patentkantoor te maak. Ongelukkig het die prokureur eers meer as ‘n uur ná Bell opgedaag om aansoek te doen vir ‘n caveat, ‘n tipe verklaring wat sê iemand het ‘n voorneme het om aansoek te doen vir ‘n patent. Daardie paar minute het Gray duur te staan gekom. Bell se aansoek is in die hof goedgekeur, alhoewel Gray beweer het, hy het eerste die idee gehad. Dit is nie goed genoeg om slegs die geleenthede raak te sien wat God vir jou gee nie, jy moet hulle benut. Met ander woorde – Moenie die boot mis nie!
Die duurste aarseling is om later, en dalk te laat, oor ‘n mens se ewige bestemming seker te maak. Hierdie belangrike taak kan niemand anders vir ons doen nie. Dit is ‘n persóónlike saak, ‘n persoonlike verantwoordelikheid. Die Here se woord spoor ons aan: “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here, al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol” (Jes.1:18 –Ou Vert.). Jakobus waarsku ons ook in sy brief, Jakobus 4:13: “Kom nou, julle wat sê ‘Vandag of môre….’ Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ’n damp wat ‘n oomblk verskyn en dan sommer weer verdwyn.” Bid sommer nou, net daar waar u is: “Here Jesus, red my vir ewig, asseblief.”
“Here vandag handel ek op u Woord.”

Brood se troos
Lees Johannes 6: 30 – 36
“Die brood wat God gee, is Hy wat uit die hemel kom en aan die wêreld die lewe gee” (33)
‘n Aandoenlike storie uit die oorlogsjare, toe dorpe en stede hewig gebombardeer is, word deur Jill Caratinni, van International Ministries in Atlanta vertel. Duisende kinders is na sulke bomaanvalle dakloos en haweloos gelaat. Hulle is in vlugtelingsentrums gehuisves, gevoed en versorg. Die skrik van die bomaanval, die eensaamheid om nou sonder pa of ma te wees, die vrees om weer honger te ly, het egter so diep in hulle gemoedjies ingesny, die helpers by die hulpsentrums kon hulle nie genoeg gerusstel om snags te slaap nie. Die kinders het snags net beangs wakker gelê. Een aand gee een van die verpleegsters uit moedeloosheid vir so ‘n wakker kindjie ‘n brood om vas te hou. En wonderlik, toe sy weer by die kind verbykom, lê die oudjie met die brood in die arms vasgeklem, vas aan die slaap. Vir al die kinders word toe saans ‘n brood gegee om vas te hou en so het hulle rustig geword en weer geslaap. Jill skryf: “If they woke up frightened in the night, the bread seemed to remind them, ‘I ate today, and I will eat again tomorrow.’” Sy verwys na die nag toe Jesus verraai is. Hy het brood geneem, dit gebreek en vir sy dissipels, wat Hy so innig liefgehad het, gegee om te eet. Jesus verwys keer op keer in Johannes hoofstuk 6, o.a. verse 35, 48 en 51, na Homself as die brood van die lewe. Hieroor skryf Jill Caratinni: “Holding onto Him, like children with bread, we are given peace in uncertainty, mercy in brokenness, something solid when all is lost. In His severe mercy, we are invited to the table: ‘Come and eat.’”
“Here, vandag hou ek aan U vas. U is my brood van die lewe.”

Betroubare Liefde
Lees Hebreërs 10: 19 – 25
“Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, … God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het” (23).
Die boek, A Father’s Love, vertel die storie van die vernietigende aardbewing wat op 7 Desember 1988 in die noordwestelike deel van Armenië plaasgevind het en waarin, na beraming, 25 000 mense omgekom het. Die eintlike verhaal gaan oor ’n pa, wat van sy seuntjie se geboorte af, hom beloof het: “Dit maak nie saak wat gebeur nie. Ek sal altyd daar wees as jy my nodig kry.”
Pas ná die verskriklike aardbewing jaag die pa na sy seun se skool toe. Die gebou het platgeval. Nêrens ’n teken van lewe nie. Gedagtig aan sy belofte aan sy seuntjie, weifel die pa nie ‘n oomblik nie. Hy begin dadelik in die puin grawe. Terwyl ander toekyk en hardop, hulpeloos huil oor hulle kinders wat ook in die puin toegeval lê, hou die pa aan met grawe. Ander ouers het moed opgegee, maar hierdie pa hou aan grawe. Een na die ander klippe verwyder hy. Een na die ander steen word weggeneem. Hy moet weet of sy seun lewe of dood is. Ure tik verby – ses, twaalf, agtien ure – steeds grawe die pa. Agt-en-dertig uur na die aardbewing, vertel die boek, hoor hy ’n sagte stem. “Armand!” roep hy. ’n Kinderstem antwoord: “Pa! Dis ek. Ek het vir die ander kinders gesê Pa sal my nie alleen los nie. Pa sal my kom uithaal en vir hulle ook.” Kort daarna help die pa sy seun en ’n twaalftal verskrikte, honger, dorstige kinders uit die bouval uit. Hulle behoud was ’n holte wat veroorsaak is, deurdat twee mure teen mekaar geval het. Die dorpsmense, en veral die ouers van die kinders wat behoue uit die puin gehaal is, het Armand se pa vereer vir sy dapper daad. Sy verduideliking was: “Ek het my seun beloof: wat ook al met hom gebeur, ek sal daar wees om te help.”
In die woord van God is baie beloftes. Net in die Nuwe Testament, ’n goeie 750, oor verskillende sake en behoeftes. Ons kan God se beloftes vertrou. En ons kan weet, ons Vader, wat ook die Almagtige God is, handel uit liefde vir ons. Hy kán sy beloftes aan ons nakom.
“Here, vandag vertrou ek in U.”

Slaan my in sy plek
Skrifdeel: Jesaja 53: 4 – 10 (Ou Vertaling)
“Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel….”
In Virginia se bergwêreld was ‘n skool, vertel dr. L. G. Broughton, waar geen onderwyser dit kon uithou nie. Die bergseuns van Virginia was ruwe manne. Op ‘n dag het Walter, ‘n jongman met deurdringende grys oë, vir die onderwyspos aansoek gedoen. Die onderwysdirekteur het hom deurgekyk. “Jongman, weet jy wat jy vra? ‘n Aaklige pak slae, dis wat jy vra. Elke vorige onderwyser moes die afgelope jare onder die seuns se vuiste deurloop.” “Ek sal dit waag,” antwoord die jongman.
Die eerste oggend fluister een van die grootste seuns in die klas, Tom, vir sy maat: “Hóm vat ek sommer alleen.” Walter spreek die seuns aan: “Goeie môre seuns, ek het vir julle kom skoolhou.” Almal skree so hard as wat hulle kan: “M-ô-r-e M-e-n-e-e-r!” “Kyk, ek wil ‘n goeie skool hê,” sê Walter, “maar ek weet nie hoe om te werk te gaan nie. Julle moet help. Wat van ‘n paar reëls? Julle sê vir my wat dit moet wees.” Hy gaan staan reg om op die swartbord te skryf. “Nie steel nie!” roep een. “Betyds!” roep ‘n ander een. So word tien reëls op die bord geskryf. “Reëls het nie waarde as daar nie straf vir oortreding is nie. Wat moet dit wees.” Weer staan Walter by die bord om dit neer te skryf. “Tien houe oor die rug sonder baadjie aan!” skree een. “Dis bietjie erg,” protesteer Walter. “Sal julle daarby bly?” “Ja!” gil hulle weer. “Bedaar,” roep Walter, maar hy skryf dit onder die tien reëls neer.
Enkele dae later kla Tom sy kosblik is gesteel is. Die volgende oggend sê Walter: “Ons weet nou wie die dief is. Hy moet volgens julle reëls tien houe oor sy kaal rug kry.” Luidrugtig stem almal saam en begin rondkyk wie dit kan wees. “Kom vorentoe, Jimmy,” beveel Walter. ‘n Klein, maer seuntjie, met ‘n te groot baadjie aan, wat tot by die boonste knoop, teen sy sluk, vasgeknoop is, kom bewende vorentoe. “Asseblief, Meneer,” smeek hy, “Meneer, kan my slaan so hard Meneer wil, maar moenie my baadjie uittrek nie.” “Trek uit jou baadjie,” beveel Walter, “jy het gehelp om die reëls te maak.” Jimmy begin snikkend sy baadjie losknoop. Die baadjie val op die vloer. Die seuntjie het nie ‘n hemp aan nie. Sy broek word met lyntjies oor sy maer skouertjies vasgehou. “Hoe kan ek dié kind slaan?” dink Walter met ‘n knop in sy keel.
Dit is doodstil in die klas. Almal staar. “Hoekom het jy nie ‘n hemp aan nie?” vra Walter. “My pa is dood en my ma is baie arm. Ek het net een hemp. Sy was dit vandag. Ek het my broer se baadjie geleen om my vandag warm te hou.” Walter neem die lat, maar hy weifel. Hy het nie die hart om die maer lyfie met die wrede lat te slaan nie. Net toe spring Tom op. “Meneer!” roep Tom. “As Meneer nie omgee nie, laat ek Jim se houe vat.” Walter dink ‘n oomblik. “Goed,” sê hy. “Daar bestaan ‘n wet wat iemand toelaat om vir ‘n ander een in te staan en sy plek te vat. Kom.” Tom trek sy baadjie uit. Na die vyfde hou breek die lat. Walter laat sy kop in sy hande sak. Hoe kan hy hierdie taak voltooi? Hy hoor die hele klas het begin snik. Hy kyk op. Jimmy het albei sy arms om Tom se nek. “Tom, ek is jammer, jammer, maar ek was so honger! Tot ek dood is, sal ek jou liefhê. Ja, ek sal jou vir altyd liefhê, omdat jy my houe vir my gevat het.” Dr. Broughton se eie woorde: “Friend, you have broken every rule and deserve eternal punishment! But Jesus Christ took your scourging for you, died in your stead, and now offers salvation.” “…die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, ons Here.” (Rom.6:23).’”
“Here, vandag het ek U lief omdat U in my plek gely het.”

'n Plek in die ry
Lees 1 Korintiërs 3: 1 – 4 Lewende Bybel
“…nog gelei …deur julle eie begeertes…”(3)
Een Woensdagmiddag vyfuur gaan Bruce Larson, gewilde prediker en skrywer, New York se Port Authority-busterminus binne. Hy is haastig om tuis te kom, iets te eet en dan ’n diens te gaan waarneem. Voor die roltrappe staan die mense in lang rye om hul busse huis toe te haal. Hy val in ‘n tou en beweeg met slakkegang saam vorentoe. Eindelik is hy voor en maak gereed om die roltrap te betree. ’n Middeljarige vrou kom skielik van die kant af en druk met ‘n strak gesig voor hom in. Sy plant haar elmboog pynlik in sy maag en bestyg die roltrap. Sy eerste instink is om haar dadelik op haar plek te sit. Hy hou hom in. Hy is mos darem ‘n Christen, al kom hy nog baie kort aan die volmaakte liefde. Hy stamp haar elmboog weg en sê met oordrewe sarkasme: “Ekskuus tog. Ek het nie bedoel om u te stamp nie.” Die vrou se reaksie is oorweldigend. Sy draai om. Van die trappie af, net hoër as syne, kyk sy hom reguit in die oë. Dit lyk of haar gesig uitmekaar val soos haar plooie glad word. “Ek kan dit nie verstaan nie,” sê sy verbysterd en diep verskonend. “U is so gaaf teenoor my. Dis ék wat ingedruk het en nou vra ú my om verskoning!” Bruce is stomgeslaan. Sy reageer op sy valse vertoon van liefde asof dit eg en warm was. Is dit dalk die eerste keer dat iemand, met wie sy geveg het vir ’n plek in die ry, vir haar terugstaan en sonder stryd vir haar plek maak? Skaam oor sy eie kleinlikheid mompel hy: “Dit kos niks om vriendelik te wees nie,” en hy snel blindelings na sy bus toe.
In die bus, op pad New Jersey toe, is hy skaam en verleë oor sy skandelike gedrag. “Here,” bid hy saggies, “hoe kan ek vanaand preek? Wat wil U my leer?” Toe is dit asof die Here hom antwoord: “Bruce, Ek probeer aan jou en al my kinders sê: die lewe op hierdie aarde word nie deur prediking en leringe en komitees verander nie, maar deur mense wat hulle regmatige plek in die ry afstaan, net omdat Ek my regmatige plek afgestaan het, toe Ek my troon in die hemel ontruim het en júlle plek op aarde kom inneem het. Wat Ek vra, is dat jy, wat voorgee jy het My lief, dieselfde moet doen.”
Soms is ons in Bruce Larson se plek: ons beskerm ons plek in die ry. Soms is ons in die vrou se plek: ons druk onredelik in vir ’n plek in die ry. Paulus lê sy vinger op die oorsaak in 1 Kor. 3:1-4: “…mense wat net agter hulle eie begeertes aangaan… wat nog leef volgens hulle eie begeertes…gelei deur hulle eie begeertes. Dit wys dat hulle… nie deur die Here nie, (maar) deur die sondige menslike geaardheid oorheers word…”. Ons het in ons lewe die volheid van die Heilige Gees nodig, sodat Chistus in ons hart die oorhand kan hê en oor ons heers.
“Here vandag, wil ek met die krag van u Gees, deur u liefde in my, vir iemand anders plekmaak.”

Met sy eie hoek gevang
Lees Lukas 19:1-10
“Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is” (10).
Ernie Holland het 85,000 kunshengelvlieë gebind, terwyl hy sy gevangenistermyn in die Milhaven Gevangenis in Kinston, Ontario, uitgedien het. Toe word hy met sy eie hoek gevang. As seuntjie het hy leer steel. Sy gesin was baie arm. Hy het begin steel om in sy gesin se behoeftes te voorsien. Die eerste spek en eiers¬ ete in sy huis, was toe hy dit in ’n supermark gesteel het. Op 12-jaar is hy in ’n verbe¬te¬ring¬skool geplaas en op 18-jaar beland hy in die tronk. Van ’n kind se winkeldiefstal af het sy misdade vererger tot ’n poging tot moord. Hy is as gewoontemisdadiger verklaar. Vir 25 jaar was hy in tronke van enige soort. Hy het gemeng met manne wat getier, gevloek en gewanhoop het. Keer op keer ontsnap hy, maar hy is altyd weer gevang en teruggeneem. Uiteindelik het hy in Milhaven beland. Uit Milhaven ontsnap niemand nie. Om die lang, leë, hopelose ure te vul, het Ernie begin hengelvlieë vervaardig. Dit het in ’n aardige besigheid ontwikkel. Hy het sy produk geadverteer deur monsters aan sportwinkels te stuur. Die afset was goed. Onder andere het hy van sy monsters aan Bailey’s Sport Centre in Pembroke, Ontario, gestuur. Grant Bailey, die eienaar, het ontvangs per brief erken. Hy het sy brief afgesluit met ’n kort getuienis hoe hy kort te vore Christus as Verlosser leer ken het. Hy het ook vir Ernie ‘n Bybel gestuur. Vir die eerste keer hoor Ernie van ’n God wat die sondaar lief het. Om die gevangenisowerhede te beïndruk en om verveling te verdryf, begin Ernie die Bybel lees. Daagliks lees hy ‘n aantal hoofstukke en lees so die Bybel vinnig. Daarna lees hy dit weer en weer deur. Ernie begin agterkom hy is besig om innerlik te verander. Hy haat nie meer nie; hy veg nie meer nie. En toe een nag in sy sel ontmoet die Here Jesus hom. Dit was of die Heiland vir hom sê: “Ernie Holland, jou lei is skoon ge¬vee.” Diep in die nag sit hy in sy sel, op sy smal bedjie en huil. Vrede kom in sy hart en ’n diepe bewussyn van die Here se liefde vervul sy hart. Hy weet die geharde gewoontemisdadiger het ’n nuwe mens geword. Hy is vir goeie gedrag vroeg ontslaan. Die dag toe hy ontslaan is, het mnr. Bailey buite gewag. Die Baileys het hom in hul huis geneem en vir hom in hul winkel werk gegee. Ernie Holland het dadelik begin om 25 jaar agter die tralies se skade in te haal. Hy beywer hom om jongmen¬se, en veral jong oortreders, reg te help. Elke Sondag besoek hy tronke en verkondig die redding in Christus, wat hom vrygemaak het, ook aan ander gevangenes. Hoe dankbaar moes Grant Bailey nie gewees het, hy het die klein ekstra tree gegee, om vir Ernie Holland te skryf en vir hom ’n Bybel te stuur nie!
“Here, vandag wil ek my oë oophou vir ’n skrefie van ’n geleentheid om U aan iemand bekend te maak.”

Berou
Waar iemand se lewe gebroke is soos ’n riet wat geknak is, sal Hy dit nie verbreek nie, en waar dit swak is soos ’n lamppit wat rook, sal Hy dit nie beskadig nie (Mat.12:20). Die offerande wat U wil hê, is berou; o God, U sal nooit ’n mens verwerp wat opreg berou het en nederig is nie (Ps.51:19). My naam is Die Heilige God. Ek woon in ’n hoë, heilige plek, maar Ek woon ook by mense wat hulle sonde erken en nederig is, want Ek gee sulke mense weer nuwe krag (Jes.57:15,16). Die Here is `n veilige skuilplek vir almal …, (Spr.18:10-11). –
Vertrou
Maar as dit die Heilige Gees is wat ons lewe oorheers, bewerk
Hy…liefde, blydskap… (Gal.5:22). – Van alle kante af het probleme op my
toegesak…in my eie gemoed was daar dinge wat my bang gemaak het. Maar
hoe kan God nie ’n mens wat terneergedruk is weer moed gee nie! (2
Kor.7:5,6). – Ons is ook bly as daar moeilikheid kom, want ons weet dat
moeilikheid ’n mens leer om geduldig te wees (Rom.5:3). – Hou julle oë
altyd op Jesus, want Hy lei ons om op God te vertrou…Hy was gewillig om
die skandelike dood op die kruis te sterf ter wille van die vreugde wat
voor¬gelê het (Heb.12:2). – Dit is wel waar dat ons baie swaarkry omdat
ons aan Christus behoort, maar kyk hoe wonderlik troos en versterk Hy
ons nie! (2 Kor.1:5). – Julle moet bly wees omdat julle aan die Here
verbind is, Ek wil dit nog ’n keer sê: julle moet bly wees! Julle moet
julle nie oor enigiets bekommer nie. Bid daaroor en sê vir God dankie!
(Fil.4:4-6).– Die Lam wat op die troon is, sal vir hulle sorg soos ’n
herder sy skape oppas. Hy sal hulle bring na die fonteine met water wat
lewe gee en God sal al hulle trane afvee (Op.7:17). – Eintlik besit ek
niks, maar ek het alles wat die moeite werd is (2 sor.6:10). Laat jou
bekommernis aan die Here oor en Hy sal vir jou sorg. Hy sal iemand wat
aan Hom gehoorsaam is nooit laat strui¬kel nie (Ps.55:23) Ons sal op Hom
vertrou en nooit bang wees nie. Hy is ons krag en ons verdediger en Hy
het ons vrygemaak (Jes.12:2). Julle moet julle nie oor enigiets bekommer
nie. Bid daaroor en sê vir God duidelik wat julle wil hê. Vra Hom om
dit vir julle te doen en sê vir Hom dankie
Wees daardie dag daar
Lees 1 Tessalonisense 4: 13 – 18.
“Wanneer… die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet” (16,17)
James Black was ’n ywerige en aktiewe werker en prediker in die Metodiste kerk, ’n sogenaamde Methodist layman, ’n musiekonderwyser en komponis en uitgewer van talle evangeliese liedere, gospel songs. Hy het ook as Sondagskoolonderwyser en leier van ’n jeuggroep onder kinders en jongmense gewerk. Eendag loop hy ‘n 14-jarige dogter raak. Sy was armoedig geklee en die kind van ’n dranksugtige man. Op Black se aandrang begin sy Sondagskool bywoon sluit by die jeuggroep aan. Een aand, by ’n toewydingsvergadering van die jeuggroep, moes die jongmense met ’n teksvers antwoord as hulle name uitgelees word, die sogenaamde roll call. Die dogter se naam word gelees. Net stilte. Sy was nie daar nie! James Black gebruik die geleentheid, om te praat oor hoe hartseer dit sal wees, as iemand se naam die dag met die opening van die Lam se Boek van die Lewe uitgelees word en die persoon is nie daar nie. Black skryf: “When I reached my home, my wife saw that I was deeply troubled. Then the words in the first stanza came to me in full. In fifteen minutes more, I had composed the other two verses. Going to the piano, I played the music as it is found today in the hymnbooks:
When the trumpet of the Lord shall sound and time shall be no more
And the morning breaks eternal, bright and fair –
When the saved of earth shall gather over on the other shore,
And the roll is called up yonder, I ‘ll be there.
Die volgende dag moes Black uitvind, die dogter was nie daar nie, omdat sy siek lê aan longontsteking. Hy skryf: “The subsequent death of the missing girl from pheumonia, after an illness of just ten days, furnished the dramatic finale to this account and gives a poiqnancy to the ‘roll call’ song. Na hierdie lied in 1894 verskyn het, word mense daardeur aangegryp. Ons het dit in Afrikaans: “As die boeke oopgemaak word, is ek daar.”
“Here, vandag weet ek my naam is in u Boek van die Lewe geskryf, want U is my Saligmaker.”

Weersin in bloed
Lees Hebreërs 9: 15 – 22
“Byna alles word volgens die wet met bloed gereinig, en sonder die vergieting van bloed vind daar geen vergewing plaas nie”(22)
Dr. George F. Pentecost het eenkeer Boston toe gegaan, om ’n reeks evangeliepreke in ’n kerk te lewer. Die komitee wat die dienste gereël het, het met hom beraadslaag oor die tema van sy prediking. Hy het hulle ingelig, hy het besluit om ’n baie fundamentele onderwerp, soos redding en verlossing deur die bloed van Christus, te behandel. Die komitee het hom gevra, om sy bewoording aan te pas by die smaak, van die ontwikkelde en ryk klas mense, vir wie hy sou preek. “Bloed is ’n weersinswekkende woord,” het hulle aangevoer. “Sommige van Boston se mense mag aanstoot neem. Praat liewer van die dood van Christus.” Dr. Pentecost het geantwoord, skryf Charles Reitzel in sy boek Pauls’ Conversion: “Christus kon op baie maniere, sonder bloedvergieting, gesterf het, maar die Bybel leer uitdruklik, vergifnis en reiniging van sonde, vind slegs deur bloedvergieting plaas. Ek bly by hierdie onderwerp. Dit is die taal van die Bybel.”
Die Ou Testament en Nuwe Testament se getuienis is duidelik en klinkklaar, bloed is die versoeningsmiddel. “Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is” (1 Pet.1:19). Jesus het dit self beklemtoon: “Toe neem Hy ’n beker…gee dit vir hulle en sê: ‘Drink almal daaruit, want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes’” (Mat.26:27,28). En by die troon van God in die hemel sien Johannes ’n menigte wat niemand kon tel nie: “Hulle was uit elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad…Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam” (Openb.7:9,14). Maar hoekom dan juis bloed? Bloed ís ’n weersinswekkende woord. Onthou, die bloed van Christus is die versoenings- en reinigingsmiddel van weersinswekkende sondes. Sonde gaan met bloedvergieting gepaard. Geen mindere middel as bloed, en juis die bloed van die sondelose Seun van God, sou hierdie wêreld se wrede en weersinswekkende sondes kon versoen nie.
“Here, vandag bring ek my sonde onder u bloed.”

Veilig Gefokus
Lees 1 Korintiërs 9: 19 – 27
“Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê” (23)
Die geestelike eindstreep, wenstreep, van die lewe waar elkeen van ons gaan uitkom, hang af van die kernfokuspunt van ons hart. Dr. Baldwin het sy lewensfokus so beskryf: ”Op 30-jarige ouderdom het ek al die filosofië en godsdienste van die wêreld ondersoek en geken. My gevolgtrekking was: Niks is beter as die evangelie van Christus nie. Toe ek 40 word en die laste begin op my druk, het ek gesê: Niks is so goed as die evangelie nie. Op 50, toe die stoele om my begin leeg raak, het ek gesê: Niks kan met die evangelie vergelyk word nie. Op 60, met my dieper insig en nader aan die einde, het ek gesê: Daar is niks behalwe die evangelie nie. En nou op 70, naby die einde en te midde van baie swakhede, sê ek: Daar is geen besitting soos die evangelie nie.”
Hoe ouer ons word hoe stewiger moet ons aan die beloftes van die evangelie vasklem. “…die evangelie is `n krag van God tot redding van elkeen wat glo…In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. ….Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hul glo, sal lewe” (Rom.1:17)
Archibald G. Brown het eens gesê: “Die evangelie is `n feit, verkondig dit dus eenvoudig; dit is `n blye feit, verkondig dit dus opgewek; dit is `n betroubare feit, verkondig dit dus met vertroue; dit is `n belangrike feit, verkondig dit dus ernstig; dit is `n feit oor `n Persoon, verkondig dus Jesus.
Wat genl. Grant oor die evanglie en die Here Jesus te sê gehad het, na sy bekering, is aangenaam om te hoor. Die predikant wat die beroemde man na die Here toe gelei het, het vir hom gesê: “U bekering is `n groot aanwins vir God se koninkryk, Generaal.” Genl. Grant het geantwoord: “God het nie groot manne nodig nie, maar groot manne het God nodig.”
“Here, vandag verbly ek my in u wonderbare evangelie.”

Vaderliefde
SKRIFDEEL: Lukas 15: 17 – 24
“…sy pa het hom innig jammer gekry…omhels hom en soen hom” (20)
In sy boek, Cameos, skryf H. Weigle, saam met C. H. Spurgeon: “In a home in Manchester, England, there was a wayward son and brother. The mother was dead and the father and the family were heart-stricken with grief over the boy.” Die verhaal wy dan uit oor al die pogings wat die broers en susters aangewend het om die seun tot beter insig te bring. “One morning the boy came home after a dreadful debauch. The brothers and sisters were shocked, disgraced, and out of all patience.” Die broers en susters het besluit, daar is net een uitweg: die seun moet uit die huis verban word. Daardie aand het die pa met elkeen van sy seuns en dogters `n aparte gesprek gevoer. Die gevoel was by almal ewe sterk: die dranklustige seun moet uit die huis gestuur word. Hy is nie meer deel van die gesin nie. Na sy gesprek met sy kinders, roep die pa die seun. Ek haal nou die boek se eie woorde aan, want my vertaling laat nie reggeskied aan die betekenis wat dit het nie. “Henry, your sisters say you should be put out of the house, and your brothers, say you should be put out;’ Then going over to the boy he said: ‘My son, I shall never put you out of the home.’ This loving word of his father woke up his soul. He reformed and became converted, and was none other than the Rev. Henry Moorehouse of Manchester.”
So `n gebeurtenis laat ons opnuut God, ons Vader, se groot liefde vir óns besef. Glo ons, weet ons, God het ons met `n groot liefde lief? “God het die wêreld – vir my, vir jou – so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Joh.3:16). Glo dit. Aanvaar dit. Dank God daarvoor. “God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word” (Joh.3:17).
“Here, vandag weet ek uit u Woord U het my lief.”

Te Duidelik
Lees Handelinge 24: 24 -27
“Feliks (wou) meer hoor oor die geloof in Christus Jesus. Paulus het met hom gepraat oor ’n lewe in gehoorsaamheid aan God, oor selfbeheersing en oor die komende oordeel. Dit het Feliks bang laat word, en hy het gesê: ‘Dit is nou genoeg…as ek tyd het sal ek jou weer laat roep’” (25).
Tydens ’n ryk Sjinees se besoek aan Engeland, is ’n pragtige mikroskoop aan hom gedemonstreer, vertel Roy Zuck. Dit het die Sjinees se belangstelling dadelik geprikkel en hy het vir hom een gekoop en saamgeneem Sjina toe. Dit het hom groot plesier verskaf om deur die mikroskoop na verskillende voorwerpe te kyk. Eendag bestudeer hy ’n ryskorrel, wat hy uit sy middagete se bord geneem het, onder die mikroskoop. Geskok sien hy onder die mikroskoop se lens, die ryskorrel is vol lewende goedjies. Dit was deel van sy godsdienstige geloof, geen lewende organismes word geëet nie. Wat moet hy nou doen? Hy is nie net baie lief vir rys nie, maar dit is deel van sy daaglikse stapelvoedsel. Hy sien net een uitweg: vernietig die ding wat die afstootlike feit aan hom uitgewys het. Zuck skryf: “Similarly, many people hate the Word of God because it reveals their true condition.”
Die onbekeerlike mens wil nie hê die Woord van God moet die sondige toestand van sy hart en die verkeerdheid van sy lewensgedrag aan hom uitwys nie. Teenoor mense en homself kan hy sy verkeerdheid goedpraat. Hy wil nie God se lig op sy lewe hê nie. Hy bly weg van die Bybel af, of soos die ateïste, probeer hy die egtheid van die Bybel afmaak en teëpraat. Die mens weer, wat na bekering en heiligmaking in sy lewe verlang, bestudeer gretig die Bybel om meer oor sy eie lewe en meer oor God se reddingskrag uit te vind. Hy wil skoon wees. Hy wil vir God aanvaarbaar wees.
“Deurgrond my, o God, deurgrond my hart…kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad” (Ps.139:23).

Klein en groot dinge
Lees Matteus 16:13-20
“Wie, sê die mense, is die Seun van die mens? …maar julle…wie, sê julle, is Ek?” (14)
William L. Stidger vertel in sy boek, There are Sermons in Stories, van die meisie, Sadie Smithson, wat eintlik arm grootgeword het in Johnsons Falls, Wes Virgiania. Haar pa was in beheer van ’n perdestal en syself het met naaldwerk ’n inkomste probeer maak. Hulle het net bo die armlastige vlak geleef. Sy wou graag met die hoër klas van die dorp meng. Haar plan om dit reg te kry, was om lid te word van die Laurel Literary Society, ’n organisasie wat die sosiale glans van haar dorp weerspieël het. Na sy klaar was met hoërskool het sy aansoek gedoen vir lidmaatskap. Haar aansoek is afgekeur. Wel, het sy gedink, miskien sal hulle meer van haar dink as sy deur Europa gereis het. Sy het geld gespaar en gedroom hoe die sagte handskoenhande sal klap, as sy haar lesing van My Toer deur Europa gelewer het. Na jare se spaarsaamheid het sy haar droom verwesenlik en saam met ‘n professor en sy vrou die toer aangepak.
Juis toe breek die Wêreldoorlog uit. Sadie was met die openingskote van die oorlog in België, maar kry reg om ’n rit Parys toe te kry. Die bestuurder raak egter sy koers kwyt en skielik ry hulle oor ’n slagveld. Sadie kyk af op’n gewonde soldaat wat reg langs hulle voertuig lê. “Water!” skreeu hy. “In hemelsnaam, water!” Sadie spring uit die bussie uit en hardloop met ’n beker na ’n nabygeleë fontein en bring vir hom water. Toe roep nogeen vir water. Weer hardloop sy fontein toe. Die bussie vertrek sonder haar. Heel nag hardloop sy heen en weer tussen die fontein en gewonde soldate. Sy skeur haar rok repe en probeer hulle wonde toebind. Sy skryf sterwende manne se boodskappe aan hulle dierbares neer. By elke man bid sy. Dit is ’n nag van skrik, en donkerte, en gekerm van gewonde soldate. ’n Ambulans met ’n dokter en verpleërs kom aan. Hulle is verstom om die arm jongvrou van West Virginia tussen die bloed en verwoesting van die oorlog te vind. In William Stidger se woorde roep die dokter uit: “Who are you? What in thunder are you doing here?” “I’m Sadie Smithson,” she said, “and I’ve beenholding hell back all night.” “Well miss Sadie Smithson,” said the young doctor, “I’m glad you held some of it back, for everybody else in the world was letting it loose last night.”
Terug huis toe, op die skip, vertel sy haar storie vir ’n medepassasier. “Ek het self nie kinders gehad nie, maar daardie nag was al daardie manne my kinders. Daardie nag kon ek my lewe vir hulle gee,” voeg sy by. Die passasier antwoord: “Wel, ek dink die Laurel Literary Society sal nou bly wees om jou hulle lid te maak. Sadie antwoord, in Stidger se woorde: “No, I’ve been face to face with war and death and hell and God. Now little things like the Laurel Literary Soceity don’t matter to me any more.” “What does matter,” asked the friend. “Nothing,” Sadie said. “Nothing, but God and love and doing what I can do for those He sends me to.”
Iets van die Here Jesus se gesindheid het daardie nag in Sadie se hart wakker geword, sodat klein wêreldse weeldes en eer vir haar niksseggende waarde gekry het. Die Here Jesus het in die donker van die nag na ’n sterwende mensdom toe gekom. Hy het ons liefgehad en Homself vir ons gegee. As Hy in ons hart kom woon, verander ons perspektief van die lewe.
“Here, vandag vra ek dat U my hart na u vlak ophef.”

Hou die naam skoon
Lees Openbaring 3:12-13
“En Ek sal ook my eie nuwe Naam op hom skrywe” (13)
Die Methodist Recorder vertel hoe Rodger Rickett een aand ‘n sakkeroller op heterdaat betrap, terwyl hy sy beursie uit sy sak steel. Die dief het homself dadelik verontskuldig deur vir Rickett te vertel hoe hy sukkel om werk te kry. Hy het tronkstraf uitgedien en nou wil niemand hom in diens neem nie. Hy en sy gesin sterf van honger. Rickett kyk die man stip in die oë. “Ek gaan my naam vir jou gee. My naam is nog skoon. Neem dit, gebruik dit en hou dit skoon.” Daarmee gee hy vir hom sy eie naamkaartjie. Vyftien jaar later word Rickett na die ontvangslokaal van `n firma geroep. ‘n Man, wat dieselfde naam as hy het, wil met hom praat. Rickett kyk na die man se naamkaartjie en sien die man is regtig ook Rodger Rickett. Die man is netjies aangetrek, met ‘n aangename voorkoms. Die man groet hom hartlik en sê: “Ek het jou kom vertel, ek het vandag ‘n vennoot geword, in die firma waar jy vyftien jaar gelede vir my werk gekry het. Ek het dit aan jou naam te danke. Ek het jou naam skoon gehou.”
Ons het ook ‘n nuwe naam gekry. Ons het Christus se naam gekry. Ons word Christene genoem. “In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem” (Hand.11:26). Die Naam van die Here Jesus Christus het vir ons ook baie deure oopgesluit. Dit het vir ons die deur hemel toe oopgesluit. In sy Naam kan ons God nader en kan kan ons bid. “Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen” (Joh.14:13,14). Ons het ook die groot verantwoordelikheid om hierdie Naam skoon en in eer te hou. In dáárdie tyd het mense geweet wat die naam Christen inhou. Toe Paulus hom voor Agrippa verdedig het, het Agrippa uitgeroep: “Jy dink seker jy kan my sommer gou-gou ‘n Christen maak” (Hand.26:28). Hy het geweet wat dit vir hom gaan inhou om Christen te word. Ons wat Christene is, kan die Naam en Persoon van Christus verhoog of verneder. Hoe dra ék deur my gedrag by tot die eer of die vernedering van sy Naam?
“Here, vandag wil ek u Naam skoon hou en ook verheerlik.”

Leef
As ’n mens deur die geloof in die regte verhouding tot God gekom het, dan lewe hy werklik (Rom.1:17). - Ons het gesê ons glo dat God ons verlos het en ons sien uit na wat Hy nog vir ons gaan doen. Hieraan moet ons vashou en nooit twyfel nie, want dit is God wat dit beloof het, en op Hom kan ons reken (Heb.10:23). – Ons God is in die hemel en Hy maak presies soos Hy besluit het. Daar is niks wat vir God onmoontlik is nie (Ps.115:3). My Vader het aan My gesag gegee om te regeer, en op dieselfde manier gee Ek dit nou vir julle ook. Daarom sal julle in my koninkryk saam met My eet en drink en julle sal op trone sit en oor die twaalf stamme van Israel regeer (Luk.22:29,30). Daar is geen ander God wat met U vergelyk kan word nie, want U vergewe die sonde van u volk wat oorgebly het. U bly nie vir altyd kwaad nie, en U wil graag u getroue liefde aan ons bewys. U sal ons weer jammer kry en ons sondes onder u voete vertrap en hulle diep in die see gooi (Miga 7:18,19).
Gerusstellende Sekerheid
Lees Johannes 11: 1 – 16
“Here, hy vir wie u lief is, is siek” (3)
Kenneth Osbeck vertel van die pofessor van die Princeton-kweekskool, wat gewoond was om sy klas af te sluit met die woorde: “Gentlemen, there is still much in this world and in the Bible that I do not understand, but of one thing I am certain – ‘Jesus loves me, this I know for the Bible tells me so’ – and gentlemen, that is sufficient!” Hy het die woorde aangehaal van die lied wat veral deur kinders gesing word, maar vir ons net so troosvol is: “Jesus min my, salig lot! Dit leer my die woord van God; Al is ek ook swak en blind, Nogtans noem Hy my sy kind.” Vir Marta en Maria was dit ‘n groot troos oor hulle broer wat siek gelê het: Jesus het hom lief gehad. Die onmiddellike verloop van sake het dit weerspreek, want Jesus het gewag totdat Lasarus dood en begrawe was voor Hy na hulle toe gegaan het. Die uiteinde van hulle vertroue in Jesus, al het hulle vertroue ook gewankel, was goed en het op ‘n feesmaal uitgeloop. Dwarsdeur ons beproewings moet ons net daaraan vashou: Jesus het ons lief. Hy sal vir die beste oplossing sorg.
Die lied is in 1860 deur Anna B. Warner, met die samewerking van haar suster, Susan, geskryf. Dit was deel van ‘n roman, Say and Seal, wat hulle geskryf het en wat in daardie tyd ook ‘n blitsverkoper was. In die boek ontvou ‘n roerende toneel. Een van die karakters in die boek, Mr. Linden, troos ‘n sterwende seuntjie, Johnny Fax, deur vir hom hierdie lied te sing. William Bradbury het die melodie in 1861 gekomponeer en die koortjie by Anna Warner se vier verse gevoeg:
Ja, Jesus min my! Ja, Jesus min my!
Ja, Jesus min my! Ek weet dit uit Gods Woord.

Die veilige skape
n Sakeman, Allen Emery, was in die wolbedryf. Eenkeer het hy ‘n nag saam met ’n herder en sy skape op die Texasprêrie deurgebring, skryf Robert J. Morgan in This Verse. Skielik, in die middel van die nag, klink die lang gehuil van die prêriewolwe op. Die skape wat gelê en slaap het, kom verskrik met ’n jammerlike geblêr op die been. Die herder staan vinnig op en gooi meer hout op die vuur. Die vuur vlam vinnig op. In die gloed van die vuur kyk Allen om hom rond. In die donker vonkel duisende liggiesl. Hy besef dit is die weerkaatsing van die vuurlig in die skape se oë. Hier is Allen se eie opmerking hieroor: “In the midst of danger the sheep were not looking out into the darkness, where the coyotes were wailing, but were keeping their eyes set in the direction of their safety, looking toward the shepherd.”
Ons ken ook vrees – al wys ons dit nie altyd nie. Allerhande wolwe huil daar buite en bedreig ons. Jesus se vergelyking van ons, met ’n herder se kudde, is baie vertroostend. Ons is deel van sy kudde as ons in Hom as ons Verlosser vertrou. En Hy is ’n getroue en betroubare Herder. Hoe gelukkig is ons nie! Ons het ’n getroue en almagtige Herder wat ons bewaak. Ons is swak, maar ons skuil by Hom.
Hou die oë vertrouend op Jesus: “…die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins. En Hy sit nou aan die regterkant van troon van God. Hou Hom voor oë…dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie” (Heb.12:2,3).
“Here, vandag kyk ek na U en ek skuil by U.”

Subscribe to:
Comments (Atom)