Lees 2 Petrus 1: 1 – 11
“Immers , sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien… (3).
In `n interrnetstorie vertel Pastor Bill van `n jong dominee wat saam met ’n ouer kollega in die blomtuin stap. Hy gebruik die geleentheid om vir die ouer man te vertel hoe onseker hy voel oor sy roeping en sy eie geestelike lewe. Die ouer man gaan na ’n roosboom toe wat besig is om te blom. Hy neem ’n pragtige roosknop, gee dit vir die jonger man en sê, “Vou die blaartjies oop soos dit eendag moet wees.” Die jonger man verstaan nie wat dit te doen het met sy vraag oor sy verhouding met God nie, maar hy doen wat die ou dominee van hom vra. Die eerste lagie vou hy redelik mooi oop, maar toe begin die roosblaartjies onder sy vingers skeur. Die ou dominee sien die jonger een se verleentheid. Hy begin die woorde van ’n gediggie opsê (ek kan dit net in Engels gee):
It is only a tiny rosebud, a flower of God’s design
But I cannot unfold the petals, with these clumsy hands of mine.
The secret of unfolding flowers, is not known to such as I,
GOD opens this flower so easily, but in my hands they die.
If I cannot unfold a rosebud, this flower of God’s design,
Then how can I have the wisdom, to unfold this life of mine?
So I’ll trust in God for leading, each moment of my day,
I will look to God for guidance, in each step along the way.
The path that lies before me, only my Lord and Saviour knows,
I’ll trust God to unfold the moments, just as He unfolds the rose
Die jong dominee het die les geleer wat elke kind van God moet leer: Vertrou God om sy plan en sy werke te laat oopvou in jou lewe. Uit eie vermoë kry mens nie reg om se wil te vermag nie.
As ons iets van rose weet, weet ons ook, die roosknop kan net daar wees en volgens God se natuurkrag reageer, as dit die regte voeding, snoeiïng en besproeiïng kry. Sonder die lees van God se Woord en sonder ons gebedsomgang met God, ly ons te korte, wat die oopvou van ons roosknop van toewyding, vertraag of verhinder.
“Here, vandag laat ek my lewe in u hande rus.”