Lees Efesiërs 1: 3 – 14
“Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God…(7).
’n Man het aan sy koerant ’n brief geskryf: “Ék het op Sondag geploeg, op Sondag ge-êg en gesaai. Ek het op Sondag watergelei, op Sondag ge-oes en op Sondag my graan weggery. My oes was die beste in die buurt en nog nooit het ek in Oktober so ’n groot oes gehad nie.” Die redakteur van die koerant was nie ’n gelowige nie en hierdie uitdagende en onverskillige man het verwag, die koerant gaan sy brief publiseer en een of ander spottende artikel daarvan maak. Hy het ’n kort briefie van die koerant terug ontvang: “Ontvangs van u brief word erken, maar laat ons asb. toe om u daaraan te herinner, God vereffen nie sy rekeninge in Oktober nie.”
Dit is ook die waarskuwing in die Woord van God: “Omdat die verkeerde daad nie meteens getraf word nie, hou mense eenvoudig aan om verkeerd te doen” (Pr.8:11). As alle sonde onmiddellik gestraf sou word, sou ons baie versigtig met ons lewenswandel en woorde gewees het. Maar nou doen mense die gruwelikste dinge en niks gebeur nie. Of liewer: niks gebeur dadelik met hulle nie. Die Bybel waarsku, die rekening loop op en gaan later vereffen word. Ons kan met ons lewensgedrag wees soos iemand wat op skuld koop, en op skuld koop, en op skuld koop, en niks gebeur nie. Maar op ’n dag kom die opgeloopte rekening. Dit is verstandig om betyds die groot opgeloopte rekening van sondeskuld in herinnering te bring en hulp te soek by die Een wat die rekening vir ons betaal het. Jesus het die sonderekening ten volle, en ten duurste, betaal, maar ons moet sy skuldoffer vir ons aanvaar.
Iemand het geskryf: Hoe belangeloos is die onbekeerde mens oor die ewigheid. Vertel hom hy is siek. Hy sal hom dokter toe haas. Vertel hom sy regte word bedreig. Hy sal hom na die prokureur toe haas. Maar wys hom op die gevaar waarin sy siel verkeer. Hy steur hom min daaraan. Hy sal versuim en sal aan hou versuim totdat hy vir ewig verlore is. En dit is `n aaklige lot.
’n Ander geskriffie sê: Die droewigste pad na die verdoemenis, is die een wat voor die preekstoel langs, teen die Bybel verby, tussen uitnodigings en waarskuwings deur, loop. Dit is juis die pad waarlangs die meeste mense verlore gaan. Hulle hoor. Hulle weet. Maar hulle wil nie gered word nie!
“Here, vandag luister ek na u waarskuwing.”
'n Misrekende vertaling
Lees Handelinge 2:32-36
“… God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak” (36).
Bruce Moore vermeld ‘n interessante feit, oor die vertaling van die Bybel in die Coloradotaal van Ecuador. ‘n Regte woord om “Here” te vertaal, kon nie gevind word nie. Die mense het geen begrip van ‘n sterk leiersfiguur gehad nie. Die woord “sênor” het bloot “meneer” beteken. ‘n Woord wat moontlik die begrip “Here” kon oordra, was die woord “Miya”. Dit het op iemand gewys aan wie gehoorsaamheid en toewyding verskuldig was. Toe hulle die woord op die mense begin uittoets, vind hulle, as die woord verbind word met Christus, dit by die meeste nie byval vind nie. “Miya Jesu Christos”, vir “Here Jesus Christus” was nie aanvaarbaar nie. Die vertalers het ‘n verklaring vir hierdie houding van die mense gevind. Onder invloed van die vroeëre Roomse Kerk, was Jesus vir die Colorados geen “Miya”, iemand wat gesag afdwing, nie. Hy was ‘n magtelose man wat aan ‘n kruis vasgenael is en wat bejammer moes word. Die woord “Miya” is verwerp, nié omdat dit nie “Here” uitdruk nie, maar omdat dit nié by Jesus sou pas nie. Hy was nie ’n Miya nie!
Die naam “Here Jesus” is alom bekend en ons noem Hom ook so. Verstaan ons die woord “Here”? Is Hy vir óns Iemand wat toewyding, eer en gehoorsaamheid verdien? Nasaret se mense het Hom gering geag. “Wie is Hy sodanig?” het hulle gevra. Solank Jesus nog nie vir ‘n mens “Here” geword het nie, is dit swaar om Hom te volg en Hom te gehoorsaam en Hom te dien. “Niemand kan sê: ‘Jesus is die Here nie’, behalwe deur die Heilige Gees” (1 Kor.12:3). Eers na ‘n mens deur die Heilige Gees weergebore is, word Jesus vir ‘n mens ”Here”. Dan verheerlik die Heilige Gees Jesus in ‘n mens se hart as “Here”. Uit die Woord, ons Bybel, leer die Heilige Gees ons om Jesus steeds duideliker te sien en beter te leer ken. “Julle moet ons Here en Redder, Jesus Christus, al beter leer ken en sy genade nog meer ondervind” (2 Pet.3:18 LEW.BYBEL.). Namate ons die Persoon van die Here Jesus leer ken, soos die Heilige Gees ons dit uit die Woord leer, verdiep ons agting vir die Here Jesus en word Hy vir ons Here en God. Daarmee verdiep ons toewyding aan Hom. Wanneer ek tussen Hom, my Here, en ‘n wêreldse aanspraakmaker op my lojaliteit moet kies, wat sê die uitslag van die toets vir my? Wie het gewen?
“Here vandag is U in my hart my Here en my God.”

Betyds
Lees Matteus 15: 21 – 28 – OU VERTALING
“…Jesus…sê vir haar: ‘o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê’” (28).
Prins Edward van Wallis, die Swart Prins genoem, omdat sy ridderharnas swart was, was in 1346 by die slag van Crecy die aanvoerder van die voorhoede van die Engelse leër. Sy vader, Koning Edward III van Engeland, het met die res van die leër, van ’n heuwel af, die geveg dopgehou. Prins Edward was skaars 16 jaar oud. In die midde van die hewige geveg, stuur die jong prins `n boodskapper na sy vader toe, om vir versterking te vra. Die koning talm om die versterking te stuur. Die prins stuur haastig ’n tweede boodskapper, om aan te dring op hulp. Saam met hierdie boodskapper, stuur die koning vir sy seun ’n boodskap terug. “Gaan sê vir my seun, ek is nie so ’n onervare aanvoerder, om nie te weet wanneer ondersteuning vir hom nodig is nie. Ek is ook nie so ’n onverskillige vader om dit dan nie te stuur nie.” Prins Edward het uit die geveg gekom, ’n sterker man en ’n beter aanvoerder, omdat die koning hom geleentheid gegee het om in die gevegsposisie te groei.
Die groot Engelse prediker, C. H. Spurgeon, het twaalf preke, oor die verhaal van die Kananése vrou in Matteus 15, gehad. Dit was ’n leersame en bemoedigende gebeurtenis, waarby Jesus met groot aandag betrokke was. Wat Koning Edward III met sy seun, Prins Edward, gedoen het, het Jesus met die vrou gedoen. Vir die eerste keer besoek Hy die streke van Tirus en Sidon. Voorheen het Hy net onder die Jode in Galillea en Judea gewerk. Die vrou hoor Jesus het in die Kananitiese streek aangekom. Vinnig kom sy na Hom toe en roep: “Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete” (22). Jesus weet haar geloof het groter wysheid en groter krag nodig. Hy sê vir sy dissipels, sodat sy dit kan hoor: ”Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel” (24). Sy val voor Hom neer: “Here, help my” (25). Drie kosbare woorde om vir Jesus te sê. Weer kry sy ’n ontmoedigende antwoord: “Dit is nie mooi om die kinders se brood vir die hondjies te gooi nie” (26). Haar antwoord straal toe die geloof en nederigheid uit wat Jesus in die hart soek: “Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval” (27). Jesus se antwoord in vers 28 spreek van sy tevredeheid met die houding waartoe sy nou gekom het. “o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê.” Haar geloof en houding het die wasdom bereik wat Jesus bedoel het. En na Hy haar gehelp het, het Hy direk terug gegaan na die land van die Jode toe. Jesus het dus net vir háár ontwil na daardie streek toe gekom.
As ons gebed nie dadelik verhoor en ons nood nie dadelik opgelos word nie, laat ons aanhou bid, aanhou luister. Die Heilige Gees bewerk in die wagtende, volhardende hart, wat God in ons hart wil bereik.
“Here, vandag bid ek volhardend.”

Waar kyk ons
Lees Hebreërs 12: 1 – 4
“…laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus…” (1,2)
Roger Banister was die eerste man wat die myl in vier minute gehardloop het. Drie maande later verbeter John Landy sy rekord met 1,4 sekondes. ’n Wedloop tussen hierdie twee groot atlete is gereël. Toe hulle die pylvak binnegaan is Landy voor. Banister is kort op sy hake. Naby die wenstreep, kyk Landy om, om te sien hoever Banister nog agter hom is. Banister het gewen. Aan ’n verslaggewer van The Times sê Landy: “As ek nie agtertoe gekyk het nie sou ek gewen het.”
Die Bybel noem die geestelike lewe ’n wedloop. Die oë se fokus is belangrik. Agtertoe kyk, wegkyk van Jesus af, is gevaarlike momente. In die eerste martelaar, Stefanus, se laaste wedloop het hy reg gekyk – vorentoe – na Jesus toe – “…Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan” (Hand.7:55).
”Here, vandag hou ek my oë op U.”

'n Lig in die donker
Lees Filippense 2:12-18 Lewende Bybel
“Julle moet tussen hulle lewe soos ’n lig wat in die donker skyn want julle dra die boodskap wat aan ’n mens die lewe kan gee”(15,16).
Dit was vir ’n jong meisie moeilik om in haar werksomgewing vir Christus ’n getuie te wees. Sy het gevoel sy faal as Christen. Sy het oorweeg om van werk te verander. Sy het haar leraar se raad gaan vra. “Waar plaas ’n mens ’n lig?” vra hy haar. Sy verstaan sy vraag dadelik: “Waar dit donker is.” “Dis reg. Daarom het die Here jou daar geplaas. Moenie iets besonders probeer doen nie. Hou jou verhouding met die Here reg en sy lig in jou sal in jou gewone doen en late uitskyn na ander toe.” Hoe donkerder ’n plek is, hoe makliker word ’n lig, selfs ’n dowwe liggie, gesien.
Net so min as wat ’n gloeilamp kan brand as dit nie met krag verbind is nie, of ’n lamppit kan brand as dit nie in olie lê nie, net so min kan ons vir die Here soos ’n lig skyn as Hy nie deur die Heilige Gees self in ons is nie. “…’n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie” (Jes.42:3). Hierdie innerlike krag om vir die Here soos ligte te skyn, word in Filippense se 2de hoofstuk aan ons beloof: “…dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae…sodat julle onberispelik en opreg kan wees …te midde van ’n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld…” (13,15 Ou Vertaling).
“Here, vandag soek ek u krag in my, sodat ek vir U soos ’n lig kan skyn.”

'n Skoon hand
Lees Jesaja 1:12-18
“’Kom nou en laat ons die saak uitmaak,’ sê die Here: ‘al was julle sondes soos skarlaken, dit sal word soos sneeu…’” (18).
’n Fabel word vertel van ’n Indiese koning wat ’n dief die doodstraf opgelê het. Die dief het die tronkbewaarder geroep en vir hom gesê, hy het ’n groot geheim wat hy aan die koning wil oordra. Die koning is ingelig en hy het die oortreder na hom toe laat bring. Die man het onder groot geheimhouding vir die koning vertel, hy het ‘n saadjie wat bome laat groei wat goue vrugte dra. Deur gierigheid gedring, besluit die koning om ‘n maklike eksperiment te doen. Hy laat sy eerste minister, die burgemeester en sy priester kom. Hulle neem die man na ’n beskutte stuk grond toe en sê hy moet sy saadjie plant. Die dief roep ’n paar towerspreuke uit, haal ’n krummeltjie goud uit sy sak en sê: “Plant hierdie saadjie en ’n boom wat goue vrugte dra sal groei.” “Nou maar, plant dit dan,” sê die koning ongeduldig. “Net ’n hand onbevlek van enige oneerlikheid mag dit plant, anders word die towerkrag gebreek,” sê die man. “Diefstal het my hand vuil gemaak. Plant u Majesteit dit.” Hy gee die stukkie goud vir die koning aan. Die koning hou die korreltjie goud onseker vas, toe sê hy: “As seun het ek uit my pa se laai geld geneem. Ek kan nie sê my hande is skoon nie. Ek dra dit oor aan my Eerste Minister.” Die Eerste Minister staan verleë met die stukkie goud in sy hand. “Ek vorder belastings in. Miskien het ek al ietsie vir myself geneem. Ek gee dit liewer vir die burgemeester.” “Nee!” skreeu die burgemeester en hou sy hande agter sy rug. “Onthou ek moet pensioene en salarisse uitbetaal en daar is baie versoekings. Gee dit liewer vir die priester.” Die priester hou sy hande toe en draai weg. “Onthou ek ontvang offergawes en belydenisgelde. Moontlik het ek al ietsie onwetend vir myself geneem.” Na ’n rukkie van stilte sê die veroordeelde dief: “U Majesteit, ek dink dit sal vir die gemeenskap beter wees as ons alvyf gehang word, want lyk my nie een van ons is regtig eerlik nie.” Verleë oor die ontmaskering van sy koninklike hof, maar tog ingenome met die dief se slim streek, gee die koning hom sy kwytskelding.
Dit is hoe die Here Jesus die Fariseërs se geveinsdheid ontmasker het toe hulle die vrou, wat op ’n daad van owerspel betrap is, na Hom toe gebring het om haar te veroordeel. “Laat die een van julle wat ’n skoon gewete het (‘sonder sonde is’ – Ou Vertaling), eerste ’n klip op haar gooi” (Joh.8:7). Net Jesus was sonder sonde. Só ’n verlosser het ons nodig! “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees”(2 Kor.5:21). Ons het sonde gedoen en die eis vir ingang in die hemel is sondeloosheid: “Niks onreins en…vals…sal ooit daarin kom nie,” (Openb.21:27). Hierdie hoë eis is nie ’n sondeloosheid, van iemand wat nooit sonde gedoen het nie, maar van iemand wie se sonde vergewe is. “…hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig…”(Heb.9:14 Ou Vertaling.).
“Here, vandag vlug ek met my sondeskuld na U toe.”

God werk in ons harte
Lees 2 Petrus 1: 1 – 11
“Immers , sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien… (3).
In `n interrnetstorie vertel Pastor Bill van `n jong dominee wat saam met ’n ouer kollega in die blomtuin stap. Hy gebruik die geleentheid om vir die ouer man te vertel hoe onseker hy voel oor sy roeping en sy eie geestelike lewe. Die ouer man gaan na ’n roosboom toe wat besig is om te blom. Hy neem ’n pragtige roosknop, gee dit vir die jonger man en sê, “Vou die blaartjies oop soos dit eendag moet wees.” Die jonger man verstaan nie wat dit te doen het met sy vraag oor sy verhouding met God nie, maar hy doen wat die ou dominee van hom vra. Die eerste lagie vou hy redelik mooi oop, maar toe begin die roosblaartjies onder sy vingers skeur. Die ou dominee sien die jonger een se verleentheid. Hy begin die woorde van ’n gediggie opsê (ek kan dit net in Engels gee):
It is only a tiny rosebud, a flower of God’s design
But I cannot unfold the petals, with these clumsy hands of mine.
The secret of unfolding flowers, is not known to such as I,
GOD opens this flower so easily, but in my hands they die.
If I cannot unfold a rosebud, this flower of God’s design,
Then how can I have the wisdom, to unfold this life of mine?
So I’ll trust in God for leading, each moment of my day,
I will look to God for guidance, in each step along the way.
The path that lies before me, only my Lord and Saviour knows,
I’ll trust God to unfold the moments, just as He unfolds the rose
Die jong dominee het die les geleer wat elke kind van God moet leer: Vertrou God om sy plan en sy werke te laat oopvou in jou lewe. Uit eie vermoë kry mens nie reg om se wil te vermag nie.
As ons iets van rose weet, weet ons ook, die roosknop kan net daar wees en volgens God se natuurkrag reageer, as dit die regte voeding, snoeiïng en besproeiïng kry. Sonder die lees van God se Woord en sonder ons gebedsomgang met God, ly ons te korte, wat die oopvou van ons roosknop van toewyding, vertraag of verhinder.
“Here, vandag laat ek my lewe in u hande rus.”

Dors na die Woord
Lees Psalm 1
“Dit gaan goed met die mens …wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink” (2)
`n Man van Kansas City het albei sy hande in `n mynontploffing verloor. Sy gesig is geskend en hy kon nie meer sy oë gebruik nie. Hy was `n jong Christen toe die ongeluk gebeur het. Die beproewing het sy geloofslewe verdiep. Sy grootste hartseer was, hy kon die woord van God nie meer lees nie. Hy het nie oë gehad wat die Bybel kon lees nie, hy het nie hande gehad waarmee hy Brailleskrif kon lees nie. En in sy groot beproewing het hy groot behoefte gehad, aan die vertroosting van die Here se woord. Die nuwe lewe in sy bekeerde hart het gedors na die woord van God. Toe hoor hy van `n vrou in Engeland wat ook haar hande en oë verloor het, maar geleer het om met haar lippe Brailleskrif te lees. Sy vriende het dadelik op sy aandrang vir hom `n Brailleskrifbybel gekry. Iemand het gekom om hom die skrif te leer lees. Tot sy bittere teleurstelling moes hy egter vind, die ontploffing het sy gesigsenuwees so beskadig, hy het nie genoeg gevoel in sy lippe om die Brailletekens te onderskei nie. Terwyl hy so met sy mond wanhopig teen die bladsy gedruk lê, raak sy tong aan die bladsy. Hy kon een van die opgehewe lettertekens duidelik voel. Opgewonde het hy met sy Braillelesse begin en die skrif vinnig met sy tong leer lees. In sy verminking was die Bybel vir hom so tot troos en so gretig was hy, om in die eensaamheid van sy blindheid en gebreklike lewe God se woord te ken, hy het die Bybel vier keer met sy tong deurgelees.
Weens ons sondige aard, wat so maklik wegdraai van God af, moet ons die Bybel met dissipline lees. Deur die lees van die Woord werk die Heilige Gees in ons hart ons behoefte aan God. Hoe meer ons die Here se woord lees, hoe sterker word ons dors na die Woord.
Bybellees is `n opheffende ervaring. Dit reinig en verfris die gees. Lees, is `n samesmelting van die leser se gedagtegang met dié van die skrywer. Wanneer ons Bybellees, word ons gedagtes met God se gedagtes verenig. Ons leer God se hart uit sy Woord ken. Die lees van die Woord hef ons op, maak ons verstandig, gee ons moed. Uit die Bybel raak die ewigheid ons aan, beïnvloed liefde ons, word ons van goddelike krag bewus. “…die sluier word deur Christus weggeneem vir iemand wat in Hom glo …en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid …want die sluier is van ons gesig weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word …dit doen die Here wat die Gees is” (2 Kor.3:14-19).
“Here, vandag dank ek U vir my vermoë om te kan lees.”

Maklike misgissings
Lees Amos 3: 1 – 8
“Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afspreek?” (3)
John Ross vertel van die vrou wat van ’n vliegtuig afstap nadat dit geland het. Met haar drasak oor haar arm gehaak, koop sy by die toonbank van die lughawekafeteria, ’n pakkie lekker koekies en ’n koerant. Sy gaan by ’n eenkant tafel sit. Moeg na die lang vlug, wil sy bietjie ontspan voor sy die stadsgewoel aandurf. Dadelik boei die hoofberig in die koerant haar en sy steur haar nie aan die man wat oorkant haar by haar tafel kom sit nie. ’n Geritsel van papier oorkant haar trek haar aandag. Sy loer oor die koerant, en sowaar, dit is die man wat haar pakkie koekies oopmaak en doodluiters vir hom een neem en dit begin eet. Sy vererg haar onmiddellik. Sonder om na die man te kyk strek sy haar hand uit en neem vir haar ook ’n koekie. Na so omtrent twee minute ritsel die papier weer en dit is hy wat vir hom nog ’n koekie neem. Dadelik neem sy vir haar ook weer ’n koekie. Sy kyk nog stip in die koerant, maar sy lees nie meer nie. Sy is te kwaad. So sit sy en die man die pakkie koekies en opeet. Sy sien oor die koerant hy neem die laaste koekie, breek dit in die helfte, steek ’n helfte in sy mond, stoot die ander helfte met ’n effense glimlag na haar toe oor. Sy gryp behoorlik die halwe koekie en stop dit in haar mond. Hy frommel die pakkie se omhulsel op, staan op, knik vir haar, stap by ’n rommelhouer verby, gooi die papier daar in en verdwyn tussen die mense. Sy is magteloos kwaad. Sy tuur hom net agterna. Sy staan op, stamp haar stoel agteruit, rits haar drasak met ’n pluk oop om haar koerant weg te sit – en haar oë peul behoorlik uit. Háár pakkie koekies lê nog onoopgemaak in haar drasak! Sy storm tussen die mense in om die man te soek, om verskoning te vra vir háár onbeskofdheid, maar hy het tussen die mense verdwyn.
Sy het haar misgis. Baie van ons het al beproef hoe ’n rusie ontketen word deur toevallige insidente wat verkeerd vertolk word. Die geheim is die atmosfeer in ’n mens se eie hart: is daar vrede in my hart? Wíl ek graag ’n goeie verhouding met ander hê? Is ek gewillig om maar bietjie te na gekom te word? ’n Ongeduldige, selfsugtige, suspisieuse gesindheid in die hart skep ’n teelaarde vir ’n misgissing. En, dalk is ék, soos die vrou, die eintlike oorsaak van ’n geskil!
As ons met God vrede het; as Jesus koning in die hart is; as die Heilige Gees beheer het oor ons gesindhede, kan ons met geduld ander se dade en woorde ten goede en reg beoordeel. “Sorg dat daar nie verbittering soos ’n wortel uitspruit (en) moeilikheid veroorsaak nie … (Heb.12:15). Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het …die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee” (Kol.3:12-15).
“Here, vandag wil ek versigtig in my beoordelinge wees.”

Deur God gestuur
Lees Psalm 18:1-7
“In my nood roep ek na die Here, ja, ek roep om hulp na my God. In sy paleis hoor Hy my geroep…en hy luister na my” (7)
Die naamlose skrywer van die volgende insident sê daaroor: “’n Hoogland herder op my oom se landgoed by Arridilly staan in vir die waarheid van hierdie storie wat hy vir my vertel het.”
’n Weduwee wat alleen teen die hang van ’n bult, ver van ander huise af, gewoon het, het die versekering in Psalm 146 haar lewenskuilplek gemaak: “Die Here het die hemel en die aarde gemaak…Hy bly vir altyd getrou, Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan die hongeres…en help weeskinders en weduwees…” Een lang winter het haar beperkte kosvoorraad laag gedaal. Weens die voortdurende ongure weer kon sy nie uitgaan om te gaan werk en inkomste verdien nie. ’n Dag het vir haar aangebreek toe sy die laaste handvol meel uit die meelblik skep. Sy het gaan slaap met die voorneme om die volgende dag plan te maak om kos in die hande te kry. Die oggend het onder ’n sneeustorm aangebreek. Die pad op na haar huisie toe was toegesneeu. Dit was buite die kwessie om met haar tenger liggaam die geweld van die storm te trotseer en by bure te gaan hulp soek. In haar huis was nou geen kos nie. Sy besluit om weer haar toevlug tot haar troue Vriend in al haar nood te neem. Sy het die pappot met water op die vuur gesit, sout ingegooi en die deksel opgesit. Op haar Skotse manier het sy vir haarself gesê: “Noo, I’ll jist gang ben and ask the Lord for the meal.” Sy het na haar slaapkamer toe gegaan en met danksegging en lof haar behoefte aan die Here bekend gemaak. Sy het net ’n rukkie gebid toe ’n harde geklop aan die deur haar gebed onderbreek. Weer praat sy op Skotse manier met haarself: “No an, Lord, Thou canst no hae sent the answer sae soon.” Die geklop hou aan en sy gaan maak die deur oop. In die deur staan die mollige dogter van ’n ewe stewige buurman. Die dogter gooi ’n sak meel op die grond neer en voeg met breë Skotse aksent by: “Father sent ye that. Whatever possessed him I dint know, but all morning he has been dinning into me about that sack o’ meal and I must fetch it to ye!” Met traangevulde oë gooi die vrou haar hande in die lug en roep uit: “He’s aye the same, Jeanie! Mony a long year hae I trusted Hom and I ne’er found Hom fail; and He’s nae failed me noo. Sae I was jist asking the Lord to send the meal when I heard ye knock’n at the door.”
“Here, vandag vertel ek U van my dringende nood.”

Die gerusstellende stem
Lees Psalm 91
“Omdat hy my liefhet, sal Ek hom red,’ sê die Here” (14).
In die Christian Index vertel die Skotse prediker, John McNeill, hoe hy eendag as seun te voet na die naaste dorp, ongeveer 10 km. van sy huis af, gestuur is, om ’n paar items te gaan koop en om die pos te bring. Dit het laat geword voor hy al sy opdragte kon uitvoer en nou moes hy met ’n smal, tweespoor paadjie deur ’n eensame en bosbegroeide vallei, teruggaan huis toe. Die donker het vinnig gekom en die pad het ’n slegte naam gehad. Hy het baie alleen gevoel en hy was baie bang. En toe, so skryf hy dit: “In the densest of darkness, there suddenly rang out a great, strong, cheery voice: ‘Is that you, Johnny?’ It was my father – the bravest, strongest man I ever knew.” Weg was sy eensaamheid. Weg was sy vrees. Sy pa het hom kom haal en hom op daardie donker, dreigende pad, teëgekom. Hy voeg by:”Many a time when things have been getting black and gloomy about me, I have heard a voice greater than any earthly father’s cry: ‘Fear not; for I am with thee.’”
In die Psalms vind ons Dawid dikwels klein, swak en baie bang. Dan skielik skep hy moed. Hy het God se bemoedigende stem gehoor. Uit die Woord kom hierdie troostende, bemoedigende stem van God, deur die getuienis van die Heilige Gees in ons hart, ook na ons toe en ons skep moed.
“Here, vandag hoor ek u stem wat my nuwe moed en krag gee.”

Die kosbare saad is bewaar
Lees Matteus 13:1-9
“…ander saad het in goeie grond geval en ’n oes gelewer…(3,8)
Die sendeling, Alexander Duff het met die Lady Holland Indië toe gevaar. Al sy kosbare besittings, sy klere, sy biblioteek van 800 boeke, alles was aan boord. ’n Paar kilometer van Indië af sink die skip. Die passasiers het almal lewend uit die wrak gekom, maar al hulle besittings het hulle verloor. Alexander Duff het saam met van die ander op die strand bly staan, om te sien of daar nie dalk ietsie uitspoel nie. Toe sien hulle ’n enkele voor-werp op die branders aangedryf kom. Met angstige oë hou almal dit dop. Duff stap kniediep die water in en kry die drywende pakkie beet. Wat kan dit wees? Sy Bybel! Met blydskap gryp Duff die Bybel in albei hande vas. In die beproewing van die oomblik word Duff se hart oorweldig met die blydskap van geloof. God het hierdie boek kosbaarder geag het as al sy ander besittings en dit vir hom bewaar om God se werk in Indië te doen. Reeds die volgende dag begin hy sy sendingwerk met ’n samekoms van 5 seuns, wat onder ’n vyeboom na die lees van daardie Bybel luister. ’n Week later groei die groep aan tot 300 luisteraars. ’n Paar jaar later staan daar ’n kerk op die plek waar die vyeboom gestaan het en byna 1 000 bekeerlinge na die koninkryk van God, hef hulle stemme op in lof en aanbidding.
Die inhoud van die Bybel is lewende saad om die ewige lewe in mense se harte te laat ontwaak. Meeste van ons het so ’n saadkruik: ons Bybel. ’n Kruik met saad wat toegeskroef staan, kan nie lewe voortplant nie. Die oop saadkruik is ’n belofte vir lewe. Die inhoud van die Bybel voed en herleef ons eie hart. Die woorde van die Bybel wat ons, ander laat hoor of laat lees, wek in hul harte lewe op: “Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit die onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God” (1 Pet.1:23). “Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde … nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Heilige Gees” (1 Kor.2:2,4).
“Here, vandag wil ek ’n saaier van u Woord wees.”

Iemand nodig - Iemand gestuur
Lees Lukas 10:1-16
“Die oes is groot…die arbeiders min” (37).
Eendag in 1958, klop Yutaka Karasawa, aan Neil en Peggy Verwey, sendelinge in Japan, se voordeur. “Ek het gekom,” kondig hy aan, toe Neil die voordeur oopmaak. “Gekom waarvoor?” vra Neil uit die veld geslaan. “Om saam met julle te werk as hospitaalevangelis.” “Maar ek kan jou nie sommer net so in diens neem nie!” antwoord Neil, steeds vol verbasing. “Ek ken jou nie eens nie.” “Ek sal wag,” antwoord die jongman en wil sommer daar by die voordeur die daad by die woord voeg. Neil sien sy vasbeslotenheid en reël vir hom oornagverblyf by ’n ander hospitaalevangelis. Hy beloof om hom oor drie dae van hulle besluit te laat weet.
Gedurende dié drie dae vind Neil uit, Yutaka het in 1948, onder die bekende Japanese evangelis, Honda, se prediking tot bekering gekom. Daarna woon hy ’n kursus in ’n Bybelkollege by. In 1953 doen hy tuberkulose op, soos met baie Japanese gebeur. Hy ondergaan ’n groot operasie. Vyftien persone se bloed, onder andere dié van sy dokter en verpleegsters, moes vir ’n bloedoortapping gebruik word, om hom aan die lewe te hou. Vir jare lank was hy ’n teringlyer en nou wil hy vir ander pasiënte, in hospitale tot geestelike hulp wees. Hy hoor van die Japansending se hospitaalevangeliesasie. Seker van sy roeping laat hy sy vrou en kind tuisbly en ry 480 km. ver om by Neil uit te kom.
In daardie drie dae bid Neil en Peggy om raad. “Here,” bid hulle, “as dit U is wat hierdie man na ons toe gestuur het, laat daar binne hierdie drie dae vir ons nog ’n hospitaal oopgaan waar ons u evangelie moet bekend maak.” Binne die drie dae vra die Toneyamahospitaal, met 1000 teringpasiënte, vir ’n evangelis se diens. So begin Yutaka Karasawa se vrugbare bediening van 44 jaar in die teringhospitale. Talle teringpasiënte het onder sy bediening tot bekering gekom. Die teks vir sy laaste preek, voordat hy op 28 Desember 2003 dood is, was: “So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het, die nag kom, wanneer niemand kan werk nie” (Joh.9:4).
Oral is mense nodig om die hemelse koninkryk se werk te doen. Die Here roep persone om sekere take vir Hom uit te voer. Wees bereid om dié plekkie te vul in sy koninkryk se diens, waar Hy ú nodig het.
“Here, vandag wil ek U gehoorsaam en vir U werk.”

Goeie selfverdediging
Lees Lukas 15:25-32
“Toe het die oudste seun kwaad geword en wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa gaan toe uit en praat mooi met hom…(28)
‘n Jongman het vir ‘n kursus in selfverdediging ingeskryf, vertel die Western Recorder. Effens onrustig of dit hom as belydende Christen betaam om dit te doen, gaan praat hy met sy dominee daaroor. “Dink u ek doen verkeerd om die kuns van selfverdediging aan te leer?” vra hy. “Sekerlik nie,” antwoord die dominee. “Ek het dit as jongman aangeleer en het baie baat gevind daarby.” “Regtig!” roep die jongman verras uit. “Watter stelsel het u aangeleer? Die ou Engelse stelsel of die Sulivan-stelsel, of ‘n Japanese een?” “Nee, nie een van hulle nie. Ek het die Salomostelsel aangeleer.” “Die Salomostelsel?” “Ja, jy kry dit in Spreuke 15:1: ‘‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam.’ Ek ken nie ‘n meer geslaagde selfverdedigingstelsel as dit nie.”
Min mense is bestand teen vriendelike en sagte woorde. As iemand ergerlik is en die ander persoon reageer ook ergerlik, is rusie eintlik onafwendbaar. Bly die ander persoon egter kalm en praat vriendelik en verstandig terug, kan die bakleier nie met sy rusie voortgaan nie. So skryf die Here se Woord ook ons gedrag voor: “Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde…” (Ef.4:2). So moet ons gesindheid ook wees teenoor ons minderes. Die egtheid van ons vriendelikheid kom na vore wanneer ‘n mens met ‘n mindere praat, veral as die mindere ‘n mens rede vir harde woorde gee: “En eienaars, behandel julle slawe met dieselfde gesindheid. Hou op om hulle te dreig. Dink daaraan dat die Here in die hemel hulle Here en ook julle Here is, en Hy trek niemand voor nie.” (Ef.6:9).
“Here, vandag wil ek op ‘n sagte antwoord terugval.”

God se diep medelye
Lees Lukas 15: 11 – 24
….toe die verlore Seun nog ver aankom, het sy pa hom… gesien en …innig jammer gekry. (11 en 20).
George W. Truett vertel hierdie ware verhaal oor dr. Buckner, die stigter en bestuurder van die Buckner Orphans Home in Dallas, Amerika.
Die huis van ’n behoeftige gesin in Suid-Texas het afgebrand. Net ‘n dogtertjie, nege of tien jaar oud, het dit oorleef. Maar sy het lelik verbrand, veral haar gesiggie. Die bure wat die vuur help blus het, het haar na dr. Buckner se weeshuis toe vervoer. Dr. Buckner het Mary self gaan ontmoet. Met rooi gehuilde ogies het sy na dr. Buckner gekyk, vorentoe gekom en haar koppie teen hom gedruk en hartlik aan die huil gegaan. Na ’n rukkie kyk sy met haar verminkte gesiggie op en sê snikkend: “Jy sal nou my pa en my ma moet wees.” Hy het sy hande op haar koppie gesit en diep bewoë geantwoord: “Ek sal my bes doen, Mary.” In die weeshuis het sy deel van honderde ander kinders geword.
George Truett skryf hy het dikwels in die weeshuis ’n diens gaan hou. Dan sien het met watter liefde en blydskap die kinders vir dr. Buckner terug verwelkom as hy ’n rukkie lank weg was. Truett skryf: “The little tots come down the avenue and vie with one another as they swing around him, each wishing to kiss him first.” Eendag sien hy hoe Mary met haar vuurgeskonde gesiggie saam met hulle kom, maar sy staan eenkant toe, terwyl die ander aandring om hom te soen. Dr. Buckner kyk na haar en vra: “Mary, hoekom kom groet jy my nie ook nie?” Dit was vir haar te veel. Sy begin hardop snik. Hy vra weer: ”Hoekom kom groet jy my nie?” Sy snik dit uit: “Pappa Buckner, ek kan nie vra jy moet my soen nie. Ek is so lelik. Na ek gebrand het, is ek so lelik, ek kan nie jou kom soen nie. As jy my net so lief het soos vir die ander en vir my sê jy is lief vir my, dan is dit nie nodig om my te soen nie.” Dr. Buckner het al die ander kinders weggedruk om by Mary te kom. Hy tel haar op, druk haar teen hom vas en soen die verminkte wangetjie oor en oor, terwyl hy herhaaldelik vir haar sê: “Mary, jy is mos vir my net so pragtig soos enigeen van die ander.”
Dit is wat God se Woord ook vir ons oor God se jammerte vir ’n sondeverminkte mens sê: “Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu” (Jes.1:8). “Toe het ek uitgeroep: ‘Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein…’ ‘Nou…is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen’” (Jes.6:5,6). “Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Jesus gelaster….Maar die ander een sê: ‘Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.’ Jesus antwoord hom: ‘Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees’” (Luk. 23:39-43). “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself…maar as ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes…” (1 Joh.1: 9).
“Here, vandag vlug ek na U toe met my lelike sondes.”

Die gevolg van onkunde
Lees Handeling 8: 26 – 40
“’…verstaan u wat u lees?’ Die Etiopiër antwoord: ‘Hoe sou ek kon as niemand dit vir my uitlê nie?’ Filippus het …die evangelie oor Jesus aan hom verkondig” (31,35).
Aan die einde van die burgeroorlog tussen die state van Amerika, ry ‘n afdeling van die Federale mag se soldate langs ‘n eensame pad na Richmond toe, vertel Roy B. Zuck. ‘n Uitgeteerde man in toiïngs kom tussen die bosse uit. Met ‘n hees stem smeek hy hulle om vir hom kos en water te gee. Hy vertel hy leef al weke lank net van bes-sies en plantwortels wat hy in die veld kry. Hulle vra, hoekom gaan hy nie Richmond toe en kry daar vir hom kos nie. Aarselend vertel hy hy is ‘n droster uit die Konfederale leër. Hy kan nie waag om gesien te word en aan die rebelerende Konfederale mag oorgegee te word nie. Hulle staar hom verwonderd aan. “Het jy dan nie die nuus gehoor nie?” vra hulle. “Watse nuus?” vra hy. Hulle vertel hom, die Konfederasie het ontbind. Meer as ‘n week tevore het genl. Lee, bevelvoerder van die Konfederale leër van die Suidelike state, wat nie gehoor wou gee aan die Federale owerheid se eis om al die slawe vry te laat nie, oorgegee aan genl. Grant, bevelvoerder van die Federale leër. Die man roep uit: “Dan is daar nou vrede! En ek vergaan van honger tussen die bosse omdat ek dit nie gehoor het nie.”
Dit is ‘n groot persoonlike verlies, om onkundig te wees oor die vrede, wat die Here Jesus Christus vir ons aan die kruis bewerk het. Hy het vrede gemaak tussen ons en God. “Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het” (Ef.1:7).
“Here, vandag hoor en glo ek u vergifnis van my sonde.”

'n Geleentheid verbeur
Lees Johannes 12: 1 – 8
“Toe het Maria ‘n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die olie” (3)
Roy Zuck vertel Queen Mary het eendag met twee kinders in ’n woongebied van Londen geloop. Sy het alledaagse klere aangehad om te verhoed mense sal in die straat om haar saambondel. Sy was lief om met gewone mense te meng. ’n Reënbui oorval hulle. Sy gryp die kinders se hande en hardloop na ’n nabygleë huis. Vieserig laat die huisvrou die nat vrou en twee ewe nat kinders in haar huis in. Queen Mary vra of sy ’n sambreel kan leen om in die reën huis toe te gaan. Sy beloof om die sambreel die volgende dag terug te stuur. Die huisvrou het darem nie lus om haar goeie sambreel vir die vreemde vrou te leen nie. In ’n stoorkamertjie het sy ’n ou sambreel met twee gate in en een van die strekribbes gebreek, maar sy leen dit vir die vrou. Kom dit nie terug nie is dit nie ’n skade nie. Die volgende dag bring een van die paleiswagte in paleisuniform dit terug. Hy sê vir die verwonderde huisvrou: “Die koningin stuur dit terug. Sy sê baie dankie jy het dit vir haar geleen.” Verstom roep die vrou uit: “Die koningin. Was dit die koningin!. Ag, wat ’n geleentheid het ek nie gemis nie. Ek sou vir haar my beste sambreel gegee het, as ek net geweet het!”
Wanneer ons eendag die Here Jesus Christus in sy volle heerlikheid sien, gaan ons ook spyt wees, ons het hom tydens ons aardse lewe die stukkende sambreel gegee, die tweede of derde beste van ons lewe, in plaas van ons heel beste. As ons nie moeite doen en ruimte maak om Hom in ons stiltetyd, deur omgang met die Here deur gebed en Bybelstudie te leer ken nie, kan ons maklik in ons toewyding aan Hom kortkom.
“Here, vandag wil ek die beste van my lewe aan U gee.”

Met God se krag
Lees Filippense 2: 12 – 18 Nuwe Lewende Vertaling.
“Dis mos God wat julle gewillig maak om te doen waarvan Hy hou…. en Hy gee julle ook die vermoë om dit te kán doen” (13)
Lank gelede, toe treinvervoer in sommige plattelandgebiede nog ’n rariteit was, staan ’n stasiemeester van ’n klein stasietjie, op die platform vir die trein en wag. Sy oë rek vir wat hy voor hom sien. ’n Ou man, koffer in die hand, kom stadig en sukkelende al met die spoorlyn aangestrompel. Die stasiemeester verwag hy gaan van die spoorlyn af wegdraai, na die platform toe om ook vir die trein te wag. Maar die ou man stap met ’n knik van die kop verby. “Oom, hoekom loop jy op die spoor?” vra die stasiemeester steeds verbaas. “Dis met die spoorlyn baie korter na die volgende dorp toe as met die pad,” antwoord die ou man en stap net aan. “Maar, Oom, jy mag nie daar op die spoorlyn loop nie,” wys die stasiemeester hom tereg. “Ek mag,” antwoord die ou man en sit sy koffer langs hom neer, steek sy hand in sy binnesak in en trek ’n beursie uit. “Ek het ’n kaartjie gekoop om hier te loop,” sê hy vrymoedig en haal ’n stukkie papier uit sy beursie uit. “Kyk self.” Die stasiemeester kyk na die kaartjie. “Maar dis ’n treinkaartjie, Oom. Dis om op die trein te ry.” “Op die trein te ry? Hoe?” kom dit verbaas van die ou man af. Die stasiemeester neem hom aan die arm en trek hom met koffer en al van die spoorlyn af. “Die trein is nou-nou hier, Oom. Ek help Oom.” Net daarna fluit die trein en stoom die stasie binne. Die stasiemeester verduidelik vir die kondukteur en hulle laat die ou man met sy koffer op die trein klim. Hy kry ’n sitplek. Tot sy verbasing ry hy sonder inspanning na die dorp toe waarheen hy moeisaam wou stap.
So verstaan sommige mense ook die redding wat Christus gebring het. Hulle glo in die Bybel en die evangelie, soos die ou man in die Spoorweg geglo het. Hy het gedink hy moes in eie krag van die spoorlyngerief gebruikmaak. Hy wis nie hy kon met die Spoorweg se krag, sonder sy eie vreeslike inspanning, sy bestemming bereik nie. Mense wil met ’n hoeveelheid Bybellees, bid, kerktoegaan, offergawes gee, kerkwerk doen, geloofseise nakom, die hemel te bereik.
Jesus se redding beteken: Hy het Self die werk gedoen. Ons moet dit net dankbaar aanvaar. Waar die ou man in die trein se kompartement gesit het, het die trein se krag hom na sy bestemming gevoer.
Sekerlik geld dit ook vir die geredde Christen om hard aan sy Christenlewe te werk. Maar as ons in die gekruisigde en verrese Verlosser, vir sy redding, vertrou, kom woon Hy met sy nuwe lewe, deur die Heilige Gees, in ons. Sy krag werk in ons die wil en die lus en die vreugde van die lewe vir Christus.
Die groot prediker C. H. Spurgeon skryf hieroor en ek haal sy eie woorde aan: Justification (regverdigmaking, redding) is not at all by human effort, but by the free gift of God. The second part of salvation consists of a work in us – this is the operation of God the Holy Spirit. As we are redeemed by the blood of Jesus, are we also in due time renewed in the spirit of our minds by God`s Spirit..
Ons noem dit heiligmaking – die groei van ons geestelike lewe uit die krag van die inwonende Heilige Gees, deur die lees van die Woord van God, gebed, omgang met ander gelowiges en om vir die Here te werk.
“Here, vandag wil ek die Christenskap wat U deur u Gees in my gee, met toewyding uitleef.”

Subscribe to:
Comments (Atom)